(Re)gifted II – LUISTER

The contemplative life

The contemplative life is the steady gaze of the soul upon the God who loves us,” sê Richard Foster. Dit is: “an intimate sharing between friends,” soos hy Teresa van Avila aanhaal.

maria-gebedGebed is ten diepste ‘n diep waarneming en bewussyn van wie God is en wat Hy doen.  Dit is wat ons in Maria se gebed in Lukas 1:26-38; 46-55 (onderaan aangehaal – also in English) raaksien.

Sy as jongmeisie, wat só ‘n groot verantwoordelikheid kry om die Seun van God in die wêreld te bring, sy bid nie soseer oor haarself en wat sy ervaar as sodanig nie, maar oor wat sy van God raaksien in wat sy ervaar en hoe dit haar help verstaan wie God is en wat Hy doen.

En die belangrikste van wat sy raaksien van God, is dat Hy aandag gee aan die nederiges, aan die mense wat in die oë van die wêreld op die randte staan, wat nie hoog geag word deur die magtiges van die wêreld nie.

Mary’s song thus exemplifies the contemplative tradition – die tradisie van ‘n nougesette beoefening van die bewussyn van God – because it celebrates the activity of God in human life.

En ons moet raaksien dat dit altyd ook gaan oor die lewe daarbuite.  Wat binne jou aangaan, wat in jou verhouding met God gebeur, het alles te make met wat daarbuite in die kontak met mense gebeur.

To partner with God in the accomplishment of his will

Soos Richard oor Maria sê: “While she is initially troubled by God’s plan for her, she agrees to partner with God in the accomplishment of his will.

Dit is eintlik hoe dit altyd met gelowiges is.  Dit is wanneer ons God begin aanbid, dan verander ons interaksie met hierdie wêreld.

Ons lees van die derde kind van Adam en Eva, Set, dat in sy tyd mense die Here begin aanbid het.  Ons lees nie veel meer as net dit nie, maar dit word duidelik in Genesis 4 gekontrasteer met die ontwikkelinge van die beskawing rondom Kain, die moordenaar, wat sonder God in hierdie wêreld wil wees.

Ons lees van Henog wat met God wandel, en ná hom Noag, wat in sy wandel met God geroep word om ‘n nuwe begin met die wêreld te begin.

En só lees ons dit regdeur die heilsgeskiedenis, dat gelowiges ‘n pad met God stap en dan ‘n geweldige verandering in die lewe maak.

So was dit met Elia in die woestyn.  In die druk van die stryd vir die geloof in God alleen, moes hy die politiese en godsdienstige teenstand van Agab en sy vrou Isebel trotseer.  Toe hy moeg en moedeloos by die berg van die Here aankom, praat die Here met hom deur die stil stem in die windstilte, ná die storm.  En dan kan hy weer doen waarvoor God hom roep in die gewoel van die wêreldverhoog.

‘n Mens sien dié patroon by hom.  Soms in die stryd gewikkel met die volk en sy leiers.  Dan by ‘n spruitjie waar die kraaie vir hom kos bring.  Soms besig om die hele godsdienstige toneel te vander met sy stryd teen die valse profete.  En dan alleen by ‘n weduwee vir wie hy uit haar nood help.

Sy aktiwiteit in die publieke terrein het hom altyd weer terug na ‘n stil plek met die Here gedring.  En sy groeiende behoefte en bewussyn van God, bv. in die stilte van die berg, het hom dan weer aktief gemaak in die publieke arena van die politiek en godsdiens van die dag.

So was dit met Jesus in die woestyn.  In die hitte van die stryd met die duiwel is dit die Woord van God wat Hy in sy hart rondgedra het, wat Hom die oorwinning oor die duiwel gee.  In die hitte van sy bediening en die baie mense wat Hy moet bedien en wat sy kragte tap, het Hy altyd ook weer die stilte van die gemeenskap met sy Vader opgesoek, en daar die krag gevind om te doen wat God Hom voor gestuur het.

Dit is waar jy weerloos voor God staan, wat verandering kom, en jy weer die krag ontvang om jou roeping te volvoer.  Dit is die nederiges wat verhoog word en deur God gebruik word.  Só sê Maria met haar lofsang in Lukas.

Ons almal verlang ‘n groter en dieper ervaring van die bewussyn en teenwoordigheid van God.  En dit is hierdie Contemplative Stream van die Christelike lewe wat ons kan inlei in só ‘n intieme wandel met God, soos dit van Henog en Noag, Abraham en al die aartsvaders vir ons in die begin van die Bybel vertel word.

Frank Laubach

frank-laubachDie vraag is natuurlik, is dit moontlik om só ‘n lewe te lei in die vinnige lewe van ons tyd?

Wel, ek wil julle graag blootstel aan die lewe van Frank C. Laubach. Hy was ‘n man van gebed en ‘n man van aksie.  Hy het baie geskryf oor sy lewe van gebed, en hy was die Apostel van Geletterdheid aan die “stille miljard” – “the silent billion” – soos na dié ongeletterdes oor die wêreld heen verwys is in die vorige eeu.

He had degrees from Princeton University, Union Seminary, and Columbia University.  He was highly sophisticated theologically and psychologically.

But, Laubach’s greatest work grew out of the ashes of a bitter disappointment. He had been a missionary educator in the Philippines for over ten years, helping establish Union Seminary in Manila and serving as dean of the School of Education at the University of Manila.

Then in 1925 the seminary decided to establish a separate administration for its growing college in Manila. Laubach, a member of the board, desperately wanted the new position of college president, but out of chivalry he voted for his opponent. He lost the presidency by one vote.

The Solitude of Mindanao

Vir twee jaar was hy terneergedruk.  Sy loopbaan in opvoeding was in die weegskaal.  Hy het siek geraak, eintlik ‘n semi-invalide.

In 1929 op 45 jarige ouderdom het hy die roeping aanvaar om in die Filippyne evangelisasiewerk te gaan doen.  Dit was by die pragtige Lanao meer van Midanao.  Sy vrou en laaste kind – drie het aan malaria gesterf – het in Baguio, 1400 km noord agtergebly.  Net sy hond, Tip, is saam.

Dit was moeilike werk en hy het min sukses behaal.  Elke aand, met Tip aan sy sy, het hy die heuwel agter sy huis opgeklim.  Dáár op Signal Hill het hy die Here se aangesig gesoek.

One December evening in 1929 on Signal Hill, Frank Laubach had a transforming experience. He explains:

“One evening I was sitting on Signal Hill looking over the province that had me beaten. Tip had his nose up under my arm trying to lick the tears off my cheeks. My lips began to move and it seemed to me that God was speaking. ‘My Child,’ my lips said, ‘you have failed because you do not really love these Moros. You feel superior to them because you are white. If you can forget you are an American and think only how I love them, they will respond.’ I answered back to the sunset, ‘God, I don’t know whether you spoke to me through my lips, but if you did, it was the truth. … Drive me out of myself and come and take possession of me and think Thy thoughts in my mind. …’ My lips spoke to me again: ‘If you want the Moros to be fair to your religion, be fair to theirs. Study their Koran with them.’”

Toe hy daardie aand afkom van Seinheuwel het hy ‘n paar plaaslike priesters gevra om hom te help met die Koran.  Die volgende dag het ‘n klompie opgedaag met die doel om hom ‘n Moslem te maak.  En dít was die katalisator vir die verandering wat binnekant en buitekant hom gekom het.

Na binne het dit dié effek gehad dat Hy al meer intiem met die Here verkeer het en wonderlike ervarings op sy “berg van die Here” gehad het.  Na buite het die die effek gehad dat hy by geletterdheidsklasse betrokke geraak het wat uiteindelik meer as ‘n 100 lande in die wêreld geïmpakteer het.

Journey Inward

One glorious experience occurred on 24 May 1930:

“The day had been rich but strenuous, so I climbed ‘Signal Hill’ back of my house talking and listening to God all the way up, all the way back, all the lovely half hour on the top. And God talked back! I let my tongue go loose and from it there flowed poetry far more beautiful than any I ever composed. It flowed without pausing and without ever a failing syllable for a half hour. I listened astonished and full of joy and gratitude. I wanted a dictaphone for I knew that I should not be able to remember it — and now I cannot. … ‘Why,’ someone may ask, ‘did God waste his poetry on you alone, when you could not carry it home?’ You will have to ask God that question. I only know He did and I am happy in the memory.”

Die ervarings op Seinheuwel het hom totaal verander:

“I do nothing that I can see excepting to pray for them, and to walk among them thinking of God. They know I am a Protestant. Yet two of the leading Moslem priests have gone around the province telling everybody that I would help the people to know God.”

Dit het hom gelei in talle eksperimente met gebed.

His “Game with Minutes” is the delightful spiritual exercise of forming a habit of having God in mind each minute we are awake. Laubach tried to bring God back in his mind-flow every few seconds so that God shall always be in his mind as an after image, shall always be one of the elements in every concept and percept.

One of the most stunning lessons Laubach learned was how prayer and work blend into one. On 11 March 1937, while working on a literacy plan for the Urdu Dihate Indian dialect, he wrote, “Of all today’s miracles, the greatest is this: To know that I find Thee best when I work listening, not when I am still or meditative or even on my knees in prayer, but when I work listening and co-operating.”

Orals waar hy gegaan het hy geëksperimenteer met wat hy genoem het “flash prayers.” As hy van die trein afklim, bid hy vir almal wat hy sien op straat.  Elke keer as hy dit doen, voel hoe hy nuwe energie deur hom stroom.  Sê hy, hy weet nie wat dit vir die mense beteken nie, maar hy weet dat dit soos elektrisiteit deur hom stroom.  Dit dryf die moegheid uit en gee hom ongelooflike krag.

Journey Outward

‘n Mens kan ‘n hele aantal ander gebedseksperimente bespreek waaroor hy in sy talle boeke skryf, maar wat uitstaan van sy lewe is nie net wat hy na binne ervaar het nie, maar wat hy na buite gedoen het, die verskil wat hy in só baie mense se lewens gebring het.

Hy het naamlik ‘n wêreldwye vrywilliger beweging begin wat mense geletterd gemaaak het, ‘n beweging wat gepolulariseer is as “each one teach one.” Dit het ‘n effek gehad op tweehonderd verskillende tale en dialekte in meer as ‘n honderd lande oor die wêreld.  Singapor, Ceylon, Egipte, Palestina, Sirië en Turkye.

Hy het bv. die tegniek van ‘n “prentjie-woord-lettergreep” korrelasie – a “picture-word-syllable” correlation – wat vir miljoene ongeletterde mense leer lees het in Hindi, Urdu, en Marathi. Hy het talle boeke geskryf in dié veld, die bekendste waarvan Forty Years with the Silent Billion die bekendste is.

His burning passion for literacy took him to every continent of the globe, where he worked both within and outside Christian settings. He met with kings, prime ministers, presidents, generals, and colonial administrators from Lebanon to Malaya. He developed an English literacy program — Streamlined English — which continues to be used to this day.

In the Contemplative Stream Frank Laubach stands as a shining star. His profound and multifaceted prayer experiences catapulted him into a worldwide literacy mission.

Wat kan ‘n mens sê oor sy lewe en werk? Miskien wat hyself op ‘n punt gesê het: “God, what is man’s best gift to mankind? To be beautiful of soul and then let people see into your soul.”

Dit is wat Frank Laubach was.  ‘n Mooi siel wat ander ingelaat het om dit raak te sien.  So het hy mense toegelaat om God raak te sien.

Hoe kan ons hom navolg?

Hoe raak ons ook: “beautiful of soul”? Dit is moeilik om dit presies te beskryf.  Die twee woorde wat die kontemplatiewe meesters die meeste gebruik is vuur en liefde.

Soos Richard Foster daaroor skryf:

“Purging, purifying fire. Enveloping, comforting love. This is the stuff of the contemplative life. Put simply, the contemplative life is the steady gaze of the soul upon the God who loves us. It is “an intimate sharing between friends,” to use the words of Teresa of Avila.

(Richard Foster, Streams of Living Water: Celebrating the Great Traditions of Christ.).

PRAKTIES

Kies ‘n spesiale tyd elke dag in die komende week – dalk net wanneer jy wakker word in die oggend of wanneer jy in die aand bed toe gaan – en fokus op God.

Doen ‘n Daaglikse Ondersoek:

  1. Become aware of God’s presence.
  2. Review the day with gratitude.
  3. Pay attention to your emotions.
  4. Choose one feature of the day and pray from it.
  5. Look toward tomorrow.

Jy kan meer lees van die Daaglikse Ondersoek op die blad wat gaan oor Ignatius van Loyola:

Daar is ook ‘n Pray as you go examen app  wat ‘n aantal soorte daily examens het, wat jy kan doen.

Die gebed wat ek aan die begin gebruik het

Lord! Going out from this silence, teach me to be more alert, humble, expectant, than I have been in the past: ever ready to encounter you in quiet, homely ways: in every appeal to my compassion, every act of unselfish love which shows up and humbles my imperfect love, may I recognize you: still walking through the world. Give me that grace of simplicity which alone can receive your mystery. Come and abide with me! Meet me, walk with me! Enlighten my mind! And then, Come in! Enter my humble life with its poverty and limitations as you entered the stable of Bethlehem, the workshop of Nazareth, the cottage of Emmaus. Bless and consecrate the material of that small and ordinary life. Amen.

From The Complete Book of Christian Prayer (New York: The Continuum International Publishing Group, Inc., 2000), p. 217.  (This prayer was written by Evelyn Underhill (1875-1941), a pioneer in the British retreat movement.)

LUKAS 1:26-38, LUKAS 1:46-55

In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?” Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. Kyk, ‘n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook ‘n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. Niks is vir God onmoontlik nie.” Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.

En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag; maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leë hande weggestuur. Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan sy beloftes van ontferming soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”

LUKE 1:26-38, LUKE 1:46-55

Now in the sixth month [of Elizabeth’s pregnancy] the angel Gabriel was sent from God to a city in Galilee called Nazareth, to a virgin betrothed to a man whose name was Joseph, a descendant of the house of David; and the virgin’s name was Mary. And coming to her, the angel said, “Greetings, favored one! The Lord is with you.” But she was greatly perplexed at what he said, and kept carefully considering what kind of greeting this was. The angel said to her, “Do not be afraid, Mary, for you have found favor with God. Listen carefully: you will conceive in your womb and give birth to a son, and you shall name Him Jesus. He will be great and eminent and will be called the Son of the Most High; and the Lord God will give Him the throne of His father David; and He will reign over the house of Jacob (Israel) forever, and of His kingdom there shall be no end.” Mary said to the angel, “How will this be, since I am a virgin and have no intimacy with any man?” Then the angel replied to her, “The Holy Spirit will come upon you, and the power of the Most High will overshadow you [like a cloud]; for that reason the holy (pure, sinless) Child shall be called the Son of God. And listen, even your relative Elizabeth has also conceived a son in her old age; and she who was called barren is now in her sixth month. For with God nothing [is or ever] shall be impossible.” Then Mary said, “ Behold, I am the servant of the Lord; may it be done to me according to your word.” And the angel left her.

And Mary said, “My soul magnifies and exalts the Lord, And my spirit has rejoiced in God my Savior. “For He has looked [with loving care] on the humble state of His maidservant; For behold, from now on all generations will count me blessed and happy and favored by God! “For He who is mighty has done great things for me; And holy is His name [to be worshiped in His purity, majesty, and glory]. “And His mercy is upon generation after generation toward those who [stand in great awe of God and] fear Him. From generation to generation. “He has done mighty deeds with His [powerful] arm; He has scattered those who were proud in the thoughts of their heart. “He has brought down rulers from their thrones, And exalted those who were humble. “He has filled the hungry with good things; And sent the rich away empty-handed. “He has helped His servant Israel, In remembrance of His mercy, Just as He promised to our fathers, To Abraham and to his descendants forever.”

     

View all posts in this series

Trackback from your site.

Leave a comment