Skip to main content

Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1

7 Junie 2015

1 Johannes 1:1-10

Inleiding

Die hart van die Christelike evangelie gaan oor die vergewing van sondes.  Dit is wat ons bely met die 10de artikel van die geloofsbelydenis: “Ek glo aan die vergewing van sondes.

The heart of the Christian gospel is the belief in the forgiveness of sins.

Ons bely daarmee dat God die mag het om die gebroke verhouding met Hom en met ons naaste te herstel.  Hy het nie net die mag om ons skuld weg te neem nie, maar die mag om die verhouding tussen ons te herstel, nuut te maak.

We confess that God has the power to heal the broken relationship with Him and our neighbout.  He can heal and restore, make us new.

Kom ons lees daarvan in 1 Johannes 1:1-10

Die Woord wat die Lewe is

1 Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. 2Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is. 3Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 4Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees.

God is lig

5Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

6As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. 7Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 9Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 10As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

Jesus is mens en God

Elke keer as ek hierdie eerste hoofstuk lees, roer dié boodskap my diep binne-in my. Johannes moes die geloofsgemeenskap help om die invloed van valse profete die hoof te bied.  Waarskynlik sluit dit mense in sy gemeente in Efese in, as dié brief eintlik een van sy preke aan hulle was.

John writes to counter the false prophets.

Ons weet nie regtig wat dié leringe was nie, maar kan aflei uit die boodskap van die brief self, dat dit dinge moes insluit soos:

  • die ontkenning van die Vleeswording van Jesus (Gnostiese dwaling),
  • die ontkenning dat daar op ’n praktiese vlak uitgereik moet word na dié in nood en
  • die ontkenning van die krag en invloed van sonde.

These prophets denied that Jesus became flesh, denied that we should be practical in our service to others and they denied the power of sin.

Hy kies daarom om in die eerste vier verse van hierdie brief terug te gaan na die basis van nie net sy persoonlike geloof nie, maar dié geloof wat hy en sy gemeente met die hele Christelike geloofsgemeenskap deel.

John therefore focusses on the faith that they have in common.

Let op hoe hy aan die eenkant die fisiese kant van die vleeswording van Jesus beklemtoon – hoor, sien, bekyk, met die hande aangeraak.  Vier keer praat hy van sien, twee keer van hoor en een keer van aanraak.  Dit laat ‘n mens dink aan Thomas se behoefte om aan Jesus te raak. Johannes was immers ’n direkte ooggetuie van die vleesgeworde Jesus, dié Een wat saam met die ander dissipels deur die stofstrate van Jerusalem, Judea en Galilea geloop en die koninkryk van God verkondig het.  Die vleesgeworde Jesus het Johannes dus laat glo en daarvan getuig hy.  Dit is die punt van hierdie eerste paar verse.  Jesus het geleef as mens.  Johannes het dit self ervaar.  Jesus was fisies hier op aarde.

On the one hand John accentuates the fact of Jesus that became flesh.  They could touch Him.  He was really human.

Maar, aan die ander kant, is dit vir hom net so belangrik om die geestelike kant van God self te beklemtoon, die kant van God wat in Jesus sigbaar geword het, Jesus se Goddelikheid.  Daarom noem hy Jesus die Een wat van die begin af was, die Een wat die Woord van die Lewe is, die Een wat die ewige lewe wat by die Vader was aan ons kom verkondig het en wat ons aan God self, die Vader en sy Seun Jesus Christus verbind om met Hom gemeenskap te kan hê.  Die Woord van God, God self, het Johannes dus laat glo en daarvan getuig hy met net soveel gesag.  Dit is immers die basis van die geloof wat die Christelike kerk verkondig en waardeur elkeen wat dit glo aan dieselfde liggaam van Christus verbind word.

On the other hand John accentuates the fact that Jesus was God.  He brings life.  He makes us part of the body of Christ.

Die ooreenkomste met die proloog van Johannes se evangelie laat ’n mens onmiddellik besef dat dieselfde persoon besig is om dié dinge te verkondig. Jesus is waarlik mens.  Jesus is waarlik God.  Die ontkenning van enige een van dié twee stellings maak die ander ’n halwe waarheid.  Jesus is nie net ’n mens nie.  Jesus is nie net God nie.  Hy is albei.  Dit is in die twee nature van Jesus wat die krag van sy boodskap aan die wêreld geleë is, want Hy bring hemel en aarde, God en mense bymekaar uit.

Daaroor kan ’n mens met reg bly wees!

Ons het ‘n Middelaar nodig

Nou, dié feit – dat Jesus mens en God is – is baie belangrik vir wat Johannes volgende gaan sê.  Hy gaan in die volgende gedeelte praat oor Jesus se mag om gebroke verhoudings te herstel.  En die verhouding met God kan net deur iemand wat tussen God en mense staan, herstel word.  Ons het ‘n Middelaar nodig.  Iemand wat tegelyk God en mens is.

John stresses the fact that we need a Mediator, one that can stand between us, and reconcile us.

Ons lees van Moses in die OT, toe die volk die goue kalf gemaak het, en die verhouding met die Here só ernstig in gedrang gebring is, dat hulle bevrees was dat Hy hulle in die woestyn sou los, dat Moses vir die volk gesê het: “Julle het ’n ernstige sonde gedoen, maar ek klim nou na die Here toe op en miskien kry ek by Hom vir julle vergifnis vir julle sonde.” (Eks. 32).

En hoewel die Here hulle gestraf het vir hulle sondes, het Hy die verhouding met hulle herstel.  Hy het hulle vergewe. Want daar was iemand wat tussen die volk en God gaan staan het, iemand wat opgeklim het na Hom toe en die saak gaan regstel het.

Maar Moses kon ook net soveel doen.  Hy was net ‘n mens.  Daarom het God sy Seun gestuur om beide God en mens te wees, om as Middelaar tussen ons op te tree.

Moses was a mediator in the OT, but he was only human.

Wat Johannes dus hier sê, Jesus het van God se kant af na ons toe gekom.  Hy het mens geword om ons met God te versoen.  Hy is God.  Hy is mens.  Hy kan tussen ons staan.  Hy is ons Middelaar.  Dít kan ons glo.

Jesus have come as the perfect Mediator.  That we can believe.

God is lig en vergewe ons deur die bloed van Jesus van elke sonde – vers 5-10

Dan spel Johannes vir ons die implikasie van God se vleeswording, van die feit dat Jesus God en mens is, uit.  Hy vergewe ons van elke sonde.

John explains the implications of God becoming flesh.  He can forgive our sins.

En vergifnis is ongelooflik nodig.  Sonder vergifnis kan ons nie in ‘n verhouding met God lewe nie. God is lig en dat daar is in Hom geen duisternis nie.  Duisternis kan nie in sy teenwoordigheid bestaan nie.

We need forgiveness because darkness cannot exist in the presence of God, who is Light.

Jy kan dus nie met God in gemeenskap leef en die duisternis lief hê nie, sê Johannes, anders bedrieg jy net jouself en ander.  Ons moet dit goed verstaan.  Sonder vergifnis kan ons nie in die teenwoordigheid van God kom nie.  Jy mislei jouself as jy dink dat God tevrede is met duisternis – hetsy in die wêreld of in jouself.  God haat immers sonde, want sonde is duisternis.  In Hom is lig, Hy ís die lig, en Hy kan die duisternis nie verdra nie.

Die goeie boodskap is dus, sê Johannes, dat God ons vergewe en reinig van die duisternis van die sonde.  Ons kan Hom vra, en Hy vergewe.  Trouens, Hy vergewe nie net nie.  Hy reinig ons van alle sonde.

The good news is that God forgives us and cleans us from the darkness of sin.  We can ask Him, and He will forgive and clean.

Die interessante van Johannes se perspektief, is dat dié reiniging in die geloofsgemeenskap gebeur.  Dit is waar ons in verbondenheid met God en die geloofsgemeenskap leef, dat die Here Jesus ons van elke sonde reinig. God se genade kom tot sy volle reg binne die geloofsgemeenskap.

This cleansing happens in the community of believers, not only when we ask Him on our own.

Reinheid is dus nie iets wat ’n mens net êrens op jou eie beleef nie.  Trouens dit is baie moeilik om in isolasie rein te lewe.  Reinheid is iets wat binne die geloofsgemeenskap gestalte kry.

Vergewing het daarom ook te make met ons verhouding met ander.  As ek sê, ek glo in die vergewing van sondes, moet ek ook bereid wees om ander te vergewe van dinge waarin hulle oortree teenoor my.

Forgiveness impacts also on our relationship with others.  We have to be ready also to forgive others.

Dit het die Here Jesus ons geleer in die Onse Vader: Die vyfde bede lui: “12en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” (Matt. 6:12).

Dit beteken dat hierdie belydenis dat God sondes vergewe, ’n mens oproep om ook déél van die geloofsgemeenskap te bly, sodat die reinigende werk van die Here Jesus binne die geloofsgemeenskap ons van alle kwaad kan suiwer.  Vergifnis kom tot sy volle reg in die gemeenskap van die gelowiges.

Dit is daar wat die belofte van die Here waar word. “Hy is getrou en regverdig” en sal “ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad suiwer”, soos vers 9 direk vertaal kan word.

Waar ons egter ons sonde ontken, waar ons die gemeenskap met die gelowiges opsê, mislei ons onsself en maak ons God self tot leuenaar en is sy Woord nie meer aktief aan die werk in ons nie.  Bly ons opgeskeep met die skuld oor dít wat in ons lewe verkeerd gegaan het.

Walter Brueggemann sê hieroor:

‘Guilt can be destructive … But guilt fully embraced and acknowledged permits movement, a new reception of life, and a new communion with God. Only then can the guilt be resolved and genuinely relinquished … Freedom from guilt requires embracing it and having it dealt with by the mercy of God.’

Peter Craigie sê dat belydenis van ons sondes is soos om die sluise van ‘n dam oop te maak.

Wanneer ons nie bely nie, word die dam al voller en die drukking teen die damwal al groter.  Sodra die sluise oopgemaak word, stroom die water uit en neem die drukking af.”  En ervaar ons die vryheid wat vergifnis bring.

Martin Luther vertel van ’n droom wat hy gehad het. Hy het gedroom dat die duiwel met ’n lang lys van sy sonde voor hom gestaan het. Luther het toe aan die duiwel gevra of dit al sy sonde is. Die duiwel het geantwoord dat dit nie alles is nie. Luther het die duiwel toe weggestuur en gevra dat hy ’n lys van al sy sonde moes maak. Toe die duiwel terugkom met ’n nog langer lys, het Luther gevra of dit nou al sy sonde is. Die duiwel het bevestigend geantwoord. Luther het toe ’n rooi pen geneem en met groot letters daaroor geskryf: “Die bloed van Jesus Christus reinig my van ‘alle’ sonde.”

Dit is wat elke Christen mag weet elke keer wanneer ons ons sonde voor die genadige God bely. Johannes sê: “Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Joh. 1:9).

So, wat gee vergifnis van sonde dan vir ons?

Wel, in die eerste plek gee dit ons ‘n herstelde verhouding met God.  Die kloof tussen ons wat deur die sonde gekom het, word oorbrug.

Forgiveness heals our relationship with God.

Die Heidelbergse Kategismus sê in Vraag 56: Wat glo jy van die vergewing van die sondes?

Antwoord: Dat God, op grond van die voldoening van Christus, aan al my sondes en ook my sondige aard waarteen ek my lewe lank moet stry nooit meer (a) wil dink nie. Uit genade wil Hy aan my die geregtigheid van Christus skenk (b) sodat ek nooit in die strafgerig van God sal kom nie (c).

(a) 1 Joh. 2:2; 1:7; 2 Kor. 5:19. (b) Rom. 7:23-25; Jer. 31:34; Miga 7:19; Ps. 103:3, 10, 12. (c) Joh. 3:18; 5:24.

The Catechism says in Question 56 about forgiveness of sins the following.  That God, for the sake of Christ’s satisfaction, will no more remember my sins, neither my corrupt nature, against which I have to struggle all my life long; (a) but will graciously impute to me the righteousness of Christ, (b) that I may never be condemned before the tribunal of God. (c)

(a) 1 John 2:2; 1 John 1:7; 2 Cor.5:19,21. (b) Jer.31:34; Ps.103:3,4; Ps.103:10,12; Mic.7:19,23-25. (c) Rom.8:1-4; John 3:18; John 5:24.

Die Here toon met die vergewing van sondes nie net begrip vir ons sondige natuur nie.  Hy maak ons vry van die sonde.  Hy maak ‘n radikaal nuwe begin in ons verhouding met Hom en die wêreld moontlik.  As ons dit van die liefde kan sê, soos Paulus in 1 Korintiërs 13 sê, dat die liefde nie boekhou van die kwaad nie, dan is dit presies wat met vergifnis gebeur.  God hou nie meer boek van die kwaad nie.

Soos die Kategismus sê: God wil nie langer daaroor dink nie.  Hy wil ons oorlaai met sy genade, alles wat Hy in Christus vir ons geskenk het, sodat ons nooit in sy oordeel sal kom nie.  God vergewe en bevry en herstel die verhouding met ons, asof daar nooit duisternis in ons was nie.  En Hy gee vir ons ‘n toekoms waarin sy oordeel ons nie meer kan tref nie.

Die volharding van die heiliges

Maar, daar is meer:  God gee vir ons die volharding van die heiliges, sê die Dordtse Leerreëls.

Die Here weet dat daar steeds, soos Dordt dit sê, die “daaglikse sondes van swakheid”, in ons is, want ons bely: “selfs die allerbeste werke van die heiliges is nog gebrekkig.

Hy het egter daarvoor ook raad.  Wanneer ons so in die daaglikse sondes val, sê die Leerreëls, “bewaar God eerstens in ons sy onverganklike saad waaruit ons weergebore is, sodat dit nie vergaan of vernietig word nie. Tweedens vernuwe Hy ons deur sy Woord en Gees seker en kragtig tot bekering.

The Canons of Dort knows about our daily sins of weakness, but says that God protect His seed in us, so that it does not go to waste.  Also, He renews us through His Word and Spirit.

Dit is waarom dit so belangrik is om jou stiltetyd nie af te skeep nie, want dit is die plek waar jy nie net die vergifnis wat God gee kan omarm nie, maar waar jy die krag kry om te kan volhard as kind van die Here.  Waar jy die dinge kan aflê wat jou groei belemmer en waar jy die krag kry om die Here te dien, kom wat wil.

Ons het dus hierdie alleen tyd nodig, sowel as die tyd saam as kinders van die Here.  Só ervaar ons die volheid van wat God vir ons bedoel het.

That is why we need our quite time as well as our time in fellowship so that we can experience the fullness of what God has in store for us.

“Ek glo aan die vergewing van sondes.”

Dit is dus wat ons sê as ons hierdie tiende artikel van die Apostoliese Geloofsbelydenis bely.  In die woorde van Johannes:

  • Ons het ‘n Middelaar, iemand wat tussen ons en God staan, Jesus, die Seun van God en die Seun van die mens. We have a Mediator.
  • As ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. We share in the cleansing by the blood of Jesus.
  • As ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. We share in the forgiveness of sins.
View all posts in this series

Comment

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.