Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
Inleiding
Ons lewe mos in ’n wêreld wat behep is met kos. Twee van die beste verkopers in enige boekwinkel, is kookboeke én dieet boeke! Kookboeke vertel hoe om kos te maak en dieet boeke hoe om dit nie te eet nie!
Daar is ’n Joodse stukkie humor oor ’n ou man wat elke dag by ’n restaurant die sop van die dag bestel het. Op ’n dag vra die bestuurder hom of hy dit geniet het. Die ou man antwoord: “Ja, dit was goed, maar twee snytjies brood is nie genoeg nie.” Die volgende dag gee die kelnerin vir hom vier snye brood. “Hoe was jou maaltyd?” vra die bestuurder. “Dit was goed, maar jy kon meer brood gegee het,” antwoord die ou man. Die volgende dag gee die kelnerin hom toe agt snye brood. “Hoe was jou maaltyd, meneer?” vra die bestuurder. “Dit was goed, maar jy kan meer brood gee,” kom die antwoord. Die volgende dag sny die bestuurder ’n hele brood op in sestien snye en gee dit saam met die sop vir die ou man. “Hoe was jou maaltyd, meneer?” vra die bestuurder. “Dit was goed, maar jy kan meer brood gee,” kom die antwoord van die ou man. Die bestuurder is nou gedetermineerd om dié kliënt van hom tevrede te stel en laat bak ’n 2 meter lange brood, sny dit in twee dele, botter dit en bedien dit aan die ou man saam met sy bakkie sop. Die ou man is ook nie links nie en eet die twee helftes van dié twee meter lange brood smaaklik op. “Hoe was jou maaltyd vandag, meneer?” vra die bestuurder met verwagting. “Dit was goed, soos gewoonlik, maar ek sien julle is terug by net twee snytjies brood.”
Sekere mense kan jy nooit tevrede stel nie.
Maar die ontevredenheid gaan dieper as kos. The Rolling Stones het jare gelede ’n liedjie gesing wat die probleem opgesom het met die woorde: “I Can’t Get No Satisfaction.” (wat dan eindeloos in die liedjie herhaal word om dié punt te onderstreep).
Inderdaad. Maak nie saak wat jy eet of drink of doen nie. Tevredenheid ontwyk ons. Dit bly ’n droom. Behalwe as jy Jesus ernstig neem wat sê: “Ek is die Brood van die Lewe”.
Ek het vanoggend die verhaal van die vermeerdering van die brood gelees. Ek wil vanaand oor die betekenis hiervan nadink deur Jesus se gesprek ná die vermeerdering van die brood te lees en daarop uit te brei.
Johannes 6:22-35
22Die mense wat oorkant die see was, het gesien dat daar net een skuitjie is en geweet dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit geklim het nie, maar dat hulle alleen weggevaar het. Die volgende dag 23kom daar toe ander skuitjies van Tiberias af aan naby die plek waar die mense die brood geëet het nadat die Here daarvoor gedank het. 24Toe die mense sien dat Jesus nie daar is nie en sy dissipels ook nie, het hulle in die skuitjies geklim en na Kapernaum toe gevaar op soek na Jesus. 25En toe hulle Hom oorkant die see kry, vra hulle vir Hom: “Rabbi, wanneer het u hierheen gekom?”
26Jesus antwoord hulle: “Dít verseker Ek julle: Julle soek My, nie omdat julle die wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van die brood geëet en versadig geword het. 27Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.”
28Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”
29En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.”
30Hulle sê toe vir Hom: “Watter wonderteken kan u doen sodat ons dit kan sien en in u kan glo? Wat gaan u doen? 31Ons voorouers het manna in die woestyn geëet, soos daar geskrywe staan: Hy het aan hulle brood uit die hemel gegee om te eet.” (Vgl. Ps. 78:24; 105:40)
32Jesus het hulle geantwoord: “Dit verseker Ek julle: Dit is nie Moses wat vir julle die brood uit die hemel gegee het nie, maar dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee. 33Die brood wat God gee, is Hy wat uit die hemel kom en aan die wêreld die lewe gee.”
34Hulle sê toe vir Hom: “Meneer, gee ons tog altyd hierdie brood.”
35Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.
Sewe tekens
In die Boek van Tekens (Johannes 1-12), is daar telkens gesprekke van Jesus wat die sewe tekens wat Hy doen teologies verduidelik. In dié gedeelte praat Jesus oor die betekenis van die voedings wonder. Dit is die middelste van die sewe tekens:
- 2:1–11 – Jesus verander wyn in water
- 4:43–54 – Jesus genees die amptenaar se seun
- 5:2–9 – Jesus genees die verlamde man by die bad van Batesda
- 6:1–14 – Jesus vermeerder die brood
- 6:16–21 – Jesus loop op die water
- 9:1–7 – Jesus genees die blinde man
- 11:1–44 – Jesus wek Lasarus op uit die dood
Jesus se gesprek met die skare
Die tweegesprek tussen Jesus en die skare is by tye moeilik om te volg. Daar is verskeie misverstande deur die skare.
Die gedeelte begin met Jesus wat aanvanklik soek is (vers 24). Na ’n tyd spoor die skare egter vir Jesus op aan die ander kant van die meer. Jesus is in Kapernaum se sinagoge soos ons aflei uit Joh. 6:59.
Jesus antwoord die skare nie op hulle vraag wanneer Hy daar gekom het nie. Let wel hulle vra nie hoe Hy daar gekom het nie, hulle wil weet wanneer. Dat Hy op die water daarheen geloop het, is iets wat hulle gemis het. Net Sy dissipels het dit aanskou. Maar Jesus antwoord hulle nie oor die tyds aspek nie, want Hy weet waarom hulle daar is. Hulle soek Hom oor die brood wat Hy verskaf het (vers 26) en nie oor die verskeie tekens wat Hy verrig het nie. Hulle soek brood. Hy wil hulle egter help om hulle eintlike behoefte aan die Brood van die lewe, die ewige lewe wat daar in Hom is, te bevredig.
Jesus antwoord dus nie die vraag wat hulle gevra het nie. Hy wil hulle dieet verander. Hoe? Deur hulle fokus te verskuif van gewone, verganklike brood, wat slegs tydelik hul liggaamlike honger kan stil (dis immers maar ’n dag nadat hulle van die wonder brood geëet het), na die brood wat aan hulle die ewige lewe kan gee (vers 27). Jesus sê daarom vir hulle dat Hy die seun van die Mens is (n.a.v. Dan. 7:13) wat deur God aangestel is om die ewige lewe te gee aan alle mense (vers 27). Dit is wat Hy kom doen het – om die Brood van die lewe te gee.
Die skare se reaksie wys dat hulle iets verstaan van die geestelike aard van Jesus se antwoord, en dat Hy nie na gewone brood verwys nie. Hulle verstaan egter nie dat Jésus die brood is nie, en dat hulle deur Hom gevoed sou word as hulle in Hom glo nie. Die skare vra daarom wat moet hulle doen om die werke, wat God verlang, te verrig (vers 28). Anders gestel: wat moet hulle doen om die ewige lewe te kry?
Jesus antwoord hulle dat hulle niks moet doen nie – hulle moet eerder glo in die Een wat God gestuur het om die werke te verrig (vers 29).
Die skare is egter nog nie oortuig nie en vra om ’n teken van Jesus wat sou bewys dat Hy werklik die Een is (die Messias) wat deur God gestuur is. Waarom moet hulle met ander woorde in Hom glo? Ondanks die voedings wonder, soek hulle dus nóg ‘n teken van Jesus (vers 30). Hulle suggereer dan ook ’n teken wat hulle sou oortuig – brood uit die hemel soos wat Moses aan die volk gegee het.
Die skare is dus terug by hulle aanvanklike versoek om konkrete brood! Hulle suggestie aan Jesus was dat Hy, soos Moses, elke dag aan hulle brood moes gee. En nie net vir ‘n enkele skare mense nie, maar soos Moses aan die hele volk. Ook nie garsbrood nie (armes se kos), maar hemelbrood (manna). In ’n streek vol verarmde Jode, was dié versoek om daaglikse versorging verstaanbaar.
Jesus voldoen egter nie aan hulle versoek om konkrete brood as ’n bewys van Sy identiteit nie. Hy korrigeer eerder hulle teologie: dit was nie Moses wat die brood in die woestyn gegee het nie, maar God. En dit is dan ook God wat nou aan hulle in Jesus die ware brood van die lewe gee (vers 32). Jesus is immers die brood wat lewe aan die wêreld gee (vers 33).
Uiteindelik begin die skare verstaan dat Jesus regtig van geestelike brood praat – met ander woorde iets wat God gee wat hulle van binne af kan verander. Daarom vra hulle Jesus om hierdie brood, waarop Jesus antwoord dat dit Hy is. Jesus is die brood van die lewe (vers 35). Om die waarheid te sê, die grondteks stel dit nog sterker. Dit sê eintlik dat Jesus die brood is wat lewe gee en wat lewe onderhou. Hy gee die ewige lewe. Elkeen wat in Jesus glo (d.w.s. van Hom “eet”) sal nooit weer honger of dors wees nie. Hy sal die brood hê wat lewe gee.
Soos Jesus “die lig van die wêreld” is (8:12), soos Hy “die deur” is na God (10:7, 9), soos Hy “die goeie herder” is wat ons begelei (10:11, 14), soos Hy “die opstanding en die lewe” is waarop ons kan staatmaak (11:25), soos Hy die “weg, die waarheid en die lewe” is (14:6) en “die ware wingerdstok” (15:1,5 – ware Klema), so is Hy “die brood van die lewe” (6:34, 41, 48, 51), die Een wat lewe gee.
“Ek is die brood wat lewe gee”
Ons moet dit goed verstaan. Die Brood van die lewe is ’n verhouding met Jesus! Dit is die beginsel waarop ons ons hele lewe moet bou.
Die Brood van die Lewe vervul ons behoefte aan God deurdat ons in ’n verhouding met Hom lewe. En só ’n verhouding is intens prakties. Hoe werk dit?
Ek wil dit illustreer met drie geloofspraktyke – vernuwing, verheldering, vereniging:
1. Om die Brood van die Lewe te kan eet, moet jy jou dieet verander.
Jy moet vernuwe word. Die ou dinge moet afgelê word en die nuwe mens van Christus moet aangetrek word.
Jy kan nie meer kos eet wat nie versadig nie of dinge eet wat jou die smaak vir die brood van die lewe laat verloor nie. Dit is dinge soos selfsug, hoogmoed, wellus, gierigheid.
Nou, interessant, die geheim is nie om soseer te probeer om nie selfsugtig op te tree, of nie hoogmoedig te wees nie, of nie jou wellus te bevredig nie, of nie net meer en meer te versamel nie.
Die geheim is om die teendeel van dié dinge te begin doen.
- So in plaas van selfsugtig op te tree, doen iets wat niemand verwag nie. Begin diensbaar word. Maak julle kombuis skoon sonder dat jy gevra word. Was die stort uit ná jy daar was. Dra die skottelgoed van die tafel af. Maak vuur as julle gaan braai. Stap na iemand wat alleen is by ’n partytjie en knoop ’n geselsie aan. Miskien ontmoet jy nog iemand spesiaals ook op dié manier.
- Beoefen nederigheid, nie deur minder van jouself te dink nie, maar net minder van jouself te praat. Vra uit oor ander en stel belang. Gee eer aan ander wanneer dit hulle toekom. As jy iets leliks sê van iemand, dink aan nege goeie dinge van die persoon en sê dit vir hom – as jy kan, waar ander dit kan hoor. Dit deurbreek hoogmoedige gedrag.
- Gaan gym toe eerder as om onheilige dinge te doen – dit leer jou selfbeheersing. Aan die een kant moet jy leer om jou liggaam, jou persoonlikheid en jou menswees as ’n gawe uit die hand van God te erken en Hom te eer daarvoor. Aan die ander kant moet jy ook op geen manier betrokke raak by enige aktiwiteit wat enigiemand skaam, skuldig of vol stres maak nie. Fokus op waarderende gedagtes, soos Paulus ons in Fil. 4:9 leer: “alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is—watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes rig.” Dit sluit slegte en onheilige gedagtes en ’n obsessie oor jou eie begeertes uit. Of as jy regtig sukkel, sluit aan by ’n groep wat jou verantwoordbaar kan hou (’n accountability group) wat wedersyds ondersteunend kan optree.
2. Om die Brood van die Lewe te kan eet, moet jy die Brood van die Lewe eet.
Jy moet vol word van wat God vir jou wil gee. Jou lewe moet verhelder word met die insig en begeleiding wat God gee. Jy moet in ’n groeiende verhouding met Hom lewe.
Dit klink só obvious. Maar ons mis dit so maklik! As jy ’n skrywer wil word, moet jy skryf. As jy ’n onderwyser wil word, moet jy klas gee. As jy met Jesus ’n verhouding wil hê, moet jy jou op ’n verhouding met Hom toelê. En dit beteken doodgewoon dat jy die Woord moet lees, telkens met Hom oor die betekenis daarvan moet praat, dit ook saam met ander gelowiges moet doen en moet gaan leef wat jy lees. Dít is hoe ’n mens die Brood van die Lewe eet. Vir my help die geloofsgewoonte van die daily examen en lectio divina om die Brood van die Lewe te eet. En ek sal dit sterk aanbeveel. Dit is twee basiese dinge wat ’n mens moet bemeester, voor jy ander geloofsgewoontes inoefen. En ’n joernaal is goud werd in dié proses.
3. Die Brood van die Lewe is die Brood wat Lewe gee.
Jy moet deurskynend word sodat God deur jou skyn. Jesus wil elke oomblik van elke dag deel van jou lewe wees. Jy moet met Hom verenig begin lewe.
Brother Lawrence – Nicholas Herman – wat in ‘n klooster in Parys as kok gewerk het ’n direkte benadering tot die geestelike lewe beoefen en hom dit ten doel gestel om alles wat hy doen en dink “in die Here” en “vir die Here” te doen en dink. Hy was ’n analfabeet wie se verhaal deur Joseph de Beaufort opgeteken is in die baie bekende boekie The Practice of The Presence of God[1]. Maar sy manier van leef het seker dié bekendste manier geword om met Jesus in verhouding te lewe. Dit is só eenvoudig en tegelykertyd só diep. Alles wat jy doen, kry dan betekenis, omdat jy dit in verhouding met Jesus doen.
- Wanneer iets slegs gebeur, bid jy en vra leiding.
- Wanneer iets goeds gebeur, bid jy en sê dankie.
- Wanneer jy oor iets worstel, bid jy saam met ander en vra dat die Here uitkoms sal bring.
- Wanneer jy in die oggend begin werk, gee jy jouself daarvoor asof vir die Here.
- Wanneer jy ry, bid jy vir die mense rondom jou.
- Wanneer jy in die klas is, respekteer jy die dosent asof jy dit vir die Here doen.
- Wanneer jy iemand help, doen jy dit asof vir die Here.
- Wanneer jy gaan slaap, vertrou jy jouself aan die Here toe.
- Wanneer jy wyn drink, klink jy ’n glasie op die nuwe wyn wat ons in die koninkryk van God saam met Jesus gaan drink.
- Wanneer iemand vir jou om brood of water vra, dan gee jy dit asof vir die Here.
Alles “in die Here” en “vir die Here”.
Jesus het gesê: “Ek is die Brood wat lewe gee.”
Sy belofte is: “Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.”
Dit is waar. Dit is lewensveranderend. Dit is vir jou. Dit is genoeg. Dit sal jou tevrede stel. Neem dit en eet.
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022
- Die blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5 - 22/05/2022
- Wat verstaan jy onder: “wat opgevaar het na die hemel?” – Handelinge 1:9-11 - 26/05/2022
- Want in Jesus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik – Kolossense 2:6-10 - 12/06/2022
- Wees gereed! – Lukas 12:22-48 - 07/08/2022
- Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie, want Ek is by jou – Jeremia 1:11-19 - 21/08/2022
- Is jy plooibaar soos klei in die hand van die pottebakker? – Jesaja 29; Jeremia 18; Romeine 9 - 04/09/2022
- Die Here is met jou, dapper kryger! – Rigters 6 - 11/09/2022
- Lukas 1:67-80 God bevry ons om Hom sonder vrees te dien - 20/11/2022
- Psalm 72 – “Lank lewe die Koning!” - 04/12/2022
- Psalm 146 – Ons lewe sal eindig met ‘n Halleluja! - 11/12/2022
- Psalm 80 – Sien ons raak, Here! - 18/12/2022
- Hebreërs 1:1-14 – God praat vandag nog met ons deur sy Seun - 25/12/2022
- NGK Somerstrand belydenisaflegging 09:00 – 12 Februarie - 10/02/2023
- Matteus 5:13 – Julle is die sout vir die aarde - 12/02/2023
- Luister na Hom – Matteus 17:1-8 - 19/02/2023
- Geesvervulling en gehoorsaamheid – Efesiërs 5:15-20 - 19/03/2023
- Die eenvoud van die Woord van God – 1 Samuel 3 - 26/03/2023
- God se geduld met ons is ‘n geleentheid tot verlossing – Rigters 8 - 14/05/2023
- God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê – Jakobus 4:1-6 - 10/09/2023
- Rut 1:22-2:3 – Gehoorsaamheid en Godsvalligheid - 05/11/2023
- Lukas 21:25-36 – Wees waaksaam en bid - 03/12/2023