Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03
Pinkster 3 – 9 Mei 2016
Dit is ‘n kort Psalm, maar een wat soos geen ander Psalm is nie.
Die eerste ding wat uitstaan van die Psalm is dat dit ’n direkte visioen op ’n “hemelse vergadering” bevat en dat die lede van dié hemelse vergadering as “gode” beskryf word. Die vraag is dus wie dié “gode” is?
- Sommige interpreteer die “gode” in die Psalm as hemelse wesens in die lig van God se optrede om dié vergadering te “gatecrash”. Hulle kan dus as afgode geïnterpreteer word, bv. die Kanaänitiese groep afgode. Indien dié interpretasie geldig is, teken die Psalm vir God as die een wat die afgode se wanpraktyke, onreg, partydigheid en duistere praktyke aan die kaak stel en hulle tot niet maak, soos mense laat uitsterf en soos leiers van hulle magsposisie beroof (vers 7). Sommige vind hierin ook ‘n oordeel oor die politeïsme waarin die monoteïsme van Israel verheerlik word en as die enigste geldige interpretasie van die werklikheid geteken word.
- Sommige interpreteer die “gode” as mense, en dink dat die “gode” verbind kan word met regters of amptenare voor wie die volk vir allerlei uitsprake en handelinge moes verskyn. In ’n oordragtelike sin dui die “gode” dus ook op mense wat in magsposisies is, d.w.s. leiers – soos in die regspraak en die regering – en dat hulle daaroor aangespreek kan word.
In ’n sekere sin dui die “gode” dus op afgode en leiers wat in gemeenskap met mekaar boosheid bedryf (Tate).
Hier volg die hele erediens
Verwelkoming
Etienne se ma is ernstig siek. Hy en Annelet moes inderhaas Kaap toe. Geen Kinderpinkster vanaand of die res van die week nie. Ons bid vir hulle. Ons het sover ons kon almal laat weet.
Feestelike afsluiting Vrydagaand – julle kan julle name invul op die vorms in die voorportaal of vir Liésl bel by die kerkkantoor môre.
Ek moet bely, dit is ‘n uitdagende tyd met die effek van die inbraak by die huis.
Wat baie help in só ‘n tyd is om dié dinge voor die Here te bring, maar ook te dink oor die goeie dinge wat gebeur. In ons klagtes, sowel as in ons dankgebede, beleef ons die teenwoordigheid van die Here.
Ek wil julle dus nou kans gee:
- Dink oor dié dinge wat swaar op jou hart rus, en gee dit vir die Here.
- Dink oor dié dinge wat jou dankbaar stem, en dank Hom daarvoor.
Terwyl ons so met toe oë sit, kom ons sê in een sin dankie vir iets in die groot groep. Net soveel van julle as wat wil.
Toetrede
Lied 214:1-3 Here, ons sal U loof – sit
Votum en seëngroet
Lofsang
Lied 209 Heer, met my hele hart kom sing ek ‘n lofsang – staan
Lied 439:1-2 O Heil’ge Gees, o God in ons, ons wil u krag besing – staan
Lied 442:1 Gees van God wat in my woon, breek die Woord vir my – sit
Psalm 82
Ons gaan fokus vanaand op Psalm 82 en baie spesifiek op God se handhawing van die reg in of vanuit die hemel.
Die Psalm is op Dinsdae gebid deur die Jode met verwysing na die derde dag van die Skepping, die dag waarop God die aarde van die see geskei het om die aarde voor te berei vir die plantegroei in sy verskeidenheid.
’n Psalm van Asaf.
God staan op op die vergadering van die gode (of in die betekenis van leiers); in die teenwoordigheid van die gode lewer Hy uitspraak:
2”Hoe lank gaan julle nog onregverdig oordeel en vir goddelose mense partydig wees? Sela
3Handhaaf die reg van hulpeloses en vaderloses; laat reg geskied aan die magteloses en verarmdes.
4Bevry die hulpeloses en behoeftiges, red hulle uit die mag van goddelose mense.
5”Hulle (verwys na die afgode) weet niks en hulle verstaan nie, hulle verkeer in die duister. Al die fondamente van die aarde wankel.
6“Ek het self gesê julle is gode, seuns van die Allerhoogste, julle almal.
7Maar, soos mense (dit kan ook na Adam verwys) sal julle sterf, soos enige leier sal julle val.”
8Staan op, o God, oordeel die aarde, want U het besitreg oor al die nasies.
1. Die hemelse vergadering
Dit is ‘n kort Psalm, maar een wat soos geen ander Psalm is nie.
Die eerste ding wat uitstaan van die Psalm is dat dit ’n direkte visioen op ’n “hemelse vergadering” bevat en dat die lede van dié hemelse vergadering as “gode” beskryf word. Die vraag is dus wie dié “gode” is?
- Sommige interpreteer die “gode” in die Psalm as hemelse wesens in die lig van God se optrede om dié vergadering te “gatecrash”. Hulle kan dus as afgode geïnterpreteer word, bv. die Kanaänitiese groep afgode. Indien dié interpretasie geldig is, teken die Psalm vir God as die een wat die afgode se wanpraktyke, onreg, partydigheid en duistere praktyke aan die kaak stel en hulle tot niet maak, soos mense laat uitsterf en soos leiers van hulle magsposisie beroof (vers 7). Sommige vind hierin ook ‘n oordeel oor die politeïsme waarin die monoteïsme van Israel verheerlik word en as die enigste geldige interpretasie van die werklikheid geteken word.
- Sommige interpreteer die “gode” as mense, en dink dat die “gode” verbind kan word met regters of amptenare voor wie die volk vir allerlei uitsprake en handelinge moes verskyn. In ’n oordragtelike sin dui die “gode” dus ook op mense wat in magsposisies is, d.w.s. leiers – soos in die regspraak en die regering – en dat hulle daaroor aangespreek kan word.
In ’n sekere sin dui die “gode” dus op afgode en leiers wat in gemeenskap met mekaar boosheid bedryf (Tate).
2. Die roeping van leiers
Die tweede ding wat uitstaan in die Psalm is dat dinge verkeerd begin loop het, want diegene in mag het hulle primêre werk versaak en die mense het daaronder begin ly, veral dié mense wat aan die onderpunt van die sosiale en gemeenskapsleer is. Die hulpeloses, die vaderloses, die magteloses, die verarmdes, die behoeftiges.
Ons weet dit mos intuïtief, dat die sterkstes vir die swakstes moet sorg, dat dié wat kan vir dié wat nie kan nie, moet instaan, moet sorg, moet help. Soms sien ‘n mens dit selfs in die diereryk. Ek onthou ‘n luiperd wat eenkeer vir ‘n tyd lank vir ‘n baba bobbejaantjie probeer sorg het, toe die ma bobbejaan doodgemaak is. Dit is asof die jagter, die sterker een, die ma word, die een wat sorg.
Hoeveel te meer nie onder ons as mense nie! Ons is nie “gode” ter wille van onsself nie. Ons is dit ter wille van ander.
Terloops, julle sal miskien die liedjie van Kanye West ken getiteld “I am a god” wat hy na aanleiding van Psalm 82:6 sing, maar gebruik om homself te verheerlik. Dit is ‘n ongelooflike verdraaiing van dié teks. As jy die Psalm vir jouself wil toeëien sal jy moet doen wat die gode doen, en dít is om aandag te gee aan die armes. Dit gaan nie oor jou nie, dit gaan oor die hulpeloses.
En dít is leiers se job. Om vir die magteloses en die behoeftiges te sorg.
3. God staan op vir die reg van behoeftiges
Die derde ding wat uitstaan van die Psalm is baie spesifiek die beskrywing: “God staan op in die vergadering van die gode …” (vers 1-7).
Dit is nogal ‘n anderse beskrywing van wat God doen, eintlik verrassend anders as in die res van die Bybel. Dit lyk asof God die vergadering as’t ware “gatecrash”, want Hy sit nie soos dit normaalweg in die ander hemelse visioene die geval is nie. Hy staan en vat die “gode” ernstig aan oor hulle vergrype en agtelosigheid en beëindig hulle status en invloed (vers 2-7).
Dit is asof Hy dinge moet regstel wat begin verkeerd gaan het. Daarom staan Hy. Daarom tree Hy op en oordeel die gode wat in beheer is van wat op God se wêreld aangaan.
Die implikasie daarvan is dat God baie beter as ons weet as dinge verkeerd gaan. En Hy is nie net bewus nie, maar Hy tree op, Hy stel reg, en maak reg.
Die boodskap is duidelik: God tree op namens hulpeloses, vaderloses, magteloses, verarmdes, hulpeloses en behoeftiges. Hoekom? Want, sê die Psalm, Hy het besitreg oor die aarde en al die nasies. Hy is nie onregverdig en partydig nie. Hy handhaaf die reg en Hy laat reg geskied. Hy wil hê dat hulpeloses en behoeftiges bevry word en uit die mag van goddelose mense gered word. En almal wat aan Hom verbind is, moet met Hom daarin saamwerk.
Anders wankel die fondamente van die aarde – ’n metafoor vir die gemeenskap wat in anargie en wetteloosheid verval en van die wêreld ’n onveilige, onbarmhartige plek maak.
4. God se mense staan op en tree op vir die reg van behoeftiges
En dit is die vierde ding wat ons in die Psalm moet raaksien. Waar ons met Hom rekening hou, word ons uitgenooi om saam te werk in God se werk ten behoewe van die armstes en behoeftigstes.
Dít moet dus ons gebed word – dat God sy besitreg inderdaad sal uitoefen tot bevryding en redding van hulpeloses en behoeftiges. “Staan op, o God …” Stel dinge reg. En as kerk moet ons self opstaan en ons daarvoor beywer in gehoorsaamheid aan God.
Die Psalm is daarom ‘n aanklag teen enigiemand wat die saak van magteloses versaak.
Luther het in 1530 sy uitleg van dié Psalm gebruik om ‘n appèl aan die keurvors Johannes Frederick te rig om met meer vroomheid te lewe en te regeer. Hy het die Psalm as ‘n “spieël vir die heerser” gebruik om vanuit die Woord die heersende politieke situasie aan te spreek.
Marvin Tate (Word kommentaar) sê dat die wyse waarop mense in die wêreld regeer word, is altyd vir God ’n saak van lewe of dood. Wat met mense gebeur, maak saak vir Hom. Onreg skud die fondamente van God se aarde en Hy tree op, al is dit soms anders as wat ons sou verwag, veral omdat ons nie die groter prentjie altyd kan raaksien nie.
Maar ons kan bid. Ons kan optree en die regte ding doen. Ons teologie kan nooit ’n abstrakte saak raak waarin ons nie betrokke raak by dít wat in die wêreld gebeur nie.
Ek dink dit is die motivering agter die wye reaksie op Ntokozo Qwabe se rassistiese hantering van Ashley Shultz (http://www.netwerk24.com/Stemme/Hanlie-Retief/hanlie-retief-gesels-met-ashleigh-schultz-20160508). Die publiek is aangegryp deur die onreg wat ’n “have” – kleur is van geen belang in die storie nie – aan ’n “have-not” gepleeg het. Sê Ashley oor die uitkoms van dié negatiewe optrede: “Want kyk nou net, hierdie beloning ná ’n belediging. Sy beledigings het ’n belegging geraak in genade.”
Ek weet ’n mens kan waarskynlik ander motiverings by mense raaksien, en dit is waarskynlik nie soseer geestelike motiverings nie, eerder medemenslike motiverings, maar dit kom ooreen met die Bybelse boodskap dat die magteloses deur God se mense omarm en versorg moet word.
5. God sal onregverdige leiers vernietig
Daar is vyfde aspek van die Psalm wat ons moet raaksien. Dit vind ons in die interessante gebruik van vers 6 in die NT. Jesus is in die evangelie van Johannes in gesprek met die Fariseërs, die leiers van die volk. Hulle maak beswaar dat Hy van Homself as die Seun van God praat. Jesus se antwoord aan hulle is dat die wet – hier gebruik Jesus die woord wet as ’n aanduiding van die hele OT, want die aanhaling kom uit Psalm 82:6 – self van die leiers van die volk as “gode” praat: “Staan daar nie in julle wet geskryf, ‘Ek het gesê julle is gode’ – nie? As Hy hulle tot wie die woord van God gekom het, gode genoem het – en die Skrif kan nie verbreek word nie – hoe sê julle dan van Hom wat die Vader geheilig en na die wêreld gestuur het, ‘Jy laster,’ omdat Ek gesê het, ‘Ek is die Seun van God’?” (Joh. 10:34-36).
Geen wonder die Fariseërs wou Jesus hieroor op die plek doodmaak, want hulle het goed geweet wat Jesus daarmee bedoel het, want Psalm 82:6 gaan aan om by dié frase te voeg in vers 7: “Maar, soos mense sal julle sterf, soos enige leier sal julle val.”
Wat ons moet raaksien, is die inherente konflik wat daar in Jesus se aanhaling van Psalm 82 is. Hy is nie maar net besig om ’n mooi en relevante aanhaling uit Psalm 82 van toepassing te maak op die godsdienstige leiers van sy tyd nie. Hy maak ’n fundamentele oordeel waarin erken dat hulle leiers is – Ek het self gesê julle is gode, julle is leiers, julle het, mag, julle kan goed laat gebeur – maar terselfdertyd hulle oordeel aan die uitoefening van daardie leierskap.
En omdat hulle nie besig is om na die hulpelose en die behoeftiges, die vaderloses en die magteloses en die verarmdes uit te reik nie, sal God hulle nie net uit leierskap haal nie, Hy sal hulle tot ’n val bring, hulle vernietig.
Hoekom? Want hulle doen nie waarvoor God hulle in leierskap aangestel het nie, en Hy het die mag oor nie net die aarde nie, maar oor die nasies.
Ons moet vir geen oomblik dink dat ’n dwase leier vir altyd sal bestaan nie. Die wiele van geregtigheid draai, al is dit stadig. En die uitsprake wat tel oor leiers, is nie hulle eie beoordeling, of dié van hulle volgelinge nie. Dit is God wat uitspraak lewer in die teenwoordigheid van die gode en hulle oordeel oor hulle onreg en partydigheid en uiteindelik reg sal laat geskied aan dié wat onder hulle hand lei.
6. Die Psalm is ’n uitnodiging om in te tree vir die magteloses
Dit is die tipe besluit wat die Here telkens neem in die hemel, en waarvoor ons moet bid, dat sy koninkryk en sy geregtigheid sal kom. Dit is waarom die gebed in die Ons Vader so belangrik is: “Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.” (Matt. 6:10).
Ons moet by God pleit dat wat Hy in die hemel besluit oor die maghebbers hier op aarde inderdaad uitgevoer sal word. God se wil is dat die boosheid van mense opgehef sal word, dat die dwaasheid van regerings tot stilstand geruk word en sy koninkryk van vrede en geregtigheid gevestig sal word.
En ons werk daartoe mee, deur self aandag te gee aan die hulpeloses en behoeftiges, die vaderloses en magteloses, die verarmdes en die onderdruktes, en die Here te bid dat Hy reg sal laat geskied, dat Hy in sal gryp, dat Hy vrede sal bring.
Gebed
Dink na oor die sake van onreg waarvan jy weet en bring dit voor die Here.
Kom ons probeer nou in die groot groep net in een of twee sinne vir die Here sê om reg te laat geskied in dié sake wat Hy op ons hart lê.
Slotsang
Lied 436:1-3 Herskep, o Gees, laat leef, o Gees – staan
Seën
Amen
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022
- Die blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5 - 22/05/2022
- Wat verstaan jy onder: “wat opgevaar het na die hemel?” – Handelinge 1:9-11 - 26/05/2022
- Want in Jesus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik – Kolossense 2:6-10 - 12/06/2022
- Wees gereed! – Lukas 12:22-48 - 07/08/2022
- Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie, want Ek is by jou – Jeremia 1:11-19 - 21/08/2022
- Is jy plooibaar soos klei in die hand van die pottebakker? – Jesaja 29; Jeremia 18; Romeine 9 - 04/09/2022
- Die Here is met jou, dapper kryger! – Rigters 6 - 11/09/2022
- Lukas 1:67-80 God bevry ons om Hom sonder vrees te dien - 20/11/2022
- Psalm 72 – “Lank lewe die Koning!” - 04/12/2022
- Psalm 146 – Ons lewe sal eindig met ‘n Halleluja! - 11/12/2022
- Psalm 80 – Sien ons raak, Here! - 18/12/2022
- Hebreërs 1:1-14 – God praat vandag nog met ons deur sy Seun - 25/12/2022
- NGK Somerstrand belydenisaflegging 09:00 – 12 Februarie - 10/02/2023
- Matteus 5:13 – Julle is die sout vir die aarde - 12/02/2023
- Luister na Hom – Matteus 17:1-8 - 19/02/2023
- Geesvervulling en gehoorsaamheid – Efesiërs 5:15-20 - 19/03/2023
- Die eenvoud van die Woord van God – 1 Samuel 3 - 26/03/2023
- God se geduld met ons is ‘n geleentheid tot verlossing – Rigters 8 - 14/05/2023
- God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê – Jakobus 4:1-6 - 10/09/2023
- Rut 1:22-2:3 – Gehoorsaamheid en Godsvalligheid - 05/11/2023
- Lukas 21:25-36 – Wees waaksaam en bid - 03/12/2023