Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32
Watter verhaal?
Ek het ’n keuse vandag – ek kan kies uit die verhaal van Dawid, Batseba, Urija of Natan, wat kom uit 2 Samuel 11-12 in Die Storie, en uitbrei oor laksheid, magsmisbruik, integriteit of profetiese moed. Want dít is die storielyn van dié vier karakters. Dawid het nie gedoen wat hy moes nie, hy moes saam met sy soldate gaan veg het, en bly toe by die huis en misbruik sy mag oor Batseba, terwyl Urija, die buitelandse held in Dawid se uitnemendste groep van dertig helde met uiterste integriteit opgetree het en weier om te val vir die koning se planne om hom sy verantwoordelikheid te laat vaar. Natan het daarby uiterste profetiese moed aan die dag gelê om ‘n moordenaar koning direk aan te spreek.
Verwelkoming
Ek is getref die week deur die navorsing wat gepubliseer is oor wat erediensbywoners sê vir hulle werk in die luister na ’n preek. Luisteraars sê, hulle luister vir vier goed:
- Inspirasie
- Geestelike leierskap
- Geestelike inhoud
- Langdurige impak
Listening to the Listeners of Sermons deur Lori J. Carrell
(http://www.alban.org/conversation.aspx?id=10225 – Adapted from Preaching That Matters: Reflective Practices for Transforming Sermons, by Lori J. Carrell, a book that Ronald J. Allen calls “inspirational, challenging, and practical–all at once.” )
Sou graag wou weet wat vir julle werk. Ek het dié vier aspekte van luister geneem, en die erediens en my prediking daarom ontwikkel. Dit het onder andere gelei tot my keuse van Psalm 32 (eerder as Psalm 51 of die verhaal van Dawid en Batseba in 2 Samuel 11-12 wat vroeër voorop in my gedagtes was) as Skriflesing, my keuse van liedere, en die woord wat die Here my gegee het om vandag vir ons geloofsgemeenskap te gee.
Toetrede
Liedboek 157 – Here Jesus, ons is saam, op u roepstem hier vergader (vers 2: “Laat ons daagliks onbevrees op u heil bou, diep afhanklik”) – sit
Votum en seëngroet
“Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel, alle opregtes.” (Ps 32:1,11)
Aanbidding
Liedboek 240 – Heiland, as in ootmoed stil ons afhanklik voor U kniel – sit
Lofprysing
Liedboek 422 – Die Heer, die Heer het opgestaan! Die Heer het wáárlik opgestaan! (vers 3: “Laat ons, o Here, deur u Gees, afhanklik én oorwinnaars wees”) – staan
Gebed
“Dit is wonderlik dat ons in tye van nood kan bid, Here, dat U vir ons ‘n skuilplek sal wees, dat U ons sal beskerm teen aanvalle, en dat ons U kan loof deurdat U ons oorwinningsliedere laat sing.” Só gaan Psalm 32 ons leer. Ons wil daarom ons afhanklikheid van U kom bely én vasstaan in die oorwinning wat U vir ons in Christus gegee het, Hý wie se opstanding ons vandag, soos elke ander Sondag, vier.
Skriflesing
Psalm 32 – “Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel, alle opregtes.”
Psalm 32 – Vergifnis seën jou met ’n veranderde lewe
Vergifnis oorheers die Psalm. En dit help om die Psalm te lees aan die hand van die Selas. Dit gee vir jou ’n aanduiding van die gedagte eenhede van die Psalm en waar ’n mens as’t ware eers tot stilstand moet kom, voor jy verder lees-bid. Ek gaan dit ook só lees met ‘n minuut stilte, en ‘n kort opmerking waar nodig:
32:1-4 – Daar is groot seën in sonde belydenis
32 ’n Gedig van Dawid.
Dit gaan goed met die mens
wie se oortredings nie gestraf
word nie,
wie se sonde vergewe word.
2Dit gaan goed met die mens
vir wie die Here die oortreding
nie toereken nie
en in wie se gees
daar geen valsheid is nie.
3Toe ek oor my sonde geswyg het,
het my liggaam uitgeteer
soos ek heeldag om hulp
geroep het.
4U hand het dag en nag
swaar op my gedruk,
my krag het opgedroog
soos water in somerhitte. Sela
Dawid skets op diepsinnige manier dat sonde belydenis en vergifnis ’n mens regtig gelukkig maak. As jy ervaar dat die boek van jou lewe skoongemaak word van alles wat skadelik en skandelik is, dan lewe jy eers regtig! Dit is waarom die wegsteek of ontkenning van sonde so destruktief is – dit krap jou binneste om (en jou liggaam – die woord “uitgeteer” kan ook “oud-word” beteken) en hou jou gevange.
32:5 – Sondebelydenis maak jou vry
5Toe het ek my sonde bely,
my oortreding nie weggesteek nie.
Ek het gesê:
“Voor die Here bely ek
my opstandigheid;”
en U het my skuld vergewe. Sela
Sondebelydenis maak jou vry en bring jou binneste tot bedaring. Selfs al sou jy steeds moet boet vir iets wat jy verkeerd gedoen het, gee vergifnis jou die vermoë om dit kop omhoog te doen.
32:6-7 – Vergifnis gee jou vrymoedigheid
6Dit is waarom elke gelowige
in ’n tyd van nood tot U bid;
selfs vloedwaters
sal hom nie skielik oorval nie.
7U is vir my ’n skuilplek,
U beskerm my teen aanvalle,
U laat my oorwinningsliedere sing. Sela
Vergifnis gee almal die vrymoedigheid om God as skuilplek op te soek en te ervaar.
32:8-11 – God leer dié wat vergifnis ontvang het en omvou hulle met sy liefde
8Ek wil jou onderrig
en jou die pad leer wat jy moet volg.
Ek wil jou raad gee
en my oog oor jou hou.
9Moenie onverstandig wees nie,
soos ’n perd of ’n muil
wat met ’n stang in die bek
beteuel moet word
as jy hom wil lei.
10Die goddelose het baie smarte,
maar wie op die Here vertrou,
dié omvou Hy met sy liefde.
11Verbly julle in die Here en juig,
regverdiges,
jubel, alle opregtes.
Vergifnis is egter net die poort tot ’n veranderde lewe. God wil vir Dawid leer oor die pad wat hy moet volg, sodat Hy sy oog oor hom kan hou. God wil hom nie beheer soos ’n mens ’n perd of muil met ’n stang in die bek moet beheer nie, maar Dawid help om in verhouding met God te lewe.
Dié wat ja sê vir só ’n lewe, ervaar dat God hulle met sy liefde omvou (vers 10)! En dit is die aanleiding tot ’n lewe van lof aan God in die byeenkoms van die regverdiges, waar ons interafhanklik kan lewe.
Woordverkondiging
Watter verhaal?
Ek het ’n keuse vandag – ek kan kies uit die verhaal van Dawid, Batseba, Urija of Natan, wat kom uit 2 Samuel 11-12 in Die Storie, en uitbrei oor laksheid, magsmisbruik, integriteit of profetiese moed. Want dít is die storielyn van dié vier karakters. Dawid het nie gedoen wat hy moes nie, hy moes saam met sy soldate gaan veg het, en bly toe by die huis en misbruik sy mag oor Batseba, terwyl Urija, die buitelandse held in Dawid se uitnemendste groep van dertig helde met uiterste integriteit opgetree het en weier om te val vir die koning se planne om hom sy verantwoordelikheid te laat vaar. Natan het daarby uiterste profetiese moed aan die dag gelê om ‘n moordenaar koning direk aan te spreek.
Ek kan ook kies uit die ander verhale van 2 Samuel 18-19 wat in Die Storie opgeneem is oor Dawid, Absalom en Joab en verder uitbrei oor Dawid se laksheid in kinderopvoeding en optrede toe Tamar onteer is deur haar broer Amnon, wat gelei het tot Absalom se rebellie en uiteindelik ook tot Joab se stilswyende rebellie teen Dawid se bevele.
Ek kan daarteenoor kies om eerder die verhaal van Dawid en Salomo te vertel en fokus op die bou van die tempel, soos ons dit uit 1 Kronieke 22 en 29 in Die Storie het, en dan uitbrei oor visie en mentorskap. Dit is uitnemende inspirerende stof en deel van die omvattende nalatenskap van Dawid, iets wat ons in gedagte kan hou vir ons eie lewe. Jy word onthou vir jou visie en vir hoe jy daardie visie oorgedra het aan ander.
Of ek kan kies uit 3 Psalms wat hier in Die Storie opgeneem is, Ps. 23, 32 en 51, en uitbrei oor afhanklikheid, want dit is eintlik ten diepste AL waaroor al drie hierdie Psalms gaan. Die een het meer te make met afhanklikheid in al die seisoene van die lewe (Ps. 23) en die ander twee meer te make met afhanklikheid in eerlikheid en belydenis voor God wanneer jy oortree (Ps. 32 en 51).
Hoe sal ek die keuse maak?
Ek kan die vier vrae neem, wat navorsing sê is waarvoor jy luister, en kan dan kies om die preek aan die hand daarvan te struktureer:
Eerste vraag: Wat inspireer ons uit dié verhale? Is dit Dawid se verhaal of dié van Urija of dié van Natan? Batseba speel nog nie ’n groot genoeg rol nie, Absalom wys hoe dinge nie gedoen word nie en Joab is ’n harde blikskottel. So dit moet Dawid, Urija of Natan wees … In my stilword, het Dawid sterker uitgestaan, veral omdat hy so veelkantig geteken word, en hy na alles die sentrale karakter van die verhaal is, so ek kies vir Dawid. En die drie Psalms se fokus op afhanklikheid het my in die rigting van dié tema uit sy lewe beïnvloed.
Tweede vraag: Wat is die woord van die Here vir ons, waarin Sy leierskap in ons lewens ervaar kan word? Wil die Here ons aanspreek oor laksheid, magsmisbruik, of rebellie? Of wil Hy ons aanmoedig om ons lewens te lei met integriteit of met profetiese moed of met die klem op visie of mentorskap of in absolute afhanklikheid wat eerlikheid en belydenis insluit?
- Die keuse vir aanspreek sou meer profeties wees, en die keuse vir aanmoedig meer pastoraal. In my stilword hieroor het aanmoediging my sterker aangespreek, en het ek daarvoor gekies.
- Boonop het die idee van afhanklikheid al hoe sterker in my denke gefunksioneer, sodat Psalm 32 wat dit op só ‘n besondere wyse uitspel, die teks geword het waardeur die Here met my gepraat het. En dié keuse is vasgemaak, toe ek dieper en dieper oor afhanklikheid nagedink het, en die nadenke my gelei na ’n diep saak wat eintlik al die verhale in hierdie tekste aan mekaar bind, dit is die uiters belangrike saak van interafhanklikheid.
En wat my opgewonde gemaak het daarvan, is dat interafhanklikheid ook die antwoord op die derde vraag na geestelike inhoud is. Waar ons dié geweldige belangrike rol raaksien wat interafhanklikheid in die teks en in ons lewens speel en kan speel, verdiep ons begrip van die geestelike inhoud van dié gedeelte.
En dit gee ook ‘n belangrike antwoord op die vierde vraag na wat die langdurige impak hiervan sal wees, want die teks sê, wanneer ons groei in interafhanklikheid verhoog die impak van God se werk in ons lewe binne die gemeenskap van gelowiges eksponensieel. Dit is immers wat die navorsing oor jongmense vir ons leer – Search Institute – ’n betekenisvolle verhouding met net 3 ander persone in ’n gemeenskap verander jongmense se lewens dramaties!
Ek wil dit illustreer met een dag hierdie week uit my eie lewe soos ek dit in my Joernaal laatmiddag Dinsdag opgeteken het:
- Diep dankbaar vir wat dié dag my sover bring- heerlike stiltetyd uit Kronieke met my vrou aan my sy, geselsie met my ma oor Arno se scan wat skoon is, diep-diep dankbaar daaroor, tyd vir beplanning gegee aan die res van die jaar se eredienste, personeelvergadering gehou waar ons lekker gelag en gedeel het, ook oor iemand wat sy broer verloor het, nog dieper gesels met iemand oor sy ouers wat die egskeidingspad begin loop, bevoorreg om só ingetrek te word in iemand se lewe, saam beplan aan ‘n groot orrel-makietie saam met NMMU binnekort in die kerk, gaan heerlik wees, wonderlik bemoedig deur my versorger in die gemeente, haar gebed vir my voel asof die hele gemeente vir my bid, gebel om ‘n jarelange lidmaat geluk te wens met haar verjaarsdag, selfs gesing vir haar!, ‘n ander lidmaat met ‘n groot dag gelukgewens, ons kom ook al ‘n tyd saam, ‘n uur lange gesprek gehad met ons plaaslike barmhartigheidsguru oor ‘n sewe maande proses om ‘n gesin van die straat af te kry, maar nou ná hulle werk gekry het ernstige probleme met hulle het, en toe gelukkig ‘n regspersoon in ons gemeente betrokke gekry om dit uit te sorteer, en dit is nou maar drie-uur … Bybelskool voorbereiding wag nog, TV vir Ernest en ‘n gesprek oor die voortsetting van sy studies, preek vir Sondag, lekker koor sing ses-uur, en 140 e-posse takel, en dan vir 2 volle dae verder aan die Algemene Sinode beplan met die ontwerpspan. Ek wil geen ander werk hê nie!
- Wat my dié dag getref het, is die netwerk van verbintenisse wat my lewe sin gegee het, dinge wat God vir my gegee het – in my stiltetyd, in iemand wat vir my kom bid, in die moontlikhede vir diens wat ek het – dinge wat mense vir my beteken het, en wat ek vir hulle beteken het. Ek het selfs ‘n jongman in Gauteng kon help om ‘n gemeente te kry waar hy belydenis van geloof kan aflê. Ek het direkte kontak gehad met meer as 50 mense en indirekte kontak met meer as 700. En dit was net Dinsdag … en die interafhanklikheid van die netwerk van verhoudinge is wat my lewe sin gegee het, en waardeur ek ook sin aan ander se lewens kon gee.
Hoe werk interafhanklikheid in die verhale van hierdie hoofstuk in Die Storie?
- Dawid se probleme begin in dié deel van sy geskiedenis by die verontagsaming van sy verantwoordelikhede as koning. Die skrywer sê: “Die volgende lente, die tyd waarin die konings gewoonlik gaan veg … het Dawid vir Joab en sy manskappe gestuur en self in Jerusalem agtergebly.” Omdat hy nie werk aan sy verbintenis met sy werk en sy soldate nie, hy nie interafhanklik op daardie gebied van sy lewe leef nie, wreek die besluit hom op Dawid deurdat hy alleen moet stry teen versoekings sodat hy uiteindelik daarvoor val en sy mag misbruik oor Batseba. Sy sonde met Batseba lei hom nog verder die moeilikheid in deurdat hy kies om Urija, ironies genoeg ‘n uitlander wat met integriteit optree, wat in touch met sy verantwoordelikheid wil bly, te laat doodmaak. Sonder die netwerk van interafhanklikheid, van mense wat hom verantwoordelik kan hou, faal die groot Godsman.
- Dit het destruktiewe gevolge op die hele netwerk van verhoudinge waarbinne Dawid staan. Dawid se verkeerde dade boemerang op sy eie huis, nie net deur die dood van die kind wat vir hulle gebore word nie, maar ook deur Absalom wat ellende oor hulle huis bring met sy rebellie. Wat in die geheim gebeur het, word op die koop toe ‘n openbare skande.
- Gelukkig kies Natan om die koning te konfronteer met sy sonde en hom nie in sy sonde te laat krepeer nie, anders as wat Joab dit doen. Onder die diep oortuiging van die Here word Natan gestuur om die ontevredenheid van die Here met dit wat Dawid gedoen het aan hom mee te deel. Met ‘n ontstellende verhaal van die ryk man wat die arm man se enigste hanslammetjie opgedis het vir sy gaste, breek Natan deur die selfsug en magswellus van Dawid: Attâ Haîsh – “Jy is daardie man!” O, hoe belangrik is hierdie profetiese moed nie in ons lewens nie!
- Want in die aanspreek en die oordeel lê alreeds die interafhanklike genade. Natan het genoeg omgegee om te konfronteer. God het genoeg omgegee om Dawid se dade nie ongesiens of ongestraf te laat verbygaan nie. Die eerlike oopmaak van wat verkeerd is, bring die genesing.
- Anders as Saul het Dawid nie verskonings gesoek vir sy sonde nie, en die Here om vergifnis gesmeek, soos ons in die onvergelyklike Psalm 51 lees. Hy het hom gesteur aan dié wat hom gekonfronteer het. Dawid ervaar daarmee: “Ek het my oortredings bely … my oortredings het U vergewe,” al moes hy steeds die straf dra. Só word hy weer teruggeskryf in die storie van God met sy mense.
- Die wonder is dat die Here dié tragiese gebeure in sy genade omdraai met die geboorte van Salomo, juis uit dié verbintenis met Batseba, vir wie die Here die naam Jedidja gee, geliefde van die Here. Salomo sou verantwoordelik wees vir die bou van die tempel wat ‘n tyd van ongekende vrede in Israel sou inlui. Uit die tragiek van die sonde spruit die wonder van die herstel, alles deur die onvergelyklike genade van die deernisvolle konfrontasie van God en sy profeet met Dawid.
- Dit verander Dawid op beslissende wyses, hoewel daar ook nog ander mislukkings is met sy kinders voor hy die regte ding doen met Salomo. Dawid reageer aan die einde van sy lewe met visie rondom die tempel en mentorskap teenoor Salomo en praat hom moed in vir sy termyn as koning: “Wees sterk en vol moed … Begin nou met die werk, en mag die Here met jou wees!” En die Here seën dié inisiatief met die oorvloedige vreugdevolle en vrywillige gawes van die volk vir die tempel waarmee hulle eenheid as geloofsgemeenskap gedemonstreer word. Dit mond uit in ‘n groot lofprysing en verering van God.
Wat leer dit ons?
- Oral waar interafhanklik geleef is, oorheers konstruktiwiteit. Soos verhoudinge gebou en in stand gehou word, met God en mense, só bou God sy koninkryk en ‘n geloofsgemeenskap wat die toets van die tyd kan deurstaan.
- Oral waar onafhanklik geleef is, oorheers destruktiwiteit. En soos verhoudinge afgebreek word of nie in stand gehou word nie, met God en met mense, breek dit die koninkryk van God en die geloofsgemeenskap af en is daar niks oor wat die toets van die tyd kan deurstaan nie.
Die keuse is ons s’n. Interafhanklik of onafhanklik.
En die Here moedig ons aan om interafhanklik te lewe.
So – waar laat dit ons?
- Die Here wil jou inspireer met Dawid se verhaal waarin sy eerlike afhanklikheid van God sy gruwelike sondes oorskadu het.
- Die Here wil jou aanmoedig om Hom op te soek en moeite te doen met Sy Woord, dit sal jou diepte gee in jou geestelike lewe, maar terselfdertyd jou inspireer om jou rol in die lewe voluit te gaan speel – in jou familie, in die gemeenskap, in jou beroep.
- Dít gee God se Woord ’n langdurige impak in jou lewe wat nie net ander se lewens sal verryk nie, maar jou eie ook.
- Só groei jy in interafhanklikheid, dít wat die Here dié week in jou wil laat groei.
Prakties vir dié week:
- Fokus op Bybellees en gebed. Alles hang uiteindelik daarvan af.
- Soek jou medegelowiges op en bid en lees saam. Vertel julle stories vir mekaar. Dien en bid vir mekaar. Doen dit ook in jou familie.
- Reik uit na iemand met wie jy lank laas mee gesels het.
- Maak ‘n verskil in iemand se lewe wat dit nodig het, al is dit iets kleins.
- Bel iemand en wens hulle geluk met ‘n verjaarsdag of prestasie.
- Gaan besoek iemand in die hospitaal.
- Gaan lees vir iemand wat nie self kan nie.
- Gaan stap langs die see saam met iemand vir wie jy lief is.
- Skryf ‘n brief in die koerant oor iets wat vir jou saak maak – en wees konstruktief. (Geluk Louise Eksteen met jou innemende artikel in Die Burger!)
- Reageer op iemand se Facebook bladsy.
- Bid vir iets spesifieks en vertrou die Here vir ‘n antwoord.
- Gaan besoek iemand in die tronk.
- Raak betrokke by een of ander iets hier in die gemeente waar jy ‘n verskil kan maak.
30 minute van interafhanklikheid, dit is al wat dit vra! Dit sal jou hele lewe daarvan volmaak!
Gebed
Ekstra – Daar is natuurlik ’n gevaar, soos volgende week se kykie na Salomo se lewe vir ons gaan uitwys, waaroor ek in die Kleingroepmateriaal al geskryf het en wat op Facebook en die webtuiste geplaas is, trouens ook in ons aankondigings is:
- jou interafhanklikheid kan te aardsgebonde word sodat jy jou verhouding met God kan begin afskeep – dit was Salomo se probleem –
- óf jy kan te hemelsgebonde word waar jy jou verhouding met die geloofsgemeenskap kan begin afskeep – dit is die probleem van askese en wêreldvermyding, waarvan ons natuurlik min in die Bybel sien, maar gereeld deur die eeue in die Christelike kerk gesien het.
Dankoffers
Kerkraadvoorstelling
Slotlied
Liedboek 554 – Diep uit my hart, o Vader, bring ek U lof en dank (vers 2: “Ek is aan U verbind, aan U behoort my dae”) – staan
Seën
God se seën sluit sy vergifnis, sy versoening en ‘n vervulde verhouding met Hom in.
Liedboek 189 –Halleluja – staan
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022