Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17
Johannes die Doper begin sy bediening met ‘n eenvoudige maar duidelike boodskap van bekering. ‘n Wegdraai van ‘n sondige leefwyse na volle gehoorsaamheid aan die Here.
Hoekom? Want, bekering maak gelowiges gereed vir die ontvangs van die koninkryk van die hemele. Bekering maak dit moontlik dat jy die gawe van die Gees kan ontvang. Dat jy die vrug van die Gees kan dra. Dat jy in die teenwoordigheid van die Here kan lewe.
Sonder bekering is dit onmoontlik om deel te word van die koninkryk van die hemele. So verkondig Jesus dit regdeur sy bediening.
Jesus sê Hy het gekom om sondaars tot bekering te roep (Matt 4:17; 9:13; Mark 2:17; Luk 3:8). Jesus sê dit is nie dié wat lippediens doen en Jesus Here noem wat in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Nee, net dié wat die wil van sy Vader doen (Matt 7:21; vgl die talle gelykenisse oor die koninkryk in Matt 13).
Die Skrif is dus duidelik daaroor dat daar geen verandering in ‘n mens se lewe kan plaasvind, sonder bekering nie. Die boodskap van die koninkryk van die hemele kan net deur ‘n voorbereide hart, ‘n bekeerde hart, ontvang word.
Dit is waarom die bediening van Johannes die Doper om bekering gedraai het. Dit is waarom die bediening van die kerk steeds om bekering draai. Want dit is wat steeds nodig is in die lewe van elke gelowige. Soos Paulus daaroor skrywe in sy brief aan Titus:
“Want die genade van God wat redding bring aan alle mense het verskyn, en dit leer ons om nee te sê vir die goddeloosheid en wêreldse begeertes en om verstandig, reg en toegewyd in die huidige wêreld te leef,” (Tit 2:11-12 – ASV).
Maar, nie almal het dié woord van bekering aanvaar nie. Want bekering vra opoffering, prysgawe, ‘n neerlê van jou eie wil en jou eie begeertes.
Download English translation: Jesus is baptized – Matthew 3_13-17
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:
Jaar van die Bybel 2020 Tema: Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 Somerstrand 09:00 2 Februarie 2020
Verwelkoming en aankondigings
PRIORITEITE VIR DIE GEMEENTE
Ons wil aangeleenthede identifiseer waaraan die Gemeente voorkeuraandag moet gee. Vul dit in op die vorm wat ons uitgedeel het. Penne in die banke.
- UITDAGINGS (binne en buite) WAT DIE GEMEENTE IN DIE GESIG STAAR
- GELEENTHEDE (binne en buite) WAT DIE GEMEENTE KAN BENUT
- ENIGIETS ANDERS WAT U WIL OPPER
KATEGESE
Ouers: gebruik die Odos-toep!
Onthou die nuusbrief!
OUERS VAN GRAAD 1-2
Die kinders doen Sondag Les 2: Eva uit Odos 1. Hier is hoe julle as ouers kan saamwerk (inligting by Odos-toep).
Adam en Eva het probeer om hulle sonde weg te steek deur weg te kruip.
1. Vra as ouer vir jou kind hoe hulle voel as hulle stout was.
a. Hoe kan ons dit regstel as ons verkeerd was – anders as wat Adam en Eva gedoen het?
2. Vertel jou kind hoe jy voel as hy/sy ongehoorsaam is.
a. Beteken dit dat jy nie meer lief is vir jou kind nie?
Werk saam met Riëtte van Zyl wat hulle die jaar vir kategese neem!
OUERS VAN GRAAD 3-4
Die kinders doen Sondag Les 2: Die eerste Christelike Gemeente uit Odos 4. Hier is hoe julle as ouers kan saamwerk (inligting by Odos-toep).
Lees vandag se storie saam met jou kind uit sy Odosboek.
1. Gesels ‘n bietjie oor julle gemeente.
Vertel vir mekaar watter verskil die gemeente in julle lewe gemaak het.
a. Wat is vir julle lekker van die byeenkomste van die gemeente?
2. Lees Handelinge 2:44 – 45.
Gesels ‘n bietjie as gesin oor hoekom die Here julle juis in hierdie gemeente geplaas het.
a. Watter verskil kan julle maak in julle gemeente?
b. Bid saam vir julle predikant
Werk saam met Elga Heydenreich wat hulle die jaar vir kategese neem!
OUERS VAN GRAAD 5 EN GRAAD 6-7
Die kinders doen Sondag Les 1 oor die Pentateug uit Odos 6. Hier is hoe julle as ouers kan saamwerk (inligting by Odos-toep).
Kyk saam met jou kind na die Bybelboekrak voor in sy Odosboek.
Ontdek saam die vyf boeke van die Pentateug. Vat ‘n Bybel en speel sommer ‘n lekker speletjie. Noem een van die vyf boeke van die Pentateug en kyk wie dit eerste kan vind in die Bybel.
Praat saam:
• Die hele Ou Testament wys na God se verhouding met die mens.
• Die Pentateug is die begin van:
* die wêreld om ons.
* die menslike ras en hulle ongehoorsaamheid.
* God se plan om ons te red.
* die Hebreërs en die volk Israel.
* God se reëls, sy wette en riglyne vir ons lewens.
Doen saam:
• Joodse seuns moes voor die ouderdom van 13 die eerste 5 boeke van die Bybel uit hulle kop ken.
Probeer die eerste 5 versies van Genesis uit julle kop leer.
Werk saam met Linus en Andra Serfontein wat die graad 5’s, en Juliette le Roux en Natalie Mansfeld wat die graad 6-7’s, die jaar vir kategese neem!
OUERS VAN GRAAD 8-9
Die tieners doen Sondag Les 2 oor Spreuke – Een woord sê dit alles! – uit Odos 8. Hier is hoe julle as ouers kan saamwerk.
Iets vir gesprek met julle tieners:
- Wat is julle gunsteling fliek of TV-reeks. Hoekom?
- Wat is julle gunsteling boek in die Bybel. Hoekom?
- Wat is ware geluk?
- Wat is die doel van die lewe?
- Wat is God se plan met my lewe?
- Hoe help die Bybel jou om dié vrae te antwoord?
Werk saam met Annemarie Barnard en Deon Rousseau wat hulle die jaar vir kategese neem!
Toetrede
Lied 170 2x Heilig, heilig, heilig (sit)
Votum en Seëngroet
Lofprysing
Psalm 33:1,7 Sing juigend (staan)
Lied 292:1-2 My enigste troos (staan)
Doop
Lied 293:1 Jesus neem ons kleine kinders (sit)
Lied 293:3 Jesus gee aan ons sy seën (sit)
Gerrit en Sonja het hulle eerste doopdiens vandag om 15:30. Die eerste persoon wat die afgelope jaar tot geloof gekom het, word gedoop. Na meer as 10 jaar se werk in Den Haag. Dit is ook hulle eerste volledige Turkse diens in Den Haag.
Kindertyd
Watter vreemde kos het julle al geëet? Hoe het dit gesmaak? Hoekom het julle dit geëet? Ons lees dat Johannes die Doper in die woestyn geleef het. Wat dink julle het hy geëet? Die Bybel sê sprinkane en heuning!
Ek het hier vir julle piesangstukkies wat in heuning gedoop is. Verbeel julle dit is sprinkane wat in heuning gedoop is!
Kom ons lees Matteus 3:1-6
3:1–3 In daardie tyd het Johannes die Doper, ’n baie belangrike boodskapper van God, met die mense oor die Here begin praat. Hy het in die woestyn van Judea gepreek. Johannes het vir die mense gesê: “Hou dadelik op om lelike dinge te doen, want God se nuwe wêreld is hier. Nou moet julle net doen wat God sê.”
Om na God se nuwe wêreld te gaan, beteken nie dat ons regtig na ’n ander plek moet gaan nie. Dit beteken dat God alleen die Koning is. As ek vir Jesus lief is, dan kan ek deel word van hierdie nuwe wêreld van God.
Jesaja, ’n ander boodskapper van die Here, het lank terug al oor Johannes geskryf. Hy het gesê: “In die woestyn is daar ’n man wat hard met die mense praat. Hy sê: ‘Die Here is op pad na ons toe. Julle moet na Hom luister!’”
4 Johannes het nie gewone klere gedra nie. Sy klere was van vel gemaak. En hy het ’n dik leergordel om sy lyf gehad. Sy kos was baie anders as gewone mense s’n. Hy het sprinkane geëet, en heuning wat hy in die veld gekry het.
Hoe smaak sprinkane? Hoe smaak heuning?
5–6 Die mense het graag na Johannes se preke gaan luister. Van oral af het hulle gekom om te hoor wat hy sê. Baie mense wat lelike dinge gedoen het, het daar voor almal vir die Here kom sê dat hulle jammer is. Johannes het dié mense daar in die Jordaanrivier met water gedoop.
Soos wat mens met water was, so wys die doop dat ons skoongewas is van ons sonde. Julle kan dit glo! Jesus het ook julle sonde afgewas. Julle is skoon daarvan.
Kom ons sê vir Hom dankie.
Elkeen wat in Jesus glo, is ‘n kind van God.
Dankoffers
Toewyding
Vonkk 210:1-2 Heer, U het die eerste woord gesê (sit)
Ons sing dit sonder refrein; voorsangers sing eers vers 1, dan gemeente albei verse.
Voorbidding
Skriflesing en Preek
Geen verandering sonder bekering
Johannes die Doper begin sy bediening met ‘n eenvoudige maar duidelike boodskap van bekering. ‘n Wegdraai van ‘n sondige leefwyse na volle gehoorsaamheid aan die Here.
Hoekom? Want, bekering maak gelowiges gereed vir die ontvangs van die koninkryk van die hemele. Bekering maak dit moontlik dat jy die gawe van die Gees kan ontvang. Dat jy die vrug van die Gees kan dra. Dat jy in die teenwoordigheid van die Here kan lewe.
Sonder bekering is dit onmoontlik om deel te word van die koninkryk van die hemele. So verkondig Jesus dit regdeur sy bediening.
Jesus sê Hy het gekom om sondaars tot bekering te roep (Matt 4:17; 9:13; Mark 2:17; Luk 3:8). Jesus sê dit is nie dié wat lippediens doen en Jesus Here noem wat in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Nee, net dié wat die wil van sy Vader doen (Matt 7:21; vgl die talle gelykenisse oor die koninkryk in Matt 13).
Die Skrif is dus duidelik daaroor dat daar geen verandering in ‘n mens se lewe kan plaasvind, sonder bekering nie. Die boodskap van die koninkryk van die hemele kan net deur ‘n voorbereide hart, ‘n bekeerde hart, ontvang word.
Dit is waarom die bediening van Johannes die Doper om bekering gedraai het. Dit is waarom die bediening van die kerk steeds om bekering draai. Want dit is wat steeds nodig is in die lewe van elke gelowige. Soos Paulus daaroor skrywe in sy brief aan Titus:
“Want die genade van God wat redding bring aan alle mense het verskyn, en dit leer ons om nee te sê vir die goddeloosheid en wêreldse begeertes en om verstandig, reg en toegewyd in die huidige wêreld te leef,” (Tit 2:11-12 – ASV).
Maar, nie almal het dié woord van bekering aanvaar nie. Want bekering vra opoffering, prysgawe, ‘n neerlê van jou eie wil en jou eie begeertes.
Die Fariseërs het probeer om hulle eie sonde weg te steek. Om na hulle liefdadigheid te wys om hulle skynheiligheid weg te steek. Hulle het lig geloop vir die uitwys van sonde in ander se lewens, soos met Herodes in sy sonde met Herodias. Hulle wou hom nie teregwys nie, en het hom nie tot bekering geroep nie.
Daarom wys Johannes die Doper hulle skerp tereg. Hy verwys na hulle as ‘n “gebroedsel van slange”. Hulle moet vir geen oomblik dink dat hulle op ‘n oppervlakkige manier ‘n bietjie doopwater kan ontvang, en dan aangaan met hulle sondige lewens nie.
Johannes laat hulle egter onder geen illusies nie. Die doop help niks as jy nie tot bekering kom nie. En Sondebelydenis help ook niks as dit nie tot ’n nuwe lewenswyse lei nie. Jy bly steeds onder die oordeel van God.
En laat ons vir geen oomblik dink dat dit maar net Johannes is wat só dink nie. Hy praat baie spesifiek oor Jesus as die Een wat die verlossende oordeel van God sal voltrek. Met hierdie ongelooflike onderskeid:
- God sal die Heilige Gees vir die gelowiges/gehoorsames (koring) gee.
- God sal die oordeel deur die doop met vuur vir die ongelowiges/ongehoorsames (kaf) op die dorsvloer van die wêreld gee.
Dit is die agtergrond vir die doop van Jesus wat ‘n mens in gedagte moet hou. Bekering maak saak. Bekering is noodsaaklik.
Hoekom? Omdat dit die hemele open vir God se werk deur sy Heilige Gees.
Kom ons lees dit in Matteus 3:13-17:
13Toe kom Jesus van Galilea af na Johannes by die Jordaan om deur hom gedoop te word.
14Maar Johannes het Hom probeer keer en gesê: “Ek het nodig om deur U gedoop te word, en U kom na my toe?”
15Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: “Laat dit nou toe, want so is dit paslik vir ons om alles te doen wat God vereis.” Toe laat hy Hom toe.
16Nadat Hy gedoop is, het Jesus dadelik opgekom uit die water; en kyk, die hemele is vir Hom geopen en Hy het die Gees van God sien neerdaal soos ’n duif en op Hom kom.
17En kyk, daar was ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.”
Ons moet alles doen wat God vereis
Jesus dring aan daarop om deur Johannes gedoop te word, omdat sy doop in die eerste plek in God se plan inpas. Hoe mooi sê Jesus dit nie: “want, so is dit paslik vir ons om alles te doen wat God vereis.” In die Grieks staan daar, direk vertaal: “want, só is dit gepas vir ons om alle geregtigheid te vervul.”
Die frase “alle geregtigheid” dui op die voorskrifte wat God voorskryf, wat mense in die regte verhouding met Hom bring, en die doop van bekering van Johannes was een daarvan. Dit is trouens hoe die vervulling van die Gees tot sy reg sal kom. Met bekering stuur God sy Gees in ons om ons te begelei in ‘n heilige lewe (Hand 2:38-39).
Wat meer is, vanuit ‘n bedieningsoogpunt, is dit in die tweede plek net deur Jesus se persoonlike kontak met die bediening van sy voorloper, Johannes die Doper, dat Jesus se bediening ‘n uitvloeisel van Johannes s’n sou kon word. Só word God se wil, sy geregtigheid, vervul, van voorloper na Verlosser.
Dit is ook nie al nie, want daar is ook ‘n derde rede vir die doop van Jesus. Deurdat Jesus die doop van Johannes ondergaan, bevestig dit daarby Jesus se mensheid. En soos alle mense van sy tyd móés ook Hy gedoop word.
Nadat Jesus gedoop is, daal die Gees van God dan soos ’n duif op Hom neer en ’n stem uit die hemele bevestig Jesus se Seunskap: “Hý is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.” Jesus is dus nie net ‘n mens nie, maar ook God, die Seun van God.
Ons word “heiliges”
Dit laat ons ook verstaan hoekom die doop van bekering só belangrik was. Ook vir Jesus. Want met die keuse om aan God, en aan Hom alleen, gehoorsaam te wees, om alles te doen wat God vereis, het dit gelowiges se lewe onderskei van dié van die wêreld. Het hulle “heiliges” geword vir God. Die sonde het plek gemaak vir die wil van God.
Dit is ‘n ongelooflike belangrike ding wat ons moet verstaan van God. Dat Hy heilig is. Dat daar by Hom geen plek is vir sonde nie. Dat sonde ‘n afstand bring tussen ons en Hom. Dat sonde soos ‘n muur tussen ons staan en sy teenwoordigheid en werk in ons lewe belemmer. Dat sonde God se genade belemmer in ons lewe.
Dit is waarom daar lyste en lyste voorskrifte was in die OT oor heiligheid en reinheid sodat gelowiges in God se teenwoordigheid kon kom en Hom kon aanbid.
Dit is waarom “heiliges” (hagios) ‘n geliefde woord was vir Paulus om gelowiges te beskryf. Trouens hy gebruik die woord 35 keer (Johannes gebruik dit in Openbaring 13 keer).
Paulus skryf aan die “geroepe heiliges” in Rome om hulle te waarsku om nie in die sondes van hierdie wêreld vas te val nie, maar die verlossing in Christus aan te gryp en daarin te leef (Rom 1:7).
As Paulus oor die werk van die Heilige Gees in ons harte skryf, dan sê hy die Gees tree in vir die “heiliges” ooreenkomstig die wil van God (Rom 8:27). Dit is immers vir die “heiliges” wat alles ten goed meewerk soos hy in die volgende vers sê.
Wanneer die Here weer kom, sal Hy verheerlik word in sy “heiliges” en bewonder word in hulle geloof (2 Tes 1:10).
Dit is waarom Paulus so baie skryf oor die aflê van die sonde en die opneem van die kenmerke van die “heiliges”, dit is dinge soos die vrug van die Heilige Gees: nederigheid, sagmoedigheid en lankmoedigheid (Kol 3:12; Gal 5:22).
Ons word “heilige plekke”
Maar, daar is meer. As “heiliges” in wie God die Heilige Gees woon, word ons “sacred spaces”. Dit is waaroor Paulus in 1 Korintiërs 3 en 6 skrywe. Dit gebeur gesamentlik (1 Kor 3) en ook individueel (1 Kor 6). Ons raak ‘n woonplek vir die Heilige Gees.
Dit is ‘n fundamentele uitspraak oor ‘n gemeente, dat ‘n gemeente ‘n “woonplek van God” is. Dit is natuurlik ook waarom ons moet toesien dat almal van ons die Here dien, en as iemand in sonde val, ons hulle in liefde moet reghelp. Want, ons sorg só dat die gemeente ‘n “heilige plek” bly.
Maar dit is ook waar van ons eie liggame, want as ons in Jesus Christus glo, raak ons ‘n “heilige plek”, ‘n “woonplek van God”. Dit is trouens waarom Paulus so baie oor seksuele verhoudings skryf, want as daar een manier is waarop ons hierdie “woonplek van God” kan ontheilig, is dit deur seksuele verhoudings wat Hy nie goedkeur nie. Gaan lees ‘n slag weer 1 Korintiërs 5-7 waarin Paulus alle verhoudings afwys wat nie aan God se standaard beantwoord nie.
Daar is egter nog meer. Omdat ons “heilige plekke” is, beteken dit ook dat elke plek waar ons kom heilig word. Want, waar ons beweeg, beweeg die Gees van God saam met ons. Dra ons God se teenwoordigheid in ander se lewens in.
En dit is waarom ons gedrag so belangrik is. Omdat dit ‘n impak het op die mense wat ons pad kruis. Dit bring hulle in kontak met die koninkryk van God, want die koninkryk van God is in ons.
Leef as ‘n “heilige”
Leef dan as ‘n “heilige” van God. Wanneer daar sonde in jou lewe kom, bely dit, en laat staan dit. Bekeer jou daarvan. Eien vir jou die vergifnis van die Here toe en onderwerp jou weer aan die teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou lewe.
Leef as ‘n “heilige plek”
Leef ook as ‘n “heilige plek” van God. Verwag dat jou lewe ‘n impak op ander gaan hê. Dat God jou wil gebruik om ‘n verskil te maak in ander se lewens. Laat die Gees deur die vrug van nederigheid, sagmoedigheid en lankmoedigheid mense se lewens positief impakteer.
Gebed
Slotlied
Lied 290:1,4 Dit is my troos dat ek gedoop is (staan)
Seën
Respons
Lied 294:3 Dankie vir genade, Heer (staan)
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022
- Die blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5 - 22/05/2022
- Wat verstaan jy onder: “wat opgevaar het na die hemel?” – Handelinge 1:9-11 - 26/05/2022
- Want in Jesus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik – Kolossense 2:6-10 - 12/06/2022
- Lukas 12:22-48 – Wees gereed! - 07/08/2022