Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5

Jaar van die Bybel 2020 Tema: Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 Somerstrand 10 Mei 2020
Verwelkoming
Dit is al ses weke!
Aan die een kant raak ‘n mens nou al gewoond aan die situasie. Is jy bly dat jy darem ‘n bietjie kan stap, draf of fietsry. Al is ‘n masker ‘n moeilike ding! En daar is ‘n bietjie meer lewe in die sentrums en op die paaie.
Aan die ander kant dink ‘n mens al hoe dieper oor wat regtig aangaan. Die globale inperking van nuus wat met die heersende narratief verskil, is onrusbarend. In plaas daarvan dat ons geleer word hoe om die waarheid van die valsheid te onderskei, word ons gedwing om net een weergawe te hoor.
Daar is egter min wat ‘n mens daaraan kan doen. Waaraan ons wel kan werk, is om onsself ingelig te hou. Om nie alles vir soetkoek op te vreet nie, maar dieper vrae te vra. Na verskillende stemme te luister.
Dit is immers wat die reeks oor die eerste brief van Petrus ons leer. Saam met die opdrag om steeds bly te wees in die Here, en te smag na die waarheid, die Woord van God, en te fokus op eensgesindheid, wil Petrus ons hierdie week aanspoor om die wil van die Here te soek en daarvoor te leef.
Pinkster 2020 – “Ek kom gou!”
Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes. Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld.
“Ek kom gou!” Dit is die boodskap van Jesus met Pinkster 2020. Dit is die hart van sy Openbaring aan die kerk van die eeue. “Ek kom gou!”
Die seëls is gebreek. Die trompette blaas. Die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Die bruilofsfees van die Lam en sy bruid is amper daar. Die nuwe hemel en aarde is amper voltooi.
Bid saam met die Gees en die kerk van die eeue: “Amen! Kom, Here Jesus!”
Ons begin op Hemelvaart 21 Mei 18:30. Ons sit dit voort vir 10 dae om 18:30 behalwe vir die twee Sondae wat die diens om 09:00 is. Ek stel volgende week by die erediens ‘n boek bekend wat jy vir jou stiltetyd kan gebruik gedurende Pinkster. Jy kan só die hele Openbaring deurwerk.
Ek gee die temas op die webtuiste.
- Jesus kom weer – Hemelvaart 21 Mei 18:30 – Openbaring 1
- Bly getrou – 24 Mei 09:00 – Openbaring 2
- Bekeer julle – 24 Mei 18:30 – Openbaring 3
- God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – 25 Mei 18:30 – Openbaring 4-7
- God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – 26 Mei 18:30 – Openbaring 8-11
- God beskerm sy kerk – 27 Mei 18:30 – Openbaring 12-15
- God bevry sy kerk met die sewe bakke – 28 Mei 18:30 – Openbaring 16-18
- Die bruilof van die Lam breek aan – 29 Mei 18:30 – Openbaring 19-20
- God skep hemel op aarde vir sy volk – Pinksterdag 31 Mei 18:30 – Openbaring 21-22
Skakel in by NG Kerk Somerstrand se Youtube kanaal.
Doen daagliks Bybelstudie uit Chris se boek: “Ek kom gou!”
Moedersdag
Ons lees op die oomblik in 1 Samuel en die verhaal van Elkana en Hanna het my besonderlik getref. Hulle was baie lief vir mekaar. Maar, sy het nie kinders gehad nie. Elkana was baie lief vir haar. Hy het vir haar twee keer meer van die offervleis gegee as vir die res van sy familie. Maar, sy was baie hartseer. Wou ‘n kind hê. Elkana sê op ‘n punt vir haar by ‘n fees: “Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie?”
Dit is die punt waarop sy opstaan en tempel toe gaan en opnuut gaan bid vir ‘n kind. En die Here hoor haar. Nie net het sy daarna nog ses kinders gehad nie, maar daardie eerste seun was Samuel. Die man van God. Haar loflied weerklink tot in die NT met die geboorte van Jesus vir Maria. Maria het daardie loflied geken, soos ‘n mens agterkom uit die groot ooreenkomste daarin.
Baie geluk vir elke moeder. Of jy nouself die voorreg het om ‘n ma te wees. Of jy ‘n moeder het. ‘n Wonderlike geseënde dag.
Verjaarsdae
Basil Rathbone verjaar vandag. Baie geluk.
Siekes
Johan Griesel gaan in vir operasie môre. Baie sterkte vir jou.
Noodfonds en behoeftes
Mense dra nog steeds by vir ons noodfonds. Onthou ook Theo se lysie en die ACVV. Enige hulp word waardeer.
Youtube
Like sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie.
Take the Biscuit Challenge
Karen Becker het ons verlede week uitgedaag rondom hierdie uitreik challenge. Praktiese stappe wat jy kan neem om uit te reik na mense. Gebaseer op die boodskap van 1 Petrus 3. Ek het die volledige uitdaging van 30 dae in die nuusbrief gesit. Dit begin deur vir vier mense te bid. Uitstekende praktiese getuienis. Neem deel en laat ons weet wat die Here daardeur doen.
Votum en Seëngroet
In die woorde van Petrus aangepas vir Somerstrand:
“Aan die vreemdelinge van die Diaspora in Somerstrand, hulle wat uitverkies is volgens die voorkennis van God die Vader om deur die heiligmaking van die Gees gehoorsaam te wees en met die bloed van Jesus Christus besprinkel te word: Mag genade en vrede in oorvloed aan julle geskenk word! (1 Pet 1:1-2)
Lofsang
Lied 184:1-4 – Lofsing die Here, die Ewige, sing tot sy ere – koor
Kinderkerk
Hier is die pdf vir die kinders.
Gebed
Skriflesing en prediking
Die duiwel se strategie
Miskien onthou van julle CS Lewis se unieke boek: The Screwtape Letters – Letters from a senior to a junior devil (1942). Dit is 31 briewe van ‘n senior duiwel, Screwtape, aan ‘n junior duiwel, Wormwood. Screwtape wil vir Wormwood help om ‘n nuwe Christen te verlei en te keer dat hy die Here dien. Vandaar die reeks briewe wat telkens nuwe strategieë ontwerp om die nuwe Christen se geestelike groei in die wiele te ry.
In die tiende brief van die senior duiwel Screwtape aan sy nefie Wormwood, die junior duiwel, skryf hy oor ’n paar nuwe vriende wat hulle “pasiënt”, die nuwe Christen, ontmoet het, en oor wie hy baie opgewonde was (bl 53-56).
Die senior duiwel gebruik die vriende as sy strategie. Die nuwe vriende is ryk, elegant, oppervlakkig intellektueel, en “brightly skeptical” oor alles in die wêreld. Ongelowiges dus. Hulle stimuleer die nuwe Christen se ydelheid (vanity) om “in” te probeer wees, om “saam te kan gesels.”
Wat Screwtape voorstel vir Wormwood is om die nuwe Christen te laat dink dat hierdie nuwe vriende ’n aanwins vir hom is. Dat hy verby hulle ongeloof moet leer kyk en eerder hulle gewildheid in die samelewing moet raak sien.
Want, sê die senior duiwel, hoe meer die nuwe Christen stilbly as hy eintlik oor sy geloof moes getuig het, of hoe meer hy lag oor hulle siniese en skeptiese grappe eerder as om nie te reageer nie, hoe meer sal hy sy eie geloof begin bevraagteken.
“He will assume, at first only by his manner, but presently by his words, all sort of cynical and sceptical attitudes which are not really his. But if you play him well, they may become his. All mortals tend to turn into the thing they are pretending to be. This is elementary.”
Screwtape besef dat die “Enemy” – uiteraard sy naam vir die Here self – nie stil sal sit nie, en sy nuwe kind sal bystaan. Daarom beplan die senior duiwel ook ‘n strategie vir wanneer die man die gevare van sy nuwe vriende begin insien.
“If he is a big enough fool you can get him to realise the character of the friends only while they are absent; their presence can be made to sweep away all criticism.”
As dit gebeur, sê die senior duiwel, kan jy hom oortuig om ‘n parallelle lewe te lei. Wanneer hy by gelowiges is, doen hy soos gelowiges dinge doen. As hy by vriende is, doen hy soos vriende doen.
“He will not only appear to be, but actually be, a different man in each of the circles he frequents.”
As hy ‘n bietjie slimmer is, is die raad van die senior duiwel, moet die strategie wees om hom te laat dink dat hy eintlik baie vernuftig is om twee lewens te lei.
“This is done by exploiting his vanity.” (ydelheid / pronksug / praalsiekte)
Hy kan aan die een kant dit geniet om saam met gelowiges in die kerk te aanbid, want hy weet hulle verstaan nie eintlik die komplekse wêreld waarin hy daarbuite lewe nie.
Terselfdertyd kan hy dit aan die ander kant geniet om saam met sy vriende allerhande onhebbelike dinge te doen, want hy ken ‘n “dieper”, “geestelike” wêreld wat hulle nooit sal verstaan nie.
“He is the complete, balanced, complex man who sees round them all. Thus, while being permanently treacherous to at least two sets of people, he will feel, instead of shame, a continual undercurrent of self-satisfaction.”
En as hy nogtans begin om die valsheid van hierdie twee lewens raak te sien, sê die senior duiwel, kan jy hom oortuig, op ‘n heel onspesifieke manier, dat hy hierdie ongelowiges vriende van hom ‘n guns doen deur vir hulle grappies te lag. Want, as hy sou ophou, sal hy immers onverdraagsaam wees. En dit sal ‘n groter sonde wees as om volgens die wil van God te begin lewe.
Wonder of jy iets hiervan in jou eie lewe kan raaksien?
Lewe jy twee lewens? Verdra jy die sinisme en skeptisisme van vriende, want jy wil nie aanstoot gee nie? Bly jy maar stil as jy al moes gepraat het? Drink jy maar nog ‘n glasie, al moes jy lankal opgehou het?
Wat is die wil van God?
Ons praat vandag oor die wil van God.
Petrus skryf drie keer in sy brief oor die wil van God.
In hoofstuk 2 moedig Petrus ons aan om ons te weerhou van liggaamlike begeertes. Hoekom? Twee redes:
- Want, sê hy, dit maak oorlog maak teen die siel. Liggaamlike begeertes is dinge wat jou gemeenskap met God bedreig. Wat sy stem in jou lewe stilmaak. Jy kan nie jou eie sondige begeertes vervul en terselfdertyd die wil van die Here doen nie.
- Ter wille van jou getuienis in hierdie wêreld. As die ongelowiges sien dat ons leef soos God dit wil, sal hulle God “op die dag van sy koms” kan verheerlik. Jou lewe is ‘n helder stem van God. Of nie.
“Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van dwase mense stilmaak.” (1 Pet 2:15)
Dit is die doel daarvan. As die wêreld nie in ons kan sien hoe God wil hê dat ons moet leef nie, waar sal hulle dit ooit kan sien?
1 Petrus 4:1-5
In hoofstuk 4 gaan Petrus verder met hierdie gedagtegang.
4:1Aangesien Christus dan liggaamlik gely het, moet julle ook julleself met dieselfde denkwyse toerus, dat hy wat liggaamlik gely het, opgehou het met sonde 2sodat hy die res van sy tyd as mens nie langer vir die begeertes van mense leef nie, maar vir die wil van God.
3Immers, die tyd wat verby is, was genoeg om te gedoen het wat die heidene begeer, toe julle geleef het in losbandigheid, wellus, dronkenskap, brassery, drinkpartytjies en afskuwelike aanbidding van afgode.
4Daarom is hulle verbaas omdat julle nie saam ingaan in dieselfde stroom van losbandigheid nie, en beledig hulle julle.
5Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed is om die lewendes en dooies te oordeel. (1 Pet 4:1-5 – ASV)
Die “stroom van losbandigheid”
Petrus moedig ons aan om ons te weerhou van die begeertes van mense. Hy tipeer dit as ‘n “stroom van losbandigheid”.
Dit is sondes van losbandigheid (aselgeia – met geen seksuele morele grense), wellus (epithumia – die bose begeerte vir iets wat aan iemand anders behoort), dronkenskap (oinophlugia – groot hoeveelhede wyn), brassery (kōmos – orgies) en afskuwelike (“disgusting”) aanbidding van afgode.
Maar, wat ons moet raaksien, dit gaan nie net oor jou eie voorliefde vir dié dinge nie, maar ook oor die feit dat jy inval by die begeertes van ander mense. Dit is van beide wat jy jou moet losmaak, selfs al beteken dit dat jy jou gewildheid by ander mense sal moet inboet.
Hoekom is dit só belangrik?
Wel, juis omdat jy vir dié mense omgee! Want, sê Petrus, God is gereed om die lewendes en die dooies te oordeel. Dié dag is naby dat Hy ‘n streep sal trek en almal voor sy regterstoel sal verskyn om geoordeel te word.
En as jy in dieselfde “stroom van losbandigheid” lewe as die ongelowiges, dan stel jy nie net jou eie geestelike lewe in gevaar nie, maar die lewe van elke ongelowige.
Kyk, die wêreld hou ons lewens dop. Ongelowiges kyk wat gelowiges doen. En, ja, natuurlik sal hulle verbaas wees as ons nie saam ingaan in dieselfde stroom van losbandigheid nie. Ja, natuurlik sal hulle jou beledig dat jy nie saamspeel met die stroom nie.
Maar, moet nooit onderskat watter getuienis een: “Nee! Ek gaan nie hiermee saam nie,” op mense rondom jou kan hê nie.
Groter getuienis
Soos Spreuke 14:19 sê:
“Eventually, evil will pay tribute to good; the wicked will respect God-loyal people.” (The Message).
Hoe meer jy in die stroom van die “wil van God” beweeg, hoe minder sal die “stroom van losbandigheid” ’n effek op jou hê. En hoe ’n groter getuienis sal jy hê in hierdie wêreld.
Christus het gely en gesterwe dat ons met die sonde kan klaarspeel
Dit is immers waarvoor Christus gely en gesterwe het, sodat ons, soos Hy, met die sonde kan klaarspeel. Ons hoef nou nie meer ons deur ons menslike begeertes te laat lei nie – of dit nou ons eie begeertes is, of dié van ander – maar kán nou doen wat God van ons vra.
Wat is hierdie wil van God?
Dit is God se begeerte vir menswees. Dit is hoe Hy dink oor menswees. Dit is wat Hy vir jou begeer. Dit is wat Hy deur jou in hierdie wêreld wil doen. En die Bybel is die volmaakte boek wat daardie wil uitspel.
Petrus gaan aan om in die hoofstuk God se wil uit te spel. Hy sê:
7Die einde van alles is naby. Wees dus selfbeheersd en helder van gees sodat julle kan bid.
Die tyd van inperking is ‘n bonus om juis dit te doen, belangrik, terwyl jy nie so sterk onder die invloed van vriende is wat jou kan verlei om saam met die stroom te gaan nie.
God se wil sluit in dat ons:
8bo alles vir mekaar innige liefde te hê omdat liefde ’n menigte sondes bedek.
Soos Jakobus, die broer van Jesus, ons help om dit te verstaan:
“As een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ’n siel uit die dood sal red en ’n menigte sondes sal bedek. (Jak 5:19-20)
Petrus skryf oor gasvryheid, oor mekaar bedien met die gawes wat God vir ons gegee het, om “goeie bestuurders van die veelsoortige genade van God” te wees.
Gaan lees gerus verder in hoofstuk 4 oor wat Petrus ons vertel oor die wil van God. Hy sluit die hoofstuk af deur weereens vir ons te herinner dat as dit tot lyding lei, ons nie daarvoor moet skrik nie:
19Dié wat in ooreenstemming met die wil van God ly, moet hulle lewens oorgee aan die getroue Skepper, en aanhou goeddoen.
Mag die Here jou help om hierdie dinge prakties te doen. Hierdie week. Elke week.
Amen.
Gebed
Dankoffer
Jy kan jou dankoffer nou gee met Snapscan. Baie gee ook deur EFT. Ons waardeer dit.
Bydraes
Slotlied
Psalm 112:1-3 – God wat oorvloed het, voorsien – gemeente en koor
Seën
Ek sluit met die seën van die Here.
“Die Here seën jou en beskerm jou.
Die Here se gesig skyn oor jou en Hy is jou genadig.
Die Here lig sy gesig op na jou en Hy gee aan jou vrede.” (Num 6:24-26)
Respons
En die gemeente sê: Amen!
Snapscan
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022
- Die blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5 - 22/05/2022
- Wat verstaan jy onder: “wat opgevaar het na die hemel?” – Handelinge 1:9-11 - 26/05/2022
- Want in Jesus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik – Kolossense 2:6-10 - 12/06/2022
- Wees gereed! – Lukas 12:22-48 - 07/08/2022
- Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie, want Ek is by jou – Jeremia 1:11-19 - 21/08/2022
- Is jy plooibaar soos klei in die hand van die pottebakker? – Jesaja 29; Jeremia 18; Romeine 9 - 04/09/2022
- Die Here is met jou, dapper kryger! – Rigters 6 - 11/09/2022
- Lukas 1:67-80 God bevry ons om Hom sonder vrees te dien - 20/11/2022
- Psalm 72 – “Lank lewe die Koning!” - 04/12/2022
- Psalm 146 – Ons lewe sal eindig met ‘n Halleluja! - 11/12/2022
- Psalm 80 – Sien ons raak, Here! - 18/12/2022
- Hebreërs 1:1-14 – God praat vandag nog met ons deur sy Seun - 25/12/2022
- NGK Somerstrand belydenisaflegging 09:00 – 12 Februarie - 10/02/2023
- Matteus 5:13 – Julle is die sout vir die aarde - 12/02/2023
- Luister na Hom – Matteus 17:1-8 - 19/02/2023
- Geesvervulling en gehoorsaamheid – Efesiërs 5:15-20 - 19/03/2023
- Die eenvoud van die Woord van God – 1 Samuel 3 - 26/03/2023
- God se geduld met ons is ‘n geleentheid tot verlossing – Rigters 8 - 14/05/2023
- God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê – Jakobus 4:1-6 - 10/09/2023
- Rut 1:22-2:3 – Gehoorsaamheid en Godsvalligheid - 05/11/2023
- Lukas 21:25-36 – Wees waaksaam en bid - 03/12/2023


