Skip to main content

Ligkids Beloftes uit die Bybel

Is daar in julle huise ook opgewondenheid oor Kersfees wat oppad is? Kersfees is ‘n tyd om na te dink nie net aan die geskenke wat ons vir mekaar gee nie, maar aan dit wat God vir ons gee. Hy het belowe om vir ons ‘n Verlosser te stuur en Jesus is toe gebore! God hou Sy beloftes. Vir die volgende 6 Sondae sal julle elke week ‘n belofte-legkaart-blokkie ontvang met ‘n belofte agterop en ‘n prentjie voorop wat uiteindelik die prentjie van ‘n legkaart gaan voltooi. Hou Whatsapp dop of laai die template vir elke blokkie van www.ngkerksomerstrand.co.za af.

Hier is jou eerste belofte-blokkie en legkaartstukkie:

Continue reading

Ligkids Onse Vader afsluiting

Wanneer ons bid: Want aan U behoort die koninkryk, krag en heerlikheid tot in ewigheid, dan sê ons vir God hoe wonderlik Hy is – ons noem dit ook lofprysing! Ons leer van klomp maniere waarop ons dit kan doen…en maak musiekinstrumente met goed wat mamma of ouma in hulle kombuise het! Kom speel, sing, leer en loof en prys die Here so saam!!

Laai die Gr.4-6 werkvel hier af:

Ligkids vier Hervorming Sondag

Elke jaar aan die einde van Oktober dink ons terug aan wat lank gelede in 1517 gebeur het, toe Martin Luther gesê het dat die Bybel vir almal bedoel is, nie net vir geleerde mense wat tale soos Hebreeus, Grieks en Latyn kon verstaan nie. Die geleerdes het in daardie tyd vir die arme mense allerhande jok-stories vertel om geld te maak, soos bv. dat mens moet betaal vir jou sonde en dat jy jou plek in die hemel kan koop! Dit is mos nou bogstories! Jesus het vir ons aan die kruis gesterf en daarom is ons sondes verlos, Hy het die prys betaal en dit is ook al manier hoe mens ‘n plek in die hemel kry, deur in Jesus te glo! Martin het toe die Bybel uit Hebreeus en Grieks vertaal na Duits en baie mense kon uiteindelik self die Bybel lees. Lees as gesin saam Bybel en vertel mekaar: Wat is jou gunsteling Bybel storie? Wie is jou Bybel held? Watter diere is daar in die Bybel? en Hoeveel boeke is daar in die Bybel?

Ligkids Onse Vader… lei ons nie in die versoeking nie

Ons leer vandag bid: “Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose.” Wat op aarde is ‘n “versoeking”? Dit is iets wat jy weet jy nie mag vat of nie mag sê of doen nie, maar jy wil soooo graag! Dis baie moeilik daarom dan nie te doen nie! Daar is in ons almal se lewe, groot en klein, versoekings! Maar waar kom dit vandaan? En wat doen ons daarmee? Jesus weet hoe dit voel om in versoeking te kom, lees ons inMatt.4:1-11. Kom ons leer vandag by Hom! Ons maak ook ‘n “sock-puppet” en daar is ‘n spesiale werkvel vir groter maats!

Laai hier vandag se werkvelle af om saam met die video te doen:

 

Ligkids Die Ons Vader: Gee ons vandag ons daaglikse brood

 

Wie van julle kry broodjies in skool toe? In wie van julle sê huise is daar gewoonlik ‘n brood? In die antieke tyd (baaaaie lank terug!) was brood al “stapelvoedsel”. Stapelvoedsel is mos iets waarvan mense kan lewe. Brood is vandag nog net so belangrik vir ons. So wanneer ons aan brood dink, dan dink ons aan iets wat ons baie nodig het. Daar is ‘n verskil tussen dinge wat ons graag wil hê en wat ons nodig het! Wanneer Jesus ons leer om te bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood”, dan wil Hy hê
1)dat ons sal onthou dat ons vir God nodig het (ons is afhanklik van Hom!)
2)dat ons sal dink aan hoe God in die verlede vir Sy kinders gegee het wat hulle nodig gehad het,
3)dat ons vir Hom sal vra om elke dag vir ons ook te sorg en te glo dat Hy dit sal doen.
Bak saam brood as gesin deur die maklike resep te volg!

Onthou ook om hierdie werkvelle uit te druk en in te kleur en in te vul terwyl julle na die video kyk of na die tyd, om te sien hoeveel julle kan onthou 😉 Kliek net op die skakels hieronder:

Ons Vader Gee ons vandag ons daaglikse brood Voorskool tot Gr.3 Werkvel

Die Ons Vader Gee ons vandag ons daaglikse brood Gr4 tot 6 werkvel

Reuse en dapper muise1 Sam.17 Ligkids 20 Junie 2021

Waarvoor is jy bang? Goggas? Slange? Die donker? Wat van om skool toe te gaan, omdat daar ‘n maatjie is wat met jou lelik is? Of dalk is jy bang vir die toets of eksamen wat jy moet gaan skryf… God weet ons word soms bang en Hy wil ons help! Ons luister na die storie van Dawid en Goliat. God het vir Dawid dapper gemaak om teen die reus te veg en te wen. Soms voel die dinge waarvoor ons bang is ook reus-agtig, dis sommer vir ons sleg en moeilik, MAAR God leer ons: Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.” – Jos.1:9 Kom ons wees dapper, maak nie saak hoe klein of groot ons is nie! Ons maak vandag ‘n oulike kettie, wat ons herinner aan Dawid se slingervel!