Skip to main content

Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise

Hand 15:36-41

36 ’n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.”

37 Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem. 38 Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie. 39 Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met ’n skip na Siprus toe vertrek. 40 Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is. 41 Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes geestelik versterk.

Die onderskatte verhaal van Barnabas

Die verhaal van Barnabas is inderdaad een van die onderskatte en daarom onvertelde verhale in die Nuwe Testament.  Dit is ’n verhaal wat jou bewus maak van die wonderlike manier waarop die Here mense, hulle gawes en hul lewenspraktyke gebruik in die koms van die koninkryk.

  • Die Here gebruik sy vrygewigheid om ’n stuk grond te verkoop en die opbrengs aan die gemeente in Jerusalem te skenk. Dit vorm deel van die platform wat geskep word om die Christelike geloof wêreldwyd te lanseer. The Lord used the generosity of Barnabas by selling a farm to help the early church’s mission to the world.
  • Die kerk kon Saulus en sy bediening aanvaar weens Barnabas wat hom gasvry ontvang het. Hy het vir Saulus as borg opgetree.  Daarmee word die kerk uiteindelik gehelp om nie eksklusief Joods te bly nie, maar onder die Here se leiding grense oor te steek – uiteindelik ook na Europa en die verre Suidpunt van Afrika waar ons vandag nog deel in die vrug van die grensoorskryding.  The Lord used the hospitality of Barnabas to reach out to Paul and making him part of the church.  This would impact on the crossing of boundaries across the world.
  • Die jong Johannes Markus het in Barnabas ’n begeleier en mentor van formaat gevind wat hom deur sy gawe van bemoediging in staat gestel het om met Paulus te versoen en die skrywer van die eerste evangelie te word. The Lord used the encouragement of Barnabas to mentor a young leader to become reconsiled to Paul and write the first gospel.

En wat so besonders is van sy verhaal, is dat hy ’n gewone mens.  Barnabas was an ordinary man.  Wat vir ons sê: deur die Here se genade kan elkeen van ons se lewens só ’n inpak hê. God in his grace can use ordinary people to accomplish great things.

Dis onbekend hoe Barnabas in Jerusalem beland het.  Het hy dalk vir die Pinksterfees opgedaag en toe die uitstorting van die Heilige Gees beleef?  Het hy familie besoek, of in Jerusalem vir besigheid beland?  Dit kan selfs wees dat hy reeds in Jerusalem gewoon het.  Sommige mense meen selfs hy en Paulus het saam hul opleiding aan die voete van Gamaliël ontvang, dié dat hulle so goed oor die weg gekom het.  There is more than a possibility that Barnabas and Paul knew each other.  Paul lived in Jerusalem and Barnabas had familiy there.

Hoe dit ook al sy, ons weet sy jong nefie, Johannes Markus, het tydens die begin van die Christelike kerk nog by sy ma Maria in Jerusalem gebly. John Mark lived with his mother Mary.  He was Barnabas’ nephew.  They were close familiy.   Maria en Barnabas was dus óf broer en suster, óf aangetroude familie, d.w.s. swaer en skoonsuster.  Barnabas is dus minstens danksy sy familieverbintenis met Maria ingetrek in die lewe van die vroeë Christelike gemeente in Jerusalem, en het ’n volgeling van Jesus Christus geword.

En ons weet dat hy só ’n stigterspionier van die kerk geword het wat ’n beslissende invloed op die wêreldwye gestalte van die kerk tot vandag toe uitgeoefen het.  Barnabas verdien ’n plek in die harte van Christene oor die wêreld as ’n man wat  uitnemend geslaag het daarin om sy gawes in diens van sy roeping in die kerk en koninkryk in te span.  Hy was ‘n uitmuntende leier wat sy gawe van bemoediging tot beslissende impak in die lewe van die kerk en veral in ander leiers gebruik het.  Barnabas was an excellent leader that used his gifts to great effect in the church of the first century.

Konflik tussen twee leiers

Na die vergadering in Jerusalem (Hand 15) het Barnabas en Paulus weer tyd aan die bediening in Antiogië gegee.  Met die aanbreek van die tweede sendingreis ontstaan daar egter konflik tussen die twee swaargewigte.  Paulus nooi Barnabas om op die tweede sendingreis te gaan, en dié wil sy nefie Johannes Markus saamneem.  Paulus wil dit egter nie hê nie, klaarblyklik omdat hy vertroue in Johannes Markus verloor het.  Markus het hulle immers op die eerste sendingreis in Pamfilië verlaat en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen nie.  Paul didn’t want John Mark to accompany them because of his faltering perseverance the previous missionary yourney.  Barnabas wanted to give John Mark a second chance.

So sterk verskil Barnabas en Paulus dat hul weë skei.  Paulus neem Silas saam, en – anders as met die eerste sendingreis – reis hy oor land deur Sirië en die Silisië om die gelowiges in al die stede waar die Woord van die Here voorheen verkondig is te gaan versterk.  Hy vermy Siprus, en het trouens nooit weer daar gekom nie. Barnabas neem egter vir Markus en reis per skip na Siprus en gaan weer op hulle aanvanklike spore terug.  Paul took Silas and went on his way. Barnabas took John Mark and went to Cyprus, his homecountry.

Hoe gemaak met mense wat nie end-uit volhou nie?

Die kern van die konflik was die belangrike vraag: hoe maak mens met mense wat nie end-uit volhou nie?  Mense wat terugdeins of afdwaal?  The main question is: “What do you do with people that do not persevere to the end?  What do you do with the “free riders”, those people that come along, but do not want to do the hard work of persevering and witnessing and ministering to the needs of others?

Enige godsdiens het die probleem van mense wat hulself as “free riders” beskou.  Dit is mense wat deel wil wees van die kerk, en in die voorregte deel, maar nie bereid is om die prys van dissipelskap te betaal nie.  Sodra daar teenstand of moeilikheid kom, deins hulle terug.

Die vroeë Christelike kerk het dikwels vervolging beleef.  Vervolging het hulle in ’n groot mate gehelp om vry van “free riders” te wees.  Die prys was net te hoog.  Die vraag was egter, as Johannes Markus alreeds in Pamfilië omgedraai het – toe die teenstand nog nie regtig eers erg was nie – wat sou hy doen in Antiogië in Pisidië of Ikonium waar die apostels uit die stad verdryf is, of in Listra waar Paulus gestenig en vir dood agtergelaat is?  The question was, do John Mark qualify for the title “free rider” of not?  Would he disappoint again of would he come through this time?

Waar lê die balans tussen die afwys van “free riders”, en die gee van ’n tweede kans vir iemand wat gefaal het?  Vir Paulus swaai die skaal na die kant waar Markus nie kan saamgaan nie.  Barnabas is weer oortuig dat Markus sy kant sal bring.  Twee antwoorde op dieselfde vraag.  En dit lei tot skeiding tussen die twee leiers.  Paul thought John Mark did not deserve a second chance.  Barnabas thought otherwise and took the trouble to mentor young John Mark towards a mature ministry.

Barnabas se besluit

Barnabas se vertroue in Johannes Markus was egter werklik profeties.  Markus het mettertyd ontwikkel in ’n belangrike en sterk geestelike leier in die kerk van die Here.  En die geskiedenis bewys se keuse as die regte keuses.  History shows us that Barnabas was right. John Mark became the person Barnabas believed he could be.

En dit leer ons, dit is reg om aan mense ’n tweede kans te gee, minstens onder die regte omstandighede, om hulle ’n kans te gee om ’n tweede keer skouer aan die wiel te sit en reg te maak waar hulle voorheen terug gedeins het.  The Christian Church is the place where second chances are given and where second chance are taken.

Twee dinge het Barnabas waarskynlik gehelp om kan te kies vir Markus – dit is nou benewens die feit dat hulle famlilie was:

  • Eerstens het hy die persoonlike onderskeidingsvermoë gehad om Markus se potensiaal raak te sien. Hy het ook die teologiese onderskeidingsvermoë om te weet dat God ons nooit verstoot nie, maar aan ons verskeie geleenthede vir skuldbelydenis en vergifnis gee.  Hy eggo Jesus se optrede teenoor Petrus nadat dié Hom verraai het.  En hy doen weer ’n keer wat hyself vroeër vir Paulus gedoen het, toe hy van vervolger in verkondiger verander het – hy ontferm hom oor Markus en begelei hom na geestelike volwassenheid.  Two things helped Barnabas in his choice.  He had the personal discernment that John Mark had the potential.  He had the model of Jesus with Peter in his denial of Him and gave John Mark the benefit of the doubt.
  • Tweedens gebruik hy sy gawe van bemoediging ter ondersteuning van Markus. Hy neem hom weer saam na Siprus, waar hulle reeds saam bedien het tydens die eerste sendingreis.  Saam met Markus sou hy waarskynlik deur die probleemareas werk wat die eerste sendingreis vir Markus so katastrofies laat eindig het.  Hoe effektief hy hiermee was, blyk uit die feit dat Markus later onder baie moeiliker omstandighede getrou aan die evangelie bly.  Barnabas also had the gift of encouragement which he used to great effect. His leadership was an encouraging one. And he would work through those areas where John Mark had trouble the last time and mentor him to perseverance.  He was a coach per excellence.

Barnabas illustreer  vir ons ’n lewenspraktyk van begeleiding, gebou op die gawes van onderskeiding en bemoediging, wat die lanseerplatform word vir Markus se bediening in die vroeë kerk.

’n Herhaling van vroeëre optrede

Daarmee doen Barnabas eintlik presies wat hy vroeër in die tweede fase van sy begeleiding van Paulus self gedoen het.  Toe Paulus, selfs na hy aanvaar is in die apostelkring, uitgeskuif is na Arabië, en dit nie eintlik by die vroeë kerk opgekom het om Paulus ’n kans in die hoofstroom bediening te gee nie, het Barnabas hom in Tarsus gaan haal en ’n geleentheid in Antiogië gegee.

Op ’n manier gaan hy nou ’n stappie verder:  hy begelei nie net iemand wat die eerste keer tot bekering gekom het nie (Paulus), maar ook iemand wat gefaal het, en nou ’n tweede kans moet kry (Markus).  So Barnabas did what he did with Paul when he came to Christ.  He mentored the young budding Christian John Mark even is he did falter in his initial start to a life of discipleship.

Die gevolg hiervan is dramaties:

  • Johannes Markus word as betroubare bedienaar van die evangelie herstel; John Mark became a trustworthy minister of the gospel.
  • Markus word ’n sleutelfiguur in die vroeë kerk, onder andere die skrywer van die oudste evangelie, en die vertroueling van Petrus (1 Pet 5:12-14) en selfs Paulus. He became the writer of the first gospel and a confidant of Peter and even Paul.

1 Pet 5:12-14

12Silvanus, wat na my mening ’n getroue broer is, het vir my hierdie kort briefie aan julle op skrif gestel. Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas!

13Die gemeente in Babilon, ’n uitverkore gemeente net soos julle, asook Markus, my seun, stuur vir julle groete.

14Groet mekaar met ’n soen van Christelike liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus is!

Markus word uiteindelik met Paulus versoen. Dit is roerend om te lees hoe Paulus later oor hom skryf in Skrifgedeeltes soos Kol 4:10; Fil 24-25; 2 Tim 4:9-13

Kol 4:10

10 Aristargos, wat hier saam met my gevange sit, stuur vir julle groete; ook Markus, die neef van Barnabas. Oor hom het julle reeds opdragte gekry: as hy daar by julle kom, moet julle hom gasvry ontvang.

Filemon 23-25

23 Epafras, wat saam met my ter wille van Christus Jesus ’n gevangene is, stuur vir jou groete; 24 ook my medewerkers Markus, Aristargos, Demas en Lukas stuur groete.

25 Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees!

2 Tim 4:9-13

9 Probeer so gou moontlik na my toe kom, 10 want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertrek. Kressens is na Galasië en Titus na Dalmasië toe. 11 Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou, want hy kan my tot groot diens wees. 12 Tigikus het ek na Efese toe gestuur. 13 As jy kom, moet jy die reismantel saambring wat ek by Karpus in Troas laat bly het, en ook die boeke, veral die perkamente.

Met hierdie lewenspraktyk beliggaam Barnabas die bemoedigende kern van die evangelie: tweede kanse.

Broodnodige lewenspraktyk

Hiermee illustreer Barnabas die lewenspraktyk van bemoediging wat broodnodig vir die Here se kerk is.  Barnabas illustrate the rule of life of Second Chances.  He used his gifts of encouragement, generosity and hospitality to mentor a young minister into a fullblown follower of Christ.  Dit is ’n praktyk wat:

  • Bereid is om risiko’s met mense as mede-bedienaars te loop en daarom tweede kanse te gee; Barnabas took risks with John Mark.
  • Mede-bedienaars, lidmate van die kerk, toelaat om foute te maak en tekort te skiet; Barnabas let John Mark make mistakes.
  • Mede-gelowiges nie afskryf nie, maar betrokke te raak by mekaar, en mekaar te help vorm deur aanmoediging en die geleentheid tot praktiese bediening te gee; Barnabas did not write John Mark off as useless but encouraged him to persevering in the practice of ministry.
  • Erkenning gee aan die feit dat bediening slegs in gemeenskap kan geskied – geen alleen-leierskap nie, maar vennootskap. Barnabas gave him the fellowship he needed to become a partner in missions.

Die einde van die verhaal

Waar eindig Barnabas se verhaal?  Daar is ’n tradisie wat sê dat hy op die eiland Siprus, naby die stad Salamis, deur Jode gestenig is.  ’n Graf wat in 488 n.C. ontdek is, word met hom verbind.  Dit beteken dat hy soos talle vroeë Christene en waarskynlik al die ander apostels, as ’n martelaar sterf vir Christus.  Daar is selfs ’n tradisie dat hy die brief aan die Hebreërs geskryf het, maar ons sal seker nooit verseker weet nie.  Barnabas were martyred in Cyprus according to tradition – there is a grave linked to him – and it could be that he was the one who wrote the eipistle to the Hebrews.  More than that we do not know.  But we do know of his encouragement, his generosity and his hospitality that gave a young leader a second chance.  We should follow him in that with our own gifts so that #leadersmustrise.

In ’n sekere sin leef sy verhaal voort oral waar gelowiges lewenspraktyke van begeleiding, bemoediging, en vrygewigheid volg.

Mag Barnabas se verhaal ook in ons gemeente voortleef.  Barnabas se lewensverhaal was dié van ’n gewone mens.  Deur die Here se genade kan elkeen van ons só ’n lewensverloop hê.

View all posts in this series

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.