Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was
Alles is makliker as jy ‘n model of ‘n voorbeeld het
Het jy al ‘n modelvliegtuigie gebou? Of ‘n modelmotortjie of modeltreintjie? As kind het ons dit verskeie kere gedoen. Dit was heerlik om die pakkie oop te maak, al die deeltjies uit te haal, die instruksies te begin lees, en dan met die bouwerk te begin. Wat veral baie gehelp het, was die tekeninge wat presies vir jou gewys het waar jy wat moet indruk of vasplak. Elke keer as ‘n mens vasgedraai het, kon jy na die diagrammatiese tekening kyk en dit navolg. Dán die toets om te kyk of alles reg aan mekaar gesit is … en die vreugde was groot as die vliegtuigie vlieg soos hy bedoel is om te vlieg.
Dit is ook hoe ons legkaarte gebou het. Maar sonder die prentjie op die doos, het ‘n mens maar gesukkel om die legkaart klaar te maak. Nog later sou dié vaardigheid my help om allerhande ander dinge aan mekaar te sit, stoele, tente (moet sê ek is minder suksesvol daarmee, want my diagramme raak te maklik weg!), tafels, boekrakke. Alles is makliker as jy ‘n model het, ‘n voorbeeld wat jy kan navolg.
Selfs Masterchef werk met dié idee in sommige van hulle kompetisies. Jy kry ‘n voorbeeld van ‘n uiters ingewikkelde gereg, en dan moet jy dit navolg. Ons het nou onlangs gekyk na ‘n uitklop sessie waarin die deelnemers ‘n visgereg van forrel, kabeljou en paling moes maak. Dit was uiters tegnies en ontsettend moeilik. Hulle het ook net 2 uur gekry om dit klaar te maak.
Maar wat gehelp het, was die voorbeeld wat die meesterkok van die gereg saam gebring het. Hulle kon dit sien, hulle kon daaraan proe, en hulle het ‘n gedetaileerde resep gehad wat hulle kon volg. Al drie deelnemer in die uitklop rondte het besonder goed gedoen, hoewel een, ou Nick, s’n ‘n klein bietjie swakker as die ander twee s’n was. Was jammer om hom te sien vaarwel sê.
Alles is makliker as jy ‘n model het, ‘n voorbeeld.
Dit is waar in kinders grootmaak – om te sien hoe iemand ‘n wind uitvryf, maak dit makliker om dit self met jou baba te doen. Dit is waar in die werk – om te sien hoe iemand ‘n aircon insit, help jou geweldig baie om dit self te doen, selfs al het jy al die regte kennis om mee te begin. Dit is waar in sport – ek dink ons gaan baie hoër tellings in krieket begin sien, want mense soos AB de Villiers en Chris Gayle is besig om die Neo’s van die krieketwêreld te word, a la Matrix. Hulle wys wat gedoen kan word, en verseker sal al hoe meer talentvolle krieketspelers hulle begin navolg.
Hier volg die hele erediens
GOD VERSAMEL ONS VOOR HOM
Verwelkoming
Toetrede
Lied 222 (x3) – Loof die Here God en prys sy heil’ge Naam (orrel)
Votum en Seëngroet
Lofsang en aanbidding
Flam 17 – Dit is die dag – staan (groep)
Flam 67 – Nader as my siel – staan (groep)
Lied 550 (x2) – Twee ogies om Gods werk te sien – staan (groep)
DIENS VAN DIE WOORD
Doop
Lied 543:1 – Here Jesus, ek is klein – sit (orrel)
Inleiding (kindertyd)
Lied 332:1-4 – God se liefde, so oneindig, sien die nood van sondaars raak – sit (orrel)
JOHANNES 13:1-17– Laat Jesus deur jou voete was
Die Wêreldbiddag vir vroue het ook dié teks dié jaar hanteer. Die Seisoen van Menswaardigheid het dit ook gekies as die oorhoofste metafoor vir hulle prosesse.
Jesus was die voete van sy dissipels
13 Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad.
2Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. 3Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. 4Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en ’n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. 5Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.
6Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?”
7En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie noú nie, maar later sal jy dit verstaan.”
8Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!”
Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”
9Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.”
10En Jesus sê vir hom: “Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon, maar nie almal nie.”
11Jesus het geweet wie Hom sou verraai; daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”
12Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het? 13Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. 14As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. 15Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. 16Dít verseker Ek julle: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en ’n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. 17Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.”
Alles is makliker as jy ‘n model of ‘n voorbeeld het
Het jy al ‘n modelvliegtuigie gebou? Of ‘n modelmotortjie of modeltreintjie? As kind het ons dit verskeie kere gedoen. Dit was heerlik om die pakkie oop te maak, al die deeltjies uit te haal, die instruksies te begin lees, en dan met die bouwerk te begin. Wat veral baie gehelp het, was die tekeninge wat presies vir jou gewys het waar jy wat moet indruk of vasplak. Elke keer as ‘n mens vasgedraai het, kon jy na die diagrammatiese tekening kyk en dit navolg. Dán die toets om te kyk of alles reg aan mekaar gesit is … en die vreugde was groot as die vliegtuigie vlieg soos hy bedoel is om te vlieg.
Dit is ook hoe ons legkaarte gebou het. Maar sonder die prentjie op die doos, het ‘n mens maar gesukkel om die legkaart klaar te maak. Nog later sou dié vaardigheid my help om allerhande ander dinge aan mekaar te sit, stoele, tente (moet sê ek is minder suksesvol daarmee, want my diagramme raak te maklik weg!), tafels, boekrakke. Alles is makliker as jy ‘n model het, ‘n voorbeeld wat jy kan navolg.
Selfs Masterchef werk met dié idee in sommige van hulle kompetisies. Jy kry ‘n voorbeeld van ‘n uiters ingewikkelde gereg, en dan moet jy dit navolg. Ons het nou onlangs gekyk na ‘n uitklop sessie waarin die deelnemers ‘n visgereg van forrel, kabeljou en paling moes maak. Dit was uiters tegnies en ontsettend moeilik. Hulle het ook net 2 uur gekry om dit klaar te maak.
Maar wat gehelp het, was die voorbeeld wat die meesterkok van die gereg saam gebring het. Hulle kon dit sien, hulle kon daaraan proe, en hulle het ‘n gedetaileerde resep gehad wat hulle kon volg. Al drie deelnemer in die uitklop rondte het besonder goed gedoen, hoewel een, ou Nick, s’n ‘n klein bietjie swakker as die ander twee s’n was. Was jammer om hom te sien vaarwel sê.
Alles is makliker as jy ‘n model het, ‘n voorbeeld.
Dit is waar in kinders grootmaak – om te sien hoe iemand ‘n wind uitvryf, maak dit makliker om dit self met jou baba te doen. Dit is waar in die werk – om te sien hoe iemand ‘n aircon insit, help jou geweldig baie om dit self te doen, selfs al het jy al die regte kennis om mee te begin. Dit is waar in sport – ek dink ons gaan baie hoër tellings in krieket begin sien, want mense soos AB de Villiers en Chris Gayle is besig om die Neo’s van die krieketwêreld te word, a la Matrix. Hulle wys wat gedoen kan word, en verseker sal al hoe meer talentvolle krieketspelers hulle begin navolg.
Jesus gee vir ons praktiese voorbeelde wat ons kan navolg
En dit is verseker ook waar in die geestelike lewe.
Dit is die punt van Jesus se gelykenisse. Hy wys vir ons hoe dinge werk, sodat ons dit kan navolg. Gelykenisse is praktiese voorbeelde wat ons kan navolg. Dit is nog meer so met dié praktiese voorbeelde wat Jesus vir ons gee, waarvan een van die belangrikste en mees betekenisvolle voorbeelde dié voetewas episode is.
Julle moet mekaar se voete was
Op ‘n eerste vlak is dié verhaal besonder helder en eintlik eenvoudig.
Jesus en sy dissipels was aan tafel. Hulle was besig om vir die Paasmaaltyd voor te berei, dié maaltyd waartydens Jesus die nagmaal sou instel.
Johannes sê vir ons, die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. Daarmee weet ons daar kom meer, maar daaroor eers later.
Jesus het egter geweet wat die Vader se plan was en dat die Vader alles in sy hande gegee het – d.w.s. dat Hy in beheer was van dié situasie. Trouens, Hy het geweet dat Hy van God gekom het en dat Hy hierna na God toe sou teruggaan.
Oor sy identiteit was Hy dus nie onseker nie, en t.o.v. van sy toekoms het Hy geweet kon Hy God vertrou.
Toe, sê Johannes, in ag genome wie Hy is, en waarheen Hy op pad is, het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en ’n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Hy het water in ’n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan ook af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.
Jesus, die een wat in beheer is, die een wat in hulle kring nommer een is, Hy gee Homself prys en neem die gestalte aan van ‘n dienskneg en was hulle voete. Kragtig!
Toe Hy egter by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?”
Jesus se antwoord aan hom was dat al begryp hy nie noú nie, hy dit later sal verstaan.
Nie dat Petrus daarmee tevrede was nie. Dit het net nie vir hom reg gevoel dat Jesus hierdie ondankbare werk om voete te was, iets wat ‘n slaaf sou kon weier, dat Hy dié werkie sou doen nie. Hy was immers God se Seun. Dit het net nie gepas by Hom dat Hy hulle almal se dienskneg word nie.
Daarom sê Petrus vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!”
Jesus oortuig egter vir hom dat dit enigste manier is waarop hy deel aan Jesus sou kry, as Jesus sy dienskneg sou word en sy voete was.
Getrou aan Petrus se aard wil hy sommer oorboord gaan en heeltemal gewas word, maar Jesus weier omdat die aanvaarding van die voetewas genoeg was. Ons weet weereens, hier kom nog meer, maar Johannes hou homself in om dié detail wat nog kom, te verklap.
Toe Jesus hulle voete klaar gewas het, het Hy sy aksie aan hulle verklaar. As Hy, wat hulle Here en Leermeester is, dan hulle voete gewas het, behoort hulle ook mekaar se voete te was. Jesus het nou vir hulle ’n voorbeeld gestel, en soos Hy vir hulle gedoen het, só moet hulle ook vir mekaar doen. “Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.”
Dié wat eerste is, moet word soos dié wat laaste is. Dié wat die leiers is, dié moet word soos dié wat dien. Om die waarheid te sê, hiermee wys Jesus wat ware leierskap is, dit is wanneer iemand iemand anders se voete was, hulleself in diensbaarheid ontledig, die belange van die ander op die hart dra, en bereid is om die “punch” daarvoor te vat.
Maar dit is nie al nie.
Jesus was sy verraaier en sy verloënaar se voete
Op ‘n tweede vlak is dié verhaal egter ontstellend en ontblotend.
Soos ons gesien het, twee persone word uitgelig in die verhaal van Jesus wat die dissipels se voete was. Judas en Petrus. Jesus verwys self na die een wat onrein is, die een wat ons in die res van die verhaal sal agterkom Jesus sou verraai, Judas Iskariot.
En ons weet ook uit die verloop van die verhaal dat die ander een Jesus sou verloën, Petrus. Drie maal sou Hy naby Jesus in die binnehof staan waar Jesus verhoor word dié nag, en sê, ek ken dié man nie. Ek ken dié man nie.
Tog deins Jesus nie terug daarvan om Homself te verneder en hulle voete te was nie, Judas s’n en ook Petrus s’n. Jesus deins uiteindelik selfs nie terug van die kruisdood waaraan Judas aktief meewerk deur sy verraad en Petrus passief deur sy verloëning nie.
Jesus het sy eie mense tot die uiterste liefgehad
Ek sê dat dit ontstellend en ontblotend is, want ons kry dit miskien nog reg om diens te lewer vanuit ons vermoëns en ons gawes. Dit kan selfs vir ons op een of manier bevredigend wees,
Maar dit raak regtig moeilik as ons mense wat ons verraai, mense wat ons verloën, wat ontken dat hulle ons ken, as ons dié mense se voete moet was.
En tog, dít is wat Jesus van ons vra. Ons moet die pad stap met die Judasse en met die Petrusse. Ons moet voete was in die volle wete dat die resultaat moontlik nie sal wees soos ons graag wil hê dat dit moet wees nie.
Hoe sal ons dit regkry?
Wel, ons het net een antwoord, en dit is te vinde in die rede hoekom Jesus dit doen. Hoekom was Jesus Judas en Petrus se voete?
Want, sê Johannes, Jesus het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. Die geheim lê in die liefde, die liefde wat geduldig is, en vriendelik. Die geheim lê in die liefde wat nie afgunstig is nie, nie grootpraterig nie, en nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit kan hom nooit verbly oor onreg nie, maar sal altyd hom verheug oor die waarheid. En soos Paulus in daardie ongelooflike diep hoofstuk oor die liefde in sy brief aan die Korintiërs sê: “Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”
Die geheim lê in ‘n verhouding met Jesus
Die geheim lê dus in ‘n verhouding met Jesus, want dié liefde is ‘n gawe wat Hy gee. Laat ons nie vergeet nie, vir Petrus bring die voetewas die begin van die verandering, toe Hy Jesus toelaat om hom lief te hê. Want, die voetewas is uiteindelik ‘n simbool van die kruis, die finale en deurslaggewende liefdesdaad van Jesus. Die liefde van die kruis bring daarom uiteindelik vir Petrus die lewe, toe hy Jesus toelaat om daar by die See van Galilea hom lief te hê en te herstel as leier van die dissipelkring. Drie maal vra Hy vir Petrus, het jy my lief? En drie maal antwoord Petrus, u weet dat ek u liefhet.
Vir Judas bring die liefde van die voetewas en die kruis egter die dood, toe hy wegvlug van Jesus en weier om tot inkeer te kom. Jesus se liefde word in Judas se geval verwerp en die boek oor Judas word uiteindelik toe gemaak.
Laat Jesus deur jou ander se voetewas
Ons kan Jesus dus net navolg in sy voorbeeld as ons toelaat dat Hy ons liefhet, as ons Hom toelaat om ons lief te hê. Daarin lê die krag wat ons soos Hy sal maak.
Dan kan ons die voorbeeld van Jesus volg, om mense te wen, die Judasse en die Petrusse, deur selfprysgawe en deernisvolle diens. Dan kan ons waag met mense. Dit is die mense wat aan ons bekend is as verraaiers en verloënaars. “Gelukkig is julle as julle dit ook doen.” Nie dat ons altyd vooraf weet wie uiteindelik die Judasse gaan wees nie, wat ons diens gaan verwerp, óf wie die Petrusse gaan wees, wat ons diens gaan aanvaar nie.
Die punt is, dat ons Jesus moet toelaat om deur ons ander se voete op dieselfde wyse te was, dat sy liefde na ander sal vloei deur ons.
“Gelukkig is julle as julle dit ook doen.”
Gebed
UITSENDING
Dankoffers
Aankondigings
- Kerkbode artikels bemark
Lied 530:1-3 – Praat ek mense-, eng’le tale, maar dis nie uit liefde nie – staan (orrel)
Seën
Lied 314 – Amen (orrel)
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022
Seisoen van Menswaardigheid – Season of Human Dignity » Materiaal vir ‘n moontlike preekreeks vir die boek JESUS-VERHALE VAN MENSWAARDIGHEID
[…] Laat Jesus deur jou voete was – Somerstrand gemeente Chris van Wyk […]
Leraar Adonis
Dankie ek verstaan die voete was en die hoogtepunte van Judas en Petrus vir alle tipe mense liefde of haat nogtans moet jy hulle voete was. Dit was nie nodig vir Jesus om die werk van ‘n slaaf te doen nie, maar uit liefde.
Baie dankie