Skip to main content

DIXIT DEUS – God se vernuwende pad deur dissipelskap – 2026

Puik. Skitterend! Indrukwekkend!! So reageer die nuus oor ons Springbokkke se prestasies die afgelope paar jaar. Dit is eintlik ’n skoupel om die pawiljoene te sit en dophou. Die geesdrif en opgewondenheid sleep ons ondersteuning ook saam! Deur net van hierdie ervarings te lees, kan jy verstaan hoekom woorde ’n baie sterk gevoelswaarde het. Soos ook sukses, wat sommer baie lekker voel en selfs soet sal smaak! Ja, ons emosies speel ’n baie belangrike rol in ons lewens!

In “Beleef God” vra Henry Blackaby watter eienskap van God het jy oor die jare heen beleef en wat dra ‘n spesiale waarde vir jou. Dalk Sy liefde? Of Sy alwetendheid – omdat jy wis, soms voor jy sou vra, dat Hy sou weet? Of die vrede in Sy teenwoordigheid – wat dan ook mense, daaglikse voorvalle en geleenthede Godsvallig maak, want niks is tog meer vir jou toevallig nie? Of God se trou, wat vir jou innerlike betekenis en ‘n gevoelswaarde kan hê, wat selfs “hemels” kan voel?

Inderdaad. Woorde dra emosies. Indien jy fyn na God in sy Woord luister, weet vir seker dat dit ’n persoonlike ontmoeting met Hom ‘n kragtige en wesenlike uitwerking op jou lewe sal hê. Ja, God wag vir jou. As jy ernstig na Hom roep en soek, moet jy leer wag op Hom. En nog wag! Dan, op ’n dag kom Hy in Sy liefde en alwysheid jou tegemoet, en leer jy Sy wil en Sy pad vir jou ken. Van dan af is jy saam op God se pad.

God antwoord onlangs op Sy roeping en seën met Dixit Deus – met ’n vars, besielende visie vir die handel-en-wandel vir vernuwende kleingroepe. By Dixit Deus (Latyn vir “God het gesê”) is God self die Hoofkarakter en wil met elkeen deur sy Woord praat; en dat jy adwagtend luister, is belangrik! As jy in eenvoud die Bybel lees, kan jy ’n dieper verstaan van God kry en Sy werklikheid elke dag meer raaksien. En wanneer Sy woorde in jou verinnerlik word, bou jy besielend aan ’n intieme en innerlike verhouding met jou Vader. Juis dít is ‘n kernaspek van geestelike groei van kleingroeplede en dit is lei ook tot voortgaande verdieping in jou geestelke lewe.

Veral Gordon McDonald en Adele Calhoun (en Richard Foster) se boeke oor geestelike gewoontes (ook dissiplines, ritmes en beginsels genoem) help ons om die gewoontes op verrassende wyses te kan bemeester. Dit dra o.a. by tot ons emosionele welstand en veral vir ’n groeiende besef van wie God is en wil wees. Ons ondersteun mekaar om mettertyd sulke gewoontes as gewone ritmes in ons lewenstyle te kan vestig!

Dixit Deus is vir elkeen wat ’n geestelike afplatting ervaar, ’n ander geestelike tuiste soek, of wat ‘n behoefte het aan ’n nuwe lewensvisie. Òf, as jy ’n ware soeke na die HERE God self het, kom gerus mee op hierdie pad van Hom. Dissipelskap help elkeen om immer saam met Jesus te stap.

Verder kan jy op ‘n dag ’n hoogs uitsonderlike aha­-oomblik ervaar, sodat jy saam met Job (42:4) sal getuig: “Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê. Maar nou het ek U self gesien.” Dit is op die heilige grond van sy Goddelike teenwoordigheid waar God se seën jou deel word in ’n unieke, lewensveranderende belewenis; ’n nuwe avontuur.

Verruklik. Groots. Subliem-hemels!

Liefdevolle seëngroete in Christus!

Mariette

Naskrif:

Vir navrae of meer besonderhede maak gerus kontak met ons by een van die volgende:

mariette@mweb.co.za / 041 583 3456 / 082 801 2801

INHOUDELIK: ’N KERNLYS VAN SIELSVERRYKENDE, GEESTElIKE EN BYBELSE GEWOONTES:

Onderstaande dissiplines (Adele noem vele meer) is wyses wat saam met luister-na-Gods-Woord by die kleingroep, Dixit Deus, prakties gefasiliteer word en gevolglik beoefen word. Dit beteken dus om steeds meer van dissipelskap vorentoe te bemeester.

Dit sal jou o.a. toerus om self mettertyd uit te reik – deur ‘die aflosstokkie te kan aangee’, en/of om jou eie bediening – volgens jou gawes en talente – te begin. Dit is wanneer God jou lei en salf deur sy Gees en sal toerus. En wel tot die vestiging en uitbreiding van Sy koninkryk.

1 ’n Kleingroep is jou geloofsgemeenskap in die kleine. Daar waar medegelowiges saam met God verkeer en ook mekaar leer ken en ondersteun. Dit is insiggewend dat dit Jesus se kleingroepmodel was om net drie dissipels saam met Hom te kies – uit sy 12 dissipels (Mat. 17:1).

2 Skrifstudie: jy gebruik net jou Bybel – God praat op baie maniere met jou; eerstens deur Sy Woord; Hy rig jou gedagtes, daarom jou gemoed, gedrag en jou dag. Jou hele lewe! (Kies dus een of enkele verse vir deurdink, asook nadenke, oorweging, besinning. Ook refleksie – wat beteken dit; wat leer God my?)

3 Joernaal: dit is jou gespreksboek met God; maak gerus altyddeur notas in jou stiltetyd, en by jou kleingroep, asook op jou geestelike pad (soos bv. met ’n preek, ’n praatjie oor die radio & TV, of as jy ’n lesing bywoon). Getuig uit jou joernaal soos die geleentheid sal opduik.

4 Fokus: Wees teenwoordig; bly in die oomblik: “Stay in the moment!” by die onderwerp onder bespreking.

5Mindfulness”: wees bewus van wat binne én buite jou aan die gang en ook toepaslik is.

6 Danksegging: dit is veral vir wat God DOEN en GEE – vir jou/enige iemand; daar is dus altyd minstens twee partye betrokke. Dankbaar wéés beteken uit dankbaarheid leef (1 Tes. 5:18).

7 Gebed: bid in gewone spreektaal, terwyl jy poog om aandagtig en gefokus te bly. Ons behoeftes is sekondêr teenoor ons vervulling met verwondering voor God vir alles wat ons uit sy Hand ontvang.

8 Stiltetyd: die kring se gebruike, riglyne, aktiwiteite en belewenisse is vir seker ’n praktiese riglyn wat om sinvol tuis met jou stiltetyd toe te pas.

9 Afsondering: vir jou afspraak met God het jy ’n vaste tyd en verkieslik ’n stil vertrek vir jou stiltetyd nodig. Mat 6:6: Gaan na jou kamer en maak die deur toe!!

10 Kommitment: dit vereis jou daaglikse afspraak met die Here vir jou stiltetyd, en dan ook jou weeklikse afspraak met Hom by jou kleingroep. En dít vra beslis beplanning van jou tyd en program, asook dikwels se en voortgaande selfdissipline.

11 Eenvoud: dit begin met “being rather than doing”, en om net gewoon te wees, sonder voorgee. Veral ook ongekunsteldheid en opregtheid in die wyse van jou aanbidding. En ook om balans tussen oordaad en opgesmuktheid en wat-net-genoeg-is vir jou daaglikse lewenswyse, te vind/kies.

12 Lofprysing: ons loof en dank God vir wie is en wat Hy doen en gee: daar is baie maniere (werkwoorde in vele Psalms) wat sê en leiding gee hoe om God te prys en oor Hom te juig (bv. in Ps. 10, 103, 145, ens.).

13 Aanbidding: om stil te word voor God / be in awe; buig voor Hom in eerbetoning en verwondering, of sit net in liefde stil aan Sy voete. Aanbidding is ’n Goddelike afspraak, en daarom steeds een van die mees uitsonderlike en seënende ervarings. Onthou, jy fokus alleenlik en eensydig op God, want jy kyk weg van jouself en ander se behoeftes.

14 Belydenis: Jesus se lewe lei ons tot belydenis. Jy kan ook God te vra om Sy lig oor jou lewe te laat skyn en fyn te luister vir ‘n blokkasie, en berou (‘Penthos’ – hartseer) te identifiseer en te laat gaan (Ps 51: 19).

15 Getuienis / testimony: deel met mekaar oor die pad wat die Here met jou geloop het – daarvoor is die joernaal nuttig. Daaruit kan jy jou geloofstorie met ander deel. Woorde wek dade, en jou geloofstorie kan mede-gelowiges aanraak en inspireer. Jy getuig oor God se pad met jou, en die werklikheid van saam met Jesus se leef-en-stap. Dit gaan nié oor jou ”ek”-storie nie!

16 ’n Bediening hê / ministry: God wil jou gebruik. Deur die salwing van Sy Gees staan jou talente en gawes vir ‘n bediening in Sy diens en tot Sy eer; en dit dra by tot uitbreiding van Sy Koningkryk.

17 Viering / celebration: op jou vreugdepad (joy) kuier/eet jy saam met gelowige vriende.

18 Koinonia / fellowship: eredienste, gemeente-etes, -bidure, -uitreike en diensterreine word na waarde geag. Jy kan uitvind waar jy tuis voel en daar betrokke raak.

19 Rentmeesterskap: gee (tiendes) van jou tyd, energie en geld (eintlik vanuit jou hele lewe) terug aan jou Vader. Raak gerus betrokke; ons ontvang geestelik op ’n plek en gee (deel uit) op ’n ander.

20 Geestelike boeke, programme en musiek: moenie die waarde hiervan onderskat nie!

21 Mentorskap / submission: is om te verstaan wat Christelike onderdanigheid is en waarde daaraan te heg. ’n Geesvervulde groepleier sal jou ondersteun op jou pad saam met God, en kan jou help met selfinsig ten opsigte van geestelike groei, en veral met die verantwoordheid in jou keuses. Asook om jou roeping te vind en te verwoord.

22 Voorbidding: voorbidding en om ’n intersessor te wees – onder leiding van die Heilige Gees, vra onder andere dat jy sal leer om volhardend te bid, en by God te hoor vir wie en wát jy moet bid.

Waarom dissipelskap doen vir geestelike groei?

Wat is die nut en noodsaaklikheid van aanleer en toepassing van geestelike dissiplines/gewoontes?

Dissipelskap is ten diepste Spiritualiteit:

Dit behels om deur die heilswerking van God en Sy Goddelike teenwoordigheid diep individuele en innerlike kontak met God te ervaar. Dit betrek deur jou intieme verhouding met God en jou persoonlike soeke na betekenis en jou doel in jou lewe – wat vir jou innerlike vrede bring.

As jy op pad is met God, kan jy geestelik groei. Jy kan jou volle potensiaal bereik, jou talente herken en ontwikkel, en word waartoe God jou roep en jy ook in staat is om te wees.

Opsommend dus beteken dit tyd en aandag is nodig vir:

  • Gebed; om in gebed in ’n wedersydse gesprek met God te wees – as deel van in ’n intieme verhouding en verbintenis met God. So is jy ook verbind jy met Sy skepping – die natuur. En met mekaar in die groep – en hierdie groepsverbintenis moet elkeen koester.
  • Gods Woord: om te luister en hoor wanneer God praat, en dit te verstaan en ernstig op te neem deur dit aan te teken in jou gespreksboek met God.
  • Kleingroep / Koinonia: jy is deel van ’n geloofsgemeenskappie en deur gesamentlike deelname en luister na mekaar, word dit ’n intieme groepie wat mekaar vertrou en ondersteun. Dit beskryf ‘n diep, aktiewe en geestelike band wat julle met God en met mekaar verenig.
  • Gemeentebetrokkenheid: By watter aksie of bediening is jy betrokke? Dit is gewoonlik n.a.v. jou gawes en ‘n roeping wat daarop gevolg het.
  • Kommunikasie: jy leer geestelike gesprekke op verskillende wyses van vele aspekte van jou gelooof.
  • Getuienis: deur groepsdeelname en die aanleer van geestelike gewoontes, begin jy verstaan hoe om erns te maak met stiltetyd, nadenke en gebed, en kan dan getuig oor die pad wat God met jou loop.

If you can’t find time during the day to spend with the Lord,

you are doing more than He intended you to do (n.a.v. Joyce Meyer).

Hier is enkele van verskeie bronne wat gebruik is. Die inhoud is toepaslik op bostaande; jy kan dit aanskaf of leen – om te lees of te gebruik. Jy kan dalk daarvan tweedehands by boekwinkels of internet kry.

  • The New Jerusalem Bible. Reader’s Edition (in ‘n kenmerkende turkooiskleur.)
  • The Amplified Bible, sowel as verskeie ander vertalings, o.a. NIV (The New International Version), die 1983 en die 1933-Afrikaanse (Ou) Vertalings, en Die Boodskap
  • Beleef God! Hoe om God se wil te ken en te doen: Henry Blackaby & Claude King (Experiencing God!)
  • Bybelskool – 2025, Veritas se notas op WhatsApp: Chris van Wyk (kontak my daarvoor)
  • Dissipelskap, die Volwasse Menswees-kursus by Humansdorp en voorts:
  • Ek sal Hom sien – my lewe voor God; Bybelstudies in Brandpunte (1995 – 2002): MR
  • In Gees en in Waarheid: Cecile Burger
  • In Gesprek met God, asookJy is ’n Nuwe Mens: Ferdinand Deist
  • Knowing God: James I. Packer
  • Life of the Beloved,en Here and Now – Living in the Spirit, en vele
  • ander: Henri Nouwen
  • Life Together: Dietrich Bonnhoefer
  • Open to God: Joyce Hugget
  • Practice the Presence of God: Brother Lawrence
  • Prayer, enCelebration of Discipline: Richard Foster
  • The Secret of Adoration, enThe Power from on High, en The Power from Abiding Presence; en ander soos in Die Geheimenisse van God: ‘n dagboek deur Andrew Murray.

Wees gegroet, en mag God jou ryklik seën.

Mariette (041 583 3456 / 082 801 2801)

 

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.