Geloof in die smeltkroes – Daniël 3
Dit is onvermydelik dat ons geloof van tyd tot tyd in die smeltkroes kom van die lewe se uitdagings.
Ek lees die week in die Huffingtonpost die verstommende statistiek dat vervolging van gelowiges eerder toeneem as afneem. Dit berus op die Pew Research Center se wêreldwye navorsing, wat veral erge vervolging in die Midde-Ooste en Noord-Afrika uitwys. Daar is ’n wydverspreide vyandigheid teenoor mense van ander godsdienste, soos nou onlangs weer in Egipte teenoor Koptiese Christene. En die omvang van regerings se inperking van godsdiensvryheid bly verstommend hoog. Om die waarheid te sê, die plekke in dié wêrelddele waar daar sektariese of gemeenskapsgeweld is, het verdubbel in 2011, dié jaar wat ons sal onthou as die Arabiese Lente.
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS
Verwelkoming
GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS
Toetrede
Vonkk 40 – “Kom en vul ons met vrede” Gemeente – Afr.; Koor – Eng.; Gemeente – Afr. – sit
Liedboek 221 – “Loof die Heer” – sit
Votum en seëngroet
Lofsang
Vonkk 124 – “Jesus bring vreugde” – staan
Psalm 112 – “God wat oorvloed het, voorsien” Gemeente keerverse; Koor Psalmverse – sit
Vonkk 104 – “Wat ’n vriend het ons in Jesus” – staan
Gebed
GOD PRAAT EN ONS LUISTER
Kindertyd
’n Mens se naam is darem maar spesiaal nê!
Ma’s en Pa’s bestee baie tyd om vir julle net die regte naam uit te kies. Soms is dit net omdat dit mooi klink. Soms is dit omdat die naam vir hulle baie betekenis het.
Weet jy wat is spesiaal aan jou naam?
Ek gaan vandag vir julle vertel van Daniël se drie vriende.
Dit is ’n verhaal van lank-lank gelede.
Die drie vriende van Daniël was nog jonk toe hulle saam met hom weggevoer is na ’n vêr en vreemde land. Die drie vriende was Gananja, Misael en Asarja.
Dit was baie spesiale name:
- Gananja – “Die Here is genadig”;
- Misael – “Wie is soos God?”;
- Asarja – “Die Here het gehelp”.
Hulle was ook baie spesiale jongmense. Hulle was só besonders dat hulle gou raakgesien is en uiteindelik vir die koning gewerk het.
Maar toe gebeur daar ’n ding. Die koning het ’n groot beeld laat maak en beveel dat almal voor die beeld moet buig.
Gananja en Misael en Asarja wou egter nie. Hoekom nie? Want hulle wou net vir die Here lief blý. Hulle wou nie voor ’n afgod buig nie.
Die koning was baie kwaad. Hy het ‘n oond van vuur laat maak en gedreig om hulle daar in te gooi.
Weer vra hy vir hulle, buig voor die beeld, dan sal ek julle los.
Maar hulle wou nie. Hulle sê vir hom, ons God kan ons red uit die vuur van dié oond. Selfs as Hy dit egter nie doen nie, sal ons nie voor die beeld buig nie.
Toe bind die koning hulle vas en laat sy soldate vir hulle in die vuur gooi.
Wat dink julle gebeur toe?
Die koning het so van vêr af deur ’n skrefie in die oond ingekyk en wat sou hy sien? Daar loop die drie vriende sonder enige toue in die oond rond. Hulle brand nie en hulle kom niks oor nie.
En toe hy goed kyk, toe sien hy maar daar is vier jongmans daarbinne. Hy dog toe, maar dit moet ’n engel wees wat deur God gestuur is om hulle te help. Só besef hy toe dat God hulle gehelp het.
Toe besluit die koning, mense moet vir God aanbid en nie meer sy afgodsbeeld wat hy laat bou het nie.
God het vir hulle gesorg toe hulle vas bly glo het in Hom.
God sal ook vir ons sorg as ons vas bly glo in Hom.
En kom ons onthou net weer hulle name.
- Gananja – “Die Here is genadig”;
- Misael – “Wie is soos God?”;
- Asarja – “Die Here het gehelp”.
Hulle het ervaar dat die Here presies aan hulle gedoen het wat hulle name beteken het.
Skriflesing
Die verhale en visioene van die boek Daniël speel af teen die agtergrond van die ballingskap van Juda in Babel. Die jong Daniël word deur Nebukadnesar weggevoer saam met ’n hele aantal ander jongmanne, net ná Nebukadnesar in 605 v.C. die Egiptiese leër by Karchemis oorwin het. Die ballingskap van Daniël was dus een van die Here se voorsienings wat waarskynlik die Jode se lot in ballingskap versag het, aangesien Daniël uiteindelik vir jare in diens van die onderskeie konings van Babel was.
Die boek is in twee duidelike dele opgedeel waarin God se betrokkenheid by sy mense sowel as in die wêreld en heelal geïllustreer en beskryf word deur:
- Ses verhale van Daniël (Beltsasar), sy vriende, naamlik Gananja (Sadrag), Misael (Mesag) en Asarja (Abednego), tydens die ballingskap in Babilon – hfst. 1-6;
- ’n Reeks van vier apokaliptiese visioene, waarin die gordyn op die koms van die koninkryk oopgetrek word en die invloed en impak wat dit op die magte en kragte van die aarde en die hemel sal hê – hfst. 7-12.
Aan die eenkant demonstreer die boek Daniël God se voorsiening en versorging vir dié wat aan Hom getrou en lojaal bly ten spyte van talle uitdagings (Daniël en sy drie vriende), sowel as sy aanvaarding van enigiemand wat hul vertroue in Hom plaas, selfs heidense konings (Nebukadnesar, Darius).
Aan die anderkant demonstreer dit God se invloed en ingrype in die geskiedenis wat nie net die wel en weë van konings en koninkryke bepaal nie, maar afstuur op ’n finale afrekening met die boosheid van die mensdom en die vestiging van Sy koninkryk.
Terloops: in die Rooms-Katolieke en Ortodokse kerke se weergawe van Daniël is daar ook ’n hoofstuk 13 en 14 bygevoeg wat op die LXX (Griekse vertaling van die OT) berus en in die Vulgaat (Latynse vertaling van die Bybel) opgeneem is. Dit is ook hoe die eerste Engelse King James vertaling dit gehad het. Die hoofstukke handel oor die innemende verhaal van Susanna en die Oudstes wat deur Daniël van valse beskuldigings gered is (hfst. 13) en die verdere twee verhale oor Daniël se ontbloting van bedrog rondom die afgod Bel (onthou sy Babiloniese naam is Beltsasar: “prins van Bel”) en sy oorwinning van ’n draak, getiteld Bel en die Draak (hfst. 14). Daar is ook ’n byvoeging in hfst. 3 as deel van die verhaal van die drie vriende in die brandende oond: Die gebed van Asarja (Abednego) en die lied van die drie heilige jongmense wat veral interessant sou wees vir julle om te lees na aanleiding van ons fokus vanoggend op Daniël 3.
Die boek begin met twee verhale van Daniël.
- Die eerste verhaal stel Daniël aan ons bekend as ’n besonder wyse jongman wat uitblink in die uitleg van gesigte en drome – hfst. 1.
- Die tweede verhaal gaan vêrder en stel Daniël aan ons bekend as iemand wat in kontak is met dié God wat geheime kan openbaar, selfs die drome van die koning – hfst. 2.
Die twee verhale dien ook as ’n tekening van God as Iemand wat nie net agter die skerms mense se wel en weë as’t ware onsigbaar bestuur nie, maar self in gesprek tree met hulle selfs in hulle mees private en intieme droomwêreld. In die proses skuif die gordyn op die toekoms op ’n skrefie oop in die uitleg van die droom van Nebukadnesar.
Die boek vervolg met twee verhale van geloof in God.
- Die eerste verhaal handel oor die standvastige geloof van Daniël se drie vriende wat volgehou word selfs al moet hulle die brandende oond daarvoor trotseer – hoofstuk 3 – waarop ons gaan fokus.
- Die tweede verhaal handel oor die geloofsbelydenis van Nebukadnesar wat aan die wêreld van sy tyd uitbasuin dat God bo alles Koning is, ná hy deur sy eie smeltkroes van verstoting moes gaan – hoofstuk 4 – lees dit gerus.
Daniël 3
Ons lees die hele hoofstuk.
Woordverkondiging
Vervolging wêreldwyd
Dit is onvermydelik dat ons geloof van tyd tot tyd in die smeltkroes kom van die lewe se uitdagings.
Ek lees die week in die Huffingtonpost die verstommende statistiek dat vervolging van gelowiges eerder toeneem as afneem (http://www.huffingtonpost.com/2013/06/21/religious-oppression-rises-arab-spring_n_3474747.html). Dit berus op die Pew Research Center se wêreldwye navorsing, wat veral erge vervolging in die Midde-Ooste en Noord-Afrika uitwys. Daar is ’n wydverspreide vyandigheid teenoor mense van ander godsdienste, soos nou onlangs weer in Egipte teenoor Koptiese Christene. En die omvang van regerings se inperking van godsdiensvryheid bly verstommend hoog. Om die waarheid te sê, die plekke in dié wêrelddele waar daar sektariese of gemeenskapsgeweld is, het verdubbel in 2011, dié jaar wat ons sal onthou as die Arabiese Lente.
Die Pew navorsing van die situasie in 198 lande in die wêreld wys uit dat die lande met hoë of baie hoë beperkings op godsdiensvryheid van 37 % tot 40% gestyg het in 2011. Dit raak meer as 5.1 miljard mense (74 % van die wêreldbevolking) omdat dié lande ook van die digsbevolkte lande in die wêreld is. Christene word in die meeste van dié lande vervolg, maar dit tref ook Moslems en Jode. Selfs Boeddhiste word vervolg.
Die wêreld is nie veilig vir gelowiges nie
Ons leef in ’n wêreld wat nie veilig is vir mense wat glo nie en veral nie veilig is vir mense wat anders as die meerderheid glo nie.
Dit is dus onvermydelik dat almal wat wil bly glo aan die smeltkroes van teenstand en vyandigheid blootgestel sal word. Dit sluit ons in. Daarom het ons nodig om onsself te ondersoek oor die gehalte en kosbaarheid en bevestiging van ons eie geloof – selfs al word ons nie aan die intensiteit of brutaliteit van sommige van die vervolgings van ons tyd blootgestel nie. Ons het natuurlik in ons land ander sagter uitdagings in ons geloof, dinge wat met ons lewenstyl en ons keuses te make het – en dié gedagtes uit Daniël kan ons ook met dié uitdagings help.
Nebukadnesar beperk geloofsvryheid
Nebukadnesar se beeld is waarskynlik geïnspireer deur die beeld in sy droom (hfst. 2). Daar is hy en sy koninkryk geteken as die hoof van goud, die belangrikste deel van die beeld wat die opeenvolgende koninkryke van die wêreld voorstel. Toe skep hy ’n beeld wat sommer heeltemal van goud is. Die dimensies van die beeld – 30×3 meter – beteken waarskynlik dat hy ’n voetstuk gemaak het waarop die beeld geplaas is. Anders sou dit baie onstabiel gewees het.
Hy skep daarmee ’n simbool van sy universele mag waaraan hy goddelike eienskappe koppel deur van almal te verwag om daarvoor neer te buig en dit te aanbid. Hy beperk dus op groot skaal die vryheid van godsdiens in sy ryk wat die tafel dek vir ’n groot konfrontasie met eintlik alle godsdienste, maar verseker ook in dié geval die klompie Jode in Babel wat aan God getrou wil bly.
Op die koop toe skep sy inperking van godsdiensvryheid ’n geleentheid vir sekere jaloerse Galdeërs om die drie vriende van Daniël in diskrediet te probeer bring. Uit die verhaal lyk dit asof hulle die drie vriende vals beskuldig het, hoewel dit ook darem duidelik in die gesprek met Nebukadnesar blyk dat die drie vriende nie van plan was om te buig nie.
Vol van bravade oor sy eie mag beveel Nebukadnesar dan die drie vriende om te buig voor sy beeld, want: “Watter god sal julle uit my mag kan red?” (3:15). Daar is nie enige onsekerheid nie. Dit is Nebukadnesar se beeld, dit is sy visie op die lewe, dit is sy manier van aanbid, óf die brandende oond. Uit eerbied vir die rol wat hulle al gespeel het in die ryk, gee hy hulle darem kans om van plan te verander.
Hoe sou jy maak?
Stel jouself in hulle plek. Jy is in die vreemde. Jy het baie min van ’n ondersteuning sisteem. Jy is in die koning se diens en skuur die hele tyd skouers met mense van ’n ander godsdiens. Die koning hou van jou en hy waardeer jou. Maar hy is ook baie duidelik. Jy moet sy beeld aanbid … of jy sterf ’n aaklige en vernederende vuurdood.
Hoe sou jy maak?
Die drie vriende is onwrikbaar gelowig
Die drie vriende knip egter amper nie ’n oog nie en sê dat hulle nie ’n antwoord aan Nebukadnesar verskuldig is nie. Hulle het hul God wat hul dien, sê hulle, en Hý het die mag om hulle te red van die kwaad wat hulle aangedoen kan word. Aan Hom wil hulle getrou bly, selfs al gee Hy nie nou vir hulle verlossing van dié vuur nie.
Hulle deins nie terug vir die uitdaging nie. Hulle wyk nie af van hulle oortuigings nie. Selfs nie ’n millimeter nie. Hier staan ons. Ons sal nie anders nie. Onwrikbaar. Onversteurbaar. Onvergeetbaar!
Hoekom?
Hoekom? Wat het hulle geïnspireer om só vas te staan? Wat het hulle hierdie ruggraat van yster gegee om te sê, Nee, ons sál nie?
Wat dié drie vriende gehelp het om vas te staan, is dat hulle reeds deur 2 groot ervarings was van God se sorg waar hulle aan Hom getrou gebly het.
God bevestig hulle in hulle geloof
In hoofstuk 1 word vertel hoe hulle die hoofpaleisbeampte, Aspenas, vra om vrygestel te word van die afgodsvleis en drank en die Here sy hart gunstig gestem het teenoor hulle. Dit was boonop ’n wen-wen situasie vir hulle en Aspenas – hulle kon die kos en drank vermy en hy het gesonde mense gekry. Hulle het egter nie net beter vertoon as die ander jongmanne nie. God het hulle as ’n bonus verstommende wysheid gegee om enige visioen en droom te kan uitlê. Natuurlik omdat Hy iets beplan het vir die toekoms!
Hulle was dus al deur ’n ervaring waar hulle getrou gebly het aan hulle geloof en waar hulle ervaar het dat die Here hulle onderskeiding en wysheid gee en dat dit suksesvol was. Hulle is bevestig in hulle geloof.
God antwoord hulle gebede
In hoofstuk 2 word vertel hoe hulle voor ’n groter toets gestel word toe Nebukadnesar nie net die uitleg van sy droom wil hê nie, maar sommer ook die droom self, sonder dat hy dit vir hulle vertel! In ’n roerende gebed vra hulle van die Here om die geheim van die droom te ontrafel en Hy gee dit vir hulle. So kan hulle nie net hulle eie lewens red nie, maar ook die boodskap van die Here aan Nebukadnesar deurgee.
Hulle was dus ten diepste op ‘n geestelike vlak aan God verbind. Die probleme wat hulle ervaar het in die lewe, die dinge wat moeilik was om mee te handel, dié het hulle voor God gebring en volgehou daarmee tot hulle antwoorde kry.
Hulle name herinner hulle daaraan dat hulle aan God behoort
Maar daar is ook ’n ander ding wat hulle gehelp het. Hulle ouers het hulle besondere name gegee wat hulle telkens herinner het aan die feit dat hulle aan God behoort het (Daniël se naam het “God is my regter” beteken).
- Gananja – “Jah(wê) is genadig”;
- Misael – “Wie is soos God?” of “voorsiener”;
- Asarja – “Jah(wê) het gehelp”.
Die betekenis van dié name het hulle gehelp om die aanslag van die koning op hulle geloof te deurstaan. Ek wil nou nie te veel van hulle name as sodanig maak nie, maar ek wil wel die rol van hulle ouers en hulle afkoms beklemtoon. Die ouers het aan God gedink toe hulle vir die drie vriende name gegee het. Hulle het die drie jongelinge daarmee opgedra aan die Here en aan sy sorg toevertrou. Dit kon ander name gewees het, maar die punt is dat hulle iets vir hulle kinders saamgegee het vir hulle geloofsreis deur die wêreld – en dié kinders kon daaraan vashou toe hulle geloof in die smeltkroes van die lewe in die vreemde getoets is.
Hulle geloof manifesteer God se voorsiening en versorging
Hulle sê daarom aan die koning toe hy hulle wil dwing om voor sy beeld te buig en hom te aanbid: “God sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.”? (3:17-18).
Onwrikbaar. Onversteurbaar. Onvergeetbaar.
Die dieper wonder van dié verhaal is dan dat die drie vriende se geloof standvastigheid uitloop op ’n manifestasie van God se voorsiening en versorging van Sy mense. Hulle kom nie net niks oor in die brandende oond nie, maar beweeg vry en ongedeerd rond daarin saam met ’n vierde persoon wat vir die koning lyk soos “’n seun van die gode” (3:25) en deur hom as ’n engel geïdentifiseer word (3:28 – baie identifiseer die persoon met Jesus in sy preëksistente bestaan). Die impak op die koning en sy koninkryk is enorm, hoewel dit nog ’n verdere ingrype van God sou neem om die koning regtig te bereik (hfst. 4).
Die boodskap aan ons is dat God genadig is, dat Hy voorsien en dat Hy help, presies wat die name van die drie vriende vir hulle uitgespel het.
Jou geloof is kosbaar – koester dit
Ek wil afsluit met dié oproep:
Ek is baie bewus van die enormiteit van die uitdaging om tussen God en ons geloofsgemeenskap te staan en sy Woord só uit te lê dat dit God se Woord vir jou raak.
Natuurlik beteken dit in die eerste plek dat ek self daarna moet luister en self daaraan gehoorsaam moet wees. Ook waar my geloof in die branding kom, daar moet ek vasstaan en sal my ervarings en gebede en selfs my naam – volgeling van Christus – my ondersteun.
Maar ek ervaar ’n geweldige erns om jou te herinner aan die geloof wat in jou woon. Dit is kosbaar. Dit is die kosbaarste ding wat jy het. Daar is baie aanslae daarop, ek vermoed die hele rasionalistiese raamwerk waarin ons leef, is miskien jou grootste uitdaging. Hoe bly ’n mens glo as mense om jou dit afkraak en geen saak het met enigiets anders as wat hulle met hulle sintuie kan waarneem nie?
Jy het nodig om te leer om vas te staan.
- Elke klein ervaring van God se sorg – as jy net daagliks daarvoor kyk – sal bou aan jou geloof.
- Elke klein ervaring van gebedsverhoring – as jy net boekhou van wát jy bid – sal bou aan jou geloof.
- Elke stukkie ondersteuning van ouers, kleingroepe, diensgroepe, jou familie – as jy tyd maak daarvoor – sal bou aan jou geloof.
Daar is nét een manier om te bou aan jou geloof – en dit is om jou aan ervarings met God bloot te stel en nooit op te hou nie en nooit tou op te gooi nie.
Ek wil jou vandag motiveer met die voorbeeld van Daniël se drie vriende – Gananja, Misael en Asarja. Volg hulle na, sodat jou getuienis ons ander ook kan inspireer om vas te staan selfs as dinge nie uitwerk soos wat ons dink nie.
Gebed
GOD STUUR ONS OM TE LEEF
Dankoffers
Slotsang
Liedboek 524 – “God roep ons om met woord en daad” – staan
Seënbede
Respons
Liedboek 524:1 se twee laaste reëls
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022
- Die blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5 - 22/05/2022
- Wat verstaan jy onder: “wat opgevaar het na die hemel?” – Handelinge 1:9-11 - 26/05/2022
- Want in Jesus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik – Kolossense 2:6-10 - 12/06/2022
- Wees gereed! – Lukas 12:22-48 - 07/08/2022
- Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie, want Ek is by jou – Jeremia 1:11-19 - 21/08/2022
- Is jy plooibaar soos klei in die hand van die pottebakker? – Jesaja 29; Jeremia 18; Romeine 9 - 04/09/2022
- Die Here is met jou, dapper kryger! – Rigters 6 - 11/09/2022
- Lukas 1:67-80 God bevry ons om Hom sonder vrees te dien - 20/11/2022
- Psalm 72 – “Lank lewe die Koning!” - 04/12/2022
- Psalm 146 – Ons lewe sal eindig met ‘n Halleluja! - 11/12/2022
- Psalm 80 – Sien ons raak, Here! - 18/12/2022
- Hebreërs 1:1-14 – God praat vandag nog met ons deur sy Seun - 25/12/2022
- NGK Somerstrand belydenisaflegging 09:00 – 12 Februarie - 10/02/2023
- Matteus 5:13 – Julle is die sout vir die aarde - 12/02/2023
- Luister na Hom – Matteus 17:1-8 - 19/02/2023
- Geesvervulling en gehoorsaamheid – Efesiërs 5:15-20 - 19/03/2023
- Die eenvoud van die Woord van God – 1 Samuel 3 - 26/03/2023
- God se geduld met ons is ‘n geleentheid tot verlossing – Rigters 8 - 14/05/2023
- God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê – Jakobus 4:1-6 - 10/09/2023
- Rut 1:22-2:3 – Gehoorsaamheid en Godsvalligheid - 05/11/2023
- Lukas 21:25-36 – Wees waaksaam en bid - 03/12/2023