Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010
Kindertyd
Ons kom by die hoogtepunt van die kerklike jaar:
- Kersfees
- Kruisiging
- Hemelvaart
- Pinkster
Vandag dink ons aan God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. En ons loof Hom omdat Hy vir ons so lief is.
Kom ons dink gou eers oor ‘n GPS. Ken julle dit?
‘n GPS is ‘n baie handige instrument. Dit help jou om nie te verdwaal nie. Om die waarheid te sê, as jy wel verdwaal, help die GPS jou om die pad terug te vind.
Wat sou gebeur as die GPS niks sê as jy van koers af gaan nie? ‘n Mens sou heeltemal verdwaal en nie weet waar jy is nie! Die GPS moet altyd vir jou terugbring op die regte pad, sodat dit jou kan help om jou rigting te kry.
Die Here het vir ons ‘n betroubare GPS gegee, ‘n geestelike GPS. Ons geestelike GPS is die Heilige Gees. Waarheen bring die Heilige Gees ons altyd weer terug? Hy wys altyd weer terug na die Bybel. Dit is waar ons geestelike kos kry en waar ons weet wat God wil hê dat ons moet doen. Die Heilige Gees is soos die GPS, so ‘n stemmetjie hierbinne ons, ‘n wete, wat ons help om te weet wat God wil hê, hoe Jesus wil hê dat ons moet lewe.
Sommige mense wil vertrou op hulle gevoelens. Maar dit help nie. Ons gevoelens kan verander. En as ons goed voel oor iets, beteken dit mos nog nie dat iets goed is nie, of hoe?
Sommige mense kyk weer wat ander mense doen. Dit help ook nie. Net omdat almal iets doen, beteken dit nog nie dit is reg nie, of hoe? Môre doen hulle weer iets anders.
Die Heilige Gees lei ons deur die Bybel om God se wil te verstaan. Meer nog. Hy help ons om God se wil te doen. Hoe doen Hy dit? Hy is binne ons en oortuig ons van wat reg is. En Hy gee vir ons die krag om God se pad te kies. Om in die Bybelse pad te loop.
Elke keer as jy nie weet hoe verder nie, kan jy die Bybel oopmaak en die Heilige Gees vertrou dat Hy vir jou die regte woorde sal gee, sodat jy kan weet in watter rigting jy moet gaan. Nes ‘n GPS.
Kom ons dank die Here dat Hy sy Gees vir ons gegee het, sodat ons sy wil in die Bybel kan verstaan en dit kan doen.
Gebed
Skriflesing
- Johannes 16:12-15
12”Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie. 13Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. 14Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. 15Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”
Woordverkondiging
Die fokus van Drie-eenheidsondag is nie op die misterie van die dogma nie, maar op die misterie van God self.
Jesus is op pad na Getsemane en dit is die laaste keer dat Hy en sy dissipels voor sy kruisiging saam is. Hy lig die sluier oor die Gees se werk ná sy kruisiging. En daarmee troos Hy sy dissipels, gee Hy vir hulle iets om aan vas te hou, terwyl die donker van die kruis al hoe nader kom.
En die wonder is dat Hy nie praat oor hulle wat moet probeer doen om by God uit te kom nie. Nee, God kom na ons toe. Dit is die evangelie in hierdie teks. Ons sal die waarheid ken, sê Jesus, want Hy is die Gees van waarheid. En dit is Hy wat na ons toe kom.
Hy fokus dus die dissipels se aandag weg van sy naderende afwesigheid. Sy afwesigheid, sy weggaan met die Hemelvaart, gaan sy Teenwoordigheid in die Gees bring, wat Hom meer teenwoordig sal maak as wat Hy met sy lewe op aarde was. Meer nog. Die Gees verteenwoordig nie net vir Hom nie, maar ook vir God die Vader, so aldrie is tegelyk by ons.
Soos iemand gesê het: “Absence becomes an experience of incredible fullness of presence.”
Maar is dit nie te misterieus nie? Kan dit so wees? Het ons die waarheid hieroor beet?
“In ‘n dorpie in La Mancha het daar nie lank gelede nie ‘n ware heer gewoon, wat ‘n lans, ‘n antieke skild, ‘n uitgeteerde perd, en ‘n vinnige jaghond aangehou het.”
Só begin Miguel Cervantes sy fiktiewe verhaal van ene Alonso Quixano, wat op die La Mancha-vlakte in sentrale Spanje woon. En hy is duidelik iemand wat kontak met die werklikheid verloor het.
Hy noem homself Don Quixote de la Mancha en herdoop sy uitgeteerde ou perd met ‘n aristokratiese naam: Rocinante. ‘n Naburige plaasmeisie Aldonza Lorenzo word sy edele beminde, al weet sy self niks daarvan nie. Haar gesofistikeerde nuwe naam is Dulcine adel Toboso,
Vroegmôre vertrek onse Don, geklee in sy verweerde borswering, en eindig by ‘n herberg, wat hy vir ‘n kasteel aansien. Die bestuurder, vir Don Quixote die edelman in bevel van die kasteel, word versoek om Don tot ridder te slaan.
En Don vertrek op ‘n soektog na roem en heldedade. ‘n Buurman, Sancho Panza, word sy assistent, met die belofte dat hy goewerneur van ‘n eiland sal word. En sy eerste avontuur is wanneer hy ‘n paar windmeulens aanval wat hy aansien vir groot reuse.
Ja, windmeulens word aangesien as reuse. Die edelvrou Dulcinea is eintlik ‘n plaasmeisie. Die hings Rocinante is eintlik ‘n brandmaer gedierte. Sancho Panza, die goewerneur, is eintlik spreekwoordelik een van die stomper messe in die laai…
Wat kan ons glo?
Is dit moontlik dat die dissipels van Jesus dalk uit hulle verbeelding geleef het, en dinge gesien het wat nie bestaan nie? Was Jesus nie dalk soos Don Quixote besig met ‘n dwase avontuur nie? Berus ons geloof dalk op lugkastele? Het ons nie miskien net te min kontak met die werklikheid nie? Kan ons inderdaad die waarheid ken?
Wat bedoel Jesus as Hy sê: “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei” (16:13)?
Die eerste ding wat ons weer onsself aan moet herinner, is: Waarheid word geopenbaar
Volgens moderne opvattings is waarheid iets wat mens sintuiglik en met jou verstand bepaal. Jy ondersoek iets, jy neem dit waar, jy meet en toets dit, jy formuleer teorieë en bepaal die waarheid daarvan. In die soeke na waarheid moet mens skepties wees. Jy kom by waarheid net uit wanneer jy dinge nie vir soetkoek opeet nie, en deurdring na die diepste kern van daarvan.
Geen wonder ons dink naderhand iets wat ons nie kan waarneem of meet nie, bestaan in werklikheid nie. Op hierdie manier word geloof eintlik onmoontlik. Niemand kan God in die fokus van ‘n mikroskoop kry nie. Ons kan God nie optel, vermenigvuldig, deel of aftrek nie. Bestaan God dan nog? Vandaar dat sommige mense kies vir ateïsme (“God bestaan nie”) of agnostisisme (“Ons kan nie met sekerheid sê of God is of nie”).
Maar, as ons enigste waarheid die kennis is wat ons self verwerf, is ons spoedig diep in die moeilikheid. Die lewe het dan geen groter doel meer nie. En ons kan nie meer die volgende vrae antwoord nie: Waar kom die wêreld vandaan? Waar gaan die wêreld heen? Wat is die doel en betekenis van ons bestaan?
Die wêreld het immers begin lank voor ons lewe begin het. En waarskynlik gaan die wêreld na ons dood nog voortbestaan. Ons is iewers in die middel van die wêreld se geskiedenis gebore en in onsself het ons geen idee wat die plot van ons werklikheid is nie. Waarom bestaan ons? Waarvoor leef ons?
Daar is baie mense wat hierdie vrae ontwyk.
- Sommige mense sê ons bestaan om handel te dryf, ons vir onsself ‘n lewe te skep. Die diepste werklikheid is die finansiële waarde en potensiaal van die dinge rondom ons.
- Nog ‘n idee is dat ons volksverband die hoogste werklikheid is – ons lewe vir ons genetiese of etniese groep.
- Ander sê weer ons lewe om die beste daarvan te maak sodat ons in ‘n volgende lewe in ‘n beter gestalte kan terugkeer. Uiteindelik, na ‘n proses van selfverbetering in verskillende lewens, sal ons geluk smaak.
- Of ons lewe omdat ons DNA ten alle koste wil voortplant en voortleef. Ons staan in diens van ons genetiese kode.
- Nog ‘n moontlikheid, wat ons baie keer in die koerante lees: ons lewe omdat ons uit oerchaos ontstaan het, en dinge bloot toevallig so uitgewerk het. Ontwikkeling en toeval is die skepper.
Jesus verduidelik dat ons nodig het om waarheidskennis van buite onsself te ontvang. Ons kry die Gees van waarheid as geskenk, en die Gees lei ons in die volle waarheid. Daar is dinge wat mens nooit sal weet, tensy jy die inligting as openbaringsgeskenk kry nie. Voorbeelde van hierdie soort inligting is:
- Kennis van wie God is, en wat God se bedoelinge is – Hy is liefde en wil alles vul met sy liefde.
- Kennis van waar die wêreld vandaan kom en waarheen dit op pad is – God het dit gemaak en roep ons na Hom toe.
- Kennis waarom die wêreld in ‘n gebroke toestand is en hoe God dit hanteer – Hy is in die herstel en versoeningsbesigheid. Hy maak alles nuut met sy teenwoordigheid.
- Kennis van wie ek is en wat die doel is van my lewe – Ek is ‘n verteenwoordiger van God en ek moet Hom verheerlik.
Deur die eeue het God mense betroubaar hieroor onderrig. Die onderrig het ‘n hoogtepunt in die voorbeeld lewenswandel, dade en lering van Jesus Christus van Nasaret, die Seun van God, bereik. Jesus is die waarheid. Die waarheid is nie ‘n beginsel, ‘n feit, ‘n genoom of ‘n formule nie, maar ‘n Persoon. In Hom was God persoonlik aanwesig op aangesig van hierdie wêreld. Die Heilige Gees word aan ons gegee om Jesus se lering en voorbeeld by ons in te skerp. Trouens, deur die werk van die Gees is Jesus, en die Vader wat Hom gestuur het, steeds by ons teenwoordig.
Die Gees herinner ons aan wat Jesus geleer het. Vandaar die belydenis dat die Gees die kandelaar is by die Boek wat getuig oor Jesus. Die Gees staan ons by om die Skrifte vanuit die lewe en werke van die lewende Here te lees, te verstaan en toe te pas. Hy is, soos ek vir die kinders gesê het, die GPS, wat ons onfeilbaar weer terug bring na die Boek van die Lewe, die Bybel.
Die tweede herinnering: God, as Vader, Seun en Heilige Gees is die diepste waarheid en die hoogste realiteit
Die belydenis dat ons ‘n God aanbid wat een in die verhouding van Vader, Seun en Heilige Gees is, beskryf die diepste waarheid en hoogste, finale realiteit. Daarom kan Eugene Peterson sê:
“Early on the Christian community realized that everything about us – our worshipping and learning, conversing and listening, teaching and preaching, obeying and deciding, working and playing, eating and sleeping – takes place in the ‘country’ of the Trinity, that is, in the presence and among the operations of God the Father, God the Son, and God the Holy Spirit. If God’s presence and work are not understood to define who we are and what we are doing, nothing we come up with will be understood and lived properly.” (Christ plays in ten thousand places).
Vir ons is die konsep van die Drie-eenheid dikwels ‘n dogma wat ons probeer verduidelik, nie regtig verstaan nie, en waaroor ons wonder wat die werklike waarde daarvan kan wees. Die laaste ding wat mens met die Drie-eenheid moet probeer doen, sê Calvyn, is om dit te probeer verduidelik. Mens kan nie, en enige poging doen afbreek aan die diepe geheimenis van wie God is.
Die punt is: die lewende, liefdevolle verhouding tussen God die Vader, Seun en Heilige Gees, is die goddelike geselskap van waaruit die wêreld in aanskyn geroep is. En hierdie Goddelike Geselskap reik uit na ons, tree met ons in ‘n verhouding, leer ons en staan ons by. Op ‘n menslik-verstaanbare vlak word die diepste geheime van die Goddelike Gemeenskap se gedagtes oor ons, werk met ons, en uiteindelike bedoelinge met ons aan ons gekommunikeer.
Ons leef in die landskap van die Drie-eenheid. Die eerste en laaste feit waarmee ons rekening moet hou, is die werklikheid van God. Die eerste en laaste feit wat ons lewe en ons reaksies op dinge moet verreken, is die bestaan van God. ‘n God wat vir ons lewe gee, met ons praat, en in wie se gemeenskap ons ons altyd bevind.
Daaroor kan ons die Here loof en prys. In hierdie lof kan ons elke dag lewe. En oor hierdie lewe van lof kan ons ons laat leer deur die Heilige Gees.
Die derde herinnering is: Waarheid het met verhoudinge te doen
Op grond van die Bybel bely die Christelike kerk dus dat die hoogste waarheid persoonlik is. Waarheid setel in die persoon van God, waarvan die Heilige Gees ons deur die Woord leer.
Hierdie persoonlike Waarheid is boonop verhoudingsmatig, want die drie-enige God bestaan in die verhoudinge van Vader, Seun en Heilige Gees.
Die leer van die Drie-eenheid is daarom nie ‘n poging om God te verklaar nie, maar ‘n getuienis dat God God-self as persoonlik en in verhoudinge openbaar. God leef in gemeenskap met mans, vroue en kinders wat geroep word om met God in gemeenskap van liefde te leef. Hierdie lewe met God is persoonlik – ons beleef onsself as persoonlik geliefd, mense wat vergewe is, met ‘n persoonlike hoop en ‘n persoonlike behoefte om God te dien en te prys. Ons ken God nie omdat ons God kan definieer nie, maar omdat God ons persoonlik liefhet en ons leer om God lief te hê.
Weer Eugene Peterson:
The consequences of this are personally revelatory: another does not know me, nor do I know another, by defining or explaining, by categorizing or psychologizing, but only relationally, by accepting and loving, by giving and receiving. The personal and interpersonal provide the primary images (Father, Son and Holy Spirit) for both knowing God and being known by God. This is living, not thinking about living, living with, not performing for.
Die vierde herinnering en ook die toepassing: wat beteken dit vir my?
Wat beteken dit vir my dat die diepste waarheid met God Drie-enig te doene het, en persoonlik en verhoudingsmatig is? Wat beteken dit vir my dat die Heilige Gees spesifiek gegee word om ons in hierdie Waarheid te lei?
• Enige poging om ons wêreld los van God te bedink of te verstaan, kan nooit betroubare waarheid aan ons verskaf nie. Ons het God en God se openbaring nodig.
- Die diepste waarheid is die persoon van God, en die verhoudingmatige karakter van God. Waarheid kan daarop nie in ‘n slagspreuk vasgevang word nie. Geen mens beskik oor die volkome waarheid nie. Ook nie die kerk kan in die naam van Waarheid optree asof dit mag gee, of die reg om ander te veroordeel nie. Mens kan waarheid nie op ‘n kanonloop verf nie. Jy kan dit nie in ‘n politieke beleid vasvang, waarmee jy dan ander platskiet nie. Jy kan God nie opeis vir jou party nie. Jy kan die waarheid nie beheer en diensbaar maak aan jou eie motiewe nie. Die waarheid is persoonlik en relasioneel. Die waarheid kom in die Persoon van God na ons toe.
- Wanneer Christene die waarheid probeer gebruik om verdeeldheid te saai, ander te veroordeel en te verdoem, het ons die waarheid verloor. Die Waarheid eer altyd verhoudinge, wil die kwaad oorwin deur die goeie, wil verskeurdheid vervang met genesing, wil die leeu en die lam saam laat wei. Die Waarheid is liefdevol en geduldig, en ly dikwels onder die leuen. Die reg om te oordeel en wraak te neem kom aan God alleen toe. Ons kennis en insig is te beperk om onsself as finale regters oor ander aan te stel. Ons is die lammers wat die vrede van herstelde verhoudinge met ander deel.
- Aangesien die Gees ons lei in die volle waarheid, kan ons die boodskap van die waarheid versprei. Ons kan dit doen op ‘n manier wat ander intrek in verhouding met die hoogste Waarheid. Ons kan die geur van die evangelie versprei, en die evangelie toelaat om mense te vernuwe. Hierdie waarheid wys die onreg uit, vernuwe lewens, skep wedergeboorte en bekering, oorwin die kwaad, vernietig die leuen. Die waarheid doen dit, omdat dit die waarheid van God is. Die Gees gebruik die waarheid vir hierdie doel : om te oortuig van sonde, om mense na God te laat gryp, om mense tuis te laat kom in die lewensvernuwende waarheid van ‘n verhouding met God
- Die waarheid van God is publieke waarheid. Dit beteken dat waarheid nie net geestelik is nie, dit is waarheid vir die volle lewe van die hele wêreld. Die waarheid is nooit net indiwiduele opinie nie, of net waar vir diegene wat dit erken nie. Die waarheid is publiek, geldend vir die hele wêreld. Daarom word ons geroep om te getuig oor die waarheid waarin die Gees ons lei. Die wêreld moet hoor van die werklikheid van God.
Ons kan met oortuiging sê ons jaag nie windmeulens nie. Ons leef uit die betroubare waarheid van God. Ons sal die waarheid ken.
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
Trackback from your site.