Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3
Somerstrand 09:00 op Youtube 26 April 2020
Verwelkoming
Ek wonder hoe dit met jou gaan in die inperking?
Die Covid-19 virus het ons regtig tot stilstand geruk. Vir baie is daar spanning. Onsekerheid. Kommer oor die dag van môre. Dit is asof ‘n mens kontak verloor met die bekende. Die toekoms het skielik onseker geraak. Ons wag nou telkens vir die volgende berig van die regering oor hoe dinge gaan werk. En dit is volledig buite ons beheer.
Dit voel asof ‘n mens in ‘n sirkel begin loop. Soos miere wat die stroom volg. Wat hoop dat iemand daar voor weet waarheen hy of sy op pad is. Maar die hele tyd wonder of hulle inderdaad weet. Is inperking ‘n goeie ding? Of nie? Moet dit beëindig word? Of nie? En wat gaan met die ekonomie gebeur? Alle gemeentes in die ring begin praat oor kospakkies uitdeel. En dit is die puntjie van die ysberg.
Dit is baie maklik om negatief te raak. En om hoop te verloor. Ons het goeie nuus nodig.
Presies wat die eerste brief van Petrus vir ons gee. Verlede week het hy ons aangespoor om bly te wees, want ons het ‘n vaste toekoms, en ons het God se krag wat ons dra.
Hierdie week spoor Petrus ons aan om hierdie tyd te gebruik om met nuwe ywer ons te verbind aan die bron van krag wat God vir ons in die hand gegee het. Om te smag na die waarheid, die Woord van God.
Onthou die boek vir Bybelstudie oor 1 Petrus. Jy kan hoofstuk 2 hierdie week saam met ons lees en gebruik in jou kleingroep as julle oor die Internet bymekaar kom. Jy kan dit hier aflaai.
Ons raak ‘n al hoe groter gehoor! Daar is telkens meer as 300 kyke waardeur individue, egpare en gesinne inskakel. Ook van ander dele van die wêreld. Julle is welkom!
Ek is ook steeds besig om te bid oor ‘n reeks oor Openbaring. Bid saam met my daaroor en skryf aan my wat die Here op jou hart lê.
Verjaarsdae
Daar is nie iemand wat vandag verjaar nie, maar die lysie verskyn van dié wat die week verjaar. Baie geluk!
Noodfonds
Die nuusbrief is hierdie week na almal toe uitgestuur. Ons wil graag vra dat julle daartoe sal bydra sodat ons ‘n noodfonds kan opbou vir nood. Ons het reeds ‘n stewige bedrag ingesamel. Die bediening deur Theo en die bydraes vir die ACVV is ‘n deurlopende projek. Inligting bly op ons webtuiste.
As daar nood is, bel my. Ek sal dit diskreet en anoniem hanteer.
Ons wil julle ook herinner aan hulp vir julle werkers. Kom ons help mildelik selfs al kan hulle nie hulle normale werk verrig nie. Dit kan ‘n groot verskil aan families maak wat swaar trek.
Ons wil meer lidmate betrek by die Youtube erediens. Enigiemand wat met videos, musiek, grafika, bydraes, ensovoorts kan help. Ook vir Facebook, webtuiste, Instagram. Kontak vir my asb.
Pastoraat
‘n Hele aantal lidmate kontak my alreeds, veral met Whatsapps. Gebruik die geleentheid. Ek luister graag. Ek bid graag. En ek sal graag met Woordbediening vir jou wil ondersteun.
Nuuskanale
Onthou om in te skryf vir ons nuuskanale. Dit is die enigste manier waarop ons kontak kan hou. Skakels is almal op www.ngkerksomerstrand.co.za:
- Skryf in vir NG Kerk Somerstrand se Mailchimp nuusbrief
- Skryf in vir NG Kerk Somerstrand webtuiste nuusbrief
- Sluit aan by NG Kerk Somerstrand se Facebook blad
- Kyk ons eredienste op NG Kerk Somerstrand se Youtube kanaal
Like sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie.
Votum en seëngroet
In die woorde van Petrus aangepas vir Somerstrand:
“Aan die vreemdelinge van die Diaspora in Somerstrand, hulle wat uitverkies is volgens die voorkennis van God die Vader om deur die heiligmaking van die Gees gehoorsaam te wees en met die bloed van Jesus Christus besprinkel te word: Mag genade en vrede in oorvloed aan julle geskenk word! (1 Pet 1:1-2)
Loflied
Halleluja! U is heilig – koor en solis Elsje Nelson
Kindertyd
Gebed
Skriflesing en prediking
‘n Miermeul
Daar is ‘n verstommende ding in die insektewêreld. Die fenomeen van ‘n Miermeul.[1]
Daar is ‘n sekere soort blinde mier wat geprogrammeer is om die mier voor hulle te volg. Dit werk met hulle reuksintuig. Hulle ruik die chemiese feromone van die mier wat voorloop. Hulle volg daarom die miere se feromone voor hulle. So kom hulle by die kos uit en weer terug by die nes.
Dit werk normaalweg goed, want miere is redelik slim en iemand wat voor loop, sal sekerlik weet waarheen ons almal gaan, nie waar nie?
Maar soms sal diegene wat voor loop, rigting verloor, en dan begin rondloop, op soek na ‘n ander mier om te volg. … en nog een, en nog een sal dit doen … en kort voor lank begin al die miere heen en weer loop, oortuig daarvan dat hulle in die regte rigting loop … maar almal volg mekaar bloot in ‘n groot sirkel, die Miermeul.
Die resultaat is katastrofies. Hulle sterf uiteindelik almal van uitputting. William Beebe het so ‘n miermeul in 1921 waargeneem wat 370 m in omtrek was. So groot soos ‘n 400 meter atletiekbaan. Dit het elke mier 2,5 uur geneem om een keer in die rondte te stap. ‘n Bietjie langer as die 43,03 sekondes wêreldrekord van Wayde van Niekerk!
Baie moeite, baie energie, baie aksie, maar heeltemal tevergeefs. Hulle het hulle dood geloop. Om en om en om en om.
‘n Mallemeule
Ons neem hierdie manier van werk waar in die Westerse samelewing waar daar nie meer met absolute waarhede gewerk word nie. Elkeen het sy eie idee van wat goed is en wat nie. Die waarheid word nie meer gemeet aan een of ander Bybelse standaard nie. Dit word gemeet aan wat aanvaarbaar is in die wêreld en wat nie. Wat goedgekeur word en wat nie.
En ons is baie keer soos miere wat dink dat die een wat voor loop, moet vir seker weet wat hy of sy doen. En ons loop agter hulle aan, en kort voor lank begin ons almal agter die nuutste leier aanloop, agter die nuutste idee aan, totdat daar weer iemand anders kom met nog ‘n beter idee.
Dit is nie lank nie, of ons sal agterkom, as ons eerlik is, en ons tyd kry om te dink waarmee ons na alles besig is, soos nou in die tyd van die Corona-virus moontlik is … dat ons die hele tyd in ‘n sirkel loop. ‘n Mense meul. ‘n Mallemeule.
Goeie nuus
Soos Jaco verlede week in die kindertyd gepraat het oor die goeie nuus in die Bybel teenoor die slegte nuus in die koerante, só wil ek vandag die goeie nuus uit die Bybel verkondig.
Die goeie nuus is dat daar ‘n absolute waarheid is. Dit is die Woord van God. Wat ons help om die mallemeule van die wêreld se wysheid te ontsnap.
‘n GPS
En dit bring my by ‘n ander beeld wat ons help om die goeie nuus van die Bybel te begryp. Dit is die beeld van ‘n GPS.
Die GPS werk met 30 satelliete wat so 20 000 km hoog om die aarde wentel. Dit het ‘n uiters akkurate kaart van elke stukkie van hierdie aarde. En as jy ‘n goeie ontvangstoestel het, dan tel die GPS jou beweging op en kan dit vir jou tot op vyf meter akkurate inligting gee van jou bewegings.
Die wonder is, GPS werk altyd en oral. Jy moet net jou ontvangstoestel aansit, dan sal jy nie in ‘n sirkel ry nie. Jy sal by jou bestemming kom. Selfs as jy afdwaal, dan “recalculate” of “herbereken” die GPS om jou steeds by jou bestemming uit te bring.
Die Bybel is soos ‘n GPS
Die waarheid van die Bybel is soos ‘n GPS wat presies weet waar ons is, en waar ons moet uitkom. Want, soos ‘n GPS, het die Bybel ‘n uiters akkurate maatstaf van wie ons is en waarheen ons op pad is. Nog akkurater as ‘n GPS wat tot op vyf meter akkuraat is.
Trouens, die Bybel is soos ‘n swaard wat indring tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart (Hebr 4:12). Ons praat van ‘n kaart wat tot op ‘n nie-materiële vlak akkuraat is!
Die Bybel kan ons dus op ‘n uiters akkurate manier begelei om by ons bestemming te kom.
En wanneer ons afdwaal, kan dit “recalculate” om ons afdraaipaaie in ag te neem, en ons steeds by ons bestemming uit te bring.
‘n GPS kan gekortwiek word
Daar is natuurlik dinge wat die GPS se begeleiding kan kortwiek:
- As jy jou ontvangstoestel nie aansit nie, kan die GPS nie vir jou begelei nie.
- As daar ander seine is wat sterker is, kan jy soortgelyk van die wal in die sloot gelei word.
- As jy die raad van die GPS ignoreer, willens en wetens, dan sal jy uiteraard ook nie by jou bestemming uitkom nie.
Dit is die beeld waarby ek wil aansluit as ons 1 Petrus 2:1-3 gaan lees. Onthou dat dit deel van ‘n Bybelstudie is waarvoor ek vir julle ‘n boek gegee het wat julle steeds kan aflaai. Die idee is dat ons hierdie week op 1 Petrus 2 fokus. Laai dit hier af.
Die lewende steen en ’n uitverkore volk
2:1Hou op met alle kwaad en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie en alle kwaadpratery, 2en smag soos pasgebore babas na die geestelike, suiwer melk sodat julle daardeur kan groei en gered word 3omdat julle geproe het dat die Here goed is. (ASV)
Die kaart is duidelik
Die goeie nuus van hoofstuk 1 was dat God reeds vooraf goed geweet wat Hy met ons gaan doen hierna! Hy berei ons voor vir die lewe saam met Hom. Vir ewig. Die roete daarheen is vas. Die kaart is vir ons gegee. Dit is God se Woord.
Die kaart is duidelik. Dit is akkuraat in alle omstandighede en in alle lewensituasies. Om ons na God se bestemming te kan begelei.
Dit is die bron van ons blydskap. Die ewigheid wat vir ons wag. Die feit dat ons dit binnekort kan verwag. Dat die swaarkry in hierdie lewe ‘n kort tyd sal duur weens God se krag.
Dit maak die volharding in swaarkry die moeite werd. Dit moedig jou aan om onverskrokke heiligheid in alles in jou persoonlike lewe na te jaag. Dit is God se geskenk aan jou. Sy krag inspireer jou om onophoudelik en van harte lief te hê.
Jou ontvangstoestel moet aangeskakel wees
Maar, die Bybel se kaart kan so duidelik wees as wat dit wil. As jy nie jou ontvangstoestel aansit nie, kan die Here jou op geen manier begelei nie. Sal jy nooit hoor: “Draai links”, of “Draai regs” nie. Sal jy nooit die boodskap hoor: “Recalculate” of “Herbereken”. Jy sal salig voort gaan in die idee dat jy op die regte pad is. Almal sê dan dit is reg.
En al die tyd word jy vasgevang in die mallemeule van hierdie wêreld. Loop jy ook al hoe meer in die sirkel van hierdie wêreld. Om en om en om tot jy sal neerval van die sinloosheid daarvan waarvan die einde die ewige dood is.
Hoe skakel ek dit aan?
Jy lees die Bybel om te luister. Jy lees die Bybel om dit te leef. Dit is na alles die missie van ons gemeente: Luister – Leef.
Wat sê Petrus vir ons in hierdie drie verse?
Twee goed: Hou op – Smag na.
1. “Hou op met alle kwaad en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie en alle kwaadpratery.”
Dit is dinge wat jou eie lewe benadeel, sowel as en nog meer belangrik, alles wat ander se lewe kan benadeel – alle kwaad, alle bedrog, geveinsdheid of skynheiligheid, jaloesie of naywer en alle kwaadpratery of geskinder.
Dit is die dinge wat ware lewensgemeenskap met mekaar onmoontlik maak. Dit keer dat jy jou plek in die liggaam van Christus vind waar hulle tot ‘n seën vir jou kan wees, en jy tot ‘n seën vir hulle kan wees.
Dit is die dinge wat die GPS van God se Woord in jou lewe belemmer. Dit verwar jou ontvangstoestel, dit dwarsboom die sein van die GPS, en laat jou op afdraaipaaie loop, jou eie kop volg.
En hoe meer dié dinge in jou lewe begin oorneem, hoe slegter kan jy God se stem hoor, en hoe moeiliker kan jy aan Hom gehoorsaam word.
Petrus noem hier vyf dinge wat alreeds in die wet verbied is:
- Alle kwaad (kakia) is ‘n oortreding van die sesde gebod – dit is om in vyandskap met ander te lewe, om hulle te wil seermaak, om hulle te benadeel (vgl Ef 4:21).
- Alle bedrog (dolos) is ‘n oortreding van die agste en die negende gebod – dit is om deur valse getuienis te lewer teen jou naaste, om hom of haar te bedrieg of te mislei, van hulle te steel, hulle te benadeel (vgl Rom 3:13)
- Geveindsheid (hupokrisis) of skynheiligheid is ook ‘n oortreding van die negende gebod – om jou anders voor te doen as wat jy werklik is, om jou ware bedoelinge en motiverings weg te steek, om nie oop en eerlik te leef nie.
- Jaloesie (phthonos) of naywer is ‘n oortreding van die tiende gebod – om iets van iemand anders te begeer, om iemand anders se gewaande voordeel in die lewe te begeer vir jouself of enigiets wat jou naaste s’n is (vgl Fil 1:15).
- Kwaadpratery (katalalia) of geskinder of gelaster is ook ‘n oortreding van die negende gebod – om valshede oor iemand anders te versprei, om iemand anders se naam in diskrediet te bring, om iemand in ‘n slegte lig te stel by ander, gewoonlik sonder dat die persoon direk daarmee gekonfronteer word.
Maar die fokus op wat jy moet aflê, kan net werk as jy tegelykertyd fokus op dít wat jy moet opneem, dít waarop jy moet fokus. Ons groei nie deur wat ons aflê nie. Ons groei deur wat ons inneem.
En dan noem Petrus die een ding waarop jy bó alles moet konsentreer:
2. “smag soos pasgebore babas na die geestelike, suiwer melk”
Petrus gebruik die beeld van ‘n pasgebore babatjie wat smag na sy ma se melk. Dit is die beeld wat ons moet inspireer om niks in die weg te laat staan om die Here se stem in die Bybel te hoor en ons daarin te verlustig nie.
Ons moet met absolute passievolle verlange fokus op die “suiwer geestelike melk” van die Woord. In die Grieks staan dit letterlik dat ons moet smag na die: “suiwer melk van die woord”.
Want, dit is die onvervalsde, onveranderlike en onvervangbare begeleiding wat ons nodig het op ons pad na ons ewige bestemming. Die Woord van God.
Die Woord van God kom op drie maniere na ons toe.
- Daar is die “vleesgeworde Woord”, die Here Jesus self wat die Woord van God is (Joh 1:1-14).
- Daar is die “ingeplante woord” wat die Gees op ons harte skryf (Jak. 1:21; Jer 31:31; Hebr 8:10; vgl ook Rom 2:15 wat duidelik wys dat God Homself aan alle mense in hulle hart openbaar).
- Daar is die “geskrewe Woord” van God, die Bybel, wat die Gees vir ons laat opteken het.
Die geskrewe Woord is die maatstaf
Die geskrewe Woord is die konkrete maatstaf waaraan ons die stem van God kan meet (NGB 3). Die maatstaf vir die Woord van God is nie ons ervaring daarvan in ons binneste nie. God se Woord is nie in ons lyf nie. God se Woord is nie in die gemeenskap nie. Die maatstaf vir die Woord van God is nie wat ander mense vir ons leer daaroor nie. Selfs nie die kerk nie.
Die enigste maatstaf vir die Woord van God is wat geskrywe staan, soos Jesus dit vir ons geleer het in sy stryd met die Bose (Matt 4: “daar staan geskrywe” en in sy laaste onderwysing aan die dissipels (Luk 24:44 – waar Hy “hulle verstand open om die Skrifte te verstaan”). Dit is daardie geskrewe Woord wat vir ons insig gee, wat ons aan die beloftes van God laat vasgryp, wat vrede in ons hart bring, wat ons motiveer om God se opdragte te gehoorsaam.
Hoekom?
Want die geskrewe Woord is die enigste bron waardeur ons: “kan groei en gered word,” sê Petrus. Ons groei nie deur boeke en preke nie. Dit het sy waarde, maar kan ons ook van die wal in die sloot help. Ons groei nie deur leiers en gurus nie. Dit is soms nog gevaarliker, want die raad is baie keer op geen manier begrond op die Bybel nie.
Ons groei deur die Bybel en die suiwer geestelike melk daarvan, soos die Gees dit in ons lewens aan die werk sit. Soos ons na die stem van God daarin luister, so begin ons al hoe meer leef soos Hy dit van ons verwag. Op pad na die ewigheid.
As jy eers een keer die waarde van die Bybel as die lewende stem van die Here ontdek het, sal jy eintlik nie meer anders kan om meer en meer daarna te smag nie, omdat jy daardeur: “geproe het dat die Here goed is.” Sê Petrus.
Prakties
En daar is soveel maniere waarop jy hierdie suiwer melk kan drink.
- Daar is die Eenjaar Bybelleesprogramme in ons gemeente.
- Daar is die 1 Petrus boek wat jy in hierdie tyd kan gebruik.
- Daar is die Bybelskool wat jy die hele Bybel hoofstuk vir hoofstuk kan deurwerk.
Dit vra van jou net om ‘n tyd vas te maak, ‘n Bybelleesprogram te kies, ‘n joernaal om insigte, beloftes en opdragte neer te skryf, en die Bybel te begin lees as God se stem aan jou. En dit help baie om dit dan met iemand naby aan jou deur te gesels. Jou vrou of man. Jou familie. Jou geestelike vriende.
Ek vind dat my baie help om te lees vir insigte, beloftes en opdragte. Dit help my op prakties te raak. En dit verander my lewe. Soos ek daaraan gehoorsaam raak, verander my lewe, proe ook ek dat die Here goed is.
Hierdie tyd van inperking gaan uiteindelik verbygaan. Moenie die waarde hiervan ignoreer nie.
- Hou op met die dinge wat jou eie lewe en ander s’n uit mekaar ruk.
- En smag soos pasgebore babas na die geestelike, suiwer melk van God se Woord.
Die Bybel is die GPS wat jou uit die kringloop van die wêreldse Mallemeule sal red.
Gebed
EFT en Snapscan
Bydraes
Slotlied
Die wonder van die Bybel is dat dit vir ons aan Jesus verbind. Hy stap dan voor ons sodat ons die Mallemeule van hierdie wêreld kan ontsnap. Kom ons sing daarvan.
Lied 505:1-4 – Jesus, U gaan voor – koor
Seën
Ek sluit met die seën van die Here.
“Die Here seën jou en beskerm jou.
Die Here se gesig skyn oor jou en Hy is jou genadig.
Die Here lig sy gesig op na jou en Hy gee aan jou vrede.” (Num 6:24-26)
Respons
En die gemeente sê: Amen!
Snapscan
Dankiesê
[1] Die beeld van die miermeul kom van rabbi Jonathan Sacks in The Times van 4 Februarie 2006. Lees meer oor die navorsing van Frédéric Delsuc daaroor: https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC261877/
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022
- Die blare van die boom bring genesing vir die nasies – Openbaring 22:1-5 - 22/05/2022
- Wat verstaan jy onder: “wat opgevaar het na die hemel?” – Handelinge 1:9-11 - 26/05/2022
- Want in Jesus woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik – Kolossense 2:6-10 - 12/06/2022
- Wees gereed! – Lukas 12:22-48 - 07/08/2022
- Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie, want Ek is by jou – Jeremia 1:11-19 - 21/08/2022
- Is jy plooibaar soos klei in die hand van die pottebakker? – Jesaja 29; Jeremia 18; Romeine 9 - 04/09/2022
- Die Here is met jou, dapper kryger! – Rigters 6 - 11/09/2022
- Lukas 1:67-80 God bevry ons om Hom sonder vrees te dien - 20/11/2022
- Psalm 72 – “Lank lewe die Koning!” - 04/12/2022
- Psalm 146 – Ons lewe sal eindig met ‘n Halleluja! - 11/12/2022
- Psalm 80 – Sien ons raak, Here! - 18/12/2022
- Hebreërs 1:1-14 – God praat vandag nog met ons deur sy Seun - 25/12/2022
- NGK Somerstrand belydenisaflegging 09:00 – 12 Februarie - 10/02/2023
- Matteus 5:13 – Julle is die sout vir die aarde - 12/02/2023
- Luister na Hom – Matteus 17:1-8 - 19/02/2023
- Geesvervulling en gehoorsaamheid – Efesiërs 5:15-20 - 19/03/2023
- Die eenvoud van die Woord van God – 1 Samuel 3 - 26/03/2023
- God se geduld met ons is ‘n geleentheid tot verlossing – Rigters 8 - 14/05/2023
- God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê – Jakobus 4:1-6 - 10/09/2023
- Rut 1:22-2:3 – Gehoorsaamheid en Godsvalligheid - 05/11/2023
- Lukas 21:25-36 – Wees waaksaam en bid - 03/12/2023

