Skip to main content

Extract from Nik Ripken’s book “The Insanity of God”

This is the story of my journey. Please hear this well: I do not have answers to all of my questions. In fact, I am still not exactly sure where this journey might lead. But I am certain that the questions are worth asking—and I am certain that God is a patient, though sometimes demanding, teacher. I am not completely sure about the ending of the story. But the beginning, I believe, was a plane trip to hell . . .

Continue reading

My Man het Dementia – Christine Veldsman

My Man het Dementia – Christine Veldsman

Ons is bevoorreg om vir Christine as deel van die liggaam van Christus in Somerstrand te hê.  Ons ken haar hartlike vriendelikheid, haar passie vir gebed en haar getroue betrokkenheid by baie van die gemeente se aktiwiteite.  Haar boek  is aangrypend …, nie net omdat die agtergrond waarteen dit plaasvind ons bekende omgewing is nie, maar omdat die mense waarvan vertel word, vir ons bekend is en die storie van die invloed van dementia daarom ook soveel meer werklik, naby.

Luister na wat Christine en ander sê:

My man Danie het in 1998 ʼn aneurisme operasie ondergaan as gevolg waarvan hy vermoedelik breinskade, dementia, opgedoen het. Dit word beskryf as “a most devastating illness. We are  not concerned about the patient but about the carer. They are a candidate for chronical depression.” Daar is geen hoop op herstel of beterskap nie.  Die psigotiese medikasie het hoogstens ʼn kalmerende uitwerking op die emosionele en aggressiewe uitbarstings.

Ek was gekonfronteer met die grootste krisis in my lewe. Sou ek as gelowige dit regkry om saam met Habakuk te kan sê: “nogtans sal ek jubel in die Here my God?”

Ek het begin skryf en so het my boek “My man het dementia” oor die 12 jaar wat hy siek was, die lig gesien.

Wat die inhoud van die boek betref, sê dr J C E Bouwer op die flapteks:

In hierdie boek maak die lewe kennis met die ervaring en gewaarwordings van ʼn eggenote wat ten nouste met haar man se dementia saamleef. Dit is geen wetenskaplike bespreking van die siekte nie, hoewel daar by tye noodwendig bepaalde feite genoem word.

Dit is eerder die intelligente, begrypende waarneming en evaluering van ʼn lewensmaat se verlies van breinfunksies deur dementia.

Hierdie werk sal ʼn kosbare bydrae maak in talle huishoudings vir liefdevolle begrip en deernis.

Dinie van Pretoria wat die boek gelees het, skryf:  Dele daarvan is vir my oorbekend, en al wil ek die probleem ontken en  weg dink onderstreep dit net weereens vir my die werklikheid. Die goeie van die boekie is dat u hoop bring. Die pad wat die Here met u geloop het en die wyse waarop u geestelik versterk is, beteken vir my baie.

Elsabe van die Kaap bedank in ʼn brief aan hulle vriende vir Cicile wat die boek vir haar gestuur het en sê: dit beteken oneindig baie vir my. Die hoofstukkie wat Christine “Laaste dinge” noem is ook deel van die rouproses waarin ons verkeer. Ek het al die brille vandag gebêre, behalwe die enigste een wat nog darem help. Neem nie meer grootdurkboeke uit nie, want hy wend nie meer enige poging om te lees nie.

Die boek kan van die skryfster by faksnommer  041 583 3341 bestel word.

Kruispaaie waar die stem van die Here ‘n absolute ‘lifeline’ word

Hoe hoor ‘n mens die stem van die Here?

Daar is natuurlik baie maniere waarop die Here met ons as sy kinders praat. Deur ons ervarings met die stigting van die skool op Jeffreysbaai, het die Here op veral drie maniere met ons gepraat.

Die eerste en mees belangrike manier is ‘n bymekaarkom van ons individuele verhouding en kontak met die Here, en ons volgehoue en eerlike kommunikasie met mekaar. Die behels, aan die een kant, dat die Here vir individue, in hulle kontak met Hom, ‘n oortuiging gee van ‘n pad om te loop, of ‘n bevestiging dat ons moet voortgaan op die pad waarop ons is, en aan die anderkant dat hulle dit dan met die ander deel. Dit het dan gebeur dat daardie persoon op daardie spesifiek stadium absoluut oortuig is van die pad, terwyl die ander dan op daardie punt swak voel, of nie so oortuig is nie. Die een met die oortuiging neem dan die leiding, bemoedig die ander, hou aan met bid, en weier om in te gee. Die ander laat hulle op daardie stadium lei deur daardie persoon, en so word die wa deur daardie drif getrek. Op ‘n ander stadium is dit weer iemand anders se beurt, en dra hy of sy die groep, help hulle om vas te byt en aan te hou, en so gaan ons deur die volgende drif.

Die bostaande is afhanklik van twee dinge: In die eerste plek moet almal die Here soek en aan Hom vashou, sodat elkeen op sy of haar beurt die stem van die Here vir die ander kan wees. Die ander is ‘n volgehoue kommunikasie met mekaar, oor die dinge waarvan die Here ons oortuig, en ook in die tye wat ons geloof ons begewe.

Die tweede manier waarop die Here met ons gepraat het, is deur wat hy deur ander mense laat gebeur het. Twee voorbeelde is die ontwikkelaar wat vir ons die huur geborg het, en sodoende die eerste tasbare aanduiding was dat ons die Here vir ons die groen lig gee. Die ander was die ongelooflike ommeswaai wat die eienaars van die mall gemaak het, en vir ons die klaar ontwikkelde winkels gegee het teen dieselfde minimale huur as vir die eerste, beknopte gedeelte.

Die derde manier, wat aansluit by die eerste, is die vele kere wat die Here ons as individue bemoedig het deur sy Woord en sy Gees. Hier praat ek nie van dit wat ons noodwendig met mekaar gedeel het nie, maar eerder van wat John Stott noem ‘the discipline with which the christian leader waits upon God”. Soms kom daar ‘n jou kop die naarste spinnerakke wat jou nie net laat twyfel oor die saak nie, maar jou sommer so moedeloos en bang maak dat jy nie eers lus het vir kontak met die ander ‘wie se geloof so sterk is nie’, en dat jy ook nie meer kans sien vir dit wat die Here van jou vra nie. Om jou dan af te sonder vir ‘n paar uur, of selfs vir ‘n hele dag, en sommer net voor die Here te gaan sit, al gaan sit jy by die see en drink koffie, en blaai soms deur die Bybel, totdat die Here se Gees weer by jou vrede en rustigheid bring, totdat jou kop weer skoon is om vir die Here te sê dat jy Hom vertrou met die pad, dis die kruispaaie waar die stem van die Here ‘n absolute ‘lifeline’ word.

Johann McFarlane

The Dawkins Delusion? Atheist fundamentalism and the denial of the divine

1. Deluded about God?

In ‘n eerste hoofstuk antwoord die McGraths Dawkins se argumente dat geloof 1) infantile en 2) irrational is en gebaseer is op ‘n Godsbeeld wat 3) uiters onwaarskynlik is en eintlik net 4)  ‘n verklaring vir die gapings in ons kennis is (The God of the gaps).

Vele gevalle van mense wat later in hulle lewe eers begin glo het, sowel as die wêreldwye toename in geloof, maak argument 1 onwaar en onsinnig.  Dawkins se 2de argument, dat geloof onredelik is, word deur sy eie metodiek ondergrawe, deurdat hy óf Christen teoloë verkeerd aanhaal (Tertullianus) óf hulle argumente ongenuanseerd aanhaal (Luther).

Die argument oor God se onwaarskynlikheid berus op die idee dat alles wat iets anders verduidelik, ook self verduidelik moet word.  Dawkins dink dat God self ook verduidelik moet word, anders is dit onwaarskynlik dat Hy bestaan.  McGrath wys twee foute in hierdie redenasie uit.

  • Eerstens het Dawkins geen probleem met die wetenskaplike soeke na ‘n “grand unified theory” of “theory of everything”, maar wel as die Christelike godsdiens dit doen.  Dit wys onteenseglik daarop dat hy inkonsekwent in sy argumentasie is.
  • Tweedens is dit ook onwaarskynlik dat die mens bestaan, soos Dawkins self argumenteer in Climbing Mount Improbable, maar tog is ons hier.  Onwaarskynlikheid is dus nie ‘n argument vir nie-bestaan nie, en kan dus nie as argument aangevoer word vir God se nie-bestaan nie.

God as ‘n verklaring vir die gapings in ons kennis, is ‘n argument wat geen teoloog meer voer nie.  Dit beteken dat dié argument van Dawkins ook platval.  McGrath haal dan vir Richard Swinburne aan wat aanvoer dat die blote kapasiteit van die wetenskaplike soeke na verklarings self verduideliking nodig het en dat die mees ekonomiese en betroubare rede hiervoor in die idee van ‘n Skepper God lê.  Dit is dus nie die gapings in ons kennis wat na God wys nie, maar die feit dat ons die kapasiteit het om kennis te kan opdoen wat na God wys.

2. Has science disproved God?

Regdeur Dawkins se aanpak in The God Delusion is daar die fundamentele aanname dat die wetenskap God se nie-bestaan bewys het.  Die wat aangaan om in God te glo, is mislei.  Ateïsme is die enigste opsie vir die ernstige denkende persoon.  (Die ateïs Stephen Jay Gould is nader aan die waarheid, as hy die redelikheid van beide geloof en ongeloof aanvaar, soos hy dit onder sy wetenskaplike kollegas aantref.  Wetenskaplike uitnemendheid is nie gelyk te stel aan ateïsme.)

McGrath wys egter uitvoerig aan dat die wetenskappe nie “ultimate questions” of meaning kan beantwoord nie (Karl Popper).  Die groot vrae van die lewe kan nie deur die induktiewe afleidings van die wetenskappe bewys of afgewys word nie, dinge soos die betekenis van die lewe en die bestaan van God.  Die wetenskappe se beperking lê in die feit dat dit slegs die waarneembare fenomene van die werklikheid kan beskryf en nie dieper vrae oor bv. die doel daarvan nie.

3. What are the origins of religion?

In hierdie hoofstuk neem McGrath Dawkins se ontwikkeling van Ludwig Feuerbach se idees oor God as ‘n projeksie van menslike behoeftes onder die loep.  Dit is immers die kern argument van ateïsme.

Feuerbach se argument het min of meer as volg geloop:

Daar is nie ‘n God nie.

Baie mense glo in God.  Hoekom?

Want hulle soek vertroosting.

Daarom projekteer hulle hierdie behoefte en noem dit “God”.

McGrath wys egter hoe absurd dit is om uit ‘n behoefte af te lei dat iets nie bestaan nie.  Die feit dat ‘n mens dors is, beteken tog nie dat ‘n mens ‘n uitspraak kan maak oor die bestaan óf nie-bestaan van water nie.  ‘n Mens sou die argument ook as volg kon omkeer:

Daar is ‘n God.

Baie mense glo nie in God nie.  Hoekom?

Want hulle soek selfstandigheid en onafhanklikheid.

Daarom projekteer hulle hierdie behoefte en noem dit “God-bestaan-nie”.

Dawkins se kern-oortuiging van die bestaan van godsdiens is dat dit “accidental” is.  Interessant dat hy nie die logiese gevolgtrekking maak dat dit daarom deel van die evolusie proses ook van die mens is nie, want dit is immers ook die fundamentele aanname oor die evolusie proses, dat dit toevallig is.

Die belangrikste vraag wat McGrath egter aan Dawkins stel, is waar is die wetenskaplike ondersoek hiervan?  Een van die redes vir dié gebrek in Dawkins se aanpak, is dat hy nie probeer om ‘n definisie van godsdiens te gee nie, en hoogstens na die gevolgtrekkings van uitgediende navorsing uit die 19de eeu verwys (Sir James Frazer).  ‘n Nog dieper gebrek is dat Dawkins nie onderskei tussen godsdiens en die vraag na God en geloof in God nie.

Twee idees van Dawkins word vervolgens bespreek, 1) die idee van God as ‘n soort “virus of the mind” en 2) die idee van ‘n kulturele replikator (oordraer) wat hy op voetspoor van die gene-navorsing (’n geen is ‘n biologiese replikator) ‘n meem noem.  Die blote feit dat nie een van hierdie idees in die wetenskaplike wêreld enige groot aanhang gekry het nie, wys alreeds op die swak onderbou van Dawkins se argumente.  Daar is geen wetenskaplike getuienis vir enige van die twee idees nie.

4.  Is Religion evil?

Die Mc Graths stem saam met Dawkins dat godsdiens bose dinge kan te weeg bring,  Hulle wys egter uit dat dieselfde van ateïsme gesê kan word, waarvan die ateïstiese Soviet geweld ten godsdiens in die 20ste eeu ‘n prima voorbeeld is, iets wat Dawkins gerieflik verswyg.  Elke godsdiens moet ook aan sy beste eksponente en sy basis dokumente getoets word, nie net aan die bose uitwasse daarvan nie.

Slot

Samevattend: Dawkins se kritiek op geloof in God is onwetenskaplik.  Hy werk met uitgediende idees oor geloof en God wat eerder van randfigure af kom en nie gewig dra in die hoofstroom godsdienste nie.  Sy poging om biologiese verklarings van toepassing te maak op godsdienstige en kulturele idees slaag nie.  Dit is eerder ‘n verbete poging van ‘n oortuigde ateïs om geloof ten alle koste verdag te maak, maak nie saak hoe swak of hoe onoortuigend sy argumente is nie.

Die McGraths sluit af met die betekenisvolle vraag:

Might atheism be a delusion about God?”

Follow Me – What’s next for you?

Follow Me. What’s Next for you? is die opvolg van Reveal – Where are you? deur dieselfde skrywers, Greg Hawkins en Cally Parkinson.  (Lees die volledige opsomming hierFollow Me - What's next for you?

Dit
bevat navorsing van 200 gemeentes, en 80 000 mense, en brei uit oor die
katalisators van geestelike groei, wat mense van gemeentes en leiers
verwag, die 2 hindernisse (op die voorblad sê hulle 6, maar dit verskil
van dít wat die hoofstuk self daaroor sê!) wat mense laat stagneer in
hulle geestelike groei en die 3 veranderinge wat Willow tans in hulle
bediening maak. 

In ‘n volgende fase is 500 gemeentes en 157 000 mense betrek, waaroor daar seker nog ‘n boek in die vooruitsig gestel word.

VOORSKOU

Johannes
12:26a struktureer dié refleksie oor die navorsing: “As iemand My wil
dien (my dissipel wil wees), moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal
My dienaar ook wees.”
Dit kan opgesom word in twee woorde: VOLG MY, die titel van die boek.

Na ‘n voorwoord van John Ortberg word In ses hoofstukke die volgende insette gemaak:

Hoofstuk 1: Follow the Leader – fokus op wat mense van die kerk en sy leiers verwag;

Gelowiges verwag transformasie en wil die vertroue hê dat die kerk en sy leiers hulle daarmee sal help.

Een
van die sleutel verwagtings van gelowiges wat uit die navorsing gekom
het, was: “Challenge me to grow and take the next step in my spiritual
life.” Reveal/Follow Me werk met die “vision gap” tussen 1) waar mense
nou is (werklikheid) en 2) waar hulle graag wil wees (visie) op
voetspoor van Peter Senge (Fifth Discipline) se navorsing.  Sy tese is
dat die gaping tussen werklikheid en visie ‘n “creative tension”
veroorsaak wat as sodanig die energie voorsien om die gaping te
oorbrug.  Dit is soos ‘n rubberband wat jou vorentoe trek.

Vir verandering om te gebeur, moet die kerk ‘n werkbare plan voorsien om die gaping te oorbrug. 

En dit is die hooffokus van die Follow Me refleksie as opvolg van Reveal:

  • om
    te verstaan hoe werklike mense prakties te werk gaan om die geestelike
    gapings in hulle lewens te oorbrug, sodat die kerk werkbare planne
    daarvoor kan voorsien.

Die kerk moet dus die gapings in
geestelike groei identifiseer en spesifieke stappe aanbied sodat mense
die gapings in hulle geestelike groei kan oorbrug.  Uiteraard wil hulle
nie ‘n honderd stappe gee nie, maar net die eerste 3 of 4 om ‘n
beweging te begin om die gaping te oorbrug.

Leiers moet dus
die rol van geestelike breiers inneem om mense te help met die
werklikheid (waar is ek?) en die visie (waar wil ek wees?) om hulle eie
gapings te kan identifiseer.


 

Hoofstuk 2: The Catalysts of Spiritual Growth – fokus op kern oortuigings en aktiwiteite wat geestelike groei inspireer

Willow
se “working definition of spiritual growth” is: “An increasing love for
God and for other people” geformuleer uit Jesus se samevatting van die
wet in Matteus 22:37-39.

Om agter te kom waar hulle mense op
die geestelike groei kontinuum is, het hulle vrae gebruik wat gebaseer
is op die Christian Life Profile Assessment Tool.  Dit is ontwikkel uit
die navorsing van Randy Frazee, senior pastor van Oak Hills Community
Church in San Antonia, Texas. Die meetinstrument is getoets en verfyn
deur baie forums in Amerika, bv. The Spiritual State of the Union, ‘n
voortgaande barometer van die “geestelike temperatuur” van Amerika, en
geborg deur die Universiteit van Pennsylvania en die Gallup
Organisasie.  Dallas Willard, J.I. Packer en Larry Crabb is van die
eksperte wat hierin saamgewerk het.  Dit sluit vrae in oor die redding
uit genade, die Triniteit, ‘n persoonlike God, die prioriteit van
Christus, die outoriteit van die Bybel, gelowiges se identiteit in
Christus en rentmeesterskap.

KATALISATORS
In hulle
ondersoek van 200 kerke en 80 000 mense is vier kategorieë van
geestelike katalisators gevind wat mense help om van een fase van
geestelike groei na die volgende te beweeg.  Die vier kategorieë is
afgelei uit die meting van die impak van meer as vyftig faktore op
geestelike groei.
Die vier katalisators is:

  1. Geestelike oortuigings en houdings
  2. Georganiseerde kerklike aktiwiteite
  3. Persoonlike geestelike praktyke
  4. Geestelike aktiwiteite saam met ander

In die bespreking van dié katalisators fokus hulle op drie bewegings wat mense van een segment na ‘n volgende laat beweeg:

  1. Beweging
    Een: die vroegste fase van geestelike groei (Ontdekker na Beginner) –
    veral die aanvaarding van Jesus as die enigste weg tot saligheid
    (laerskool).
  2. Beweging Twee: die intermediêre fase van
    geestelike groei (Beginner na Groeiende) – veral waar mense begin om
    meer aktief in hulle persoonlike geestelike ervarings te word
    (hoërskool).
  3. Beweging Drie – die meer gevorderde fase van
    geestelike groei (Groeiende na Christus-gesentreerde) – veral waar
    mense begin skuif van ‘n daaglikse bewussyn van Christus se
    teenwoordigheid en betrokkenheid na ‘n herdefinisie van ‘n persoon se
    identiteit as Christus-gesentreerd (universiteit).

Hoofstuk 3: The Spiritual Growth Learning Curve – fokus op die kern drywers van geestelike groei;

In
die hoofstuk word na die katalisators gekyk vanuit ‘n vertikale
benadering, om agter te kom watter katalisators is die mees
betekenisvolle, en die mees voorspelbare (predictive) vir elke
geestelike beweging. Hulle gebruik die voorbeeld van rangorde in roomys
geure: vanilla is die gewildste, sjokolade die tweede gewildste.  Maar
belangrik: vanilla is twee keer meer gewild as sjokolade.  Willow soek
dus na die “vanilla-faktor”.


 

BEWEGING 1: ALLES GAAN OOR DIE BASIESE DINGE (FUNDAMENTALS)

Twee sleutel insigte:

  • Basiese oortuigings is krities belangrik: Triniteit, Persoonlike God, Redding uit genade alleen, Gesag van die Bybel.
  • Kerklike aktiwiteite verskaf ‘n platform vir geestelike groei – naweek eredienste, diensgeleenthede in die kerk, kleingroepe

Die
top vyf geestelike katalisators in beweging 1: redding uit genade
alleen, Triniteit, diensgeleenthede in die kerk, gebed om leiding,
refleksie oor die Bybel (in rangorde geplaas)

BEWEGING 2: OEFENING, OEFENING, OEFENING

  • Die
    dominante krag wat hierdie geestelike beweging aandryf is die
    inoefening van geestelike dissiplines wat ‘n aktiewe persoonlik en
    intieme verhouding met Christus voed.
  • Geloof skuif van passief na aktief.
  • Persoonlike
    geestelike praktyke raak deel van die lewe – NB dit is toenemend ‘n
    twee-rigting verhouding, nie net praat met God nie, maar luister en
    veral die ervaring van gebedsverhoring.  Daarby is dit nie net die
    blote lees van die Bybel wat belangrik is nie, maar die reflekterende,
    kontemplatiewe en veral transformerende lees van die Bybel (‘n lees wat
    ‘n mens se denke en lewe verander).

Die top vyf geestelike
katalisators in beweging 2: Persoonlike God, gebed om leiding,
refleksie oor die Bybel, stilte, evangelisasie (in rangorde geplaas).
Mense
in dié fase van geestelike groei verwelkom: Bybelstudies, kursusse oor
geestelike temas, retraites (as boublokke in hulle geestelike groei).

BEWEGING 3: “IN THE ZONE”

Hier
gebruik hulle die gesegde oor Michael Jordan van die Chicago Bulls wat
byna nooit ‘n skoot gemis het as hy  in die “zone” was nie.  Dit gaan
hier oor die “sweet spot” waar die fokus op basiese dinge en die
inoefening daarvan begin vrugte lewer.

  • Mense in hierdie
    fase neem verantwoordelikheid vir hulle eie geestelike groei en maak
    nie staat op eksterne invloede vir hulle eie geestelike motivering en
    rigting nie.
  • NB – geestelike groei is in dié fase die grootste,
    anders as wat die algemene idee is, dat mense in die eerste fase die
    meeste groei en dat dit daarna afplat.
  • “Giving away my life” is
    die katalisator houding in dié fase, ook genoem ‘n tyd van geestelike
    vrygewigheid.  Dit het te make met tyd, geld, geloof en lewe.
  • Hierdie segment het die hoogste vlakke van diens, evangelisasie en dankoffers.

Die
top vyf geestelike katalisators in beweging 3: om my lewe weg te gee,
Christus is eerste, Identiteit in Christus, gesag van die Bybel,
refleksie oor die Bybel (in rangorde geplaas).

Die eerste faktor,
om my lewe weg te gee, is ‘n vanilla faktor, dit is twee keer meer
voorspelbaar as die ander vier faktore.  Die tweede faktor, Christus is
eerste, is soos sjokolade roomys, dit word baie hoër as die ander drie
faktore geëvalueer.

Hierdie mense het min nodig van die kerk om
te groei.  Wat hulle nodig het, is vir die kerk om hulle “die bal te
gee”, in Michael Jordan idioom.  In terme van die bekende Pareto
beginsel, 80 persent van die bronne moet vir hierdie 20 persent van
Christus-gesentreerde mense benut word.
Om dit eenvoudig te stel:
Alle gelowiges word beïnvloed deur die vier katalisators:

  1. Geestelike oortuigings en houdings
  2. Georganiseerde kerklike aktiwiteite
  3. Persoonlike geestelike praktyke
  4. Geestelike aktiwiteite saam met ander
  • Die eerste beweging gaan oor basiese Christelike oortuigings.
  • Die tweede beweging gaan oor persoonlike geestelike praktyke.
  • Die derde beweging gaan oor geestelike uitreik aktiwiteite.

Hoofstuk 4: The barriers to spiritual growth – fokus op twee struikelblokke in geestelike vordering, stagnasie en ontevredenheid;

Hoofstuk 5: Two breakthrough discoveries
fokus op die twee hoof bevindings van hulle ondersoek van 200
gemeentes, die enorme kapasiteit van Christus-gesentreerde mense om ‘n
groter koninkryk impak te hê, en die Bybel as die kragtigste
katalisator vir geestelike groei;

Hoofstuk 6: Changes at Willow
– fokus op die vordering van inkrementele verbeterings na ‘n
heroorweging van hulle kern strategie, met ‘n afsluitende woord van
Bill Hybels.

Daar is 4 bylaes: 1) die Reveal? projek, 2)
die navorsingsbenadering en metodologie, 3) die kerke se geografiese
ligging, grootte, denominasie en erediens style wat aan die ondersoek
deelgeneem het, en 4) die Spiritual Life Survey en wat dit aan
gemeentes bied.

(Lees die volledige opsomming hier

Reveal – Where are you?

NAVORSING

(Lees die volledige opsomming hier)
Reveal - Where are you?Met
die naderende voltooiing van Willow Creek se ambisieuse bouprojek in
2003, het die leierskap van Willow met ‘n strategiese proses begin om
God se wil vir die toekoms te onderskei.

Drie vrae het hulle strategiese proses gestruktureer:

  1. Waar is ons?
  2. Wat sien ons?
  3. Hoe kom ons daar?  

Hierdeur wou hulle die:

  1. huidige realiteit definieer,
  2. ‘n nuwe visie en
  3. aksieplan vir die toekoms ontwikkel.

In 2004 is die navorsingsprojek van stapel gestuur, gelei deur:

  • Greg Hawkins – uitvoerende pastor van Willow Creek Community Church sedert 1996,
  • Cally
    Parkinson – aanvanklik direkteur kommunikasie by Willow en tans “brand
    manager” van REVEAL wat hulpmiddels vir gemeentes rondom dié navorsing
    ontwikkel, en
  • Eric Arnson – voorheen by McKinsey & Company, en tans van ORIGINATE, ‘n navorsing en strategie konsultasie maatskappy.  

Die
doel was om die geestelike lewe (hart) van hulle lidmate beter te
verstaan sodat Willow die lidmate beter kan help om geestelik te groei.

Een van die sentrale konsepte wat Eric in die navorsing gebruik het, was die idee van “predictiveness”.

Dit
is ‘n meetinstrument wat in verbruikersnavorsing gebruik word om vas te
stel: “the degree to which we can predict whether or not someone is
likely to behave in a certain way or to try a new product.”  ‘n Hoë
korrelasie tussen houdings en gedrag is “predictiveness”, waaruit
segmente (groepe mense met gemeenskaplike eienskappe) geëkstrapoleer
kan word.  

Met hierdie voorspelbare segmente as lens, kan
dan gekyk word na wat mense van hulle gemeente verwag en wat hulle
nodig het om geestelik te groei.
Willow se hoop was dat hulle
daardeur geleenthede kan identifiseer vir nuwe gemeentelike inisiatiewe
en bedieningsaktiwiteite wat ontwerp kan word om te dien as
katalisators van groei op die geestelike reis.

Die leidende vraag was die vraag van God aan Adam: “Waar is jy?”

Die
vraag is gebruik as lens om hulle “working definition of spiritual
growth” te meet: “An increasing love for God and for other people”
geformuleer uit Jesus se samevatting van die wet in Matteus 22:37-39.

Hiermee
wou hulle verder beweeg as om groei net aan getalle te meet, bv. groei
in erediens bywoning of inskakeling by ‘n kleingroep.  Hulle wou die
hart van hulle mense beter verstaan en ‘n manier kry om dít te meet.

Drie hipoteses het hulle navorsing gestruktureer:

  1. Daar is ‘n stygende baan van geestelike groei wat verbind is aan kerklike aktiwiteite.
  2. Die mees effektiewe evangelisasie instrument is ‘n geestelike gesprek.
  3. Geestelike verhoudings is ‘n kern drywer van geestelike groei.

Dit was ‘n omvattende navorsingsprojek oor ‘n tydperk van 3 jaar, wat die volgende ingesluit het:

  • 6000 vraelyste deur Willow Creek erediens bywoners in 2004.
  • 300 vraelyste deur mense wat Willow Creek in 2004 verlaat het.
  • 5000 vraelyste deur Willow Creek erediens bywoners sowel as 6 ander (divers saamgestelde) gemeentes in die VSA in 2007.
  • 120 in-diepte individuele onderhoude oor mense se geestelike lewe (2004 en 2007).
  • Skrifstudie en meer as ‘n 100 boeke en artikels oor geestelike vorming en menslike ontwikkeling.
  • Konsultasie met eksperte in die area van geestelike groei.

 

RESULTATE

WAT HULLE NIE GEVIND HET NIE

  1. Gender speel nie ‘n betekenisvolle rol in geestelike groei nie.
  2. Ouderdom speel nie ‘n betekenisvolle rol in geestelike groei nie.
  3. Die patrone van geestelike groei verskil nie betekenisvol tussen gemeentes nie.

SES BEVINDINGS

  1. Betrokkenheid
    in gemeentelike aktiwiteite voorspel of bepaal nie langtermyn
    geestelike groei nie.  Maar daar is ‘n geestelike ontwikkelingspad
    (spiritual continuum) wat baie voorspelbaar en kragtig is – ‘n
    groeiende verhouding met Jesus Christus.
  2. Geestelike groei het
    alles te make met ‘n groeiende nabye verhouding met Christus.  Die
    navorsing suggereer dat dié groei deur twee dinge bevorder word: 1) die
    gemeente en 2) persoonlike geestelike praktyke
  3. Die gemeente is
    die belangrikste in die vroeë stadia van geestelike groei.  Daarna
    skuif die rol van die gemeente van ‘n primêre invloed na ‘n sekondêre
    invloed.
  4. Persoonlike geestelike praktyke is die boublokke van
    ‘n Christus-gesentreerde lewe.  Gelowiges het God nodig en soos
    gelowiges geestelik groei neem die invloed van die gemeente af, en lei
    dit Willow tot die gevolgtrekking dat mense nie nodig het om
    gepamperlang te word in die latere stadiums van geestelike groei nie.
  5. Die
    gemeentes se mees aktiewe evangeliste, vrywilligers en donateurs kom
    van die meer gevorderde geestelike segmente.  Dit is een van die
    belangrikste bevindings, want dit deurbreek die aanname dat evangeliese
    ywer die hoogste is in die eerste fase van iemand se geloofsreis.
  6. Meer
    as 25% van die deelnemers aan die ondersoek het hulleself beskryf as
    gestagneer of ontevrede met die rol van die gemeente in hulle
    geestelike groei.

REFLEKSIE OOR HIPOTESES

Willow se drie hipoteses is as volg deur die resultate verander:

  1. Daar
    is ‘n stygende baan van geestelike groei wat nie verbind is aan
    gemeentelike aktiwiteite nie, maar aan ‘n persoon se verhouding met
    Jesus Christus.
  2. Die mees effektiewe evangelisasie instrument is om Christus-gesentreerde mense te motiveer.
  3. Geestelike verhoudings is ‘n kern drywer van geestelike groei net in die vroeë stadia van geestelike groei.

(Lees die volledige opsomming hier)