Johannes 20:19-25 Paasfees Preek

Wonde vertel ‘n storie.  Dink maar aan die wonde aan jou eie lyf.  (Dalk wil die kinders op hierdie punt gou vir hul ouers wys – of vertel – wat hul gunsteling wonde is.)  Ons almal dra wonde aan ons lyf.  Wonde wat stories vertel.

Stories van prettige kinderdae, van knieë wat stukkend geval is terwyl ons gespeel het.  Van ‘n bottel wat my vinger gesny het toe ek op ‘n plaas huis-huis gespeel het.   Wonde van swaarkry.  Van operasies.  Van ongelukke.  Van geweld.  Innerlike, emosionele wonde.  Elkeen van daardie wonde vertel is storie.  Daardie storie vertel wie ons is, wat ons gevorm het, hoekom ons vandag is wie ons is.

So watter storie vertel Jesus se wonde?

Continue Reading

Goeie Vrydag Psalm 22 Preek

Verlies is verlies.  En verlies maak seer.  En dikwels is die verlies gekoppel aan ons identiteit, het ons manier van dink oor onsself onbewustelik verweef geraak met die dinge, met die plek, die gebou…

Wat maak ‘n mens as jy alles verloor?  Wat bly oor, wanneer jy alles verloor het?

Continue Reading

Die Pad na Lewe IV – Kruispaaie – Matteus 7 Preek

Wanneer ‘n mens gaan vir jou bestuurslisensie, moet jy eers ‘n leerlinglisensie kry.  Vir ‘n leerlinglisensie kan jy nog nie bestuur nie, maar jy moet die tekens ken.  Jy moet die tekens langs die pad kan sien en weet wat dit beteken.  Baie van daardie tekens, is waarskuwingstekens:  “Moenie hier ry nie.  Wees versigtig hier.  Gee hier toe.  Ry stadiger.  Wees wakker.  Pasop, hier kom ‘n draai of ‘n spoedhobbel.”  Wanneer jy ry, moet jy nie net die pad ken nie, jy moet ook die tekens kan onderskei.

Ons het die laaste paar weke gesels oor die pad na lewe.  En die pad na lewe is Jesus.  Soos wat Jesus in Johannes 14 sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.

Hier aan die einde van die bergpredikasie sit Jesus ‘n paar padtekens neer.  Waarskuwingstekens, wat soos op ‘n snelweg vinnig verbykom.

Continue Reading

Die pad na lewe III – Afdraaipaaie – Matteus 6 en 7 Preek

Een van my gunsteling woorde, is die Engelse “ornery”, of selfs “cantankerous”,  maar veral ornery.  “Ornery” is die aaklige beer.  Dis wanneer iemand sommer mislik of knorrig is, suur en nukkerig.

Ouers sal dit goed ken.  Dit is wat gebeur wanneer kleintjies moeg raak, maar nie wil bed toe gaan nie.  Dan skree hulle oor alles en is moeilik oor alles, maar weier om die een ding te doen wat hulle sal help.

Maar wat is dit wat grootmense so knorrig maak?

In die deel van die bergpredikasie wat ons vanoggend gelees het, noem Jesus drie goed wat ons in aaklige bere verander en veroorsaak dat ons nie die volheid van die lewe kan geniet nie.

Continue Reading

Die Pad na die Lewe II – Die Voertuig – Matteus 6 Preek

Die feite is, dis nie maklik om op die pad te bly nie.  Beslis nie in ons eie krag nie.

Die truuk is nie om harder te probeer nie, maar om innerlik vernuwe te word, sodat ook ons uiterlike – ons gedrag, die manier waarop ons die pad loop – kan verander.

En die sleutel wat Jesus vir ons gee om ons te help om verder op hierdie pad te gaan, is om in die geheim met God te konnekteer.  Wanneer ons in die geheim groei in ons konneksie met God, sal die resultate daarvan in die openbaar sigbaar wees.

Jesus gee 3 spesifieke voorbeelde van hoe hierdie innerlike konneksie werk:  gee in die geheim;  bid in die geheim;  vas in die geheim.

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Rethie van Niekerk

    |

    Hallo Marita. Ai, jammer dat jy moes sukkel! Ons het wel toilette vir gestremdes, met o.a. ‘n handvatsel teen die muur. Dankie dat jy ons daarvan bewus maak dat dié toilette nie duidelik gemerk is nie! Ons sal plan maak!

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Marita. Dit is ‘n goeie idee. Ons sal aandag gee. Dankie!

  • Avatar

    Marita Kotze

    |

    Ek is bejaard, nie heeltemal rolstoel gebonde nie, maar sukkel om van ‘n lae toilet af op te staan. Ek het Dinsdagaand se pragtige musiek konsert baie geniet, maar moes hulp vra om van sie toilet af op te kom. Tuis kan ek op die bad se rand druk om op te staan. Dit het nie vir my gelyk of u maklik ‘n toilet vir gestemdes kan installer nie, maar vir mense soos ek kan ‘n handvatsel teen die muur of sels ‘n ingeboude toiletrol houer of selfs ‘n stewige houer vir gebruikte sanitere dovekies groot verleentheid bespaar. Baie dankie,
    Marita Kotze

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Fransina

    Twee mans was op die opstandingsdag van Jerusalem na die dorp Emmaus op pad, so 12 km van Jerusalem af. Hulle het met mekaar gepraat oor alles wat hulle gehoor het van die opstanding.

    Jesus kom dan self nader en loop saam met hulle. Hulle het Hom egter nie herken nie, want Jesus het dit verhoed.

    Jesus vra dan waaroor hulle praat en waarom hulle hartseer is.

    Een van hulle, Kleopas, vra dan vir Jesus hoe dit moontlik is dat Hy nie weet wat gebeur het nie. Hy vra, nou watter dinge?

    Dan antwoord hulle dat hulle praat oor die dinge van Jesus, die man van Nasaret, wat ‘n profeet was en kragtige werke en woorde voor God en die hele volk gelewer het. Die owerpriesters en owerstes het Jesus egter die doodstraf opgelê en Hom gekruisig.

    Dan praat hulle oor die hoop wat hulle gehad het dat Jesus Israel sou verlos, maar nou is dit al die derde dag, en hulle het Hom nie gesien nie. Net gehoor dat ‘n paar vroue nie sy liggaam by die graf kon kry nie, en toe by engele gehoor het dat Hy lewe.

    Van die mans het gaan seker maak dat dit so is – Petrus en Johannes – en agter gekom dat die graf leeg was, maar vir Jesus het hulle nie gesien nie.

    Dan berispe Jesus hulle omdat hulle so dom is, en boonop traag is om te glo wat juis die profete oor die Christus geskryf het. Jesus wys dan vir hulle uit die wet en die profete en die res van die OT dat al die dinge wat hulle vir Hom vertel, daar staan. Dat die Christus moet ly vóór Hy in die heerlikheid kan ingaan.

    As hulle by Emmaus kom teen die aand se kant, wil Jesus verder stap, maar hulle vra dat Hy by hulle oorbly en saam met hulle eet.

    Jesus neem dan die brood aan tafel en dank die Here daarvoor. Toe Hy dit breek en aan hulle uitdeel, maak Hy hulle oë oop dat hulle Hom kan herken. Met dít verdwyn Hy uit hulle gesig.

    Hulle opgewondenheid het nie perke geken nie en hulle herinner mekaar daaraan dat hulle harte al begin brand het toe Hy die Skrifte vir hulle uitgelê het.

    Hulle reis onmiddellik terug Jerusalem toe en vertel vir die elf dissipels – dit sluit dus Thomas in – en die ander wat saam met hulle bymekaar was wat met hulle gebeur het. Dié op hulle beurt vertel vir die twee van Emmaus dat Jesus – hulle noem Hom Here – waarlik opgestaan het en aan Simon, dit is Petrus, verskyn het.

    Groete

    Chris

  • Avatar

    Fransina Hashipala

    |

    Goeie dag Pastoor Chris ek wil die storie van die Emmausganger mooi verstaan kan u asb vir my net biekie inlig.