Skip to main content

Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag

Verwelkoming

Vanoggend se erediens is ‘n eenheid van Skriflesings uit Jesaja 52-53, stukkies prediking, liedere en gebede. Ons vier ook die nagmaal. Ek sal julle daarin begelei, ook met die woorde op die skerm.

Stel jou in om deur die ervaring van luister en deelneem weer bewus te word van die betekenis van hierdie dag. Aan die een kant is dit ‘n donker bewolkte dag, vol van lyding en pyn, die pyn van Jesus aan die kruis van Golgota. Aan die ander kant het dié donker bewolkte dag ‘n silwer randjie, want ons weet dit is Goeie Vrydag. Sondag is op pad! Dié dag dra dus ook die belofte van verlossing, dít wat ons Sondag gaan vier met die Opstanding.

Ek nooi julle weereens uit om blomme te bring wat ons ná die tyd vir mense gaan uitdeel om hulle lewe met die boodskap van lewe op te vrolik.

Toetrede

Lied 391:1 Vervul o Heer my hart met stille wyding – sit

1. Vervul, o Heer,

my hart met stille wyding

waar ek herdenk die

diepte van u lyding,

hoe U daar aan die kruis

vir my gesterf het;

my heil verwerf het.

Votum

Voorganger: Here ontferm U oor ons.

Gemeente: Christus ontferm U.

Voorganger: Here ontferm U oor ons

Gemeente: en gee ons u vrede,
(Lied 248 “Kyrie Eleison”).

Seëngroet

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos 6en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

(Openbaring 1:4-6)

Verootmoediging

Lied 377:1-3 O Lam van God onskuldig, wat moedig en geduldig aan daardie kruishout ly – sit

 

 

1. O Lam van God, onskuldig,

wat moedig en geduldig

aan daardie kruishout ly –

verdien dan nie my sonde

die slae en die wonde?

Ek weet, ek wéét dit is vir my!

2. Hier waar ek dankbaar nader,

o Midd’laar, by die Vader,

prys ek u liefde groot!

U gee my nuwe lewe,

die nuwe, ew’ge lewe,

en sterf daarvoor die wrede dood.

3. Sou ek U dan nie prys nie;

aan U my dank bewys nie –

al wag my ook ’n kruis.

Aan U my lofgebede!

U skenk die ware vrede;

U bring my na die Vaderhuis.

Epiklese

Here Jesus, vandag word ons weer in verbystering stil voor u liefde: dat U gekom het na die wêreld toe om te sterf.

Ons is verbyster daaroor, Here, want dis nie soos ons is nie.

Dankie dat U nie soos ons is nie, Here.

Dankie dat U Uself gegee het tot in die dood.

Dankie dat U ons Verlosser geword het.

Ons aanbid U, Here Jesus, Koning van die kerk en van ons lewe.

Wil U tog op hierdie dag opnuut Uself aan ons verbind;

wil U ons asseblief deur u Heilige Gees verander dat ons soos U kan word,

U kan navolg, onsself kan aflê.

Word U tog meer in ons, Here Jesus, sodat dit nie meer ons sal wees wat lewe nie, maar U in ons!

Seun van God wat gekom het om u lewe vir ons af te lê, hoor ons gebed!

Skenk ons die visie, o Vader, om soos U na die wêreld te kyk.

Om nie die wêreld te sien as ’n probleem nie,

maar as mense wat u liefde en u genade nodig het,

as mense wat iewers langs die pad die spoor byster geraak het,

sodat U in Christus Jesus hulle weer kom soek het.

Vergewe ons dat ons net dié liefhet wat vir ons liefhet,

dat ons net vir hulle bid wat naby ons staan,

dat ons tevrede is om met ons eie klein kringetjie gelowiges voort te gaan.

O Vader wat nie behae het in die dood van die sondaar nie,

maar daarin dat hy hom bekeer en kan lewe, hoor ons gebed!

En nou, o Gees van God, bid ons dat U in ons sal werk,

sodat Christus in ons lewe verheerlik sal word.

Bly met ons besig, o Gees, totdat die dag kom waarop elke knie voor Christus sal buig en elke tong sal bely: Jesus is Here!

Dit alles vra ons met die gebed dat U verheerlik sal word in ons.

Amen.

(Communitas, 29 Maart 2002) 

Skriflesing en prediking – Jesaja 52:13 – 53:12

Ons maak moeilik vrede met lyding

Ons maak baie moeilik vrede met lyding. Veral ons eie lyding of die lyding van mense na aan ons. Tog is daar iets fassinerends in die lyding van ‘n besondere mens of ‘n leier. En ons weet uit die geskiedenis dat daar ongelooflike krag sit in die lyding van iemand wat nie vir die opoffering van die lyding terugdeins nie, en selfs bereid is om sy of haar lewe vir ‘n saak op te offer, ten spyte van die koste daarvan.

Lydingsverhale inspireer

Sulke verhale van vasberadenheid onder lyding het die potensiaal om mense tot groter hoogtes te inspireer as wat verhale van voorspoed en suksesse het. Dink aan verhale uit die vorige eeu: Ghandi, moeder Theresa, Mandela. Hulle het met groot persoonlike opoffering hulle aan hulle lewenstaak gewy. En baie mense is daardeur geïnspireer.

En dit is nie net die groot leiers wat só ‘n inspirasie is nie; ook die gewone mense wat geduldig volhard het onder groot lyding – agter die Ystergordyn tot en met die val van die Berlynse muur en nou onlangs in Egipte, Tunisië en Libië wat ‘n enorme effek op die regerings gehad het, en reeds tot die val van die eerste twee gely het – dié inspireer ons.

En dit is die krag van hierdie verhaal van die lydende dienaar van die Here.

Respons

Lied 387:1 O Heer, uit bloed en wonde, uit kruishout haat en hoon blyk duid’lik hoe die sonde die liefde ru beloon! – sit

  1. O Heer, uit bloed en wonde,

uit kruishout haat en hoon

blyk duid’lik hoe die sonde

die liefde ru beloon!

U liefde bring genesing

al is met U gespot.

U liefde skenk vergewing,

en wil versoen met God.

Hand van die Here

Tog is die wonder van hierdie dienaar se lyding juis iets wat volgens Jesaja vir baie mense verborge sal wees. Hulle sien nie die hand van die Here daarin raak nie. Baie mense sal ontsteld wees oor sy voorkoms en konings sal sprakeloos wees oor hom, omdat hulle sy rol nie sal kan kleinkry nie.

Ons teks sê in 52:13-14:

My dienaar sal wys wees.

Hy sal hoog in aansien wees,

hy sal baie eer ontvang.

Baie mense was ontsteld oor hom,

hy was só misvormd

dat hy nie meer

soos ’n mens gelyk het nie,

nie meer die voorkoms van ’n mens

gehad het nie.

13See, my servant will act wisely;

he will be raised and lifted up and highly exalted.

14Just as there were many who were appalled at him—

his appearance was so disfigured beyond that of any man

and his form marred beyond human likeness—

 

Terloops, ek het 52:13 se “voorspoedig wees” vertaal met “wys wees” wat beter in die konteks inpas (soos die NIV dit ook het).

Maar dit is juis in hierdie onaansienlike, veragte en verstote mens wat God sy krag ten toon sal stel, die transformasie van lyding, siektes, oortredings en sondes. Deur Hom sal God vrede vir ons bring en ons van ons eie pad bekeer na Sy pad toe. Soos 52:15 – 53:1 sê:

Maar hy gaan baie nasies

laat opspring van verbasing.

Konings sal sprakeloos wees oor hom,

want hulle sal iets sien

wat nie aan hulle vertel is nie,

hulle sal iets te wete kom

wat hulle nog nooit gehoor het nie.

Wie sal ons glo as ons hiervan vertel?

Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?

15so will he sprinkle many nations,

and kings will shut their mouths because of him.

For what they were not told, they will see,

and what they have not heard, they will understand.

53:1Who has believed our message

and to whom has the arm of the Lord been revealed?

Respons

Lied 387:2 Verlate van u vriende, verlate Worstelaar – sit

  1. Verlate van u vriende,

verlate Worstelaar;

verlate van die Vader

verlate Middelaar!

Net pyn en dors en duister

is by U in u nood;

ontdaan van aardse luister,

oorwin U tog die dood!

Lewe spruit voort uit dood

Wat spesifiek besonders van hierdie dienaar is, is dat hy enersyds die hoogste prys betaal – “afgesny uit die land van die lewendes … graf gekry by goddeloses … by sondaars in sy dood” – (53:8-10a):

Terwyl hy gely het en gestraf is,

is hy weggeneem,

en wie van sy mense het dit

ter harte geneem

dat hy afgesny is

uit die land van die lewendes?

Hy is gestraf oor die sonde

van my volk.

Hy het ’n graf gekry by goddeloses,

hy was by sondaars in sy dood

al het hy geen misdaad gepleeg nie

en al was hy nooit vals nie.

Dit was die wil van die Here

om hom te verbrysel.

om hom die pyn te laat ly.

8By oppression and judgment he was taken away.

And who can speak of his descendants?

For he was cut off from the land of the living;

for the transgression of my people he was stricken.

9He was assigned a grave with the wicked,

and with the rich in his death,

though he had done no violence,

nor was any deceit in his mouth.

10Yet it was the Lord’s will to crush him and cause him to suffer,

EN andersyds daarna nog lank sal lewe (53:10b-11):

As hy sy lewe as skuldoffer gee,

sal hy ’n nageslag hê en nog lank lewe,

deur hom sal die wil van die Here

sy doel bereik.

Ná sy bitter lyding sal hy

weer die lig sien

en hy sal die Here ken.

and though the Lord makes his life a guilt offering,

he will see his offspring and prolong his days,

and the will of the Lord will prosper in his hand.

11After the suffering of his soul,

he will see the light of life and be satisfied;

 

Op ‘n verskuilde manier voorspel dit die opstanding uit die dood van hierdie dienaar van die Here. En God aanvaar sy skuldoffer (53:10) as ‘n losprys vir baie.

Gedig

Goeie Vrydag

Vandag is daar geen klokke nie

lui geen angelus:

die wêreld hou sy asem in

by die kruisiging van Jesus –

nee, anders is die waarheid

in ritme en in rym:

die wêreld drink sy wyn in die son

en niemand dink aan Hom –

O onpeilbare vademlose

diep geheimenis:

dat krummels en ’n kring op ’n tafel

daardie agonie werd is.

(uit Sheila Cussons, Versamelde Gedigte. 2006. Kaapstad: Tafelberg.)

Respons

Lied 387:3 U vasgenaelde hande, u spiesverwonde sy spreek wyd oor alle lande: Só moes die Christus ly – sit

  1. U vasgenaelde hande,

u spiesverwonde sy

spreek wyd oor alle lande:

Só moes die Christus ly!

Vervloek, om te ontsondig,

verlate, om te vind;

moes sterf om te verkondig:

Deur My word jy Gods kind.

Ly in vertroue

Let ook op dat die dienaar in stille vertroue sy lyding tegemoet stap (53:7):

Hy is mishandel,

maar hy het geduldig gebly,

hy het nie gekla nie.

Soos ’n lam wat na die slagplek toe

gelei word

en soos ’n skaap wat stil is

as hy geskeer word,

het hy nie gekla nie.

7He was oppressed and afflicted,

yet he did not open his mouth;

he was led like a lamb to the slaughter,

and as a sheep before her shearers is silent,

so he did not open his mouth.

TERWYL hy vir oortreders bid (53:12):

12Daarom gee Ek hom ’n ereplek

onder die grotes.

Hy sal saam met magtiges

oorwinning vier

omdat hy hom in die dood oorgegee

het

en as misdadiger beskou is,

omdat hy die sondes van baie

op hom geneem het

en vir oortreders gebid het.

Therefore I will give him a portion among the great,

and he will divide the spoils with the strong,

because he poured out his life unto death,

and was numbered with the transgressors.

For he bore the sin of many,

and made intercession for the transgressors.

Geen wonder dat die Here hierdie offer so hoog aanslaan, trouens aan Hom die ereplek gee onder die grotes en magtiges (53:12). Want die geduld in lyding dra groot vrug.

Respons

Lied 387:4 Ek dank U, Heer, van harte dat U, Verlosser, Vriend vir my die bitter smarte gely het, onverdiend! – sit

  1. Ek dank U, Heer, van harte

dat U, Verlosser, Vriend

vir my die bitter smarte gely het, onverdiend!

Waar ek hier ook mag swerwe,

die troos sal ek behou

dat as ek eenmaal sterwe,

ek, Heiland, U aanskou.

Ruim geleentheid vir stilte/ stilgebed

Jesus betrek Jesaja op Homself

Die Nuwe Testament maak daarom hierdie woorde van Jesaja op vele plekke van toepassing op Jesus, omdat die skrywers in sy lewe die vervulling van hierdie gedeelte gesien het. Inderdaad, Jesus self het ‘n vers hieruit op Homself van toepassing gemaak toe Hy op pad was na Getsemane. Hy haal dele uit Jesaja 53:12 in Luk 22:37 aan en betrek dit op Homself, onder andere die laaste een wat ons gelees het.

Jesaja 53:12

Daarom gee Ek hom ’n ereplek onder die grotes.

Hy sal saam met magtiges oorwinning vier

omdat hy hom in die dood oorgegee het en as misdadiger beskou is, omdat hy die sondes van baie op hom geneem het en vir oortreders gebid het.

Therefore I will give him a portion among the great,

and he will divide the spoils with the strong,

because he poured out his life unto death,

and was numbered with the transgressors.

For he bore the sin of many,

and made intercession for the transgressors.

Lukas 22:37

“Ek sê vir julle: Die Skrifwoord wat sê: ‘En Hy is as misdadiger beskou,’ moet aan My bewaarheid word, want wat op My betrekking het, gaan nou in vervulling.”

37 It is written: ‘And he was numbered with the transgressors’; and I tell you that this must be fulfilled in me. Yes, what is written about me is reaching its fulfillment.”

Lof en eer aan die Here

Die woorde van ons teks gee aan ons taal om die diepte van Jesus se lyding te verklank. Die wyse waarop die dienaar van die Here se verwerping, verguising, lyding en beskaming verwoord word, help ons verstaan wat Jesus se nederige diens aan ons Hom gekos het.

Daarom slaan ons Jesus se lyding en dood vandag nie net met afgryse gade nie, maar ook met diepe en dankbare verwondering.

Dit was vir ons.

Ons gehoorsaam die oproep uit Hebreërs 10

Goeie Vrydag nooi ons ook uit om met vrymoedigheid na God gaan

19Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, 20en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. 21En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, 22laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ’n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. 23Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. 24Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 19 Therefore, brothers, since we have confidence to enter the Most Holy Place by the blood of Jesus, 20 by a new and living way opened for us through the curtain, that is, his body, 21 and since we have a great priest over the house of God, 22 let us draw near to God with a sincere heart in full assurance of faith, having our hearts sprinkled to cleanse us from a guilty conscience and having our bodies washed with pure water. 23 Let us hold unswervingly to the hope we profess, for he who promised is faithful. 24 And let us consider how we may spur one another on toward love and good deeds.

Ons bid ‘n gebed van oorgawe

Vader,

ek gee myself oor in u hande;

doen met my wat U wil.

Vir wat U ook al met my wil doen, dank ek U;

ek is gereed vir alles, ek aanvaar alles.

Laat slegs u wil in my geskied,

asook in alles wat U gemaak het.

Ek vra vir niks meer as dit nie, Here.

In u hande gee ek myself oor;

ek bied myself aan U met al die liefde wat daar in my hart is,

want ek het U lief, Here,

en daarom wil ek myself gee,

wil ek my oorgee in u hande,

sonder om iets terug te hou –

met grenslose vertroue,

want U is my Vader.

(Nouwen, HJM 1989. The Road to Daybreak: A spiritual journey. Londen: Darton, Longman & Todd.)

Nagmaal

Lied 399:1 Aan die tafel met die Paasmaal breek die Here self die brood – sit

  1. Aan die tafel met die Paasmaal,

breek die Here self die brood:

Dis my liggaam, dis vir julle;

dink aan My en aan my dood.

Drink nou almal uit die beker,

dis my bloed wat vryspraak bring.

So verkondig jul my sterwe,

so sal redding wyer kring.

Offergawes

Wegsending

Lied 396:1-4 Aanskou die Heiland, sien die kruis – die Hemelvors, verag, verguis – staan (Engels in ons Liedboek – ons sing dit alternerend)

1. Aanskou die Heiland, sien die kruis –

die Hemelvors, verag, verguis.

Vir my het Hy Hom daar laat hang.

Hy leef, Hy sterf – in my belang.

1. When I survey the wondrous cross

on which the Prince of glory died,

my richest gain I count but loss,

and pour contempt on all my pride.

2. Hy hang, van God en mens verlaat,

Hy seën waar ander spot en haat.

Hy bly verdra, vergeef, versoen –

in só ’n redder sal ek roem.

2. Forbid it, Lord, that I should boast

save in the death of Christ, my God!

All the vain things that charm me most,

I sacrifice them through his blood.

3. Vir al my skuld het Hy betaal;

vir my in helle-angs gedaal.

Sy kruis, sy liefde onbegrens,

ontsluit in my ’n nuwe mens.

3. See, from his head, his hands, his feet,

sorrow and love flow mingled down.

Did e’er such love and sorrow meet,

or thorns compose so rich a crown?

4. Hom kan ek nou met vreugde dien

in ruimte deur sy kruis voorsien.

’n Liefde so volmaak en vry

eis alles, alles ook van my.

4. Were the whole realm of nature mind,

that were a present far too small.

Love so amazing, so divine,

demands my soul, my life, my all

Geen Seën

In herinnering aan die verwese gevoel waarmee Jesus se dissipels agtergelaat is, word die tradisionele seën nie uitgespreek nie.  Ons verlaat die kerk in stilte.

View all posts in this series

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.