‘n Nuwe begin – Handelinge 9

Waar die verhaal van die vestiging van die kerk in Jerusalem by Pinksterdag begin (Handelinge 1 en 2), begin die verhaal van die vestiging van die kerk in die wêreld by Saulus se bekering en die klein Pinksterdag in die huis in Reguitstraat in Damaskus, Sirië (Handelinge 8 en 9).  Sirië is nie net bekend vir die onrus wat daar oor die eeue heers nie, maar ook vir die bekering van een van die grootste stigters van die kerk, soos ons dit ken.

Dit is belangrik om te besef dat die kerk in die wêreld nie eers met die sendingreise van Saulus uit Antiogië begin nie, maar reeds hier in die midde van die stryd om die hart van ’n vervolger van die Christendom, Saulus.

Saulus se verhaal, sê vir ons drie dinge:

Verwelkoming

  • Koekverkoping in portaal – gelukkige trekking @R20 – Prys – vrugtekoek
  • Rugby die middag op grootskerm – R50 (met ‘n glasie verwerkte hops – steek hande op wie kom).
  • Vrydagoggend slaan ons tent op, ry tafels aan
  • Vrydagmiddag sit ons stalletjies uit
  • Saterdagoggend pretstap en ontbyt 08:00 – R10 p/p of R20 p/gesin vir pretstap
  • Kermis open 09:00
  • Ons wil vra wie plakkate op hulle agterste ruit met hulle motors sal aanbring.  Kinders sal uitdeel.
  • Dankie vir die besighede wat ons ondersteun – PowerPoint vooraf

Toetrede                                            Lied 166  Kom, Heil’ge Gees   (sit)                                                                                                                                  (Koor 1x Gemeente 1x)

Votum en Seëngroet

Lofsang                                                               Lied 154 v1 Kom nou tesaam, laat ons vergader (sit)

Lied 190 v1-3  Grote God, aan U die eer  (staan)

Kindertyd

Wie van julle het al weggeraak?  Hoe voel dit?

Ek onthou ‘n vriend van my was een van 7 kinders.  Een keer was hulle op reis deur Beaufort-Wes met die lang pad na Pretoria.  Hulle het gestop by ‘n vulstasie en weer aangery.  Toe hulle weer sien, kom daar ‘n polisiebakkie met blou ligte wat skyn en ’n sirene wat raas.  Toe hulle mooi kyk, sê een van hulle: “Maar, dis mos boetie wat daar in die middel sit.” Dit was toe hy!  Hulle het hom vergeet by die vulstasie.

As julle wegraak, wat sal julle pa en ma doen?  Julle gaan soek, nê!

Dit is wat God ook met ons doen dit.  Hy het Jesus gestuur om die mense van Israel te vertel, julle is Myne.  Ek is julle Vader.  Ek het julle lief.  Ek wil hê julle moet by My wees.  En Hy stuur ons om vir ander van Hom te vertel.

Ons vier dit in die nagmaal.  Elke keer dat ons die brood eet, dink ons daaraan dat die Here Jesus vir ons liefhet en vir ons omgee.  Elke keer dat ons die wyn/druiwesap drink, dink ons daaraan dat Hy vir ons aan die kruis gesterf het en vir ons sondes betaal het.  Nou kan ons bid en weet God luister na ons. Ons kan vra vir leiding en God gee dit vir ons.

Sit weer by julle ouers.

Gebed

Skriflesing

’n Bietjie agtergrond oor Paulus: Paulus is gebore in Tarsus in Silisië (Hand 22:3, 28; Fil 3:5) tussen ongeveer 1 tot 5 nC. Hy was ‘n Jood, met die Hebreeuse naam Saulus (dit beteken begeer), uit die stam van Benjamin. Hy het egter ook Romeinse burgerskap gehad, met die Latyns-Romeinse naam Paulus (dit beteken klein).  Sy familie het kort na sy geboorte na Jerusalem verhuis, toe Jesus so ongeveer 5-10 jaar oud was, waar hy grootgeword en opgevoed is aan die voete van die Fariseër Gamaliël (Hand 22:3).  Hy was goed bekend met die situasie in Jerusalem, en die Jode het sy storie goed geken (Hand 26:4 vv).  Sy pa was immers ook ‘n Fariseër (Hand 23:6).  Trouens, hy was ‘n vertroueling van die priesterhoofde.  Hoewel hy ‘n bietjie jonger as Jesus was, was hy waarskynlik bewus van die gebeure rondom Jesus in dié se verhoor in Jerusalem, soos sy betrokkenheid by die steniging van Stefanus ‘n paar maande later getuig.

Lees Handelinge 8:1-3; 9:1-31 (bl. 427-9 in Die Storie). 

Saulus vervolg die kerk

8 Ook Saulus het hierdie moord goedgekeur.

Daardie dag het daar ’n hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem begin. Al die gelowiges behalwe die apostels is uitmekaar gejaag en verstrooi oor die gebiede van Judea en Samaria. 2Godvresende mense het vir Stefanus begrawe en daar is baie oor hom gerou.

3Saulus het die kerk probeer uitroei. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vrouens laat uitsleep en hulle in die tronk laat sit.

__________________________________________________________________________________

9 Intussen het Saulus soos ’n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te neem en na Jerusalem toe te bring.

3Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel op hom gestraal. 4Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”

5“Wie is U, Here?” vra hy toe.

“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg (Enkele manuskripte voeg by: “Jy maak jou net seer deur jou te verset.”, vgl. Hand. 26:14). 6Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”

7Die mense wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan. Hulle het die stem gehoor maar niemand gesien nie. 8Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. Hulle het sy hand gevat en hom na Damaskus toe gelei. 9Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie.

10In Damaskus was daar ’n sekere volgeling van Jesus met die Naam Ananias. Die Here het hom in ’n gesig geroep: “Ananias!”

“Hier is ek, Here,” het hy geantwoord.

11En die Here sê vir hom: “Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na ’n man van Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid 12en hy het in ’n gesig ’n man met die naam Ananias sien inkom wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien.”

13Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het. 14En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep.”

15Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. 16Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.”

17Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.”

18Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop; 19en hy het geëet en sy kragte herwin.

Saulus preek in Damaskus

Saulus het ’n paar dae daar by die gelowiges in Damaskus gebly 20en dadelik in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is. 21Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: “Is dit nie die man wat in Jerusalem die mense wat hierdie Naam aanroep, wou uitroei nie? En het hy nie ook hierheen gekom om hulle gevange te neem en voor die priesterhoofde te bring nie?”

22Maar Saulus het al hoe kragtiger gepreek en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Jesus die Christus is.

23Na verloop van tyd het die Jode saamgesweer om Saulus te vermoor, 24maar hy het van hulle plan te hore gekom. Dag en nag was hulle by die stad se poorte op die uitkyk om hom dood te maak. 25Maar sy medegelowiges het hom een nag geneem en in ’n mandjie laat afsak deur ’n opening in die stadsmuur.

Saulus in Jerusalem

26Saulus het na Jerusalem toe gegaan en het geprobeer om daar by die volgelinge van Jesus aan te sluit, maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie kon glo dat hy ’n volgeling van Jesus is nie. 27Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring. Hy het vir hulle vertel hoe Saulus op die pad die Here gesien het en dat die Here met hom gepraat het, en hoe hy in Damaskus openlik in die Naam van Jesus gepreek het. 28Saulus het toe oral in Jerusalem saam met hulle rondgegaan en openlik in die Naam van die Here gepreek. 29Hy het ook met die Griekssprekende Jode gepraat en met hulle geredeneer; maar hulle het hom probeer vermoor. 30Toe die gelowiges dit agterkom, het hulle hom na Sesarea toe geneem en hom daarvandaan na Tarsus toe weggestuur.

31In die hele Judea, Galilea en Samaria het die kerk ’n tyd van rus en vrede belewe. Dit het gevestig geraak en in gehoorsaamheid aan die Here gelewe, die kerk is deur die Heilige Gees versterk, en die ledetal het toegeneem.

Woordverkondiging

Waar die verhaal van die vestiging van die kerk in Jerusalem by Pinksterdag begin (Handelinge 1 en 2), begin die verhaal van die vestiging van die kerk in die wêreld by Saulus se bekering en die klein Pinksterdag in die huis in Reguitstraat in Damaskus, Sirië (Handelinge 8 en 9).  Sirië is nie net bekend vir die onrus wat daar oor die eeue heers nie, maar ook vir die bekering van een van die grootste stigters van die kerk, soos ons dit ken.

Dit is belangrik om te besef dat die kerk in die wêreld nie eers met die sendingreise van Saulus uit Antiogië begin nie, maar reeds hier in die midde van die stryd om die hart van ’n vervolger van die Christendom, Saulus.

Saulus se verhaal, sê vir ons drie dinge:

Een: Die verhoogde Jesus sit sy bediening op aarde voort

In Handelinge 1:9-11 neem die dissipels afskeid van Jesus tydens sy hemelvaart.  Maar regdeur die boek wys Lukas ons daarop dat Jesus, nou verhoog aan die regterhand van die Vader, steeds met die bediening, eintlik SY bediening, op aarde voortgaan.  Hoewel Jesus vir ons oë verskuil is, word die hemelse gordyn van tyd tot tyd weggeskuif sodat ons die voortgaande aktiwiteit van God die Vader, Seun en Heilige Gees op aarde sien.

’n Voorbeeld: in die oomblikke van sy dood kyk Stefanus, vol van die Heilige Gees, op na die hemel.  Hy sien die heerlikheid van God, en Jesus wat aan die regterhand van God staan.  Hy roep: “Here Jesus, ontvang my gees!”, en bid dat die Here die sonde van sy steniging nie aan die Joodse leiers moet toereken nie.

Paulus se bekeringsverhaal is nog ’n voorbeeld van Jesus se werk op aarde.  Jesus stuit Paulus in sy spore, en praat met hom: “Saul, Saul, waarom vervolg jy my?” (9:4).  Jesus stel Homself ook aan Paulus bekend: “Ek is Jesus, dit is my wat jy vervolg (9:5).

Jesus tree hier in namens sy liggaam, die kerk.  Wie die kerk vervolg, vervolg ook die Here van die kerk.  Hierdie Here is betrokke by die lewe en werk van die kerk.  In Handelinge 9 red Jesus die kerk van vervolging deur die hoofvervolger te omskep in die hoofverkondiger van die evangelie.  Daarna verskyn die Here in ’n gesig aan Ananias en stuur hom na Paulus toe (9:10-16).  Dieselfde patroon herhaal hom in die volgende verhaal in Handelinge 10, wanneer die Here deur ’n gesig met Petrus praat.

Toepassing

Die opkoms van wetenskaplikheid het God vir baie Westerse Christene uit die sentrum van die werklikheid geskuif.  Hierdie sentrum is gevul deur die gemeente en deur onsself. God is eintlik prakties afwesig.  Baie dink, as daar iets in terme van Christelikheid behoort te gebeur, moet ons dit maar doen.  Ons dink, alles hang van ons af.

Die bevrydende perspektief uit Handelinge 9 is dat God die Vader, Seun en Heilige Gees aktief op aarde teenwoordig is.  Jesus doen hier wat geen mens kan doen nie: Paulus, die besete vervolger uit Jerusalem, word in sy spore gestuit, en in ’n oogwink van ’n vervolger tot ’n sendeling omskep.

Die vraag is of ons sou kon leer om raak te sien waarmee God rondom ons besig is?  Wanneer mens met God rekening hou, en Hom navolg, is daar geen grense vir wat jy kan hoop of bid nie.  Hoeveel is jy bereid om van God te verwag?

Laat ons vir meer hoop en bid.  God is naby.

Twee:  Paulus sien die heerlikheid van God

Die gerespekteerde Nuwe Testamentikus NT Wright stel voor dat ons Paulus se bekering verstaan teen die agtergrond van ’n troongesig-meditasie, ’n geestelike dissipline wat Paulus as toegewyde Fariseër ongetwyfeld sou beoefen het, waarin Esegiël 1 ’n belangrike rol gespeel het en op God se heerlikheid gefokus is.  Stel jou nou voor, skryf Wright, dat Paulus op die lang reis na Damaskus hiermee besig was. Die reëlmatige geklop van perdehoewe sou die ideale geleentheid bied:

You might then be able to grasp the impact of what happened to him.  He was on his way to act for the glory of God, the glory which he believed was being besmirched by these crazy followers of Jesus.  He needed to keep that glory firmly before his eyes, to make sure his zeal was properly fired up and rightly directed. […]  Imagine his excitement as, in the depth of devout meditation, he saw with the eyes of his heart, so real that it seemed as though he was seeing it with his physical eyes, the form, the fire, the blazing light, and – the face!

                And the face was the face of Jesus of Nazareth.

( Wright, NT 2008.  Acts for Everyone, Part 1. SPCK: London, bl. 140.)

In ’n oogwink is Paulus se wêreld omgekeer, en van binne na buite gekeer.  Niks sou weer dieselfde wees nie.  Jare later sou hy skryf van “die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal” (2 Kor 4:6).  Soos Stefanus in sy sterwensoomblikke, het Paulus Jesus gesien op ’n manier wat hemel en aarde aan mekaar bind: aardse oë wat ’n hemelse werklikheid sien.  “Het ek nie vir Jesus, ons Here, gesien nie?” (1 Kor 9:1).  Hy sien alles wat God altyd belowe het, en wat hy as Fariseër so goed bestudeer het, dit het God kom doen in die persoon van Jesus van Nasaret.

In ’n oogwink is Paulus se lewe oorgeplant in die lewe van Jesus van Nasaret.  Hy word deel van Jesus se liggaam, ’n medewerker wat Jesus se werk voortsit.  “Ons noem hierdie gebeurtenis ’n bekering”, skryf NT Wright, “maar dit was meer soos ’n vulkaniese uitbarsting, ’n donderstorm en ’n getygolf wat kragte saamsnoer.  Indien die dood en opstanding van Jesus die skarnier was waarop die groot deur van die geskiedenis oopgeswaai het, was die bekering van Saulus van Tarsus die moment toe al die beloftes van God saamgebundel is, hulself in ’n groot bal opgewen het, en deur daardie oop deur in die wye wêreld uitgebars het”.

Drie: ’n Roepingsverhaal: “Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen”

Wat gebeur met ’n mens wat die heerlikheid van God sien?

Sou ons die verhaal moes oorvertel, sou ons waarskynlik Paulus se bekering as ’n verdiende nederlaag beskryf.  Die vervolger kyk op sy neus!  Hy is oorwin!  Of ons sou dit as ’n vorm van geregtigheid wat seëvier beskryf.  “Dit help nie om teen God in opstand te kom nie, die Here sal jou neervel,” kon ons dalk sê.

Jesus hanteer Paulus heeltemal anders.  Selfs die eerste woorde, “Saul, Saul…”, is die taal van ’n besorgde moeder wat ’n kind wil reghelp.  En dan die opdrag:  “Maar staan op en gaan na die stad toe.  Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”

Só word hierdie bekeringsverhaal eintlik ’n roepingsverhaal, wat mens nogal aan die roepingsverhale van die Ou Testamentiese profete laat dink (bv. Esegiël 1-2).  In die volgende episode kry Ananias in Damaskus opdrag om na Paulus toe te gaan en vir Hom te bid, want, sê Jesus, “Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel.  Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly” (Hand 9:15-16).  Die vervolger sal ook die vervolgde word, soos iemand dié week in ’n Bybelstudiegroep gesê het.

Toepassing

1.  Jesus sorg vir ons.  Dit moet ons goed weet.  Dit is wat Paulus se bekerings- en roepingsverhaal illustreer.  Jesus versorg sy liggaam, die kerk.  In die felle oomblikke van vervolging, bewaar Jesus die kerk en voorsien ’n getuie wat die boodskap na die uithoeke van die wêreld dra.  Paulus word die stigter van die eerste gemeente op Europese bodem (Filippi), waarvan die evangelie ook later ons voorouers in die noorde en weste van Europa bereik het.

2.  Jesus gebruik leiers.  Paulus se lewensverhaal illustreer die waarde van innoverende leierskap in die kerk van die Here.  Paulus was ’n uitmuntende leier, vol energie, geesdrif, en die vermoë om ander te besiel en te lei.  Hy het die nodige gawes by die Here ontvang, en sy lewensverhaal het hom gevorm om die Grieks-Romeinse wêreld te betree en mense te help om die Here te vind.  Hy was ’n egte apostel – iemand wat grense oorgesteek het en nuwe, brandende gestaltes van geloof aangevuur het in die gemeentes wat hy gestig het.

Ons kerk moet ’n kultuur skep waarin innoverende leiers, soos Paulus, bemagtig word.  Ons Gereformeerde geloofstradisie is soveel verskuldig aan leiers soos Johannes Calvyn, Martin Luther en andere.  Tog is dit ook deel van ons tradisie dat leiers afgekraak en ontmagtig word.  Dit geld leraars, maar ook ouderlinge, diakens en bedieningsleiers.  Ons gee moeilik geleentheid aan mense om in terme van hul roeping uit te styg en te presteer.  Ons moet die Here bid om ons oë oop te maak vir die waarde van leierskap.  Ons het leiers nodig wat nie wil heers nie, maar ter wille van die evangelie dien.

3.  Hierdie gedeelte leer ons anders dink oor teëstanders van Jesus Christus.  Dit is binne Jesus se mag om teëstand in ’n oogwink uit te wis.  Dié teenstand kom dikwels uit die kring van gelowige mense, soos Paulus vroeër, wat groot passie vir God het, maar mislei is en die passie of energie verkeerd rig.  Mens kan godsdienstig baie opreg wees, maar tegelyk baie verkeerd.  Daarom wil ons natuurlikerwys ons blootstelling aan andersdenkendes beheer. Daarom vermy ons konflik-situasies met mense wat van ons verskil, veral waar hulle openlik vyandig is teenoor ons.

Daar kan egter geen verandering en versoening kom as ons nie die grens ook na ons vyande oorsteek nie.  Dít wys Jesus ons in sy gesprek met Saulus. Dít wys Ananias ons in sy gehoorsaamheid aan Jesus se opdrag om met Saulus te praat.  Dít wys Barnabas in sy ontferming oor Saulus deur hom na die apostels toe te vat.

Henry Nouwen (Reaching Out) noem dit die beweging van “hostility” (vyandigheid) na “hospitality” (gasvryheid) waar die vreemdeling-vyand met sy andersheid ontvang word en eintlik ’n kans gegun word om ’n medemens te word; waar die andersheid nie meer die verhouding definieer nie, maar die aanvaarding. Dit is uiteindelik ons roeping: om van die “hostis” ’n “hospes” – van die vyand ’n gas – te maak.

Soos Jesus dit vir ons gedoen het, só moet ons dit vir ander ook doen.

Gebed

Voorbereiding van die tafel      Koor: Vonkk 198 Kom ons buig voor die Here

Lied 303  Eet die brood, drink die wyn (sit)                                                                                                                         (Afr. Gemeente, Eng. Koor, Afr. Gemeente)

Nagmaalsformulier

Gebed

Geloofsbelydenis

Nagmaalbediening

Gebed

Dankoffers                                        Koor: Biddend luister Ps 65 v1 en 5

Slotlied                                                              Lied 440  Die Here salf ons met sy Gees  (staan)

Seën                                                   

Amen                                                  Vonkk 144  Vrede van God                                                                                                                                       (Koor v1, Gem. v2 en 3)

     

View all posts in this series

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.

    Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde.  15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant).  11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).

    24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
    25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
    26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm

    Hoop dit maak sin.

  • Avatar

    Annemarie vn Zyl

    |

    NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
    Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.

  • Avatar

    C Joubert

    |

    Inspirerende en besielende boodskappe

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Beste Ds Chris.
    Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.

  • Avatar

    Carol

    |

    Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.

  • Avatar

    Annelize

    |

    Helo ek trek end November PE toe v Grahamstad.
    Hoe werk kerkdienste by julle. Weens Covid. Is daar dienste of is Alles online.
    Baie dankie
    Annelize Brisley