Skip to main content

“Ek kom gou!”- Pinkster 2020

“Ek kom gou!” Dit is die boodskap van Jesus met Pinkster 2020. Dit is die hart van sy Openbaring aan die kerk van die eeue. “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek. Die trompette blaas. Die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Die bruilofsfees van die Lam en sy bruid is op hande. Die nuwe hemel en aarde is amper voltooi. Bid saam met die Gees en die kerk van die eeue: “Amen! Kom, Here Jesus!”

  1. Jesus kom weer – Hemelvaart 21 Mei 18:30 – Openbaring 1
  2. Bly getrou – 24 Mei 09:00 – Openbaring 2
  3. Bekeer julle – 24 Mei 18:30 – Openbaring 3
  4. God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – 25 Mei 18:30 – Openbaring 4-7
  5. God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – 26 Mei 18:30 – Openbaring 8-11
  6. God beskerm sy kerk – 27 Mei 18:30 – Openbaring 12-15
  7. God bevry sy kerk met die sewe bakke – 28 Mei 18:30 – Openbaring 16-18
  8. Die bruilof van die Lam breek aan – 29 Mei 18:30 – Openbaring 19-20
  9. God skep hemel op aarde vir sy volk – Pinksterdag 31 Mei 18:30 – Openbaring 21-22

Pinkster 01 – Jesus kom weer – Hemelvaart

“Ek kom gou”
Tema: Jesus kom weer
Pinkster 1 – Somerstrand Youtube 18:30 Hemelvaart 21 Mei 2020 

Youtube Videokanaal – Boek: “Ek kom gou!”

Verwelkoming

Ons vier Hemelvaart vandag. Vandaar die pragtige inleiding met die orrel om die grootsheid van God aan te kondig. Dit kom uit ‘n verwerking van Psalm 117, ‘n Psalm wat ons hierdie week op 19 Mei in die Eenjaar Bybelleesprogram gelees het, dié wat die program van die begin van die jaar af volg. Die koor gaan die verwerking ook vir ons aan die begin sing.

Hemelvaart

Hemelvaart is ‘n belangrike herdenking in die kerklike jaar.

Ons dink terug aan die dag toe Jesus sy plek as God op die troon van God gaan inneem het. Dat Hy sy posisie as Koning van die kerk en die koninkryk ingeneem het. Vandaar het Hy sy Gees uitgestort op die kerk en die proses van die verspreiding van die evangelie begin.

En watter kragtige beweging het dit nie van stapel gestuur nie. Die hele bekende wêreld van daardie tyd het die evangelie gehoor, selfs al het dit baie keer geweldige teenstand uitgelok van die politieke en godsdienstige heersers van daardie tyd. Die Goddelike kant van die hemelvaart is ‘n buitengewone inspirasie vir ons om moed te hou in ons volharding as sy dissipels.

Ons dink ook terug aan hemelvaart as die dag wat Jesus as mens sy plek in die hemel ingeneem het. Iemand wat ons verteenwoordig in die hemel voor God die Vader. Dit is daar wat Hy vir ons as sy dissipels intree. Dit is ‘n buitengewone troos vir ons dat Hy weet wat dit is om mens te wees, om versoekings te moet deurstaan, om leed te ervaar. Hy is immers nie net die Seun van God nie, maar ook die seun van ‘n mens, gebore uit die maagd Maria. En daarom kan Hy as ‘n mens vir ons met begrip en deernis pleit en intree, daar aan die regterhand van die Vader.

Die Gees in ons is alreeds ‘n waarborg van ons ewige bestemming in die hemel. Maar, dat Jesus reeds daar in die hemel is, is ‘n dubbele waarborg dat ons ook daar sal kan kom. Die hemel is nie net ’n plek vir God en sy engele nie. Dis ook ’n plek vir God se mense. Dit is wat Jesus se hemelvaart vir ons sê.

Dit is met hierdie boodskap wat Openbaring begin. Jesus op die troon in die hemel. In sy Goddelike-menslike gestalte. Wat vir ons moed gee vir ons stryd vir die geloof. Hy is vanuit die hemel besig om sy koninkryk te vestig. Wat ons troos vir die uitdagings wat ons moet trotseer. Hy weet waardeur ons gaan. Hy het trouens dieselfde dinge gely en getriomfeer.

En waarmee Hy die eerste hoofstuk begin is om nie net sy hemelvaart te beklemtoon nie, maar sy wederkoms. “Kyk, Ek kom gou!” Jesus kom weer!

Dit is die boodskap van hierdie Pinkster. Dit is waarmee die Here Jesus jou wil troos en jou wil moed inpraat vir die stryd vir die evangelie in hierdie wêreld.

Continue reading

Pinkster 02 – Bly getrou – Openbaring 2

“Ek kom gou”
Tema: Bly getrou
Pinkster 2 – Somerstrand Youtube 09:00 24 Mei 2020 

Kyk die video hier - laai die boek af hier

Verwelkoming

Welkom – van naby en van ver. Klein en groot. Ingeperk of met meer vryheid, omdat jy ‘n essensiële diens lewer. Ek bid veral vir julle, veral dié wat met kos en klere voorsiening help. En dié wat in die voorste linies in ons gesondheidsdienste werk. Ook die onderwysers wat dié week begin om die skole gereed te kry.

Ons verlang egter na geloofsgemeenskap en om ons rol in die samelewing te speel. Soos president Trump dit nou moontlik gemaak het in die VSA. Met onmiddellike effek. Ons bid vir dieselfde om hier by ons te gebeur. Dat ons regering rede sal insien, hoewel dit wel lyk asof nie sal kan sing as dit uiteindelik gaan gebeur nie!

Maar die positiewe is dat dit lyk asof families by ons op nuwe maniere aan mekaar verbind word. Die familie word herontdek as ‘n geloofseenheid. En dit is ‘n onverwagte bonus van hierdie inperkingstyd.

Juliette en David le Roux en hulle gesin het ingeskakel by die Dink-Jeug program. Hulle vind baie baat by hulle programme. Julle is welkom om daar te gaan rondblaai en van die programme te volg. Ek het self met die Milo-klub al van hulle programme gevolg.

Daar word oral nuut gedink oor die toekoms. Oor werk. Oor skool. Oor familiewees. Oor kerkwees. En dit is ‘n goeie ding. Ons gaan nuwe maniere van saamwees moet ontwikkel. Dieselfde geld ons barmhartigheid en sending.

Bid saam met ons dat ons aan die een kant die beproefde dinge wat die Here vir ons in die Woord geleer het, nie sal verlaat nie. Maar, aan die ander kant ook nuwe maniere van kontak maak en van kommunikeer sal aanleer.

Pinkster

Dit sien ons immers ook in Jesus se sewe briewe aan die sewe gemeentes van Turkye.

Ons kan dus baie daarby leer, want dit is duidelik briewe wat gerig is aan alle gemeentes soos elke brief afgesluit word: “luister na wat die Gees aan die gemeentes (meervoud) sê.”

Jesus het ‘n weegskaal waarmee Hy gemeentes aan sewe kernwaarhede meet – liefde, getrouheid, lering, moraliteit, lewe, gehoorsaamheid, en dade. ‘n Wonderlike sinopsis van waaroor gemeentewees gaan.

En waar die gemeentes goed doen daarmee, prys Jesus hulle. Waar hulle tekort skiet, waarsku Hy hulle en gee voorstelle hoe hulle kan verander. En waar hulle saak met Hom reg is, moedig Hy hulle aan om te volhard – soos by Smirna – en die oop deure wat Hy gee – soos by Filadelfia – te benut.

Ek wil fokus op Smirna vanoggend en Laodisea vanaand. Met verwysing na die ander gemeentes.

Youtube: Videokanaal – Boek: “Ek kom gou!”

Continue reading

Pinkster 03 – Bekeer jou – Openbaring 3

“Ek kom gou”
Tema: Bekeer jou
Pinkster 3 – Somerstrand Youtube 18:30 24 Mei 2020 

KYK DIE VIDEO – LAAI DIE BOEK AF

Verwelkoming

Baie welkom by die derde Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring. Ons is besig met die sewe briewe. Ons het in die tweede diens stilgestaan by Smirna. In hierdie derde diens staan ons stil by Laodisea.

Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.

Kyk na die video by Youtube: VideokanaalLike sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie.

Continue reading

Pinkster 04 – God se agenda vir die heelal en die sewe seëls – Openbaring 4-7

“Ek kom gou!”
Tema: God se agenda vir die heelal en die sewe seëls
Pinkster 4 – Somerstrand Youtube 18:30 25 Mei 2020 

Kyk die videoLaai die boek af.

Verwelkoming

Baie welkom by die vierde Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring.

Die eerste drie hoofstukke van Openbaring handel oor God se teenwoordigheid op aarde in die midde van die gemeentes. Die volgende agt hoofstukke handel oor God se teenwoordigheid in die hemel en die uitvoering van sy plan vir die herskepping van die heelal.

Dit teken vir ons ‘n prentjie van God wat op alles wat bestaan ’n verlossende en veroordelende impak het. Daarom word Johannes opgeneem deur die geopende deur in die hemel om vanuit die hemelse perspektief te kan besef wat hierna moet gebeur.

Vanaand hanteer ons die eerste vier hoofstukke, hfste. 4-7. En ons fokus meer op die hemelse kant van hierdie deel van Openbaring met die breek van die sewe seëls. Van Jesus se hemelvaart tot by sy wederkoms. Môreaand fokus ons op die laaste vier hoofstukke van hierdie deel, hfste. 8-11. Daarmee fokus ons meer op die aardse kant met die blaas van die sewe trompette tot by die oordeel aan die einde van die tyd. En ons kyk meer spesifiek na die rol van die kerk in hierdie verlossende oordeel.

Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.

Kyk na die video by Youtube: VideokanaalLike sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie.

Continue reading

Pinkster 05 – God se agenda vir die kerk en die sewe trompette – Openbaring 8-11


“Ek kom gou!”
Tema: God se agenda vir die kerk en die sewe trompette
Pinkster 5 – Somerstrand Youtube 18:30 26 Mei 2020 

Kyk die videoLees die boek

Verwelkoming

Baie welkom by die vyfde Pinksterdiens. Ons behandel die boek Openbaring.

Die eerste drie hoofstukke van Openbaring handel oor God se teenwoordigheid op aarde in die midde van die sewe gemeentes. Die volgende agt hoofstukke handel oor God se teenwoordigheid in die hemel en die uitvoering van sy plan vir die herskepping van die heelal.

Dit teken vir ons ‘n prentjie van God wat op alles wat bestaan ’n verlossende en veroordelende impak het. Daarom word Johannes opgeneem deur die geopende deur in die hemel om vanuit die hemelse perspektief te kan besef wat hierna moet gebeur.

Gister het ons die eerste vier hoofstukke gehanteer, hfste. 4-7. Ons het gefokus op die meer hemelse kant van hierdie deel van Openbaring met die breek van die sewe seëls. Van Jesus se hemelvaart tot by sy wederkoms.

Vanaand fokus ons op die laaste vier hoofstukke van hierdie deel, hfste. 8-11. Daarmee fokus ons meer op die aardse kant met die blaas van die sewe trompette tot by die oordeel aan die einde van die tyd. En ons kyk meer spesifiek na die rol van die kerk in hierdie verlossende oordeel.

Onthou die boek oor Openbaring: “Ek kom gou!” Gratis en verniet.

Kyk na die video by Youtube: VideokanaalLike sommer nou die Youtube kanaal op jou skerm. Dit is die rooi subscribe knoppie.

Continue reading