Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle

19 jaar later

leef-voorblad-kleinDit is nou reeds 19 jaar sedert die volk uit ballingskap teruggekom het, 520 v.C.  Die Here roep die profeet Haggai om die volk te bemoedig.  Die boodskap wat hy moet bring, is: Herstel die tempel, want God is by julle.

Die eerste profesie word aan die twee leiers gerig, aan die goewerneur van Juda, Serubbabel, en aan die hoëpriester Jesua. Haggai verduidelik vir hulle dat hulle slegte situasie aan hulle ongehoorsaamheid verbind is.

Peterson vertaal God se woorde in hoofstuk 1:5-6 só:

                  “Take a good, hard look at your life.
                  Think it over.
                  You have spent a lot of money,
                  but you haven’t much to show for it.
                  You keep filling your plates,
                  but you never get filled up.
                  You keep drinking and drinking and drinking,
                  but you’re always thirsty.
                  You put on layer after layer of clothes,
                  but you can’t get warm.
                  And the people who work for you,
                  what are they getting out of it?
                  Not much—
                  a leaky, rusted-out bucket, that’s what.

In vers 9-11 antwoord die Here sy eie vraag, weereens soos Peterson dit vertaal:

“And why? …  Because while you’ve run around, caught up with taking care of your own houses, my Home is in ruins. That’s why. Because of your stinginess. And so I’ve given you a dry summer and a skimpy crop.”

Die probleem is die mense het hulle eie huise herbou, maar nie aandag gegee aan die herbou van die tempel nie.  Dít kan nie so aangaan nie, sê Haggai.  Dit is nou al 19 jaar.  Julle moet julle prioriteite regkry.  Die Here kom eerste.  Dán sal sy seën julle lewens volmaak.

En ons sien in hoofstuk 1 dat die hele volk sowel as hulle leiers begeesterd daarop gereageer het.  Hulle het hulle huise gelos, en die tempel begin bou.  Drie weke later was hulle aan die gang, ná hulle eers alles in orde gekry het.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Verwelkoming

GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS

Toetrede

Psalm 145 – die Psalm vir die week – loof God vir sy betroubaarheid deur die eeue.  Hy het van altyd af goeie bedoelings vir sy mense, trouens vir alle mense: “Die Here is goed vir almal.” (vers 9).  Daarom, sê Dawid: “My mond sal die lof van die Here verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en ewig.” (vers 21).

Kom ons loof God vir sy groot goedheid wat lofwaardig is vir ewig (vers 1-9) en dat God se besondere beloftes die lewe verryk vir ewig (vers 10-21).

Psalm 145:1,2,6 (koor), 9 Ek wil u lof getrou verkondig, Heer – orrel – sit –

Votum en Seëngroet

Lofsang

Flam 202 Hoe groot is ons God – (n.a.v. Hab. 2:6) – groep – staan

Flam 5 Daar is geen grens –  (n.a.v. Hab. 2:4-5) – groep – staan

Doop

Lied 293:1 Jesus neem ons kleine kinders met ‘n hart vol liefde aan – orrel – sit

Lara van Neil en Maryke Kruger

Lied 293:3 Jesus gee aan ons sy seën, lei ons op die regte pad – orrel – sit

Inleiding

Visvang vir Jesus – staan

Dankoffer

Tiendemaand dankofferfees

Aanbidding

Lied 170 (koor 1x, gemeente 2x) Heilig, heilig, heilig – my hart, o Heer, aanbid U – orrel – sit

GOD PRAAT EN ONS LUISTER

Skriflesing

Haggai 1:15b-2:9

15Hulle het daarmee begin op die vier en twintigste van die sesde maand.

My Gees sal altyd by julle bly

2 Op die een en twintigste van die sewende maand, in die tweede regeringsjaar van koning Darius, het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom: 2Vra tog vir Serubbabel, seun van Sealtiël en goewerneur van Juda, en vir die hoëpriester Jesua seun van Josadak, en vir almal wat van die volk oorgebly het: 3Wie van julle het gesien hoe mooi die vorige tempel was? Hoe lyk dié een vir julle? Lyk hy nie na niks in vergelyking met die vorige nie?

4Maar nou, Serubbabel, skep moed, sê die Here, en jy Jesua seun van Josadak, hoëpriester, skep moed, en julle almal, burgers van die land, skep moed, sê die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige. 5My belofte wat Ek met die uittog uit Egipte aan julle gemaak het, sal Ek nakom: my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!

6So sê die Here die Almagtige: Nog een keer, binnekort, sal Ek hemel en aarde, see en land laat bewe. 7Dan sal Ek al die nasies laat wakker skrik en hulle sal met hulle skatte kom en so sal Ek hierdie huis met rykdom vul, sê die Here die Almagtige 8Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige. 9Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige.

Prediking

19 jaar later

Dit is nou reeds 19 jaar sedert die volk uit ballingskap teruggekom het, 520 v.C.  Die Here roep die profeet Haggai om die volk te bemoedig.  Die boodskap wat hy moet bring, is: Herstel die tempel, want God is by julle.

Die eerste profesie word aan die twee leiers gerig, aan die goewerneur van Juda, Serubbabel, en aan die hoëpriester Jesua. Haggai verduidelik vir hulle dat hulle slegte situasie aan hulle ongehoorsaamheid verbind is.

Peterson vertaal God se woorde in hoofstuk 1:5-6 só:

                  “Take a good, hard look at your life.
                  Think it over.
                  You have spent a lot of money,
                  but you haven’t much to show for it.
                  You keep filling your plates,
                  but you never get filled up.
                  You keep drinking and drinking and drinking,
                  but you’re always thirsty.
                  You put on layer after layer of clothes,
                  but you can’t get warm.
                  And the people who work for you,
                  what are they getting out of it?
                  Not much—
                  a leaky, rusted-out bucket, that’s what.

In vers 9-11 antwoord die Here sy eie vraag, weereens soos Peterson dit vertaal:

“And why? …  Because while you’ve run around, caught up with taking care of your own houses, my Home is in ruins. That’s why. Because of your stinginess. And so I’ve given you a dry summer and a skimpy crop.”

Die probleem is die mense het hulle eie huise herbou, maar nie aandag gegee aan die herbou van die tempel nie.  Dít kan nie so aangaan nie, sê Haggai.  Dit is nou al 19 jaar.  Julle moet julle prioriteite regkry.  Die Here kom eerste.  Dán sal sy seën julle lewens volmaak.

En ons sien in hoofstuk 1 dat die hele volk sowel as hulle leiers begeesterd daarop gereageer het.  Hulle het hulle huise gelos, en die tempel begin bou.  Drie weke later was hulle aan die gang, ná hulle eers alles in orde gekry het.

Dit was moeilike werk

Maar, dit was moeilike werk.  Dit was nie eenvoudige werk nie.  Hulle het waarskynlik die meeste van die tyd aan die opruim van die rommel van die vorige ruïnes spandeer.  En hulle het teruggedink aan hoe wonderlik die tempel voor die ballingskap was, en dit vergelyk met wat hulle nou mee besig is, en besef, dit gaan nooit so mooi kan wees soos die vorige tempel nie.

Dit is darem net ‘n uitdaging om besig te wees met iets, en jou hart en siel daarvoor te gee, en te weet, dit gaan net ‘n sekere vlak kan bereik.  Dit gaan jou beste wees, maar nooit die hoogtes bereik van wat ander in die verlede al bereik het.  Serrubabel en Jesua en die volk het hulle handewerk vergelyk met Salomo s’n, en net geweet, hulle werk gaan tweede kom.

Skep moed

Die Here het egter geweet hoe hulle dink.  Hy het geweet dat dié gedagtes hulle moed in hulle skoene sal laat sak, en ‘n week na die werk begin het, ‘n maand ná die eerste profesie, presies op die regte tyd, kom die tweede profesie.

God vra die volk: “Wie van julle het gesien hoe mooi die vorige tempel was?  Hoe lyk dié een vir julle? Lyk hy nie na niks in vergelykig met die vorige een nie?” Die Here is dus baie bewus van die gesprekke wat onder die volk gevoer is en waarin die moedeloosheid wou-wou oorneem.  God se plek sou nooit weer wees so luuks wees as wat dit vroeër was nie.

Die Here praat hulle deur sy profeet egter moed in: “Skep moed … Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here, die Almagtige.”  Die bouwerk kan en móét nou in alle erns begin.

Elkeen word met hierdie woord van die Here bemoedig.  Serrubbabel word bemoedig: “Skep moed.” Jesua word bemoedig: “Skep moed.” Die volk, al die burgers van die land, word bemoedig: “Skep moed.”

Hoekom?  Want as jy nie moed skep uit die belofte van die Here nie, sal jy nooit jou kop optel om met die werk te begin en deur te druk tot die einde toe nie.

Drie beloftes vir die hede

Daarom as julle moed geskep het, “Begin met die werk,” sê die Here.  Sit die werk voort.  Hou aan tot die einde toe.  Moenie stop nie.  Moenie moed verloor nie.

En die Here gee vir hulle drie beloftes om hulle te bemoedig, dinge wat daar en dan vir hulle waar sal wees.

  1. Hy belowe dat Hy by hulle is, Hy die Almagtige, die woord wat ‘n mens ook in ons geloofsbelydenis kry. Die Here, die Almagtige, dié is by hulle.
  2. Hy herinner hulle aan die belofte wat Hy reeds by die uittog uit Egipte aan hulle gemaak het, dat Hy aan hulle verbind is, dat Hy hulle ooit in die steek sal laat nie, dat hemel en aarde in der waarheid sal vergaan, voor Hy sy verbond met hulle sal opsê.
  3. En hy spel dit nog verder uit vir hulle dat sy Gees altyd by hulle sal bly. God se teenwoordigheid, die krag van sy Gees, sal nooit van hulle af wyk nie.  Hulle kan daarop vertrou.  Hulle kan daarop staatmaak.  Sagaria sou ‘n bietjie later hierby aansluit en vir Serubbabel met dieselfde woorde bemoedig: “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees.” (Sag. 3:6).

Een belofte vir die toekoms

Maar daar is ook ‘n belofte wat eintlik glad niks met die hede te doene het nie, maar eerder met die toekoms, iets wat hulle werk in die hede in ‘n totaal ander konteks stel. Dit is die belofte dat: “Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede … op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige.”  “Wholeness and holiness,” vertaal Peterson.

Dié belofte word in ‘n konteks van eskatologiese tekens beskryf – hemel en aarde, see en land bewe, nasies bring geskenke.

En ons weet uit die NT dat dié belofte reeds in Jesus in vervulling gegaan het en uiteindelik met sy wederkoms volledig voltooi sal word.  Dit alles is in die visie wat dié profesie ook vir ons bring.

Wat die Here eintlik hiermee op die tafel sit, is dat die roem van die tempel in die toekoms nie in goed en silwer en prag en praal sal bestaan nie, maar in die uitkringende effek wat God se Gees op die hele aarde sal hê.

Hoewel die volk van 520 v.C. dié visie uiteraard maar net ten dele kon verstaan, het dit hulle bemoedig.  Hulle is uitgenooi om hulle oë te vestig op wat kom, nie net op wat was met Salomo se tempel nie.  God se Gees sou hulle na sy toekoms met hulle begelei. Watter bemoediging!

En wat hulle daarmee begin het, sou ‘n weerklank kry in gebeure ná hulle, dinge wat baie groter sou wees as dit waarmee hulle besig was … maar tegelykertyd nooit sou begin het, as hulle nie moed geskep het en met wat hulle moes doen, besig geraak het nie.

Moenie bang wees nie

Die Here klink die boodskap om deur te sê, julle moenie bang wees nie.  Julle moet nie deur vrees in julle dop kruip nie.  Julle mag julle nie deur enige teenstand laat afskrik nie.  Selfs nie die teenstand van die moeite wat julle gaan hê in die bouwerk nie.  Selfs nie deur die wete dat julle bouwerk nooit die hoogtes van die vorige tempel sal bereik nie.

Die derde en vierde profesieë, twee maande daarna, sou hierby aanhaak en gesamentlik sou die vier profesieë dus as bemoediging van die hele teruggekeerde geloofsgemeenskap van Juda dien om God hulle prioriteit te maak, soos Hy inderdaad dit met hulle gedoen het.

In ‘n vier maande periode in 520 v.C. help Haggai dus die volk om hulle prioriteite in lyn met God s’n te kry.  Oor die volgende vier jaar sou hulle alles in die stryd werp om die tempel klaar te bou.  In 516 v.C. was die werk klaar en kon die tempeldiens weer hervat word en die volk as geloofsgemeenskap saam die Here dien.

Sonder hierdie oproep sou die werk nooit begin het nie

Wat ek wil hê dat ons moet raaksien, is dat sonder hierdie oproep van die profeet Haggai sou dié werk nog jare onvoltooid gebly het, moontlik selfs nooit regtig van die grond af gekom het nie.  Sy bemoediging gedurende hierdie belangrike vier maande tydperk van Augustus tot Desember in 520 v.C het nie net die verhouding tussen die Here en sy volk herstel nie, maar die leiers – Serubbabal die goewerneur, Jesua die hoëpriester sowel as die gewone priesters – en die gewone lede van die volk geïnspireer om te begin leef as Godsvolk.

Daarmee was die stryd natuurlik nog nie volledig gewen nie.  Esra sou eers ongeveer 60 jaar later in 459 v.C. fokus op die verdere hervormings rondom die wet van die Here, en Nehemia meer as 70 jaar later in 445 v.C. op die herbou van die stad Jerusalem.  Maar sonder die herbou van die tempel in 520-516 v.C. sou hierdie ander hervormings rondom die wet en die stad nie moontlik wees nie.

Dit tref my hoe hierdie opdrag van Haggai aan die volk om die tempel te herbou vóórdat hulle aandag gee aan hulle eie huise en omstandighede in die NT geëggo word in die woorde van die Here Jesus: “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” (Matt. 6:33).

Vir die OT gemeenskap in Haggai se tyd was die fokus op die tempel, die plek waar die geloofsgemeenskap die Here gedien het.

Vir die NT gemeenskap, sowel as die Christelike gemeenskap deur die eeue daarna, is die fokus op die koninkryk van God wat in die wêreld moet kom, oral waar die Here gedien móét word.  Ons fokus is dus nie op ‘n plek, die kerkgebou, nie, maar op die mense wat die boodskap van die Here moet hoor.

Vir die OT gelowiges het die Here seën belowe as hulle prioriteite reg ingestel is om te fokus op die teenwoordigheid van die Here in die tempel van Jerusalem.  Vir die NT gelowiges belowe die Here sy seën as deel van hulle fokus op die teenwoordigheid van die Here tot in die uithoeke van die wêreld.  Ons is geroep om getuies te wees nie net in Jerusalem nie, maar ook in Judea, en Samaria en waar daar ook al mense tot aan die eindes van die wêreld is, soos ons Oos-Kaapland sinode dié week weer beklemtoon het (Hand. 1:8).  Laat ons dit inderdaad dan ook nou doen!

Gebed

GOD STUUR ONS OM TE LEEF

Slotsang

Lied 527 Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan – orrel – staan

Seën

Amen

Respons

Lied 311 Dit wat ons hier ontvang het – orrel – staan

     

View all posts in this series

Trackback from your site.

Leave a comment