Skip to main content

Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7

Verwelkoming

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 435 – Heil’ge Gees, u bou ‘n tempel deur die Woord wat kragtig werk – staan

Lied 436 – Herskep, o Gees, laat leef, o Gees – sit

Kindertyd

Kinders bly in kerk vir nagmaal

‘n Groeigogga is iemand wat geestelik groei deur:

  • Duim – Bybel lees
  • Wysvinger – bid
  • Middelvinger – getuig
  • Ringvinger – bely sonde
  • Pinkie – gaan kerk toe.

Skriflesing (English on the screen)

Handelinge 16: 11-40 – Die Heilige Gees stuur ons gemeente oor grense

Inleiding

Lukas het nou by Paulus, Silas en Timoteus aangesluit in Filippi (hy skryf nou weer in die eerste persoon, ons),’n Romeinse kolonie in Masedonië (prentjie op skerm).  Dit is ongeveer 50 of 51 n.C.  Daar was nie ‘n sinagoge nie (jy het 10 mans nodig gehad daarvoor) en daarom het die Joodse gelowiges, ons lees hier net van vroue, moontlik getroud met Grieke, by ‘n bidplek by die rivier, die Gangitis, vergader.

Die eerste Europeër wat glo, is ‘n vrou

En dan gebeur die wonder, die hele Europese kerkgeskiedenis begin met ‘n eenvoudige verhaal van ‘n vrou, nogal ryk ook, wat langs ‘n rivier in Jesus begin glo.  Ironies dat ‘n Masedoniese man Paulus in ‘n droom hierheen lok, en dat die eerste bekeerling ‘n vrou is!  Wys jou net hoe die evangelie nie langs die normale sosiale konvensies loop nie.

Interesting how God uses unusual people in the spreading of the gospel into new areas.  In Africa it was a Ethiopian eunuch, in Europa it was a Grecian-Jewish woman.  It is as if God chooses these people to show from the start that He is behind the diversity in people and brings change from the fringes to forge a strong unity between diverse peoples.

Sy nooi Paulus-hulle onmiddellik na haar huis, en so word haar huis die eerste huisgemeente in Europa, een van die mooiste gemeentes waarvan ons lees in die Nuwe Testament.  Daar is geen gemeente wat die apostel so hoog geroem het as dié van Filippi nie en geen gemeente van wie hy meer liefde ontvang het nie.

We read in the letter to the Philippians how Paul loved this first congregation in Europe and how they loved him back.  No wonder that the letter to the Philippians is so full of joy and gladness and the call to spread that joy to everybody and everything we do.

Soos met die proseliete-doop vir heidene wat die Joodse geloof aanneem, word Lidia se huismense (oikos) ingesluit toe sy gedoop word as een wat in Jesus glo.  Interessant is dat kinders ingesluit is en dat dit onmiddellik gebeur het.

Paul does not waste time – when you believe with all your heart, you are already part of the body of Christ, and therefore should be baptized. No catechism, just straightforward believing in Christ.

‘n Slavin word bevry

En soos in alle vorige plekke waar die evangelie verkondig is, bly die teenstand nie uit nie.

No good thing ever happens without the evil one mustering his forces to thwart it.

Die slavin met ‘n waarsêergees is die eerste teenstand.  Die woord wat gebruik word vir die waarsêergees, is puthon-gees.  Die Puthon was die mitologiese slang of draak wat die orakel of tempel van Delphi bewaar het en deur Apollo doodgemaak is.  Blykbaar het mense onder die invloed van dié gees met buikspraak gepraat, d.w.s. sonder dat hulle lippe beweeg het.

Maar, Paulus dryf, na ‘n paar dae, die gees uit haar uit, wat waarskynlik beteken dat sy die tweede lidmaat van die gemeente was.

So the first obstacle, this slavegirl, demonstrates unequivocally that God is more powerful than the forces of darkness.  But the war has only started.

‘n Tronkbewaarder word gered

Met die konsternasie wat haar eienaars vir Paulus veroorsaak, want die slavin het nou nie meer geld ingebring nie, verskerp die teenstand en word hulle in die tronk gegooi.

Net om daar die derde lidmaat van die gemeente tot bekering te bring, die tronkbewaarder.  Hy en sy huisgesin (oikos) word ook gedoop en Paulus-hulle word in ‘n volgende huis gasvry ontvang.  Interessant dat die Romeine Brutus en Cassius juis in Filippi selfmoord pleeg, soos ons lees dat die bewaarder wou doen om sy eer te red.  Jesus red hom egter van homself en daarby ook sy huisgesin.

The second obstacle the evil one uses, the city council that throws Paul and Silas into jail, are not only overcome by the earthquake that throws open the doors of the jail, but the jailor himself becomes converted, him and his whole household, and they are all baptized.

Die eerste gemeente in Europa word gestig

Aan die einde van die verhaal, sien ons dat hulle almal weer bymekaar kom in Lidia se huis.  En die grondslag vir die eerste gemeente is gelê.

Paulus sou hulle nog twee keer besoek (20:1 en 6) en uiteindelik die pragtige brief aan die Filippense skryf uit die tronk in Rome.  En hulle sou hom die meeste kere ondersteun van alle gemeentes wat Paulus ooit gestig het.

The first congregants of this beautiful congregation began their life together in the house of Lydia and became the biggest support group of Paul in the rest of his ministry.

Wat leer ons uit die verhaal?

1.  As jy oor grense beweeg, is jou lewe nie meer net in jou hande nie.

If you cross boundaries, your life is not in your own hands anymore.

Walls, kruis-kulturele ekspert, sê kategories: “The fundamental missionary experience is to live on terms set by others.”

En ons moet dit baie goed besef.  Want dit kos jou iets.

Paulus is hier afhanklik van mense se gasvryheid.

Die goeie wat hy doen, is nie noodwendig goed in ander se oë nie, veral nie in die eienaars wie se inkomste hulle ontneem is deur die slawemeisie wat nie meer kon waarsê nie.

Die boodskap het ook onbeplande gevolge: die stadsbestuur laat hulle op sleeptou neem deur die eienaars van die slawemeisie en Paulus en Silas, lyk asof die ander twee te jonk was of nie prominent genoeg nie (Timoteus en Lukas), beland in die tronk.

Die vrug op die evangelie kom deur konflik heen, deur baie teenstand, deur lyfstraf en met jou voete in houtblokke in die tronk.

It will never be different for us – to live the gospel life, is to live it on terms that other people set.  And conflict and obstacles and suffering should not deter us from venturing across the safe boundaries of our congregational life.

Maar dit is gelukkig ook net so waar:

2.  As jy oor grense beweeg met die evangelie, is jou lewe in God se hande.

If you cross boundaries, your life is also in God’s hands.

Die onbeplande gevolge van die tronk word deur God getroef deur ‘n aardbewing en die oopgaan van die tronkdeure en die vernederende verskoning-vra van die stadsbestuur.

En God skep met die skraal begin van ‘n paar vroue en ‘n tronkbewaarder een van die mooiste gemeentes van die antieke tyd.

Sonder dat jy jou voet oor ‘n ander se drumpel sit, en toelaat dat jou lewe ook deur daardie persoon se optredes bepaal word, goed of sleg, sal jy ook nie ervaar dat jou lewe en die lewe van ander mense in God se hande is nie.

If suffering and opposition is part of the life of the gospel, then it is equally true that boundary-crossing throws you in the hand of the God who is able to keep you and give fruit on your message and witness.

3.  As jy oor grense beweeg met die evangelie, raak mense van anderkant die grense deel van die gemeente van God.

If you cross boundaries with the gospel, people from the other side of the boundaries become part of the congregation of God.

Die kerk is die fees van die vereniging van andersins onversoenbare entiteite.  Die gemeente in Filippi word van die begin af uit ‘n diverse groep mense saamgestel.  Die eerste drie gemeentelede (kom ons aanvaar dat die slawemeisie deel van die gemeente geword het) was baie verskillend:

  • ekonomies: arm (slawe-meisie), middelklas (tronkbewaarder) en ryk (Lidia);
  • gender: ‘n paar vroue en ‘n man;
  • generasies – Lidia en haar gesin, die tronkbewaarder en sy gesin;
  • etnies: ten minste ‘n Romeins en ‘n Griekse Jood en nog ‘n onbekende etnisiteit (slawemeisie)
  • en polities: tronkbewaarder, Grieks-Joods vrou en slawe-meisie.

Dit moet ons laat kyk na ons bediening.  As ons te eenders lyk, skuif ons nie genoeg oor die grense nie, en ek bedoel nou ekonomies, sosiaal, ouderdom, polities ens.

In closing – the whole concept of the church is founded on the unity of diverse people on the basis of their faith in Jesus Christ.  That was the message of the Pentecost experience, that the Spirit of God was poured out on people of all the nations of the world that was gathered there on Pentecost Day.

That means that we should not only cross gender and generation and ethnic and cultural boundaries, but we should strive to include all those into one body – because that is the key to the motivation for the world to believe that Jesus is indeed God and able to save us from the judgement of God.

Gebed

Terugvoer Gerrit en Sonja Brink

Nagmaal

Lied 303 – Eet die brood, drink die wyn, Kom na Christus, Hy stil u honger (Engels en Afrikaans x2) – sit

Dankoffer

NMMU koor onder leiding van Junita van Dijk – Salvation (Paul Tschesnokoff)

Slotlied

Biffy Joubert en Ronell Boshoff gaan iets deel oor die 21ste Junie se Gemeente-ete

Lied 440 – Die Here salf ons met sy Gees tot diens en heiligheid – staan

Seën

Amen

Lied 189 – Halleluja – staan

Aankondigings

Kort uitvoering

NMMU koor

 

View all posts in this series

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.