Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ngkerksomerstrand.co.za herleef as ‘n webtuiste met hulpmiddels vir gemeentes

NGK Somerstrand het ‘n nuwe webtuiste geskep wat fokus op die bedieninge en aktiwiteite van die gemeente. Jy kan dit bereik by ngkerksomerstrand.com.

Die ou webtuiste by ngkerksomerstrand.co.za het egter baie hulpmiddels wat oor die jare ontwikkel is en in groot aanvraag in gemeentes is. Die gemeente van Somerstrand het daarom aangebied dat ek dit oorneem en in stand hou sodat mense dit steeds kan gebruik.

Ek nooi jou dus uit om die hulpmiddels wat hier is, te benut in jou bediening. Dit is gratis en verniet. Dit sal wel ‘n tyd neem om die webtuiste nuut te organiseer. Gebruik gerus die soekfunksie om na temas of Skrifgedeeltes te soek.

Chris van Wyk

God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê – Jakobus 4:1-6

Daar is wydverspreide konflik in hierdie wêreld. Daar is die ekonomiese stryd tussen die Ooste en die Weste. Daar is die godsdienstige stryd tussen die groot godsdienste – Islam vs die Christendom, Islam vs Islam, ateïsme vs enige godsdiens. Daar is die stryd om bronne tussen die Eerste en die Derde Wêreld, of soos dit toenemend in opvoeding genoem word, die Minderheid en die Meerderheid Wêreld, die Globale Noorde vs die Globale Suide. Reg oor die wêreld is daar hierdie skerp verskille en konflikte wat die kohesie en wêreldvrede bedreig.

Waar kom die konflik vandaan?

Jakobus 4 trek vir ons die gordyn op hierdie tipe konflikte oop soos God daarna kyk. Hy gee vir ons God se verduideliking waar die destruktiewe kragte vandaan kom wat in ‘n hele aantal van die gemeentelede van daardie tyd aan die werk was en wat in die oorloë en gevegte te siene was wat onder hulle voorkom. En wat ook in die gemeenskappe regdeur die wêreld ‘n impak het.

Die onmin en konflik kom in die eerste plek van die “sondige drange wat julle ledemate soos soldate gebruik om te veg,” soos die NLV dit vertaal.

English translation: God wants the life He gives us only for Himself

Hier volg die hele erediens

Continue reading

God se geduld met ons is ‘n geleentheid tot verlossing – Rigters 8

NGK Somerstrand 09:00 | 14 Mei 2023 | Kerk en Youtube (jammer, Internet was af weens tegniese probleme, daarom geen Youtube uitsending nie!)

VERWELKOMING EN AANKONDIGINGS

  • 15 Komberse vir bosslapers – Jan-Hendrik
  • Dankie vir die 8 ton trok vir Theo

Judges 8 – English Translation

Continue reading