Titus 3:3-8 – #lovemustrise
Titus die “trouble-shooter” raak ‘n begeleier van formaat
Paulus skryf waarskynlik hierdie brief aan Titus op dieselfde tydstip as die eerste brief aan Timoteus vanuit Masedonië (Tit. 3:12) in 62-63 n.C. op sy “vierde sendingreis”. Titus se Griekse afkoms het hom besonder geskik gemaak om die evangelie aan Grieke te verkondig (Gal. 2:3). Hy het onder Paulus se bediening tot bekering gekom, waarskynlik in Antiogië, omdat hy Paulus-hulle na Jerusalem vergesel met die vergadering se besinning oor die besnydenis (Gal. 2:3; Hand. 15).
Hy werk in Korinte, Dalmasië en hier op die eiland Kreta. In Korinte was hy ‘n soort “trouble-shooter” om die tweespalt in die gemeente te ontlont. Hier in Kreta moes hy die nuwe gemeente begelei tot volwassenheid in geloof. En hy word ‘n begeleier van formaat.
Die brief aan Titus speel daarin ‘n groot rol. Paulus gee vir hom ‘n uiteensetting van die wesenlike dinge waarop hy moet fokus in sy bediening in Kreta. En Paulus gee vir hom ‘n raamwerk vir sy bediening. In kort gestel, Titus moet hom toespits op gesonde geloof (hfst. 1), gesonde leer (hfst. 2) en gesonde gedrag (hfst. 3). Hy moet hulle verbind aan God, aan die Woord en aan ‘n gesonde lewenstyl.
Paulus beklemtoon dit veral teen die agtergrond van die valse leringe van dwaalleraars, want dit wil voorkom asof dit van die plaaslike huiskerk ouderlinge in die verskillende dorpe was wat dié valse leringe versprei het (Tit. 1:5). Paulus wil voorkom dat die geloofsverhouding met God in ‘n vertroue op allerlei menslike filosofieë verander. Hy wil voorkom dat hulle lewenstyl op verkeerde leerstellings gebaseer word.
Daarom skryf Paulus die brief. Want, hy het ‘n geweldige vertroue in Titus gehad: “handel hy en ek nie in dieselfde gees nie, en loop ons nie in dieselfde spore nie!” (2 Kor. 12:18). Voorwaar ‘n jongman wat ‘n groot bate vir die vroeë kerk was. Uitgeknip vir die werk in Kreta. Maar, Paulus wil seker maak dat Titus op die regte manier te werk gaan sodat die gemeentes se geloof in God self gewortel en gegrondves kan wees.
Paulus fokus daarom in sy brief op die ontwikkeling van die bediening in die onderskeie dorpsgemeentes. Hy skryf oor die ouderlinge en wat die kwaliteit van hulle geloofslewe moet wees. Hy skryf oor die wyses waarop gelowiges kan sorg dat hulle geloof en gedrag kan uitmond in goeie werke, ‘n baie belangrike tema vir Paulus regdeur hierdie brief (vgl. Tit. 1:16; 2:7,14; 3:1,8,14).
Titus 3:3-8
Daarom skryf Paulus in hoofstuk 3:3-8 die volgende:
3 Want ons was ook voorheen onverstandig, ongehoorsaam, verdwaal, verslaaf aan allerlei begeertes en luste. Ons het in kwaadwilligheid en naywer geleef, ons was haatlik en het mekaar gehaat. (vers 4-7 is ‘n gesegde)
4 “Maar toe die goedheid en menseliefde van God, ons Verlosser, verskyn, 5 het Hy ons verlos — nie op grond van werke wat ons uit geregtigheid gedoen het nie, maar op grond van sy ontferming — deur die afwassing van die weergeboorte (beter gestel: hergeboorte) en vernuwing deur die Heilige Gees, 6 wat Hy ryklik oor ons uitgegiet het deur Jesus Christus, ons Verlosser. 7 So het ons, geregverdig deur sy genade, erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop.”
8 Hierdie woord (vers 4-7) is betroubaar, en ek wil hê dat jy met nadruk oor hierdie dinge praat, sodat hulle wat in God glo daarop bedag sal wees om hulle aan goeie werk toe te wy. Hierdie dinge is goed en voordelig vir die mense.
Liefde en genade is vandag onder skoot
Hierdie woord het my baie aangespreek toe ek nagedink het oor ons tema vanaand: #lovemustrise.
Ek het eers gedink oor die feit dat ons hierdie week Valentynsdag vier en dat ek eintlik iets moet sê oor hoe die liefde werk in ons menslike verhoudinge. Ek het ook gedink aan die feit dat die liefde onder mekaar onder soveel skoot is vandag, soos die hele konflik rondom die #feesmustfall en ander bewegings verlede jaar gewys het. En ek is bewus van die onrus wat weer gister opgeslaan het met twee petrolbomme op die suid kampus.
Sommige teoloë en meningsvormers sê daarom dat ons vandag nie meer soseer oor God se genade moet preek nie, maar oor menslike genade, hoe ons kan sorg dat ons mekaar genade kan bewys. Soos Anton van Niekerk op Netwerk 24 dié week geskryf het.
Tot die Here my herinner het aan Titus en ek weer hier in hoofstuk 3:4 gelees het dat dit eintlik onmoontlik is om by dié genade uit te kom as ‘n mens nie bewustelik lewe van die goedheid en menseliefde van God, ons Verlosser, wat aan ons verskyn het nie. Paulus sê dat dít is waar ons moet begin as ons oor genade en die liefde praat, by God se goedheid en God se menseliefde.
Die goedheid en menseliefde van God, ons Verlosser, het verskyn
Ons ken waarskynlik die woordjie goedheid beter. Dit word in Engels meesal weergegee met “kindness” of in ander Afrikaanse vertalings met “vriendelikheid” of “goedhartigheid”. Dit is die prentjie God vir ons van Homself gee, sê Paulus. Hy is vriendelik. Hy is goedhartig en goed. Hy doen goeie goed vir mense.
Maar hy is ook lief vir mense. Die woord wat hier met menseliefde vertaal word, het my veral getref. Menseliefde is die vertaling van die Griekse woord philanthrōpia. Dit is wie God is, ‘n menseliefhebber, ‘n Filantroop. Hy doen nie net goeie goed omdat Hy goed is nie. Hy doen goeie goed, omdat Hy lief is vir mense.
Dít is hoe God aan ons in Jesus Christus, ons Verlosser, verskyn het, sê Paulus. Dit is die beginpunt van ons nadenke oor God en die pad wat Hy met mense loop. Hy is goed en vriendelik. Hy is lief vir mense, want Hy is ‘n filantroop. Lank voor daar filantrope was soos Bill Gates en Jimmy Carter wat miljarde spandeer om die wêreld ‘n beter plek te maak, was God alreeds ‘n Filantroop, wat nie net dinge beter maak omdat Hy baie geld het nie, maar omdat Hy in die eerste plek alles gemaak het.
Die waarheid oor die mens is dat ons kwaadwillig en haatlik is
Hoekom moet ons daar begin, by God se goedheid en menseliefde? Want, die waarheid oor die lewe is dat die mens, almal van ons, in hulleself onverstandig is. Mense is ongehoorsaam aan God se wil, sê Paulus, en verdwaal in die lewenstyl wat hulle kies. Mense is verslaaf aan allerlei begeertes en luste en dit vreet hulle van binne af op. Kyk maar regoor die wêreld, en sommer net na wat hierdie week weer in ons parlement gebeur het. Mense is kwaadwillig en jaloers. Hulle is haatlik en word gehaat.
Dit was en is die situasie van die mensdom. Daar is geen uitsonderings nie. Die lyne van die sonde loop diep in ons menswees in. Dit versteur al ons verhoudinge. Dit deurbreek alles wat goed is.
Dit geld ook vir jou. Dink bietjie na oor jou lewe. Dink ‘n bietjie terug aan onverstandige besluite; aan tye wat jy ongehoorsaam was aan God se wil vir jou lewe; waar jy verdwaal gevoel het en op plekke uitgekom het waar jy nie wou wees nie; aan verslawing in jou lewe, waar allerlei begeertes en luste jou dinge laat doen het waaroor jy jou vandag skaam; waar jy kwaadwillig was en jaloers op ander; aan tye wat jy haatlik opgetree het; aan tye wat ander jou gehaat het.
God verlos ons deur hergeboorte
Dit is dan wat daar in jou ‘n waardering kom vir wat God vir jou gedoen het. Dat Hy ten spyte van jou sonde goed was en is vir jou. Dat Hy ten spyte van jou eie liefdeloosheid steeds ‘n Filantroop was en is, Iemand wat vir jou lief gebly het deur die jare.
Ons dink baie keer oor geloof en wedergeboorte – of beter gestel hergeboorte – dat dit met ‘n keuse van jou kant af te make het. Dat jy die keuse maak om in God te glo en dat God jou dan nuut maak op grond van die feit dat jy na Hom toe gekom het.
Die waarheid is egter dat geloof iets is wat vir jou gegee word; dat jy geloof ontdek; dat hergeboorte iets is wat God in jou doen.
En hoe gebeur dié ontdekking?
Dit gebeur wanneer jy bewus word van hierdie kloof tussen jou en God. As jy bewus word aan die een kant van jou sonde en ellende – iets waaraan almal van ons deel het. En jy aan die ander kant bewus word van die goedheid en menseliefde van God. Dit is dán wat die wonder gebeur dat die Heilige Gees jou nuut maak, jou deel gee van sy genade, en jou op die koop toe laat deel in die erfenis van die ewige lewe.
Hierdie woord is betroubaar
Ek wil daarom vir jou vanaand bevestig: “Hierdie woord is betroubaar”. Ek wil jou uitnooi om hierdie woord van Paulus te ontvang as ‘n woord vir jou. Die Here het nou al op baie maniere met jou gewerk deur jou lewe. Vanaand is egter ‘n besondere geleentheid waarin jy jou vertroue op God kan stel. Hy sal jou nuut maak en sy goedheid en menseliefde ook in jou aan die werk sit.
Dit kos ‘n eenvoudige gebed waarin jy in jou eie woorde net sê: “Here, ek glo in U. Ek vertrou U. Ek kom met my kwaadwilligheid en verdwaaldheid na U toe. U sal my verlos en vernuwe.”
Kom ons gee ‘n tydjie van stilgebed.
Wy jou lewe aan goeie werke toe
Hergeboorte is die beste en wonderlikste ding wat ooit met jou kan gebeur. Dit skep in jou die ware geloof dat God dit goed bedoel met jou. Dat Hy lief is vir jou. Dat Hy dit enduit sal uithou met jou.
As jy daarvan oortuig is, gebeur daar ‘n wonderlike groeiproses in jou lewe. Jy kan nie anders as om meer van God te wil leer nie. Jy kan nie anders as om meer van sy wil vir die lewe agter te kom nie. Jy kan nie anders as om te begin om met oorgawe Bybel te lees en te bid. Persoonlike en in die gemeente.
Die groeiproses beteken dan ook dat jy nie anders kan as om jou lewe aan goeie werke toe te wy nie, dít waarvoor Paulus ons hier oproep in vers 8. Nie om iets voor God te verdien nie, maar om Hom te dien uit dankbaarheid vir sy goedheid en liefde.
Want sien, #lovemustrise, is natuurlik ook iets wat ons moet doen. Sonder ‘n doelbewuste verbintenis om self goed te wees vir ander, sal God se goedheid niks beteken in ons lewe nie. Sonder om self lief te wees vir ander, sal God se liefde geen effek in hierdie wêreld hê nie. Sonder om self genadig te wees teenoor ander, sal God geen vernuwing op hierdie wêreld kan bring nie.
Maar, dit begin by ons bewussyn van God se goedheid en menseliefde. Dit is wanneer jy oortuig is dat Hy jou liefhet dat jy die krag ontvang om jou lewe te wy aan die goeie werke waarvoor God ons voorberei het. Dit is dié wat God se goedheid en liefde regtig ervaar het, wat die mense is wat ook goed en lief sal wees vir ander. Ons binneste word verander van haatlikheid na liefde.
Wanneer ons só bewus lewe van God se goedheid en liefde dat ons ons hele wese aan goeie werke toewy, kom daar ‘n sekerheid in ons oor die doel wat God ook met ons vir die lewe hierna het. Dit is die ervaring van geloofsekerheid wat nie sekerheid van jou geloof is nie, maar sekerheid van God!
Paulus sê daarby dat hierdie verlossing aan ons ‘n besondere toekoms gee, soos Peterson vers 7 in The Message vertaal:
“And there’s more life to come – an eternity of life! You can count on this.”
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022