Skip to main content

Luisterblad Rut 1 – 15 tot 21 Julie 2018

KLEINGROEPE SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:

Dalk het julle weens die vakansie lanklaas ontmoet.  Laat elkeen kortliks vertel hoe dit met julle gaan.

Ingaan in God se tyd:

Maak julle oë toe en luister biddend terwyl iemand Matteus 5:3-9 rustig lees.

Luister na God se Woord: 

Lees Rut 1.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?

Continue reading

Kleingroepmateriaal 31 Julie tot 6 Augustus 2017

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar waar en hoe julle tans die Here se seën beleef.

Ingaan in God se tyd: Laat iemand Psalm 67 biddend voorlees.

Luister na God se Woord:  Lees Numeri 6:22-27.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou?

Luister na mekaar:  Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.

Continue reading

Huisgeloof: 16-22 Nov 2015

Heiligheid

OMGEE-GESPREKKE

  • As julle die woord “heilig” hoor, wat beteken dit vir jou?
    • Gesels ook oor die betekenis van:
    • God is heilig?
    • Wat is vir God heilig?
    • Wat is vir jou heilig?

 

BYBELLEES

  • Lees Efesiërs 4:17-24 saam.

Maak seker julle verduidelik groot konsepte sodat almal verstaan wat aangaan. Julle kan selfs na ander vertalings kyk soos “Die Bybel vir almal” dit is beskikbaar op www.bybel.co.za (gaan na “lees die Bybel aan die regter kant) of lees dit uit Bybels wat spesifiek vertaal is vir kinders soos “Die Bybel@kinders”.

 

  • Wat beteken dit om nie soos heidene* te lewe nie – vers 17-20?
  • Hoe kan ons dié opdrag nakom om nie soos heidene te lewe nie – vers 21-24?

*Heidene – mense wat nie in God glo nie.

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Ons is nou nuwe mense deur Jesus Christus, ons lewe nie meer soos die ou mense nie. Aangesien ons nuwe mense is, kies ons dan om sekere dinge nie te doen nie.

  • Hoe kan julle elke dag onthou dat julle nuwe mense in Jesus is en dus heilig moet lewe?

Huisgeloof: 9-15 Nov 2015

Nuutheid

OMGEE-GESPREKKE

  • Gesels met mekaar oor waaraan jy dink as jy die woord “vryheid” hoor?

Ons het baie opinies oor wat die woord vryheid vir ons beteken, maar baie van ons weet dalk nie eers hoe dit voel om nie vry te wees nie.

Speel ‘n speletjie waar ‘n bietjie van julle “vryheid” wegeneem gaan word:

  • Gebruik serpe, dasse of lang sokkies en bind julle oë toe/ julle twee enkels aan mekaar vas/ julle hande aan mekaar vas of ‘n kombinasie van die drie.
  • Probeer nou sekere opdragte uitvoer soos:

 

  • Skud hande met die persoon langs jou.
  • Raak aan jou tone.
  • Loop na die ander punt van die vertrek.
  • Waai vir iemand.
  • Neem een groot tree.
  • Gaan sit gekruisde bene op die vloer.
  • Spring op een beentjie.
  • Knipoog vir iemand.

 

 

  • As julle klaar is, gesels ‘n bietjie oor die probleme wat julle ervaar het met die uitvoer van die opdragte.

 

BYBELLEES

Lees Galasiërs 5:1, 5&6 en 13&14

  • Wat dink julle beteken vryheid in hierdie teksgedeelte?
  • Watter tipe vryheid gee Jesus?

 

GEWOONTES EN GEBRUIKE

  • Die speletjie wat julle aan die begin gespeel het, het bietjie van julle vryheid weggeneem. Watter dinge in die regte lewe “bind” ons soms vas en neem van ons vryheid wat Jesus vir ons gegee het weg?
  • Hoe kan ons vrygemaak word van al hierdie dinge?

Huisgeloof: 2 – 8 Nov 2015

Genade

OMGEE-GESPREKKE

  • Ons is almal ANDERS geskape deur God, maar in Jesus Christus word anderses EENDERS, deur Sy genade.
  • Wat is dinge wat ons alles ANDERS maak?
  • Wat is dinge wat ons alles EENDERS maak?

(Probeer hier ook fokus op dinge wat nie net fisies is nie soos haar-kleur ens., maar ook op dinge wat mens kies soos gunsteling kleure ens.)

 

BYBELLEES

  • Lees 2 Korintiërs 1:19-22 saam.

Hier is die Bybel vir almal se vertaling:

 

19 Julle moet onthou dat ek en Silvanus* en Timoteus die boodskap oor die Seun van God, Jesus Christus, vir julle gebring het. En julle weet dat Jesus nie “ja” én “nee” is nie. Jesus is God se “ja.” 20 Want alles wat God belowe het, het waar geword toe Christus gekom het. Daarom, wanneer ons “amen” sê, dan sê ons dat alles waar is wat ons van Christus glo. En so prys ons vir God. 21 God is die Een wat vir ons sê dat ons en julle saam aan Christus behoort. God het ook gesê dat ons vir Hom moet werk. 22 Hy het gewys dat ons aan Hom behoort toe Hy die Heilige Gees in ons harte gegee het. Die Heilige Gees sê vir ons dat ons altyd aan Hom sal behoort.

 

* Silvanus: ’n Ander naam vir Silas. Kyk Hand 15:22.

 

In hierdie gedeelte lees ons dat Jesus is God se “ja” vir ons.

  • Wat dink jy beteken dit vir ons?
  • In die teks lees ons dat die Heilige Gees sê dat ons altyd aan God sal behoort. Hoe weet jy dat dit waar is in jou lewe?

 

GEWOONTES EN GEBRUIKE

  • Wat kan jy ANDERS doen om te wys dat jy EENDERS is met ander mense wat in Jesus glo?

Huisgeloof: 26 Okt – 1 Nov 2015

Liefde

OMGEE-GESPREKKE

  • Deel met mekaar hoe jy weet of iemand vir jou lief is.
  • Deel daarna hoe jy dink ander mense weet dat jy vir hulle lief is.

BYBELLEES

  • Lees Romeine 13:8-14 saam.

Hier is die Bybel vir almal se vertaling:

8 Julle moenie vir mekaar iets skuld nie, maar julle moet lief wees vir mekaar, want wanneer julle lief is vir ander mense, dan doen julle alles wat God se wette vra. 9 Al die wette, “ Jy mag nie egbreuk* pleeg nie, jy mag nie iemand vermoor nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie iemand anders se goed vir jouself wil hê nie” en ook al die ander wette, beteken “ Jy moet lief wees vir jou naaste, so lief soos jy vir jouself is.” 10 As jy lief is vir jou naaste, dan sal jy nooit slegte dinge aan hom doen nie. Daarom, as jy lief is vir jou naaste, dan doen jy alles wat die wette vra. 11 Julle weet die belangrike tyd is naby, die tyd wanneer Christus weer kom. Julle moet gereed wees, julle moenie wees soos mense wat slaap nie. Want die tyd wanneer Christus sal kom om ons te red, is nou nader as toe ons in Hom begin glo het. 12 Mense weet dat dit lig word wanneer die nag verby is. So weet ons ook dat ons nie meer lank sal wag nie, dan sal Christus kom. Daarom moet ons nie mense van die nag wees nie, ons moenie slegte dinge doen nie. Ons moet mense van die lig wees, ons moet goeie dinge doen. 13 Ons moet reg lewe soos mense van die lig, ons moenie te veel eet nie en ons moenie dronk word nie, ons moenie onsedelik** lewe en net doen wat ons wil doen nie, ons moenie aanhou stry en jaloers wees nie. 14 Julle behoort aan die Here Jesus Christus, daarom moet julle weet Hy is nou baie naby aan julle, so naby soos die klere wat julle aantrek. Julle moenie die slegte dinge doen wat mense graag wil doen nie, nooit nie.

 

*Jy mag nie egbreuk … wil hê nie: Kyk Eks 20:13-15,17 en Deut 5:17-19,21. Egbreuk: Wanneer ’n man seks het met ’n ander man se vrou, dan pleeg hy egbreuk. Wanneer ’n getroude vrou seks het met ’n ander man, dan pleeg sy egbreuk. Jy moet … jouself is: Kyk Lev 19:18. Naaste: Die mens wat naby jou is.

** Onsedelik lewe: Wanneer ’n persoon seks het met iemand met wie hy nie getroud is nie, dan lewe hy onsedelik.

 

  • Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?
  • Hoekom dink jy sê hierdie teks dat die enigste verantwoordelikheid wat ’n gelowige teenoor sy medemens het, is om hulle lief te hê?
  • Wie is almal ons medemense?

 

GEWOONTES EN GEBRUIKE

  • Gesels bietjie oor tye wanneer julle sukkel om julle medemens lief te hê en hoekom julle sukkel?
  • Wat is dinge wat julle kan doen om ander beter lief te hê
  • Dink as ‘n gesin saam ‘n definisie vir die woord “LIEFDE” uit. Skryf dit iewers neer sodat julle dit nie vergeet nie en mekaar die hele tyd daaraan kan herinner.