Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8
Ons almal ken die grappie van die man wat ‘n grassnyer nodig gehad het. Maar, terwyl hy loop om sy buurman se grassnyer te gaan leen, werk hy hom so op daaroor dat die buurman moontlik gaan nee sê, dat toe die deur oopgaan, hy sommer sê: “Man, hou jou grassnyer!”
‘n Mens kan jou só opwerk oor ‘n moontlike nee-antwoord dat jy nooit eers by vra uitkom nie. Jy besluit sommer self wat die antwoord gaan wees, en kom nie eers sover om te vra nie.
Die gevaar is natuurlik dat só ‘n ervaring ons sommer negatief kan maak in ander situasies. Later skop jy die hond, by wyse van spreke, omdat jy moedeloos is dat jy nie jou sin in die werk of in jou huwelik gaan kry nie.
Jesus het geweet dat ons die werklikheid só kan ervaar, en dat veral die negatiewe ervarings van die lewe ons negatief kan maak oor God, en dat ons kan dink dat Hy soos jou buurman is wat jy dink nie sy grassnyer vir jou sal leen nie.
Die gevaar is dat sulke ervarings ons Godsbeeld kan affekteer. Dat ons later kan dink, maar God is soos ons buurman. En dan óf moedeloos raak om te bid, óf nog erger, ophou om te bid.
Daarom vertel Hy vir ons ‘n gelykenis om ons te bemoedig. En Hy gebruik ‘n voorbeeld uit die regstelsel, ‘n regter wat goddeloos en liefdeloos was, wat nie volgens God se wette optree nie, en ook nie volgens die samelewing se wette nie. ‘n Korrupte vent.
En Jesus kontrasteer God met hierdie korrupte regter om ons iets belangriks van God te leer – Lukas 18:1-8.
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: Ask without ceasing – Luke 18
Verwelkoming
Aankondigings
Gebedsgroep
Ons soek vrywilligers om ‘n kwartier voor die erediens in die Gebedskamer saam te kom bid. Gee jou naam vir Liesl, selfs as jy stil wil saambid, mans en vroue, enige ouderdom. Ook Bybelstudiegroepleiers word gevra om die name van hulle vrywillige gebedsgenote vir Liesl te stuur. Dit sal ons in staat stel om gebedsbehoeftes aan almal te kan epos.
So word jy dan deel van God se Gebedslinie rondom ons gemeente, sodat ons gehoorsaam saam met Hom ons pad kan stap, tot Sy eer en verheerliking. Tilla Olivier neem verantwoordelikheid.
Toetrede
Flam 112b:1-2 Ek roem u Naam – sit
Votum en Seëngroet
Lofsang
Vonkk 296 (koor) Klap jul hande
Liedboek 199:1-3 Loof die Here uit die hemel – staan
Toewyding
Vonkk 104:1,2 (Engels), 3 Wat ‘n vriend het ons in Jesus – sit
Voorbidding
Dankoffer
Kindertyd
Waarvoor bid jy?
Het jy al opgehou bid, omdat jy moedeloos geraak het?
Het jy al aangehou bid en toe antwoord God die gebed?
Weet julle wat is ‘n regter?
Weet julle wat is ‘n weduwee?
Vertel die gelykenis aan die hand van die skyfies:
- Jesus het ‘n gelykenis vir sy dissipels vertel.
- Daar was ‘n regter wat vir die mense moes help om die regte dinge te doen. Hy het egter nie van God of mense gehou nie. Hy was ‘n baie slegte mens wat nie ander gehelp het nie.
- Eendag kom daar ‘n weduwee na hom toe. Iemand het haar sleg behandel en sy wou hê hy moet haar help.
- Maar die regter wou nie. Hy het vir haar gesê dat sy maar moet gaan, want hy wil nie vir haar help nie.
- Maar die weduwee het nie stilgebly nie. Sy het aanhou vra. Soms het sy deur die venster met hom gepraat.
- Soms het sy by die skoorsteen afgeskree.
- Soms het sy in ‘n boom geklim as hy verbykom en gesê, jy moet my help.
- Soms het sy in die nag vir hom wakker geskree. Help my!
- Toe het sy sommer by sy venster gaan sit sodat hy kan weet, sy gaan hom nie los nie.
- Elke keer as hy by die venster kom loer, het sy weer vir hom gesê, help my!
- Sy het selfs na die winkel toe gegaan en daar vir hom gewag. Help my!
- Eenkeer het sy selfs gehang van die dak af en vir hom geskree, help my!
- Elke dag as hy oor sy skouer loer, was sy net daar.
- Tot hy net nie meer kon uithou nie. OK! Ek sal help.
- En sy het baie bly huis toe gegaan.
- Só sê Jesus moet ons ook wees. Ons moet nooit ophou om God te vra nie.
Wat is die les wat jy leer? Jy moet vra sonder ophou.
Dit is ook my boodskap vir die erediens. Vra sonder ophou.
Skriflesing en prediking
Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8
Ons almal ken die grappie van die man wat ‘n grassnyer nodig gehad het. Maar, terwyl hy loop om sy buurman se grassnyer te gaan leen, werk hy hom so op daaroor dat die buurman moontlik gaan nee sê, dat toe die deur oopgaan, hy sommer sê: “Man, hou jou grassnyer!”
‘n Mens kan jou só opwerk oor ‘n moontlike nee-antwoord dat jy nooit eers by vra uitkom nie. Jy besluit sommer self wat die antwoord gaan wees, en kom nie eers sover om te vra nie.
Die gevaar is natuurlik dat só ‘n ervaring ons sommer negatief kan maak in ander situasies. Later skop jy die hond, by wyse van spreke, omdat jy moedeloos is dat jy nie jou sin in die werk of in jou huwelik gaan kry nie.
Jesus het geweet dat ons die werklikheid só kan ervaar, en dat veral die negatiewe ervarings van die lewe ons negatief kan maak oor God, en dat ons kan dink dat Hy soos jou buurman is wat jy dink nie sy grassnyer vir jou sal leen nie.
Die gevaar is dat sulke ervarings ons Godsbeeld kan affekteer. Dat ons later kan dink, maar God is soos ons buurman. En dan óf moedeloos raak om te bid, óf nog erger, ophou om te bid.
Daarom vertel Hy vir ons ‘n gelykenis om ons te bemoedig. En Hy gebruik ‘n voorbeeld uit die regstelsel, ‘n regter wat goddeloos en liefdeloos was, wat nie volgens God se wette optree nie, en ook nie volgens die samelewing se wette nie. ‘n Korrupte vent.
En Jesus kontrasteer God met hierdie korrupte regter om ons iets belangriks van God te leer – Lukas 18:1-8:
1 Hy het vir hulle ‘n gelykenis vertel oor hoe nodig dit is om altyd te bid en nie moed te verloor nie. 2 Hy het gesê: “Daar was ‘n sekere regter in ‘n bepaalde stad wat nie ontsag vir God gehad het nie en hom aan geen mens gesteur het nie. 3 Daar was ook ‘n weduwee in daardie stad, wat hom bly opsoek het met die versoek, ‘Laat reg aan my geskied in my saak teen my opponent.’ 4 ‘n Tyd lank wou hy nie, maar naderhand het hy by homself gedink, ‘Al het ek geen ontsag vir God en steur ek my aan geen mens nie, 5 sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, tog maar reg aan haar laat geskied; anders gaan sy my nog gedaan maak.’ ” 6 Toe sê die Here: “Luister na wat die onregverdige regter sê. 7 Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat dag en nag na Hom roep nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8 Ek sê vir julle, Hy sal baie gou aan hulle reg laat geskied. Die vraag is net: Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind?”
Dink aan die vrou van Lot!
Jesus is besig om met sy dissipels te gesels oor die koninkryk van God. Veral oor die feit dat daar dae gaan kom wat hulle verlang daarna dat die koninkryk sal aanbreek. Wat hulle die nuwe hemel en aarde sal wil beleef.
- Dit sal dae wees waarin hulle baie valse berigte oor Hom sal hoor. Dat mense ‘n valse idee van die Here Jesus sal skep en ander só sal leer. En hulle sal verlang daarna dat die waarheid sal seëvier.
- Dit sal dae wees waarin hulle sal dit sal beleef dat baie mense die Here sal verwerp soos in die dae van Noag en die dae van Lot. Dat mense die rug sal keer op God en sy gebod, en sal leef soos hulle wil. En hulle sal verlang daarna dat die afvalligheid tot ‘n einde sal kom.
Jesus stel hulle gerus met twee voorbeelde uit die verlede. Hulle kan moed skep uit die tyd van Noag en die tyd van Lot.
- Die afvalligheid in die tyd van Noag is kort geknip deur die sondvloed waar die bekende wêreld deur water vernietig is. God het die reg gehandhaaf.
- Die afvalligheid in die tyd van Sodom en Gomorra is kort geknip deur die vuur en swael wat van die hemel neergereën het en die vier stede daar by die Dooie See vernietig het. God het ook daar die reg gehandhaaf.
Nie dat dit maklik sal wees nie, want die einde sal kom met toestande wat sal herinner aan die tyd van Noag en die tyd van Lot.
Jesus moedig hulle egter aan om te volhard in geloof, want: “Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.” En Jesus herinner hulle aan Lot se vrou wat in ‘n soutpilaar verander het toe sy teruggedraai het na dít wat sy reeds agter gelaat het.
Jesus waarsku die dissipels. Moenie met verlange terugdraai na die genot van die wêreld nie, want dan sal julle die koninkryk mis. Wanneer die Seun van die mens kom, sal Hy die skape van die bokke skei, selfs al slaap hulle saam op een bed of werk hulle skouer aan skouer by die meul. Die een sal saamgeneem word en die ander een agtergelaat word.
Jesus maak dit duidelik dat ewige lewe afhanklik daarvan is of ons gereed sal wees by sy koms.
“Dink aan die vrou van Lot!”
Die onregverdige regter
Maar, waarmee Jesus hulle veral wil bemoedig, is om aan te hou bid, nie maar net vir hulleself nie, maar vir die koms van die koninkryk.
Dit is waarom Hy die gelykenis van die onregverdige regter vertel.
Die regter was adikia – onregverdig. Hy het hom nie gesteur aan wat reg is voor God nie – soos in die dae van Noag. Hy het hom ook nie gesteur aan wat reg is voor mense nie – soos in die dae van Lot.
Die weduwee was iemand wat ‘n probleem gehad het met ‘n opponent. Iemand wat haar teëgestaan het. Wat haar regte benadeel het.
Die regter wou haar egter nie help nie, selfs al was die reg oënskynlik aan haar kant. Maar, die weduwee het aangehou en hom “bly opsoek met die versoek”. Sy het haar saak aanmekaar voor hom gaan bepleit. Sy het hom geen rus gegee nie.
Dit het ‘n tyd lank só aangehou. Tot die regter onverwags besluit het, die vrou gee hom darem net te veel moeite. Hy raak net nie van haar en haar saak ontslae nie. So, al het hy vir God geen ontsag nie, en steur hy hom nie aan mense nie, hy gaan haar gee wat sy vra. Voordat sy hom nog gedaan maak!
God sal reg laat geskied
Dan lê Jesus die gelykenis vir sy dissipels uit. Hy moedig hulle aan om te luister na wat die onregverdige regter sê, want dit sal hulle bemoedig in hulle gebed vir die koninkryk.
1. Die eerste punt wat Jesus uit die gelykenis maak, is dat God nie so die onregverdige regter is van wie ‘n mens op ‘n soortgelyke wyse moet verwag dat hy onverwags tot sy sinne sal kom en help omdat hy gedaan is nie.
Nee, God is nie net baie meer gereed om te help as die onregverdige regter nie. Nee, God sal sy uitverkorenes nie lank laat wag nie. Hy sal “baie gou aan hulle reg laat geskied”.
“Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat dag en nag na Hom roep nie?” Hy is immers die Een wat in die wet van Moses alreeds gesê het dat Hy persoonlik vir die reg van weduwees sal opkom (Deut 27:19). Hoeveel te meer nie in die saak van sy uitverkorenes wat dag en nag na Hom roep nie.
2. Die tweede punt wat Jesus uit die gelykenis maak, is dat die probleem nie by God lê nie, maar by die mense. Nie by die regter nie, maar by die weduwee.
Die vraag is net, sê Jesus: “Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind.” Sal sy dissipels Hom genoeg vertrou om te wag vir sy wederkoms, wanneer Hy alles sal kom regstel?
God slaap nie – sal ons wakker bly?
Die Godsbeeld wat Jesus hier teken is van ‘n God wat nie slaap nie, en sy uitverkorenes se gebede om verlossing hoor en inderdaad verhoor. Hy sal reg laat geskied – die Griekse frase beteken letterlik: Hy sal regstel (of wraak neem, of herstel bring – in Engels revenge, retribution).
Die vraag is dus nie of God sal optree nie – Hy sal.
Die vraag is of die dissipels (en ons) met hierdie tipe geloof sal lewe en sal volhard.
- God het opgetree in die tyd van Noag toe die mense net aangehou het met hulle sondige lewe. Hulle het in die sondvloed omgekom.
- God het opgetree in die tyd van Lot sodat selfs sy vrou wat teruggedraai het na die wêreld in ‘n soutpilaar verander het.
- God is daarby heeltemal anders as die korrupte onregverdige regter. Indien dié regter van besluit kan verander, selfs al wil hy nie eintlik help nie, hoeveel te meer nie die Here, die Een wat ingestel is daarop om reg te laat geskied?
Die punt is – nie of God wakker is nie, maar of ons wakker is, of ons dag en nag volhard in gebed tot God?
Sal jy?
Hoe kan ons tot die einde volhard?
’n Logiese vraag wat ons dus moet vra, is, hoe kan ons tot die einde volhard? Hoe bly ons gereed vir Jesus se koms?
Hoe bly ons volhard in die geloof? Hoe vermy ons die suigkrag van die dinge wat ons oë wegdraai van God se komende koninkryk?
Vier faktore wat ons oë kan wegtrek
Die weduwee verteenwoordig wat die houding van gelowiges in sulke tye moet wees: om te vra sonder ophou.
Daar is veral vier faktore wat ons oë kan wegtrek van God se koninkryk:
- Die sleur van die daaglikse lewe: ons kan so vasgevang raak in die roetine en eise van elke dag dat ons net nie meer moeite doen om verder te dink as die uitdagings wat ons nou die hoof moet bied nie – soos in die tyd van Noag;
- Die gemak van ons lewe: Soos Lot se vrou kan mens die teenswoordige wêreld so liefkry, so gemaklik wees in jou knusse bestaan, so tuis in jou groewe, dat jy nie meer die verlange na meer ervaar nie – soos in die tyd van Lot;
- Die gevaar van afvalligheid: Mens kan afvallig raak van God en sy gebod, leef in sy wêreld asof Hy nie bestaan nie. Jy kan jou lewe volgens ‘n ander ritme as God s’n begin leef. Jy kan jou afsluit van die samelewing se nood, en doodgewoon ophou om iets daaraan te probeer doen. Jy kan God en jou naaste vir ander prioriteite inruil – soos die regter.
- Die gevaar van moedeloosheid: Mens kan so afgesloof raak, so vasgeval in die krisisse van elke dag; jy kan so wegteer as gevolg van die onreg en lyding wat jy verduur, of rondom jou sien, dat jy hoop en geloof op God se toekoms verloor; jy kan so moedeloos raak dat jy selfs nie meer probeer nie, dat jy eintlik vir God sê, dis reg, ek sal maar self regkom … anders as die weduwee wat volhard het.
Vra sonder ophou!
Ons mag nie ophou glo in God en sy geregtigheid in tye wat die sleur van die lewe en die gemaksug van ons eie voorspoed ons geestelike lewe begin afstomp nie. Ons durf nie ophou om te glo in tye van afvalligheid nie.
Ons moedeloosheid in tye van onrus en onreg kan net getroef word deur voortdurende volhardende gebed om verandering. Ons moet leer om dag en nag te roep na God. Om wakker te wees, om ons slaap op te offer, en voor die troon van God te verskyn vir hierdie lewe.
- Om soos Noag – die prediker van geregtigheid (2 Pet 2:5) – in te tree vir die goddeloosheid van sy tyd.
- Om soos Abraham voor God in te tree vir die sedeloosheid van sy tyd. Miskien is daar vyftig Here? Miskien is daar vyf en veertig? Of dan Veertig? Dertig? U sal darem seker nie twintig regverdiges laat omkom saam met die onregverdiges nie? En as daar net tien regverdiges is (Gen 18:22-33)? Wat dan Here?
- Om jou soos ‘n Lot op die Here te verlaat in jou gebed rondom die losbandige lewe van sy sedelose tydgenote (2 Pet 2:7). En deur Hom gered te word, al was dit dan ook sonder sy vrou.
- Om soos hierdie weduwee net eenvoudig nie nee vir ‘n antwoord te aanvaar nie, en aan te hou en aan te hou en aan te hou, totdat daar ‘n finale antwoord kom.
Versugting na geregtigheid
Die vraag is dus hoe ernstig neem ons regtig die dinge wat rondom ons gebeur? Hoe ernstig dink ons oor sonde en onreg? Maak al die sonde en onreg ons bloot sinies met die gevoel niks kan in elk geval verander nie?
Daar is soveel afvalligheid en gebrokenheid in die wêreld. Soveel mense wat worstel met die ellende wat mens-wees meebring. Daar is ‘n diep behoefte na ‘n gemeenskap van mense wat saam sug na geregtigheid, na lewensruimte vir elkeen, na heiligheid, na genesing en herstel van die afvalligheid waarbinne ons leef.
Ons as die uitverkorenes van God, die liggaam van Christus, is daardie gemeenskap. ‘n Gemeenskap van mense wat nie ophou om te roep na God, om dag en nag te vra, Here bring genesing. Here, herstel u beeld in mense. Here, gee bekering sodat ons land en sy mense “vrede sal ervaar soos ’n rivier en geregtigheid soos die golwe van die see.” (Jes 48:18)
Ons kan die belofte van God vasgryp. Dit is Hy wat belowe dat Hy reg sal doen aan die mense wat dag en nag tot Hom roep om geregtigheid.
Sal Hy ons lank laat wag? Jesus sê vir ons: Nee, Hy sal baie gou aan ons reg laat geskied.
Gebed
Slotlied
Liedboek 601:1,4,5 Dié wat die Here wil dien – staan
Seën
Amen
Respons
Vonkk 266 (koor) Shalom, my vriend
View all posts in this series
- Rom 6:1-11 – Son 22 Jun 08 - 23/06/2008
- Rom 6:12-23 – Son 29 Jun 08 - 30/06/2008
- Rom 7:15-25 – Son 6 Jul 08 - 06/07/2008
- Matt 16:13-20 – Son 24 Aug 08 - 24/08/2008
- Gen 50:15-21 – Son 14 Sep 08 - 14/09/2008
- Fil 1:20-30 – Son 21 Sept 08 - 21/09/2008
- Fil 2:1-13 – Son 28 Sept 08 - 28/09/2008
- Fil 3:3-14 – Son 5 Okt 08 - 05/10/2008
- Johannes 12:22-26 – Son 19 Okt 08 - 19/10/2008
- Handelinge 2:42 – Die Connect Faktor – Son 2 Nov 08 - 02/11/2008
- 1 Sam 3 – Son 18 Jan 09 - 18/01/2009
- Preek vir Sondag - 24/01/2009
- Joh 4 – Son 25 Jan 09 - 25/01/2009
- Hebr 4:12-13 – Son 8 Mrt 09 - 08/03/2009
- Jer 31:31-34 – Son 29 Maart 09 - 30/03/2009
- Jesaja 50:4-9 – Son 5 April 09 - 05/04/2009
- Hebreërs 4:14-16 & 5:7-9 – Goeie Vrydag – Vry 10 April 09 - 10/04/2009
- Jesaja 25:6-9 – Paas Sondag – 12 April 09 - 12/04/2009
- Handelinge 4:32-35 – Son 19 April 09 - 19/04/2009
- Die Gees stuur ons oor grense - 26/04/2009
- Handelinge 4:5-12 – Son 3 Mei 09 - 03/05/2009
- Handelinge 10:44-48 – Son 17 Mei 09 - 17/05/2009
- Psalm 110 – Kom sit aan my regterhand – Hemelvaart 22 Mei 2009 - 21/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1 - 24/05/2009
- Rigters 13 – Die Gees steek grense oor met Randfigure – 24 Mei 09 – Pinkster 1
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Johannes 4 – Jesus steek grense oor deur gender – 24 Mei 09 – Pinkster 2
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3 - 26/05/2009
- Handelinge 6:1-7 – Jerusalem steek grense oor deur om te gee vir behoeftiges – 25 Mei 09 – Pinkster 3
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 8:26-40 – Filippus steek grense oor deur ander etniese groepe te bedien – 26 Mei 09 – Pinkster 4
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5 - 27/05/2009
- Handelinge 10 – Petrus steek grense oor deur ander kulture in te sluit – 27 Mei 2009 – Pinkster 5
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6 - 28/05/2009
- Handelinge 17:16-34 – Paulus steek grense oor deur met intellektueles in gesprek te tree – 28 Mei 09 – Pinkster 6
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7 - 31/05/2009
- Handelinge 16:11-40 – Die Gees stuur ons gemeente oor grense – 31 Mei 09 – Pinkster 7
- 1 Samuel 17:56-18:5, 10-16 – Die hele Israel en Juda was lief vir Dawid – 21 Junie 09 - 21/06/2009
- Gen. 2:4b-7; Jer. 18:1-6; 2 Kor. 4:7 – God as Pottebakker – Son 6 Sept 09 - 06/09/2009
- Rigters 4-5 – Debora – om met moed en oortuiging te leef – Son 18 Okt 09 - 18/10/2009
- Die karakter van Dawid - 23/10/2009
- 1 Samuel 25 – Abigajil: om met vrygewigheid te leef – Son 1 Nov 09 - 01/11/2009
- Filippense 3:12-14 – Paulus: om met passie ‘n doel na te streef – Son 22 Nov 09 - 22/11/2009
- Sefanja 3:14-20 – God is bly oor jou – Son 13 Des 09 - 13/12/2009
- Miga 4:14-5:5 – Son 20 Desember 09 - 20/12/2009
- Jesaja 8:23-9:6 – Kersdag 09 - 25/12/2009
- 1 Samuel 2:13-26 – Son 27 Desember 09 - 27/12/2009
- Matteus 2:1-12 – Oujaarsdiens 09 - 31/12/2009
- Psalm 72 – Epifaniefees – Son 3 Januarie 10 - 03/01/2010
- Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010 - 24/01/2010
- 2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010 - 31/01/2010
- Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010 - 07/02/2010
- Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010 - 14/03/2010
- Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010 - 28/03/2010
- Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al - 11/04/2010
- Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010 - 18/04/2010
- Handelinge 11:19-30 – God werk deur gewone mense – Son 2 Mei 2010 - 02/05/2010
- Johannes 16:12-15 – Ons sal die waarheid ken – Son 30 Mei 2010 - 30/05/2010
- Galasiërs 2:15-21 – Jy is welkom net soos jy is – Son 13 Junie 2010 - 13/06/2010
- Galasiërs 3:23-29 – In Christus is julle almal één – Son 20 Junie 2010 - 20/06/2010
- Galasiërs 5:1,13-25 – Laat die Gees jou gedrag bepaal – Son 27 Junie 2010 - 27/06/2010
- Galasiërs 6:1-17 – Saai op die akker van die Gees – Son 4 Julie 2010 - 04/07/2010
- 1 Konings 3: Erediens – Om te luister in ‘n wêreld waar wysheid nodig is – Son 18 Julie 2010 - 18/07/2010
- 2 Kronieke 16: Erediens – Om te vertrou in ‘n wêreld waar broedertwis is – Son 1 Augustus 2010 - 31/07/2010
- 2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010 - 22/08/2010
- 2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010 - 05/09/2010
- Lukas 24:13-35: Erediens – Leef met kantlyne – Son 17 Oktober 2010 - 17/10/2010
- Lukas 19:1-10: Erediens – Leef inklusief – Son 31 Oktober 2010 - 31/10/2010
- Lukas 10:38-42 – Erediens: Leef luisterend – 14 November 2010 - 14/11/2010
- Ons reaksie op Kersfees - 05/12/2010
- Jesaja 42:1-9 – Erediens – God bring genesing – 9 Jan 2011 - 09/01/2011
- 1 Korintiërs 1:1-9 – Erediens: God laat ons enduit vasstaan – 16 Januarie 2011 - 16/01/2011
- Josua 1:1-9 – God praat deur sy Woord
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011 - 23/01/2011
- Jesaja 2:1-5 – Erediens: God gee lig vir die lewe deur sy mense – 23 Januarie 2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011 - 30/01/2011
- Jesaja 6 – Erediens: God heilig jou vir jou roeping – 30 Januarie 2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011 - 13/02/2011
- Jesaja 25 – Erediens: God bring vreugde deur oordeel – 13 Februarie 2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011 - 06/03/2011
- Jesaja 40:1-11 – Erediens: God versorg sy volk soos ‘n herder – 6 Maart 2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011 - 20/03/2011
- Jesaja 56:1-8 – Erediens: God trek ander mense by ons in – 20 Maart 2011
- Johannes 9 – Erediens: Jesus help ons sien – 3 April 2011 - 03/04/2011
- Johannes 11:1-45 – Erediens: Jesus is die opstanding en die lewe - 10/04/2011
- Jesus sê … EK IS – Lydens- en Paassangdiens – 17 April 2011 - 17/04/2011
- Jesaja 52:13-53:12 – Erediens: Goeie Vrydag - 22/04/2011
- Kolossense 3:1-17 – Erediens: Paassondag – 24 April 2011 - 24/04/2011
- Johannes 6 – Erediens: Ek is die brood wat lewe gee – 8 Mei 2011 - 08/05/2011
- Johannes 13:31-14:14 – Erediens: Ek is die weg, die waarheid en die lewe – 22 Mei 2011 - 22/05/2011
- Handelinge 9:26-31 – Die Heilige Gees skep veilige ruimtes deur gasvryheid - 31/07/2011
- Handelinge 13:1-14 – ’n Gestuurde Gemeente leef deur Gebed en Getuienis - 20/08/2011
- Reeks oor gasvryheid - 23/08/2011
- Handelinge 13:13-52 – Die Heilige Gees gee die ewige lewe deur ons getuienis - 29/08/2011
- Handelinge 14:1-20 – Nederigheid - 04/09/2011
- Handelinge 15:1-22 – Die Heilige Gees leer ons onderskei - 17/09/2011
- Psalm 8 – ‘n Lied vir uitkoms uit ellende – 30 Oktober 2011 - 30/10/2011
- Psalm 19 – ‘n Lied om God te belewe – 13 November 2011 - 13/11/2011
- Psalm 37 – ‘n Lied om tot rus te kom – 27 Nov 2011 - 27/11/2011
- Psalm 89 – God se trou en versorging dra ons deur die lewe – 18 Des 2011 - 18/12/2011
- Psalm 98 – ‘n Loflied vir Kersfees – 25 Des 2011 - 25/12/2011
- Miga 6:1-9 – Oujaarsdiens - 30/12/2011
- Matteus 2:1-12 – Verwag om verras te word - 31/12/2011
- Fil 1:1-11 – Die Gees verander ons gemeente deur kennis en ervaring – 22 Jan 2012 - 22/01/2012
- Fil 1:27-2:4: Vreugdevolle eensgesindheid - 05/02/2012
- Fil 2:12-18 Onberispelike Lewenswandel - 19/02/2012
- Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid - 04/03/2012
- Prediker 3:1-15 – Op soek na sin en betekenis - 15/04/2012
- PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk - 17/04/2012
- Deuteronomium 1:31 – God dra jou soos ‘n pa sy seun of dogter dra - 21/04/2012
- Prediker 9:1-12 – Die gevaar van selfvoldaanheid en oorgerustheid - 22/04/2012
- Prediker 12:9-14 – Lewe met oorleg en vreugde - 29/04/2012
- Psalm 93 – Hemelvaart - 17/05/2012
- 01 – Om God te BELEEF - 20/05/2012
- 07 – Om vir God te LEEF - 27/05/2012
- 2 Korintiërs 6:1-13 – Ambassadeurs van die versoening - 24/06/2012
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo! - 01/07/2012
- Markus 6:14-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys - 15/07/2012
- Spreuke 2:1-22 – Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. - 29/07/2012
- Spreuke 4:20-27 – Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree - 12/08/2012
- Bou en breek die aarde - 19/08/2012
- Deuteronomium 6:1-9 – Gesin Vernuwing - 26/08/2012
- 2 Tim 1:1-7 – Familievernuwing - 09/09/2012
- God praat publiek en privaat - 28/10/2012
- Matteus 2:1-12 – Jesus is Koning van almal en oor die hele lewe – 6 Jan 2013 - 06/01/2013
- Jesaja 43:1-13 – In die smeltkroes van die lewe – 13 Jan 2013 - 13/01/2013
- Genesis 1-11 – Die Skepping: Die begin van lewe soos ons dit ken – 20 Jan 2013 - 20/01/2013
- 2 Korintiërs 4:16-5:10 – Ons het ‘n vaste gebou in die hemel - 26/01/2013
- Genesis 12-36 – God bou ‘n nasie – 27 Januarie 2013 - 27/01/2013
- Eksodus 1-17 – Bevryding – 10 Februarie 2013 - 10/02/2013
- God kan vertrou word. God sal voorsien (Genesis 22).
- Numeri-Deuteronomium – Omswerwinge - 24/02/2013
- Simson – God werk met randfigure – Rigters 13 - 24/03/2013
- Johannes 18:1-19:42 – Goeie Vrydag – Jesus het self sy kruis gedra – 29 Maart - 29/03/2013
- Johannes 20:1-18 – Paasfees – Ontmoet die opgestane Here Jesus – 31 Maart - 31/03/2013
- Die beproewings van ‘n koning – Psalm 32 - 28/04/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12 - 13/05/2013
- ‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 13 (by Klema)
- “Hoor tog” – 2 Konings 19 - 02/06/2013
- Geloof in die smeltkroes – Daniël 3 - 21/07/2013
- ‘n Koningin met skoonheid en moed – Ester 4 - 04/08/2013
- Die geboorte van die Koning – Matteus 1:18-25 (Josef se verhaal) - 18/08/2013
- Nie ‘n gewone man nie – Joh. 6:1-15 (broodvermeerdering) - 01/09/2013
- Johannes 6:22-35 – “Ek is die Brood wat lewe gee” – Jesus vernuwe, verhelder, verenig ons met Hom (Klema)
- God het ‘n toekoms – Jeremia 32:1-15 - 29/09/2013
- Méér geloof, Here – Lukas 17:1-10 - 06/10/2013
- ‘n Nuwe begin – Handelinge 9 - 20/10/2013
- Paulus se sending – Handelinge 16 - 27/10/2013
- Paulus se laaste dae – 2 Timoteus 1 - 03/11/2013
- Selfprysgawe in navolging van Jesus – 2 Timoteus 2:8-15
- 2 Tessalonisense 3:6-13 – Moenie moeg word om goed te doen nie - 17/11/2013
- Kerssangdiens 2013 – NGK Somerstrand - 02/12/2013
- Jesaja 7:10-16 – Om te leef uit God se beloftes - 22/12/2013
- Jesaja 62:6-12 – Stilbly is onmoontlik! – Kersdag - 25/12/2013
- Matteus 2:13-23 – God werk beslissend deur Jesus, die Nasarener - 29/12/2013
- Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013 - 31/12/2013
- Swaarkry word beloon – Matteus 5:1-12 - 27/01/2014
- Sout-van-die-aarde mense – Matt. 5:13-16 - 02/02/2014
- Johannes 5:1-17 – Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda - 23/02/2014
- Onverwagse opbrengste – Matt. 6:19-34 - 09/03/2014
- Matteus 27:27-31 – die fyn lyn tussen spot en geloof (Heilige week sangdiens) - 13/04/2014
- Handelinge 2:14a, 22-32 – Jesus het opgestaan - 27/04/2014
- Memory full – Hoe kom ek by alles uit? – Matt. 11:25-30
- Handelinge 2:42-47 – “onderlinge verbondenheid” - 11/05/2014
- Relationship status: It’s complicated – Genesis 38 - 18/05/2014
- Handelinge 1:1-11 – Hemelvaartsdiens - 29/05/2014
- Die Gees van die Here is op My – Lukas 4:18 - 01/06/2014
- Om die genadejaar van die Here aan te kondig – Lukas 4:18-19 - 08/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Gasvryheid ontsluit God se teenwoordigheid - 29/06/2014
- Matteus 10:40-42 – Vier voorbeelde van gasvryheid in die Bybel
- Matteus 11:16-30 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee - 06/07/2014
- Matteus 13 – die gelykenis van die grond - 13/07/2014
- Ons luister na God - 03/08/2014
- Ons luister na God – aanddiens (Daniël bygewerk)
- Ons gee om – Fil. 4:10-20 - 17/08/2014
- Ons waag in geloof – Hebr. 12:1-3 - 31/08/2014
- Jeremia 42 – “Vra, en vir julle sal gegee word” - 14/09/2014
- Groei saam – 1 Tes. 5:1-11 - 28/09/2014
- Dien saam – Galasiërs 6:1-10 - 05/10/2014
- Aanbid saam – Matteus 18:15-20 - 12/10/2014
- GAWES – Hebreërs 2:1-4 - 19/10/2014
- ONGELOOF – Hebreërs 3:12 – 4:13 - 02/11/2014
- GELOOFSEKERHEID – Hebreërs 10:19-39 - 23/11/2014
- Lukas 8:40-56 – Jesus sorg vir dié wat Hom vertrou - 31/12/2014
- Daniël 9 – Ek weet wat Ek vir julle beplan - 04/01/2015
- Filippense 4:4-8 – God maak gebreekte potlode weer skerp - 11/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe - 18/01/2015
- Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?
- Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?” - 25/01/2015
- Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” - 01/02/2015
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 02/02/2015
- Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek” - 22/02/2015
- “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” – Johannes 8:31-38 - 01/03/2015
- Johannes 13:1-17 – Laat Jesus deur jou voete was - 08/03/2015
- Matteus 4:1-11 – ʼn Hart wat volhard - 22/03/2015
- Johannes 17:1-26 – Laat Jesus deur jou bid - 29/03/2015
- Jesaja 52:13 – 53:12 – Goeie Vrydag - 03/04/2015
- Markus 16: 1-8 – Julle sal Hom sien – Paassondag - 05/04/2015
- Miga 3 – die moed om onreg aan te spreek - 19/04/2015
- Sagaria 4 – Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees - 10/05/2015
- Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander - 31/05/2015
- Ek glo aan die vergewing van sondes – 1 Joh 1 - 07/06/2015
- Ek glo aan die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe – 1 Joh. 5 - 14/06/2015
- 1 Johannes 3 – Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê - 21/06/2015
- God is HEILIG – 1 Petrus 1:13-16 - 06/09/2015
- God is REGVERDIG – Psalm 111 - 13/09/2015
- God is BARMHARTIG – Psalm 112 - 27/09/2015
- LIEFDE – Romeine 13:8-14 - 01/11/2015
- HEILIGHEID – Efesiërs 4:17-24 - 22/11/2015
- We are and make disciples – Luke 10:1-16
- Lukas 1:39-56 – God onthou sy beloftes van ontferming - 20/12/2015
- Lukas 2:1-20 – Vrede op aarde - 25/12/2015
- Kolossense 3:12-17 – Vyf innerlike kwaliteite - 27/12/2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - 31/12/2015
- Lukas 6:6-11 – Jesus en die man met die gebreklike hand - 17/01/2016
- Markus 9:14-29 – Hoe lank gebeur dit al met Hom? - 31/01/2016
- Matteus 16:21–28 – Om jou kruis op te neem
- Lukas 7:36-50 – Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf - 14/02/2016
- Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.” - 28/02/2016
- Job 28 – Om die Here te dien, is wysheid; om die kwaad te vermy, is insig - 13/03/2016
- Johannes 20:19-23 - 03/04/2016
- Die ding wat ons doen
- Die gemeenskap van die Gees – Efesiërs 2:1-3:13 - 01/05/2016
- PSALM 47 – ONS LEEF TUSSEN TEMPEL EN TROON - 05/05/2016
- Psalm 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom – 01 - 08/05/2016
- Psalm 48 – om van God se leiding bewus te word – 02
- Psalm 82 – om van God se handhawing van die reg in die hemel bewus te word – 03 - 09/05/2016
- Psalm 94 – om van God se handhawing van die reg op die aarde bewus te word – 04 - 10/05/2016
- Psalm 81 – om van God se oorvloedige sorg bewus te word – 05 - 11/05/2016
- Psalm 93 – om van God se onwankelbare koningskap bewus te word – 06 - 12/05/2016
- Psalm 92 – om van God se liefde en trou bewus te word – 07 - 15/05/2016
- Die eenheid van die Gees – Efesiërs 4 - 29/05/2016
- Die vervulling deur die Gees – Efesiërs 5:6-6:9 - 05/06/2016
- Lips and Lives – Hebreërs 13:15-16
- Die nuwe lewe van die Gees – Efesiërs 4:17-5:4 - 12/06/2016
- Kolossense 1:13-2:6 – heilig, sonder foute en onberispelik voor God - 17/07/2016
- Kolossense 2:6-23 – Christus in ons verander ons “hiermaals” - 24/07/2016
- Bells Challenge: Living “Questionable” Lives - 07/08/2016
- Jeremia 1:4-10 – geken, gevorm, geheilig en aangestel - 21/08/2016
- Lukas 14:25-33 – Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie - 04/09/2016
- Bells Challenge: Learn - 11/09/2016
- 1 Timoteus 2:1-7 – Bid dat God alle mense verlos en tot kennis van die waarheid bring - 18/09/2016
- Bells Challenge – Sent
- Joël 2:12-32 – Bekering sluit die beloftes van God vir ons oop - 23/10/2016
- (Re)gifted II – LUISTER
- Haggai 1:15b-2:9 – Hou moed, want Ek is by julle - 06/11/2016
- (Re)gifted VI – LEER - 20/11/2016
- Die Verlosser kom – Kerssangdiens 2016 – Wees Wakker en Waaksaam - 27/11/2016
- Jesus, die Verlosser, word gebore uit die Heilige Gees – Matteus 1:18-25 - 18/12/2016
- Johannes 1:1-14 – Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop - 25/12/2016
- Jesaja 49:1-7 – Die werk behoort aan U, o Heer, die werk waarin ons staan - 15/01/2017
- Jesaja 8:23-9:6 – Jesus is die Lig aan die einde van die tonnel - 22/01/2017
- #FAITHMUSTRISE – 2 Petrus 1:1-15 - 29/01/2017
- 1 Korintiërs 3:1-9: Medewerkers van God floreer op vaste kos - 12/02/2017
- Titus 3:3-8 – #lovemustrise
- Johannes 8:1-11 – #gracemustrise - 19/02/2017
- 1 Petrus 1:16-21 – Die getuienis oor Jesus Christus is betroubaar - 26/02/2017
- Matteus 4:1-11 – Ons leef van elke woord wat uit die mond van God kom - 05/03/2017
- Handelinge 15:36-41 #leadersmustrise - 12/03/2017
- Johannes 20:19-31 – “Vrede vir julle!” - 23/04/2017
- Filippense 2:5-11 – Die effek van respek - 30/04/2017
- Johannes 10:1-21 – Ek is die Goeie Herder - 07/05/2017
- Respek vir jou naaste is respek vir jouself en God – Matteus 22:37-40 en Psalm 8 - 14/05/2017
- Johannes 14:15-31 – AS JULLE MY LIEFHET, SAL JULLE MY OPDRAGTE UITVOER - 21/05/2017
- Kolossense 3:18-4:1 – Respek vir my Naby-mense - 04/06/2017
- Psalm 8 – As ek kyk … as God kyk - 11/06/2017
- Genesis 21:8-21 – Sola gratia: alleen uit genade - 25/06/2017
- Genesis 24 – Vertrou die Here en loop die pad met Hom - 09/07/2017
- 2 Tessalonisense 1:6-12 – van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het - 16/07/2017
- Matteus 13: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - 23/07/2017
- Numeri 1-2 – Ingeskryf vir die reis na die beloofde land - 30/07/2017
- Numeri 11 – Gulsigheid laat jou verstik aan God se goedheid - 13/08/2017
- 1 Korintiërs 9:19-23 – Maak kontak! - 20/08/2017
- Numeri 13-14 – “Ons moet beslis optrek, want ons kán dit doen.” - 03/09/2017
- Matteus 18:21-35: Die oorvloed van vergifnis
- Numeri 21:1-9 – “Elkeen wat opkyk, sal lewe.” - 10/09/2017
- 1 Petrus 1:1-9 – Jubel oor God in allerhande beproewings - 09/10/2017
- Sola Fide – Lukas 7:1-10 - 29/10/2017
- Sola Scriptura – Alleen die Skrif - 12/11/2017
- Geroep en gestuur – 1 Petrus 2:1-17 - 19/11/2017
- Die verhaal van die sterrekenners – Matteus 2:1-12 - 07/01/2018
- Verheerlik God met jou liggaam – 1 Korintiërs 6:12-20 - 14/01/2018
- Die koninkryk verdien ons onverdeelde aandag – 1 Korintiërs 7:29-31 - 21/01/2018
- Knowing God – Genesis 3:1-15 - 28/01/2018
- Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23 - 04/02/2018
- Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël - 15/02/2018
- God calls me – Jeremiah 1:4-10
- Liefde gee lewe – Johannes 11:1-44 - 18/02/2018
- Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12 - 25/02/2018
- Hy was getrou ter wille van jou – Johannes 18:1-27 - 04/03/2018
- Wat gely het onder Pontius Pilatus – Johannes 19:1-16 - 18/03/2018
- Van Gabbata na Golgota – Johannes 19:17-27 - 25/03/2018
- Dit is volbring! - 30/03/2018
- Ek is dors – Johannes 19:28-42
- Hy het gesien en geglo – Johannes 20:1–31 - 01/04/2018
- Niemand weet nie – 2 Samuel 13 - 15/04/2018
- God roep alle mense oral op om hulle te bekeer – Handelinge 17:16-34 - 29/04/2018
- Innerlik suiwer en uiterlik onberispelik – Filippense 1:3-11 - 06/05/2018
- Bly wag op die Vader se belofte – Hemelvaart 2018 - 10/05/2018
- Droogte – 2 Kronieke 7:11-16 - 13/05/2018
- Belofte – Romeine 8:28-32
- Voorwaardes – Nehemia 1 - 14/05/2018
- Geloof – Hebreërs 10:35-11:6 - 15/05/2018
- Geduld – Genesis 13:5-15; 22:1-14 - 16/05/2018
- Volhard – Jakobus 5:7-11 - 17/05/2018
- Reën – 1 Konings 17-18 - 20/05/2018
- By God is alles moontlik – Matteus 19:16-30 - 27/05/2018
- Lojaliteit en waagmoed – Rut 4 - 12/08/2018
- Resilience – Veerkragtige geloof – 2 Timoteus 1:6-14 - 19/08/2018
- God is groot en genadig – 1 Konings 17 - 02/09/2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - 09/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 17/09/2018
- Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester - 30/09/2018
- As jy nóú swyg … Ester - 07/10/2018
- Die wet as spieël, stang en sweep – Eksodus 20 - 04/11/2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - 11/11/2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - 18/11/2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - 25/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Kerssangdiens 2018 - 26/11/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Elisabet - 09/12/2018
- Spring van Vreugde – die Verlosser is hier – Maria - 15/12/2018
- Spring van vreugde – ons Verlosser is hier! – Sagaria - 23/12/2018
- God se genade leer ons dat ons néé’s en já’s saak maak – Titus 2:11-15 - 25/12/2018
- Psalm 148 roep die hele heelal op tot lofprysing - 30/12/2018
- Ons het gekom om Hom te aanbid – Matteus 2:1-12 - 06/01/2019
- Jesus se peuterjare – Matteus 2:13-23 - 13/01/2019
- Vier voorbidders voor die volk – Numeri 14 - 20/01/2019
- Noag, die geloofsheld – Hebreërs 11:7 - 10/02/2019
- Elkeen wat opkyk, sal lewe – Numeri 21 - 17/02/2019
- Die krag van die kruis – Jesaja 52:13 – 53:12 - 03/03/2019
- Katalisator vir die Koninkryk – Stefanus - 10/03/2019
- Geroep om te stry vir die oorgelewerde geloof - 07/04/2019
- God die Vader - 14/04/2019
- Called to witness about the light in the darkness – John 1:1-18 - 05/05/2019
- Bly by My – Lukas 2:25-40 - 12/05/2019
- Prepare yourself – Luke 2:25-35
- Jy het ‘n plek – Efesiërs 2-3 - 26/05/2019
- Uitgestelde verwagting leer ons volhard – Handelinge 1:1-11 - 30/05/2019
- Klou vas aan die lewe na die dood – 1 Tessalonisense 4:13-18 - 16/06/2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1:1-11 - 23/06/2019
- Leef deur die Gees – Galasiërs 5:13-26 - 30/06/2019
- Julle is die sout vir die aarde – Matteus 5:13-16 - 07/07/2019
- Vertrou die Helper – Johannes 14-16 - 21/07/2019
- 1. Spiritual Beings
- Verkondig met vrymoedigheid – Handelinge 4:23-31 - 04/08/2019
- 2. Elohim
- Vertrou dat God luister – Nehemia 1:1-2:8 - 11/08/2019
- 3. Divine Council
- Vra sonder ophou – Lukas 18:1-8 - 18/08/2019
- 4. Angels and Cherubim
- Bid die beloftes van die Bybel – 2 Kronieke 7:11-16 - 25/08/2019
- 5. The Angel of the Lord
- Bid tot God die Vader – Matteus 6:5-15 - 01/09/2019
- 6. The Satan and Demons
- Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46 - 08/09/2019
- 7. The New Humanity
- Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13 - 15/09/2019
- Persevering despite the temptations of pleasure or pain
- Luister na Lasarus en die ryk man – Lukas 16:19-31 - 29/09/2019
- Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52 - 06/10/2019
- What is the church?
- Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15 - 13/10/2019
- Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20 - 03/11/2019
- Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23 - 10/11/2019
- Stry teen wellus – 1 Tessalonisense 4:1-7
- Hou vas aan die woorde van God – Openbaring 22:6-21 - 24/11/2019
- Die genade en waarheid van Jesus sluit die lewe oop
- Wandel in die lig van die Here – Jesaja 2:1-5 en Lukas 24:13-36 - 01/12/2019
- Moenie bang wees vir gehoorsaamheid nie – Jesaja 7:10-16 en Matteus 1:18-25 - 08/12/2019
- Wees bly dat die Gees op jou rus – Jesaja 11:1-10 en 1 Pet 4:12-19 - 15/12/2019
- Maak reguit paaie vir jou voete – Jesaja 35:1-10 en Hebreërs 12:12-13 - 22/12/2019
- Lewe heilig in alles – Jesaja 52:7-12 en 2 Korintiërs 6:14-7:1 - 25/12/2019
- Moenie die Heilige Gees bedroef nie – Jesaja 63:7-64:10 en Markus 1:9-11 - 29/12/2019
- Jesus is gebore in Betlehem – Lukas 2:1-20 - 19/01/2020
- Jesus se kinderjare en die wegraak in die tempel – Lukas 2:41-52 - 26/01/2020
- Jesus word gedoop – Matteus 3:13-17 - 02/02/2020
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Satan versoek Jesus in die woestyn – Matteus 4:1-11 - 09/02/2020
- Verbly julle altyd in die Here – Filippense 4
- Abel praat vandag nog – Genesis 4:1-15 - 16/02/2020
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23
- Wie ore het, moet luister – Matteus 13:18-23 - 23/02/2020
- Bid sonder ophou – 1 Tessalonisense 5:16-18
- Jesus verander water in wyn – Johannes 2:1-12 - 01/03/2020
- Nogtans – Habakuk 3:17-19
- Die gelykenis van die ware vriend – Lukas 11:5-13 - 15/03/2020
- As julle iets teen iemand het, vergeef hom – Markus 11:20-25
- Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan wat regtig omgegee het – Lukas 10:25-37 - 22/03/2020
- Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe – Esegiël 37:1-14 - 29/03/2020
- God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39 - 05/04/2020
- Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12 - 10/04/2020
- Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18 - 12/04/2020
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - 19/04/2020
- Smag na die waarheid – 1 Petrus 2:1-3 - 26/04/2020
- Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12 - 03/05/2020
- Leef vir die wil van God – 1 Petrus 4:1-5 - 10/05/2020
- Staan sterk in die geloof – 1 Petrus 5:5-11 - 17/05/2020
- Ek sal julle rus gee – Matteus 11:25-30 - 12/07/2020
- God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:26-30 - 19/07/2020
- Yster slyp yster – Spreuke 27:17 - 09/08/2020
- Bewoon, bewerk, bewaar – Genesis 2:15 - 30/08/2020
- Geloof in die spervuur – Daniël 3 - 04/10/2020
- Laat die berge bewe – Jesaja 63:15-64:9 - 29/11/2020
- KERSSANGDIENS – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11 - 06/12/2020
- Vreugde in Verlies – Jesaja 61:1-11 - 13/12/2020
- God se liefde maak saak – 2 Samuel 7 - 20/12/2020
- Die duisternis kon die lig nie uitdoof nie – Johannes 1:1-14 - 25/12/2020
- Klere maak die man – Jesaja 61:10-62:3 - 27/12/2020
- Vreugde vir Volgelinge – Matteus 2:1-12 - 03/01/2021
- Krag en vrede – Psalm 29 - 10/01/2021
- God hou ons vas – Psalm 139 - 17/01/2021
- Net by God vind ek rus – Psalm 62 - 24/01/2021
- Bevryding van ‘n onrein gees – Markus 1:21-28 - 31/01/2021
- Jesus het gesag oor siekte – Markus 1:29-39 - 07/02/2021
- Leer met God leef in jou jong dae – Prediker 11:7-12:14
- Nooit weer nie – Genesis 9:8-17 - 21/02/2021
- Is jy al ingeënt? – Genesis 17 - 28/02/2021
- Wat is wysheid? – 1 Korintiërs 1:18-25 - 07/03/2021
- Die “dwaasheid” van God – 1 Korintiërs 1:17-25
- Wie is jy? – Efesiërs 2:1-10 - 14/03/2021
- Ons is God se handewerk – Efesiërs 2:1-10
- Suffering is Not For Nothing - 28/03/2021
- Lyding is nie verniet nie – Filippense 2:1-11
- My God, my God, waarom het U my verlaat? – Psalm 22 - 02/04/2021
- God sluit almal in wat vir Hom ontsag het en doen wat reg is – Handelinge 10:34-43 - 04/04/2021
- Soek jy na bewyse om te kan glo? – Lukas 24:33-48 - 18/04/2021
- Julle is getuies van hierdie dinge – Lukas 24:33-48
- My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 - 25/04/2021
- Verstaan jy wat jy lees? – Handelinge 8:26-40 - 02/05/2021
- 00 Waak en bid – inleiding - 13/05/2021
- 01 Aanbid
- Hulle het almal eensgesind in gebed volhard – Handelinge 1:1-14 – Hemelvaart 2021
- 02 Wag - 14/05/2021
- 03 Bely - 15/05/2021
- 04 Bid die Woord - 16/05/2021
- Bid die Woord – Daniël 9
- 05 Waak - 17/05/2021
- 06 Tree in - 18/05/2021
- 07 Vra - 19/05/2021
- 08 Sê dankie - 20/05/2021
- 09 Sing
- 10 Dink na - 21/05/2021
- 11 Luister - 22/05/2021
- 12 Loof - 23/05/2021
- Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef – Esegiël 37:1-14
- Wat is die Drie-eenheid? - 30/05/2021
- Hoe lyk jou hart? – 1 Samuel 16 - 13/06/2021
- Moenie ontsteld wees nie – glo net! – Markus 5:21-43 - 27/06/2021
- Versigtig vir vooroordele – Markus 6:1-13 - 04/07/2021
- Hou vas aan die waarheid – Efesiërs 4:1-16 - 01/08/2021
- Moenie die Duiwel plek gee nie – Efesiërs 4:17-5:5 - 08/08/2021
- Laat niemand jou verlei met niksseggende redenasies nie – Efesiërs 5-6-20 - 15/08/2021
- “Eyes on the road” - 22/08/2021
- God hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie – Psalm 84
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-27 - 05/09/2021
- God het sy Woord in jou hart geplant – Jakobus 1:19-26 - 06/09/2021
- Uitverkiesing – merk van die dier – wegraping - 12/09/2021
- Hoe leef ek tot eer van God?
- Vriendskap met die wêreld is vyandskap teen God – Jakobus 4 - 19/09/2021
- Onttrek of Omhels? – Psalm 1 - 24/10/2021
- Verlies en Voorsiening – Rut 1:1-18 - 31/10/2021
- #1 Jesus is op 25 Desember gebore - 07/11/2021
- Ons kleiner verhale is deel van God se groter verhale – 1 Samuel 1 - 14/11/2021
- Jou laaste woorde – 2 Samuel 23 - 21/11/2021
- Roep My aan, en Ek sal jou antwoord – Jeremia 33 - 28/11/2021
- Gelukkig is dié wat glo dat die Here se beloftes aan hulle vervul sal word – Lukas 1:39-45 - 19/12/2021
- God oordeel regverdig en billik – Psalm 96 - 25/12/2021
- Die geheim van ‘n goeie lewe – 1 Samuel 2:18-26 - 26/12/2021
- Ek is by jou om jou te red; Ek lê my woorde in jou mond – Jeremia 1:4-10 - 30/01/2022
- Het Jesus werklik opgestaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:1-11 - 06/02/2022
- Sal ons werklik self opstaan uit die dood? – 1 Korintiërs 15:12-20 - 13/02/2022
- Hoe gaan ons lyk na die opstanding uit die dood? – 1 Korintiërs 15:35-50 - 20/02/2022
- Die spieël en die sluier – 2 Korintiërs 3:18 - 27/02/2022
- Hoe takel jy versoekings? – Lukas 4:1-13 - 06/03/2022
- Julle moet my teenwoordigheid opsoek! – Psalm 27 - 13/03/2022
- Jesus soek die vrugte van bekering by jou – Lukas 13:1-9 - 20/03/2022
- God gee moed vir die stryd deur sigbare tekens – Josua 5:1-15 - 27/03/2022
- Sewe kruiswoorde: Beleef Jesus se laaste ses uur met Woord en gebed, musiek en sang - 10/04/2022
- God dink glad nie meer aan ons sondes en wettelose dade nie – Hebreërs 10:15-31 - 15/04/2022
- God is goed, vir ewig duur sy troue liefde – Psalm 118 - 17/04/2022
- Jesus kom met die wolke en elke oog sal Hom sien – Openbaring 1 - 24/04/2022
- Ons gebede maak saak – Openbaring 5 - 01/05/2022
- Elia gooi sy mantel op Elisa – 1 Konings 19:19-21 - 07/05/2022