Hou sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin
Written by Chris van Wyk on . Posted in Bybelskool, Geloofsvorming, Hulpmiddels vir families, Kleingroepmateriaal. No Comments on Hou sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin

Ek het ‘n navraag gekry oor hoe om sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin te hou. Hier is die metodiek wat ek voorstel, en ‘n paar opsies vir Bybelboeke om deur te werk aan die hand van my bydraes. Dit is alles gratis.
METODIEK
STILTETYD
Ek gebruik die volgende basiese metodiek as ek die Bybel lees. Lees, luister, leef
- LEES – Raak stil voor die Here. Lees die gedeelte deeglik deur. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een of meer sleutelgedagtes wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek geskryf het oor die hoofstuk in die Bybel en dink na oor wat jou daarin tref.
- LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die sleutelgedagte(s) wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat moet jy dink of doen daarmee (insigte)? Wat belowe dit vir jou (beloftes)? Wat vra dit van jou (opdagte)? Wat is die kern van die boodskap daarvan vir jou dag en lewe?
- LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit in sy teenwoordigheid.
HUISGODSDIENS OF KLEINGROEPE
As ‘n mens dan saam kom vir huisgodsdiens of in ‘n kleingroep (na elkeen stiltetyd gehou het), kan ‘n mens met mekaar deel wat jou bybly – insigte, beloftes, opdragte – en dan ‘n tyd van gebed gee waar julle die Here aanbid, voorbidding doen, en Hom loof vir gebedsverhoring.
BYBELBOEKE
1. Prontuit die Waarheid – die vier evangelies
Werk die vier evangelies saam deur.
2. Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge
Volg die verhaal van Paulus in Handelinge en sy dertien briewe, want dit is die verhaal van die kerk. Só sal dié verhaal ook jou verhaal word.
- Laai die boek hier af
- Skakel in by Youtube vir die eredienste die volgende vier maande wat oor temas uit sy lewe sal gaan.
3. Ek kom gou – Die boek Openbaring
Werk Openbaring deur.
- Laai die boek hier af.
- Kyk die Pinksterreeks wat ek aan die hand daarvan gelewer het.
4. Klaagliedere van Jeremia
Jeremia help ons om sin te maak van die Covid-19 tyd.
5. Werk die Bybel deur
Gebruik die Bybelskool materiaal om enige boek in die Bybel deur te werk. Daar is inligting oor elke hoofstuk in die Bybel. Lees dit kronologies deur, of soos die Here jou lei.
- Klik op die boek van jou keuse en werk dit deur aan die hand van die skakels op die blad. Jy is welkom om kommentaar te lewer of vrae te vra.
Chris van Wyk
Kleingroepmateriaal 24-30 November 2019
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepmateriaal. No Comments on Kleingroepmateriaal 24-30 November 2019
Materiaal vir stiltetyd, kleingroepe of families.
Vertel vir mekaar enigiets wat met jou gebeur het en jou hart geroer het. Wat het gebeur? Wat het dit vir jou beteken?
RUS
Gebruik Psalm 33:20-22 om stil te raak voor die Here:
“20Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; 21want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou. 22Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!” (OAV)
HOOR
- Julle ken die verhaal van die Emmausgangers goed. Lees Lukas 24:13-35 en fokus veral op vers 25-27 en vers 32.
- Wat tref jou van Jesus se gesprek met hulle?
- Wat tref jou van Kleopas en sy maat se ervaring?
- Lees nou Jesaja 2:1-5 en fokus veral op vers 3.
- Wat dink jy bedoel Jesaja as hy sê dat die “wet” en die “woord van die Here” uit Jerusalem sal uitgaan?
- Waarom dink jy lê Jesus steeds ná sy opstanding die wet en die profete, die Skrifte (OT), uit?
- Watter ooreenkomste sien jy tussen die profesie in Jesaja en die verhaal van die Emmausgangers raak?
- Wat sê dit vir jou van die blywende betekenis van die OT?
LEEF
Lees die Bybel deur in 2020!
Lees vier hoofstukke per dag uit die OT en die NT om die Bybel in een jaar deur te lees.
Die gedeeltes uit die OT bevestig jou in die verhaal van God se seën vir almal en alles wat bestaan.- Die gedeeltes uit die NT bevestig jou in die verhaal van Jesus en sy kerk wat die boodskap van verlossing na alle nasies toe neem sodat hulle die ewige lewe kan beërwe deur geloof en gehoorsaamheid.
- Die gedeeltes uit Psalms vorm daagliks jou gebede.
- Die gedeeltes uit Spreuke vorm daagliks jou lewe.
Gratis beskikbaar in gedrukte vorm by kerkkantoor.
Laai hier af: Pdf – in vier kwartale opgedeel
Sluit af met gebed.
Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie?
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepmateriaal, Materiaal. No Comments on Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie?
Materiaal vir stiltetyd, kleingroepe of families.
RUS
Gebruik Eksodus 34:6-7: “Ek is die Here. Ek is ’n God wat barmhartig en genadig is. Ek het geduld met mense. Ek is lojaal. Ek bly getrou. Ek bly vol liefde oor al die geslagte. Ek vergeef alles wat hulle verkeerd gedoen het. Ek laat sonde egter nie sommer verbygaan nie.” (NLV)
HOOR
1. Dink jy God is regverdig om almal aan die wet te hou as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Hoekom dink jy so? Hoe laat dit jou voel?
2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.
Sodat almal hulle sonde kan leer ken en hulle behoefte aan ’n volkome verlossing, want God laat sonde nooit sommer verbygaan nie. Omdat almal God se wet van nature en deurlopend in gedagte, woord en daad verbreek, ontbreek dit almal aan die heerlikheid van God. Niemand is in staat om die wet na te kom sonder ’n Verlosser nie.
3.Sou jy van sonde bewus gewees het sonder die wet? En ander mense? Watter effek sou dit op jou lewe gehad het? En op die samelewing?
4. Lees die verhaal van die Israeliete in Numeri 14:1-25. Wat tref jou?
5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.
Die Here het die Israeliete by die beloofde land gebring. Maar hulle begin toe kla, want hulle was bang vir die reuse in die land. Hulle wou teruggaan Egipte toe. Net Kaleb en Josua was bereid om die Here te vertrou. Die Here wou die Israeliete uitwis, maar Moses het namens hulle om vergifnis gevra. Die Here het hulle vergeef, maar gesweer dat hulle in die woestyn sou sterf. God laat sonde nooit sommer verbygaan nie. God sou hulle kinders genadig wees. Die kinders sou 40 jaar later die land inneem. Ook Kaleb en Josua, omdat hulle na die Here geluister het.
LEEF
6. Ons is geneig om aan sonde te dink vanuit menslike oorwegings. Die verhaal van die Israeliete wys dat sonde in wese ‘n gebrek aan vertroue op en gehoorsaamheid aan God en sy wil vir die lewe is, soos die wet dit onder andere uitspel. Hoe kan jy eerder Kaleb en Josua se voorbeeld volg as die res van die Israeliete s’n?
VIR DIEPERDELWERS
Vraag 3: Wat is die mens? – kleingroepe
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepmateriaal. No Comments on Vraag 3: Wat is die mens? – kleingroepe
Materiaal vir stiltetyd, kleingroepe of families. Gebruik veral die verhaal vir kinders.
RUS
Gebruik Psalm 8:4-10: “Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee? U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer. U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge: skape en beeste, alles, en ook die wilde diere van die veld, die voëls in die lug, die visse in die see, en alles wat swem deur die seestrome. Here, ons God, hoe vol majesteit is u Naam oor die hele aarde!” (NLV)
Luisterblad Rut 1 – 15 tot 21 Julie 2018
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Huisgodsdiens, Kleingroepmateriaal, Materiaal. No Comments on Luisterblad Rut 1 – 15 tot 21 Julie 2018
KLEINGROEPE SAAM-LUISTER
Ingenooi deur God:
Dalk het julle weens die vakansie lanklaas ontmoet. Laat elkeen kortliks vertel hoe dit met julle gaan.
Ingaan in God se tyd:
Maak julle oë toe en luister biddend terwyl iemand Matteus 5:3-9 rustig lees.
Luister na God se Woord:
Lees Rut 1. Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer: wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?


