Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepe, Nuusflitse. 2 Comments
Written by Chris van Wyk on . Posted in Bybelskool, Geloofsvorming, Hulpmiddels vir families, Kleingroepe. Leave a Comment
Ek het ‘n navraag gekry oor hoe om sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin te hou. Hier is die metodiek wat ek voorstel, en ‘n paar opsies vir Bybelboeke om deur te werk aan die hand van my bydraes. Dit is alles gratis.
Ek gebruik die volgende basiese metodiek as ek die Bybel lees. Lees, luister, leef
As ‘n mens dan saam kom vir huisgodsdiens of in ‘n kleingroep (na elkeen stiltetyd gehou het), kan ‘n mens met mekaar deel wat jou bybly – insigte, beloftes, opdragte – en dan ‘n tyd van gebed gee waar julle die Here aanbid, voorbidding doen, en Hom loof vir gebedsverhoring.
Werk die vier evangelies saam deur.
Volg die verhaal van Paulus in Handelinge en sy dertien briewe, want dit is die verhaal van die kerk. Só sal dié verhaal ook jou verhaal word.
Werk Openbaring deur.
Jeremia help ons om sin te maak van die Covid-19 tyd.
Gebruik die Bybelskool materiaal om enige boek in die Bybel deur te werk. Daar is inligting oor elke hoofstuk in die Bybel. Lees dit kronologies deur, of soos die Here jou lei.
Chris van Wyk
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepe. Leave a Comment
Vertel vir mekaar enigiets wat met jou gebeur het en jou hart geroer het. Wat het gebeur? Wat het dit vir jou beteken?
Gebruik Psalm 33:20-22 om stil te raak voor die Here:
“20Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; 21want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou. 22Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!” (OAV)
Lees die Bybel deur in 2020!
Lees vier hoofstukke per dag uit die OT en die NT om die Bybel in een jaar deur te lees.
Gratis beskikbaar in gedrukte vorm by kerkkantoor.
Laai hier af: Pdf – in vier kwartale opgedeel
Sluit af met gebed.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepe, Materiaal. Leave a Comment
Gebruik Eksodus 34:6-7: “Ek is die Here. Ek is ’n God wat barmhartig en genadig is. Ek het geduld met mense. Ek is lojaal. Ek bly getrou. Ek bly vol liefde oor al die geslagte. Ek vergeef alles wat hulle verkeerd gedoen het. Ek laat sonde egter nie sommer verbygaan nie.” (NLV)
1. Dink jy God is regverdig om almal aan die wet te hou as niemand dit volmaak kan onderhou nie? Hoekom dink jy so? Hoe laat dit jou voel?
2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.
Sodat almal hulle sonde kan leer ken en hulle behoefte aan ’n volkome verlossing, want God laat sonde nooit sommer verbygaan nie. Omdat almal God se wet van nature en deurlopend in gedagte, woord en daad verbreek, ontbreek dit almal aan die heerlikheid van God. Niemand is in staat om die wet na te kom sonder ’n Verlosser nie.
3.Sou jy van sonde bewus gewees het sonder die wet? En ander mense? Watter effek sou dit op jou lewe gehad het? En op die samelewing?
4. Lees die verhaal van die Israeliete in Numeri 14:1-25. Wat tref jou?
5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.
Die Here het die Israeliete by die beloofde land gebring. Maar hulle begin toe kla, want hulle was bang vir die reuse in die land. Hulle wou teruggaan Egipte toe. Net Kaleb en Josua was bereid om die Here te vertrou. Die Here wou die Israeliete uitwis, maar Moses het namens hulle om vergifnis gevra. Die Here het hulle vergeef, maar gesweer dat hulle in die woestyn sou sterf. God laat sonde nooit sommer verbygaan nie. God sou hulle kinders genadig wees. Die kinders sou 40 jaar later die land inneem. Ook Kaleb en Josua, omdat hulle na die Here geluister het.
6. Ons is geneig om aan sonde te dink vanuit menslike oorwegings. Die verhaal van die Israeliete wys dat sonde in wese ‘n gebrek aan vertroue op en gehoorsaamheid aan God en sy wil vir die lewe is, soos die wet dit onder andere uitspel. Hoe kan jy eerder Kaleb en Josua se voorbeeld volg as die res van die Israeliete s’n?
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Gemeenteselle, Huisgodsdiens, Kleingroepe, Materiaal. Leave a Comment
Dink terug aan die begin van die jaar: Waarop het jy gehoop? Watter van daardie hoop het waar geword? En wat nie?
Neem die dinge waaroor julle nou gesels het, in gebed na God toe en vra dat die Gees met julle sal praat.
Lees Habakuk 1:1-7, 2:1-4, 3:17-19. As julle kan, kyk die Bible Project se oorsig oor Habakuk. Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer: wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Gemeenteselle, Huisgodsdiens, Kleingroepe, Materiaal. Leave a Comment
Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar waarvoor julle hierdie week spesiaal dankbaar is.
Ingaan in God se tyd: Bid ’n paar gebede van danksegging.
Luister na God se Woord: Lees Lukas 15:25-32. Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer: wat staan vir jou uit, wat raak jou, wat ontwrig jou of daag jou uit?
Luister na mekaar: Vertel vir mekaar wat julle getref het in die gedeelte.
Luister na ander en die tye: Sondagoggend is ons jaarlikse Dankofferfees. Hoe verstaan julle die idee van dankoffers: hoekom gee ons dankoffers, watter rol speel dit in ons geestelike lewe, hoeveel moet ’n mens gee, ens.?
Hoe help die woord “rentmeesterskap” jou om te dink oor dankoffers? Watter gedagte maak vir jou die meeste sin: dié van rentmeesterskap, of van “dank”-offers?
Luister weer na die Woord: Dink aan die teks as ’n venster op God. Wat sê die teks van wie en hoe God is? Hoe leer jy vir God ken uit die teks?
Dink aan die teks as ’n spieël wat vir jou opgehou word. Wat sê die teks oor jou? Waarop laat dit God se lig val? Wat leer jy van jouself?
Fokus op wat God nou doen: Dink aan die teks as ’n deur waardeur jy kan gaan. Watter reaksie vra die teks van jou? Wat moet jy doen?
Antwoord met ons lewe: Bid vir mekaar vir wysheid. As daar ’n spesifieke saak is waarvoor iemand wysheid soek, bid spesifiek daarvoor.