Skip to main content

Filippense 3:3-14 – Al wat ek wens, is om Christus te ken – Oujaarsdiens 2013

Ek het gedink om dié jaar af te sluit deur na te dink oor ons wense.  Wense is só ’n lekker onderwerp.

Hulle maak selfs flieks oor wense.  A Wonderful life, in die 1940’s, het so tong in die kies gehandel oor ’n man wat gewens het – “I wish I wasn’t born.”  Toe word die wens bewaarheid!

Dit is soos die ander verhaal van die drie manne wat op ’n verlate eiland gestrand was.  Soos die dae gevorder het, het hulle al meer gedroom oor hoe dit weer sal wees om terug by die huis te wees – met hulle familie en vriende en om weer die goed waarvoor hulle so lief is, te sien.

Een dag het een van die manne ’n bottel gekry met ’n “genie” daarin.  Hy het die bottel oopgemaak en die genie het aangekondig dat elkeen van hulle ’n wens sou hê.

  • Een van die manne sê:  “Ek wens ek is weer terug saam met my vrou en kinders.”  DOEF – weg is hy.
  • Die tweede man kon nie sy oë glo nie en het, so vinnig as wat hy kon, die volgende gesê:  “Ek wens ek is terug by my verloofde.”  DOEF – weg is hy.
  • Die derde man het alleen op die strand bly staan.  Hy het hardop gedink:  “Sjoe, maar dis regtig alleen so sonder die ander twee.  Ek wens hulle is weer terug by my …”   DOEF … En raai wie’s toe weer terug?!

Ek het ook die wonderlike komedie, “For Roseanna” (ook bekend as “Roseanna’s Grave”), geniet wat gehandel het oor Roseanna se wens om in die dorp begrawe te word langs haar dogter.  Die probleem was egter dat daar nog net plek vir drie grafte in die begraafplaas oor was … Haar man Marcello begin dan om hemel en aarde te beweeg om dié wens te probeer bewaarheid.  Dit sluit in dat hy ‘n ou sterwende man aan die lewe probeer hou, dat hy selfmoord probeer voorkom, dat hy mense keer om te rook of te veel te drink, dat hy selfs iemand wat in ‘n motorongeluk ‘n entjie daarvandaan dood is, gaan wegsteek in sy huis en eindelose probleme veroorsaak vir almal betrokke … sodat die grafte beskikbaar kan bly vir sy geliefde Roseanna.  Hy nader selfs sy vrou se jeugliefde, Capestro, wat grond besit waarheen die begraafplaas kan uitbrei … gaan kyk maar die fliek om te sien hoe dit eindig.

God neem ons wense ernstig op

Daar is egter ‘n dieper kant van ons wense.

  • God neem ons wense ernstig op as ons in Psalm 21:3 lees:  “Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie.”
  • Daarom kom God ook eenmaal na Salomo en gee hom ’n wens:  “Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee?
  • En Psalm 37:5 sê: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”

Hoekom neem God dit só ernstig op?

Paul Tillich het iewers gesê:  “Whatever our ultimate concern is, that is our God.” God is daarvan bewus dat in ‘n sekere sin ons wense ons God is, dat ons hart en ons wese ten diepste aan ons strewes en ons fokusse verbind is.

Filippense 3:3-14

Kom ons lees wat Paulus daaroor geskrywe het in Filippense 3:3-14 …

Hier volg die hele erediens:

Lied 563:1,2,3 – Aan U, o God, my dankgesange

Wonder wat was jóú Bybelvers in 2013?

  • Die gewildste vers in YouVersion se Bybel toep was Fil 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”
  • Die mees geleesde hoofstuk in die Bybel was Romeine 8 (4 keer elke sekonde gelees in 2013!)
  • Myne was Ps 37:3-5: “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

Watter vers het vir jou hierdie jaar die meeste beteken?

Al wat ek wens…

Ek het gedink om dié jaar af te sluit deur na te dink oor ons wense.  Wense is só ’n lekker onderwerp.

Hulle maak selfs flieks oor wense.  A Wonderful life, in die 1940’s, het so tong in die kies gehandel oor ’n man wat gewens het – “I wish I wasn’t born.”  Toe word die wens bewaarheid!

Dit is soos die ander verhaal van die drie manne wat op ’n verlate eiland gestrand was.  Soos die dae gevorder het, het hulle al meer gedroom oor hoe dit weer sal wees om terug by die huis te wees – met hulle familie en vriende en om weer die goed waarvoor hulle so lief is, te sien.

Een dag het een van die manne ’n bottel gekry met ’n “genie” daarin.  Hy het die bottel oopgemaak en die genie het aangekondig dat elkeen van hulle ’n wens sou hê.

  • Een van die manne sê:  “Ek wens ek is weer terug saam met my vrou en kinders.”  DOEF – weg is hy.
  • Die tweede man kon nie sy oë glo nie en het, so vinnig as wat hy kon, die volgende gesê:  “Ek wens ek is terug by my verloofde.”  DOEF – weg is hy.
  • Die derde man het alleen op die strand bly staan.  Hy het hardop gedink:  “Sjoe, maar dis regtig alleen so sonder die ander twee.  Ek wens hulle is weer terug by my …”   DOEF … En raai wie’s toe weer terug?!

Ek het ook die wonderlike komedie, “For Roseanna” (ook bekend as “Roseanna’s Grave”), geniet wat gehandel het oor Roseanna se wens om in die dorp begrawe te word langs haar dogter.  Die probleem was egter dat daar nog net plek vir drie grafte in die begraafplaas oor was … Haar man Marcello begin dan om hemel en aarde te beweeg om dié wens te probeer bewaarheid.  Dit sluit in dat hy ‘n ou sterwende man aan die lewe probeer hou, dat hy selfmoord probeer voorkom, dat hy mense keer om te rook of te veel te drink, dat hy selfs iemand wat in ‘n motorongeluk ‘n entjie daarvandaan dood is, gaan wegsteek in sy huis en eindelose probleme veroorsaak vir almal betrokke … sodat die grafte beskikbaar kan bly vir sy geliefde Roseanna.  Hy nader selfs sy vrou se jeugliefde, Capestro, wat grond besit waarheen die begraafplaas kan uitbrei … gaan kyk maar die fliek om te sien hoe dit eindig.

God neem ons wense ernstig op

Daar is egter ‘n dieper kant van ons wense.

  • God neem ons wense ernstig op as ons in Psalm 21:3 lees:  “Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie.”
  • Daarom kom God ook eenmaal na Salomo en gee hom ’n wens:  “Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee?
  • En Psalm 37:5 sê: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”

Hoekom neem God dit só ernstig op?

Paul Tillich het iewers gesê:  “Whatever our ultimate concern is, that is our God.” God is daarvan bewus dat in ‘n sekere sin ons wense ons God is, dat ons hart en ons wese ten diepste aan ons strewes en ons fokusse verbind is.

Filippense 3:3-14

Kom ons lees wat Paulus daaroor geskrywe het in Filippense 3:3-14:

3Ons het die ware besnydenis, óns wat God deur sy Gees dien, óns wat ons op Christus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie. 4Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: 5ek is op die agste dag besny, van geboorte ’n Israeliet, uit die stam Benjamin, ’n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek ’n Fariseër, 6in my ywer ’n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik.

7Maar wat eers vir my ’n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, 8ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry 9en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ’n mens in Hom glo. 10Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, 11in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

12Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. 13Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.

Al wat ek wens, is om Christus te ken

Paulus sê elke mens se grootste wens moet wees dat ons Christus sal ken: ”10Al wat ek wens, is om Christus te ken …”  (Fil 3:10a). “Om Christus te ken” beteken vir Paulus alles – sy verlede en al sy prestasies vervaag daarteenoor.

Paulus se geestelike inkomstestaat

In reaksie op sy Joodse teenstanders se aanspraak op hulle suiwer Joodse herkoms, gee Paulus in verse 5 tot 6 sy Joodse CV.

Paulus beskou egter al hierdie uiterlike dinge soos afkoms, opvoeding en oorgeërfde godsdienstige deugde, asook eie godsdienstige prestasies en aktiwiteite nie meer as geestelike bates nie, maar as geestelike laste.

Volgens Paulus het sy teenstanders hul Joodse herkoms in die verkeerde kolom in hulle geestelike inkomstestaat ingeskryf (verse 7-8).  Dit moenie as bates gelys word nie, maar as laste.  Paulus gaan so ver as om te sê dat sy herkoms vir hom skybala – “riool, mis” is (vers 8).  Alles waarop hy as Jood geroem het, was nie net niks werd nie – dit was eerder vir hom laste.

Waarom was dit laste?  Omdat dit hom blind gemaak vir die feit dat hy ook verlossing deur genade nodig gehad het.  Hy het soos sy teenstanders gedink dat hy geestelik skatryk was, terwyl hy intussen geestelik bankrot was.

Paulus se nuwe strewe

In verse 8 en 9 getuig Paulus oor sy nuwe geestelike doel.  Hy wou nou Christus as enigste bate verkry en een met Hom wees.  Christus is die enigste bate wat in die bate kolom van sy geestelike inkomstestaat hoort.  Alles anders is laste.

Daarom sê Paulus, jaag hy daarna om die krag van Jesus se opstanding te ondervind, deel te hê aan Sy lyding, en deel te hê aan Sy opstanding uit die dood (vers 10).  Dit is al wat hy wens.  Dit is al wat hy wil hê.  Dit is al wat hy begeer.

Christus gee betekenis aan ons lewe

Henri Nouwen skryf dat ons ons lewens gewoonlik grond op wat ons het, wat ons doen en wat ander mense van ons dink.  Hy skryf oor hoe ons gewoonlik terugkyk na ons verlede as ons ouer is en na ons trofeë en prestasies wys en sê:  “Jy sien, ek was regtig van waarde gewees.” Kyk na wat ek by mekaar gemaak het, wat ek verrig het, en wat mense van my dink.

Nouwen sê egter dat al drie hierdie maniere om na onsself te kyk, te kort skiet.  Die waarheid oor ons is eerder dat ons God se geliefde dogters en seuns is; dat ons lewens eerder uit hierdie lewensveranderende waarheid geleef moet word.

Ron Highfield skryf in sy briljante boek oor Menswaardigheid op soortgelyke wyse en sê:

  • Jesus pioneered a new way of being human, enabling us to think of ourselves as God’s beloved children whose life task is to embody God’s love for the world.”
  • God’s love for us makes us lovable.”

Dis ook wat Paulus hier vir ons in Fil 3:12 sê:  die feit dat Christus ons Syne gemaak het, gee betekenis aan ons lewe!  Soos iemand anders dit gestel het:  “We are not the value of our list of credentials and good things.  We are the value of Christ in us — immeasurable, irreplaceable, irresistible.”

Paulus se troos

Vers 12 is daarom seker een van die belangrikste verse in die brief.  Paulus skryf hier dat al het hy nog nie alles ontvang nie – letterlik “gegryp” nie – is sy troos dat hy reeds deur Jesus gegryp is.  Vers 12 in die OAV lees as volg: “Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.”  In die NAV – “ek streef daarna om alles myne te maak omdat Christus my reeds Syne gemaak het.

Uiteindelik is dit die grond van ons sekerheid dat Christus ons gegryp het voor ons Hom probeer gryp het!  Al is ons dus soms onseker van ons greep op Hom, (ons “geloofsekerheid” verstaan as die sekerheid van ons geloof) kan ons seker wees van sy greep op ons (ons “Christus sekerheid” verstaan as die sekerheid van Christus).

Paulus se strewe

Paulus se enigste oogmerk was daarom om Christus te ken, om Hom na te volg en om alles te doen waartoe Christus Jesus hom roep – want dié Jesus het hom gegryp.  Daarom het Paulus hom ingespan om hierdie oogmerk te bereik.  Soos ’n atleet, met die einddoel van alles wat Christus vir hom bedoel het in die oog (vers 14), pyl Paulus met brandende longe en beurende spiere op die eindpaal af.  Hy hardloop letterlik sy liggaam stukkend.

Dit is wat geestelike volwassenheid is, nie om volmaaktheid te bereik nie, maar om só te hardloop (vers 15).

Die vraag is of ons bereid is om geestelik só te hardloop? 

Die vraag is of ons bereid is om geestelik só te hardloop?  Tony Campolo vertel hoe hy as jong hoërskoolseun die myl gehardloop het om meisies te beïndruk (waarom sou ʼn mens dit anders doen?).  Op ʼn dag het hulle afrigter hulle geneem om na Roger Bannister te gaan kyk toe hy in Philadelphia gehardloop het.  Op die dag het Bannister weer die myl onder 4 minute afgelê.  Hy het gehardloop soos ʼn besetene – net om na die wedloop soos ʼn dooie vis by die wenpaal neer te val.  Hulle moes hom letterlik met ʼn draagbaar wegdra.

Na die wedloop het die afrigter na Campolo gedraai en vir hom gesê “Tony, só wil ek hê dat jy moet hardloop.”  Campolo het egter by homself gedink dat geen meisie dit werd was nie.  Nadat hy die half dooie Bannister gesien het, het Campolo homself nooit weer ʼn “myl atleet” genoem nie.  Hy het wel die myl gehardloop, maar hy was nie ʼn myl atleet nie.  Hy het doodgewoon nie kans gesien vir dit wat dit van hom sou vereis nie.

Is ons atlete vir Christus of mense uit op ’n pretdraf? 

Die vraag is daarom, span ons onsself werklik geestelik in of is ons so geestelik onfiks dat ‘n paar minute se bid en ‘n paar minutet se Bybellees ons geestelik uitasem laat?

Soos Timothy Merrill sê: “Paul is absorbed with simply knowing Christ. He wants his whole life to be enfolded within the entirety of Jesus’ identity within him (3:10-11). Christ-absorption instead of self-absorption.”

Dit is wat van ons gevra word.  Dit is wat geestelike volwassenheid beteken.  Om Christus te ken, vra alles van jou sodat mense in jou doen en late kan sien Wie jy volg.

Ons is atlete vir Christus.  Ons is nie maar net besig met ‘n pretdraf of pretloop nie.  Ons moet Paulus navolg in sy allesomvattende strewe om Christus te ken en dit in elke moontlike manier waarop dit vir ons moontlik is.

Al wat ek wens is om Christus te ken

Ek sluit af.  Ek het begin om te praat oor ons wense.  Ek het gesê dat God ons wense ernstig neem.  Paulus sê, die enigste wens wat tot ons voordeel is, is die wens om Christus te ken.

Dit is mý wens vir 2014 vir myself. Dit is ook my wens vir ons as gelowiges, en vir ons as gemeente.  Dit is ook my wens vir ons kerk in die breë.  En, die wonderlike belofte is, God sal dié wens ernstig neem.

Lied 556:1,2 – Vervul my hart met dankbaarheid

View all posts in this series

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.