Ligkids Ons Vader Laat U wil geskied

God se wil is dit wat God vir ons lewens wil hê, omdat Hy ons liefhet en sodat ons vir Hom en ander kan wys dat ons hulle liefhet / sodat ons in die regte verhouding met Hom en ander mense kan lewe. Daar is baie dinge wat God ons in die Bybel leer ons MOET/MAG en MOET NIE/MAG NIE doen nie. Hoekom doen Hy dit? Omdat Hy sommer die lewe vir ons moelik wil maak en ons pret bederf? Nee! Omdat Hy net die beste vir ons wil hê. Waarom sê mamma en pappa vir jou dat jy nie jou hand op ‘n warm stoofplaat moet sit nie? Want hulle wil nie hê jy moet jou hand brand en seer hê nie. Wanneer ons bid: Laat U WIL geskied, net soos in die hemel, net so ook op die aarde, dan vra ons dat God ons sal help om gehoorsaam te wees aan Hom, soos die engele in die hemel aan Hom gehoorsaam is – hulle luister ALTYD vir Hom en doen presies wat Hy vir hulle sê. Ons leer vandag meer oor hoe ons kan weet wat God ons leer is reg en verkeerd en hoe ons gehoorsaam kan wees daaraan.

Continue Reading

Hou sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin

Ek het ‘n navraag gekry oor hoe om sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin te hou. Hier is die metodiek wat ek voorstel, en ‘n paar opsies vir Bybelboeke om deur te werk aan die hand van my bydraes. Dit is alles gratis.

METODIEK

STILTETYD

Ek gebruik die volgende basiese metodiek as ek die Bybel lees. Lees, luister, leef

  1. LEES – Raak stil voor die Here. Lees die gedeelte deeglik deur. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een of meer sleutelgedagtes wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek geskryf het oor die hoofstuk in die Bybel en dink na oor wat jou daarin tref.
  2. LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die sleutelgedagte(s) wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat moet jy dink of doen daarmee (insigte)? Wat belowe dit vir jou (beloftes)? Wat vra dit van jou (opdagte)? Wat is die kern van die boodskap daarvan vir jou dag en lewe?
  3. LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit in sy teenwoordigheid.

HUISGODSDIENS OF KLEINGROEPE

As ‘n mens dan saam kom vir huisgodsdiens of in ‘n kleingroep (na elkeen stiltetyd gehou het), kan ‘n mens met mekaar deel wat jou bybly – insigte, beloftes, opdragte – en dan ‘n tyd van gebed gee waar julle die Here aanbid, voorbidding doen, en Hom loof vir gebedsverhoring.

BYBELBOEKE

1. Prontuit die Waarheid – die vier evangelies

Werk die vier evangelies saam deur.

2. Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge

Volg die verhaal van Paulus in Handelinge en sy dertien briewe, want dit is die verhaal van die kerk. Só sal dié verhaal ook jou verhaal word.

3. Ek kom gou – Die boek Openbaring

Werk Openbaring deur.

4. Klaagliedere van Jeremia

Jeremia help ons om sin te maak van die Covid-19 tyd.

5. Werk die Bybel deur

Gebruik die Bybelskool materiaal om enige boek in die Bybel deur te werk. Daar is inligting oor elke hoofstuk in die Bybel. Lees dit kronologies deur, of soos die Here jou lei.

Chris van Wyk

Continue Reading

Eenjaar Bybelleesprogram 2020

Lees die Bybel deur in 2020!

Lees vier hoofstukke per dag uit die OT en NT om die Bybel in een jaar deur te lees.

  1. Die gedeeltes uit die OT bevestig jou in die verhaal van God se seën vir almal en alles wat bestaan.
  2. Die gedeeltes uit die NT bevestig jou in die verhaal van Jesus en sy kerk wat die boodskap van verlossing na alle nasies toe neem sodat hulle die ewige lewe kan beërwe deur geloof en gehoorsaamheid.
  3. Die gedeeltes uit Psalms vorm daagliks jou gebede.
  4. Die gedeeltes uit Spreuke vorm daagliks jou lewe.

Laai hier af: Pdf – in vier kwartale opgedeel
Ook gratis beskikbaar in gedrukte vorm by kerkkantoor.

Continue Reading

Die Bergrede

LEEF JOU HIERDIE EPIFANIE IN DIE BERGREDE IN
6 JANUARIE TOT 23 FEBRUARIE 2020

Die koninkryk van God is die sentrale fokus van Jesus se woorde en werke. Daardeur vestig God sy geregtigheid in elke aspek van die lewe – godsdienstig, sosiaal, persoonlik.

In die Bergrede vertel Jesus vir ons presies wat die koninkryk van God behels. Hy sluit aan by die boodskap van die OT, maar lê die werklike diepte en betekenis van die etiek daarvan vir ons gesagvol uit.

Met hierdie boek kan jy deur die “Bergrede” van Matteus 5-7 en die ooreenstemmende “Vlakterede” in Lukas 6:17-49 werk binne konteks. Daar is telkens deeglike opmerkings oor die teks en konteks sowel as oor die boodskap en betekenis.

Begrond hiermee jou geloof en gedrag weer op die woorde van Jesus wat ons Verlosser is. Daar is 44 perikope wat kronologies gerangskik is, net genoeg om deur die loop van die sewe weke van Epifanie vanaf Maandag 6 Januarie tot Sondag 23 Februarie 2020 te lees.

BOEK BESKIKBAAR BY KERKKANTOOR OP AANVRAAG
R100 – WINS GAAN AAN ONS SENDELINGE

GOEIE KERSGESKENK!

Continue Reading

Jesus se geboorte en kinderverhale

LEEF JOU HIERDIE ADVENT IN DIE BYBELVERHAAL VAN JESUS SE GEBOORTE EN KINDERVERHALE IN

Die verhaal van die geboorte en kinderjare van Jesus Christus word in die NT as ‘n historiese werklikheid begrond. Daarmee word die betroubaarheid van die verhaal van Jesus se menswording bevestig.

Met hierdie boek kan jy die begin van die storielyn van Jesus volg soos dit in die evangelies aangebied word. Die Bybeltekste is kronologies gerangskik. Daar is telkens deeglike opmerkings oor die teks en konteks sowel as oor die boodskap en betekenis.

Begrond hiermee jou geloof weer op die historiese werklikheid van die Seun van God wat ons Verlosser is. Daar is 22 perikope, net genoeg om dit hierdie Advent vanaf Sondag 1 Desember tot Kersfees Woensdag 25 Desember deur te lees.

BOEK BESKIKBAAR BY KERKKANTOOR
R80 – WINS GAAN AAN ONS SENDELINGE

GOEIE KERSGESKENK!

Continue Reading

Reisgenote in geloofsvorming – derde kwartaal 2016

ReisgenoteOns vertrek hierdie kwartaal op ‘n verdere deel van ons geloofsvormende reis as gemeente. Ek noem die reis die Reisgenote in geloofsvorming.

Alle gelowiges is reeds besig om in hulle geloof gevorm te word.  Deur die kerk, deur ander gelowiges, deur die Bybel, deur die Here self.  As gelowiges het ons ook al baie geleer in ons eie prosesse.

Dié geestelike reis van geloofsvorming hou egter nooit op nie.  Ons is altyd op pad om nog meer van die Here en sy pad met ons te leer. Dit is ook belangrik dat ons nie net op ons eie geloofsvorming konsentreer nie.  Ons moet ook nuwe reisgenote op ons pad uitnooi en hulle help om só die wonder van God as Reisgenoot te ontdek.

Waarmee ek jou nou dié kwartaal wil help, is om jouself te verdiep in een van drie basiese geloofsgewoontes.  Dit is dinge waarmee jy nie noodwendig onbekend is nie, maar waarvan ‘n mens altyd meer kan leer.

Ek wil dit doen deur jou te help om ‘n geloofsgewoonte te kies wat oor ‘n tydperk van drie maande ingeoefen kan word.  Ek sal as mentor en afrigter optree.  En ons sal dit saam in ‘n geloofsgroep doen waarin ons mekaar kan ondersteun.  Die doel hiermee is om die geloofsgewoonte te bemeester en te integreer met jou lewe.

Aan die einde van die reis kan jy dan die proses verder neem deur óf ‘n volgende geloofsgewoonte te begin beoefen óf self ‘n mentor te word en nuwe reisgenote op dié pad uit te nooi en hulle te help om die wonder van God as Reisgenoot te ontdek.

Ons kom eers vir drie weke almal saam waarin ons blootgestel sal word aan die drie geloofsgewoontes en met ‘n joernaal sal begin.  Daarna sal ek groepe saamstel wat dié reis vir drie maande met mekaar sal onderneem.  Aan die einde sal ons bymekaar kom vir ‘n getuienis geleentheid waarin elkeen geleentheid sal hê om sy of haar eie verdere reis te beplan.

Ons begin die 26ste Julie om 19:00 in die konsistorie.

Skryf in by die kerkkantoor.  Dit is gratis.  Daar is ook ‘n webtuiste Reisgenote waar ek begeleiding sal verskaf.  Vul jou e-pos by die widget regs op daardie blad in om die bydraes te ontvang.

Chris van Wyk

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Radie Rademeyer

    |

    Goeie dag
    Ek is n 79 jare oue mans persoon gesond sterk en baie gesond Ek sal baie graag by iemand wil bly wat hulp nodig het met vervoer om takies te verrig te help waar ek kan inslaap
    My naam is Radie Rademeyer kontak nommer 0732641032 verwysings beskikbaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die probleem is dat eiename gewoonlik nie “die” vooraan het nie. Miskien moet mens dit as ‘n titel beem, want dsn maak die “die” sin. “Die Christus.” “Die Duiwel.”

  • Avatar

    mariette

    |

    ‘n Goeie môre vanuit en van die Baai se tipiese dae….
    Ernst sê:
    “Die gebruik van die hoofletter het met “sterstatus” eintlik bloedweinig te doen – wel met die spelreël in die AWS wat bepaal dat eiename so geskryf word. Vgl ook “die Bose” in Mat 13:19.”
    Persoonlik glo ek dat die betrokke vertalings ook maar saamhang met die ‘geloofsoortuiging’ van die betrokke partye, soos gees of met die hoofletter by Gees – soos dit in Johannes 3,en veral by 4:23-24, vertaal word.

    ‘n Baie geseënde dag toegewens, met ‘n hand-aan-hand se stap saam met Jesus in jou gees.

  • Avatar

    Mariette

    |

    Lekker as iemand so wakker loop, Alwyn.
    Ek het julle twee se opmerkings vir Ernst (Kotzé) aangestuur. Dan hoor ons bietjie wat hy sê.
    Seëngroete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek weet nie regtig die rede nie. Die 2020-vertaling vertaal al tien voorkomste van Duiwel in die NT regdeur met ‘n hoofletter. Dit is nogal vreemd met die “die” vooraan.

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Askies 2020 vertaling Nie 2920 nie

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Môre Chris .Help asseblief. Hoekom verkry die duiwel sterstatus in 2920 Bybelvertaling met ‘n hoofletter D Efesiers 4:27
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons gaan voort met daardie diens. Marlein van Deemter hanteer dit.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Oor die “ware” vertaling. Elke vertaling het sy waarde. Die 1983-vertaling is in makliker Afrikaans, maar meer onakkuraat. Die 1953-vertaling is ouer Afrikaans, maar baie na aan die oorspronklike teks. Die 2020-vertaling is meer moderne Afrikaans, maar ‘n meer direkte vertaling van die oorspronklike teks. Ek gebruik self nou die 2020-vertaling, maar lees ook graag in die ESV en die NET Bible. Kyk op Youversion se Bybeltoepassing.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Francois, dit is die 2020-vertaling van Bybelgenootskap. Jy kan dit gratis lees by https://biblesa.co.za/ of op hulle toep.

  • Avatar

    Francois Smith

    |

    Geagte Dr Chris van Wyk : ek het na U video geluister “WAARHEID vs DWALLEER , en omdat ek self ook in ons Wonderlike Vader Almagtig se Woord leef, het ek na die video tot die slotsom gekom dat die leiers in die Algemene Sinode ons Wonderlike Vader Almagtig GLADNIE KEN NIE , want net onkundige nie-weergebore mense kan die besluite neem wat hulle neem, soos U ons dit onder die aandag gebring het. Dr Chris, ek wil net weet uit watter Afrikaanse Bybel Vertaling leef en werk U , want ek herken nie die Woord wat U op die video gegee het. Ek het by Kairos Netwerk aangesluit om deel te wees van die soeke om die NG Kerk te stig in die volmaakte waarheid van ons Wonderlike Vader Almagtig, en dit was dan ook op Kairos Netwerk se whatsapp-groep lommunikasie waar ek hierdie week U genoemde video gesien het. Daar is 5 Afrikaanse Bybels op die mark, en meer as 360 Engelse Bybels…….WAT is volgens U die WARE Afrikaanse en Engelse Vertaling van al hierdie Bybels? Elke mens het ‘n unieke vorm van SPRAAK(Joh 8:43,44), en dan ook nog meer ons Wonderlike Vader Almagtig, dan ontstaan die HOE kan ons Vader Almagtig MEER as EEN vorm van spraak he’, vanwee al die verskillende vertalings? WIE in die Leierskap van die Kerklike Denominasies, KEN NIE die WARE SPRAAK van ons Wonderlike Vader Almagtig ? Daarom my vraag aan U, want indien ons die Evangelie van ons Vader Almagtig verdraaid aan mense verkondig, SAL hulle BLOED op ons hoofde wees. Vrede en liefde in Christus Jesus het ek vir U en die mede Gelowiges. Amen.

  • Avatar

    brian strydom

    |

    sal plasing van studente verblyf advertensie voortgaan?
    die dame wat oorbodig verklaar is was onseker
    mooi loop. Brian

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?