Motivering maak saak – Haman en Mordegai in Ester

Wraak verkoop flieks. Man on fireThe EqualizerJohn Wick.

Creasy (Denzel Washington) skilder sy groot meesterstuk in Man on Fire. Sy kuns is die dood. Sy motivering is om ‘n dogtertjie van haar ontvoerders te red. En die onaantasbare korrupte polisiemag te ontbloot. Maar met oordadige bloederige geweld.

In The Equalizer neem Robert McCall (Denzel Washington) ook wraak teen die Russiese Mafia. Sy motivering is mense wat misbruik en gemarginaliseer word. Maar op ‘n bloederige dodelike manier. Dit neem minder as ‘n halfminuut om sonder ‘n wapen in sy hand ‘n hele kamer mense uit te wis.

En Keanu Reeves in John Wick neem op skouspelagtige manier wraak. John se motivering? ‘n Nikswerd seun van ‘n Mafia baas wat sy hond doodgemaak en sy motor gesteel het. As hyself ‘n teiken word in die opvolg fliek, omdat hy een van die kardinale reëls van sy professie oortree het, en die hele wêreld se sluipmoordenaars teen hom opgekommandeer word, sê hy vir Winston: “Tell them… Tell them all… Whoever comes, whoever it is… I’ll kill them. I’ll kill them all …”

Hoe dink julle oor sulke wraak? Voel dit goed? Is dit bevredigend? Is dit billik? Voel julle die mense kry wat hulle verdien het? Voel julle dit is geregverdig om wraak te neem? Wanneer is dit geregverdig? Vir ‘n jong dogtertjie? Vir prostitute wat misbruik word? Vir ‘n hond wat doodgemaak word? Vir ‘n motor? As ander se lewe op die spel is? As jou lewe op die spel is?

Die verhaal van Haman en Mordegai in die boek Ester kan ons help om hieroor te dink.

Want, al veg Mordegai wel nie self vir sy mense nie, kommandeer hy tog Jode oor die hele koninkryk van Ahasveros op om hulleself te verdedig. En ‘n klomp mense sterf. Ook Haman hang uiteindelik saam met sy seuns aan ‘n galg, ‘n wrede dood, weens die oortredinge van hulle pa.

Wat maak Mordegai se optrede reg? Wat maak Haman se poging om Mordegai op te hang, en die Jode uit te wis, verkeerd? Wat sien ons raak by hulle?

  • Die een veg om die Jode te red. Hy doen dit uit liefde vir die Jode.
  • Die ander veg om die Jode uit te wis. Hy doen dit uit wraak teen die Jode.

En dit is miskien presies waar die onderskeiding lê. Haman word duidelik gedryf deur haat. Mordegai word duidelik gedryf deur liefde. Die onderskeid lê dus alles in die motivering.

Motivering maak saak.

Kom ons lees die verhaal van Haman om raak te sien hoe haat hom gemotiveer het. Volg die verwysings in die boek Ester (jy kan hier meer lees in al my bydraes oor Ester).

Wat het Haman gemotiveer?

Sy haat vir die Jode en nog meer spesifiek vir Mordegai. Hy wou wraak neem.

  1. Hy was eersugtig:

“’n Tyd daarna het koning Ahasveros vir Haman seun van Hammedata die Agagiet vereer en hom bevorder. Hy het hom oor al sy ander amptenare aangestel. Op bevel van die koning moes al die dienaars van die koning wat in die poort van sy paleis was, kniel en aan Haman eer bewys. Mordegai het egter nie gekniel en aan hom eer bewys nie.”(3:1-2).

Haman duld dus geen teëspraak nie. Sy eergevoel maak hom uiters sensitief vir enige teenstand:

“Toe Haman sien dat Mordegai nie kniel en aan hom eer bewys nie, was hy woedend.” (3:5)

  1. Nie net dit nie, Haman gaan heeltemal oorboord en wil alle Jode uitwis:

“Hy het ook gehoor wat Mordegai se volksverband is, en dit was vir hom nie genoeg om vir Mordegai alleen dood te maak nie: Haman het na ’n manier gesoek om al die Jode, die volk van Mordegai, in die hele koninkryk van Ahasveros uit te roei.” (3:6).

Agter dit alles sit sy wraakgedagtes weens ‘n eeuelange vete sedert Saul se dae. Sy voorouer, die Amalekitiese koning Agag (3:1), is deur koning Saul, ‘n Benjaminiet (2:5) soos Mordegai, doodgemaak (trouens, dit was eintlik Samuel – 1 Sam 15:33).

Haman laat nie gras onder sy voete groei nie, en gooi die Pur, dit is met die lot, om die maand te bepaal vir die volksmoord (3:7).

  1. Haman het geen deernis met enigiemand behalwe met homself nie, en drink rustig saam met die koning terwyl ‘n volksmoord beplan word:

“Die proklamasie is uitgevaardig in die vestingstad Susan. Die koning en Haman het toe gaan sit en drink, maar die stad self was in beroering.”  (3:15).

Ons sien hier, hoogmoed kom voor die val. Hy laat ‘n galg bou vir Mordegai waaraan hy uiteindelik self hang (5:12-14).

Hy pleit tevergeefs by die een wat hy wil vernietig, Ester. Die koning dink hy lê aan by Ester. En Haman dra die prys vir sy hoogmoed (7:8). Sy eiendom word vir Ester gegee (8:1) en sy gee dit vir Mordegai (8:2). Selfs sy seuns word doodgemaak en hulle lyke opgehang om vrees by die nasies in te boesem (9:10, 13).

  1. Dit lui tot die kommentaar oor sy lewe dat hy die slagoffer word van sy eie bose plan:

“Haman het self die slagoffer geword van die bose plan wat hy teen die Jode beraam het. Hy en sy seuns is aan die galg opgehang.” (9:25).

Dit is waar wraak ‘n mens bring.

Wat het Mordegai gemotiveer?

Sy liefde vir die Jode, waarin ‘n mens sy liefde vir God self kan aflei. Hy wou hulle red.

  1. Ons lees dat Mordegai optree as voog vir Ester:

“In die stad Susan was daar ’n Jood met die naam Mordegai. Hy was uit die stam Benjamin en was ’n seun van Jaïr seun van Simi, seun van Kis. Hy was onder die ballinge wat saam met koning Jojagin van Juda uit Jerusalem weggevoer is deur koning Nebukadnesar van Babel. Mordegai het as voog opgetree vir Hadassa, dit is Ester, die dogter van sy oom, want sy was ’n weeskind. Dié meisie was mooi, sy was baie mooi. Ná die dood van haar pa en ma het Mordegai haar as dogter aangeneem.” (2:5-7).

  1. Hy mentor ‘n weeskind in die moeilike tyd wat vir haar in die paleis voorlê. Hy bly betrokke selfs van ‘n afstand af:

“Ester het nie haar volksverband en afkoms bekend gemaak nie, want Mordegai het haar belet om dit te doen. Mordegai het elke dag voor die voorhof van die vrouekwartiere heen en weer geloop om agter te kom hoe dit met Ester gaan en wat met haar gaan gebeur.” (2:10-11).

  1. Hy gee vir haar wyse leiding wat haar potensiaal volledig ontsluit:

“Die boodskap van Ester is aan Mordegai oorgedra, en hy het haar geantwoord: “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nóú swyg en daar kom van ’n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” (4:12-14).

  1. Maar, dit is nie al nie. Hy het nie net Ester se heil en dié van sy volk op sy hart nie. Hy dra selfs die koning se belange op die hart en waarsku die koning dat daar ‘n komplot is teen hom:

“In die tyd toe die jongmeisies daar bymekaar was, het nog iets gebeur: Mordegai het in die poort van die koning se paleis gesit, en Ester het in dié stadium nog nie haar afkoms en haar volksverband bekend gemaak nie, soos Mordegai haar beveel het; sy het Mordegai se opdrag uitgevoer soos toe sy nog onder sy sorg was. In dié tyd, terwyl Mordegai in die poort van die paleis gesit het, het Bigtan en Teres, twee paleisbeamptes van die koning wat poortwagte was, verbitter geraak en saamgesweer om koning Ahasveros te vermoor. Mordegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel. Ester het dit toe namens Mordegai aan die koning vertel. Die saak is ondersoek en die berig is waar bevind, en die twee manne is aan ’n galg opgehang. Hierdie gebeurtenis is in die annale opgeteken in teenwoordigheid van die koning.”(2:19-23).

  1. Daarby kniel Mordegai nie voor Haman nie, soos ons al gelees het (3:2). Hoekom nie? Want as Jood mag hy net voor God kniel:

“Toe hulle dit dag vir dag vir hom vra, en hy hom nie aan hulle steur nie, het hulle dit vir Haman vertel, want hulle wou kyk of Mordegai sou volhard in sy houding. Hy het hulle naamlik laat verstaan dat hy ’n Jood is.” (3:4).

En hy volhard daarin ten spyte van die gevaar daarvan:

“Haman het dié dag bly en opgeruimd weggegaan, maar toe hy vir Mordegai in die poort van die paleis sien sit, en Mordegai staan weer nie op om aan hom eer te bewys nie, was hy woedend vir Mordegai.” (5:9).

  1. Die belangrikste is egter dat hy treur oor die lot wat sy volk te beurt kan val. En hy doen dit publiek in solidariteit met die Jode wat oral saam getreur het. En hy maak seker dat Ester dit ook agter kom waar sy in die paleis die gevaar geloop het om die volk te vergeet:

“Toe Mordegai hoor wat gebeur het, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en as op sy kop gegooi. Hy het deur die stad geloop en hard en bitterlik gekerm. So het hy tot by die poort van die paleis gegaan. Niemand kon met rouklere aan by die poort ingaan nie.In al die provinsies waar die besluit en die proklamasie van die koning bekend geword het, was daar groot smart onder die Jode. Hulle het gevas en gehuil en gekerm, en baie het rouklere aangetrek en in die as gaan lê.” (4:1-3).

  1. Nadat hy die proses aan die gang gesit het by Ester dat sy by die koning vir haar volk intree, en sy suksesvol is, raak hy die volk se woordvoerder wat namens hulle optree en prakties leiding neem:

“Koning Ahasveros het toe vir koningin Ester en vir die Jood Mordegai gesê: “Kyk, ek het Haman se eiendom vir Ester gegee en hom laat ophang aan die galg omdat hy die Jode wou uitroei. Skryf julle dan nou maar wat julle goeddink aan die Jode. Skryf dit in my naam en verseël dit met my seëlring. ’n Proklamasie wat in die naam van die koning geskryf is en met sy seëlring verseël is, kan egter nie herroep word nie. Toe is die skrywers van die koning dadelik ontbied. Dit was op die drie en twintigste van die derde maand, die maand Siwan. Hulle het alles neergeskryf wat Mordegai die Jode, die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs en die leiers in die honderd sewe en twintig provinsies van Indië af tot by Kus wou beveel. Hulle het aan elke provinsie in sy eie skrif geskryf en aan elke volk in sy eie taal. Ook aan die Jode het hulle in hulle eie skrif en taal geskryf. Mordegai het geskryf in die naam van koning Ahasveros en die briewe verseël met die seëlring van die koning. Die briewe is uitgestuur met boodskappers op resiesperde uit die koninklike stalle. Die briewe het gelui dat die koning aan die Jode in alle stede die reg gee om bymekaar te kom en hulle te verdedig. Hulle kon enige gewapende mag van enige volk of provinsie deur wie hulle bedreig word, voor die voet uitroei, ook kinders en vrouens, en op almal se besittings beslag lê. Dit alles kon hulle doen in al die provinsies van koning Ahasveros op één bepaalde dag, die dertiende van die twaalfde maand, die maand Adar. Die proklamasie moes in elke provinsie as wet afgekondig word en moes aan alle mense bekend wees, sodat die Jode op dié bepaalde dag gereed kon wees om hulle op hulle vyande te wreek.” (8:7-13).

  1. Dit het Mordegai ‘n ontsaglike gesag gegee. Almal het vir hom bang geraak, vanweë die wêreldwye invloed wat hy uitgeoefen het:

“Die Jode het bymekaargekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasveros om hulle te verdedig teen almal wat hulle ondergang soek. Niemand kon voor hulle standhou nie, al die volke was skrikbevange vir hulle. Al die leiers in die provinsies, die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs en die ander in diens van die koning het die Jode gesteun omdat hulle bang was vir Mordegai, want hy het ’n hoë posisie aan die hof beklee. Dit het deur al die provinsies bekend geword dat hierdie Mordegai al hoe meer mag gekry het.” (9:2-4).

  1. Nie net omdat die koning se gesag aan hom gegee is nie, maar omdat sy lewe deurskynend geraak het, en jy God kon raaksien in wat hy doen. En sy leiding raak deel van die geloofsgewoontes met die viering van die Purim-fees:

“So het die Jode na aanleiding van Mordegai se brief aan hulle die gebruik waarmee hulle begin het, as ’n vaste gebruik aanvaar. Haman seun van Hammedata die Agagiet en vyand van al die Jode, het naamlik planne gemaak om die Jode uit te roei, en hy het met die Pur, dit is met die lot, beslis om ’n geskikte dag te kry waarop hy verskrikking oor hulle sou bring en hulle sou uitroei. Toe dit egter aan die koning bekend word, het hy skriftelik opdrag gegee dat Haman self die slagoffer moet word van die bose plan wat hy teen die Jode beraam het. Hy en sy seuns is aan die galg opgehang. Dit is waarom hierdie feesdae Purim genoem word, na die woord Pur. Na aanleiding van alles wat in daardie brief van Mordegai geskryf is en wat hulle self van die gebeure gesien en belewe het, het die Jode dit op hulle geneem en hulle en hulle nakomelinge en almal wat by hulle sou aansluit, onherroeplik verbind om voortaan elke jaar hierdie twee dae te vier. Dit moes telkens op die voorgeskrewe wyse en op die voorgeskrewe tyd plaasvind. Hierdie dae moes herdenk en gevier word in elke geslag en in elke familie, in elke provinsie en in elke stad. Hierdie dae van die Purim mag nie afgeskaf word onder die Jode nie en hulle nakomelinge mag nooit daarvan vergeet nie.” (9:23-28).

  1. Die kommentaar oor sy lewe was daarom gloeiend, hoog in aansien en gewild:

“Hy was hoog in aansien by die Jode en gewild by al sy volksgenote. Hy het hom vir die welvaart van sy mense beywer en die veiligheid van al hulle nakomelinge verseker.”(10:3).

Dit is waar die liefde ‘n mens bring.

Motivering maak saak.

Wat leer ons hieruit?

Dat wraak en haat ‘n mens nêrens bring nie. Dat liefde en omgee dividende lewer.

Motivering maak saak.

Maar, die NT gaan nog verder. Dit leer ons dat God uiteindelik self vir vergelding sal instaan. Uiteraard op ‘n regverdige, maar ook behoorlike manier. Wraak kom die Here toe. Só sê Paulus in Romeine 12:17-21:

17Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.
18As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
19Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God.
Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” (Vgl. Deut. 32:35) sê die Here.
20“As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.” (Vgl. Spr. 25:21–25:22)
21Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

Die Here leer ons dus om goedgesind te wees, om vrede te soek, om die kwaad deur die goeie te oorwin. En alles aan Hom oor te laat, wat regverdig oordeel.

     

View all posts in this series

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Radie Rademeyer

    |

    Goeie dag
    Ek is n 79 jare oue mans persoon gesond sterk en baie gesond Ek sal baie graag by iemand wil bly wat hulp nodig het met vervoer om takies te verrig te help waar ek kan inslaap
    My naam is Radie Rademeyer kontak nommer 0732641032 verwysings beskikbaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die probleem is dat eiename gewoonlik nie “die” vooraan het nie. Miskien moet mens dit as ‘n titel beem, want dsn maak die “die” sin. “Die Christus.” “Die Duiwel.”

  • Avatar

    mariette

    |

    ‘n Goeie môre vanuit en van die Baai se tipiese dae….
    Ernst sê:
    “Die gebruik van die hoofletter het met “sterstatus” eintlik bloedweinig te doen – wel met die spelreël in die AWS wat bepaal dat eiename so geskryf word. Vgl ook “die Bose” in Mat 13:19.”
    Persoonlik glo ek dat die betrokke vertalings ook maar saamhang met die ‘geloofsoortuiging’ van die betrokke partye, soos gees of met die hoofletter by Gees – soos dit in Johannes 3,en veral by 4:23-24, vertaal word.

    ‘n Baie geseënde dag toegewens, met ‘n hand-aan-hand se stap saam met Jesus in jou gees.

  • Avatar

    Mariette

    |

    Lekker as iemand so wakker loop, Alwyn.
    Ek het julle twee se opmerkings vir Ernst (Kotzé) aangestuur. Dan hoor ons bietjie wat hy sê.
    Seëngroete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek weet nie regtig die rede nie. Die 2020-vertaling vertaal al tien voorkomste van Duiwel in die NT regdeur met ‘n hoofletter. Dit is nogal vreemd met die “die” vooraan.

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Askies 2020 vertaling Nie 2920 nie

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Môre Chris .Help asseblief. Hoekom verkry die duiwel sterstatus in 2920 Bybelvertaling met ‘n hoofletter D Efesiers 4:27
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons gaan voort met daardie diens. Marlein van Deemter hanteer dit.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Oor die “ware” vertaling. Elke vertaling het sy waarde. Die 1983-vertaling is in makliker Afrikaans, maar meer onakkuraat. Die 1953-vertaling is ouer Afrikaans, maar baie na aan die oorspronklike teks. Die 2020-vertaling is meer moderne Afrikaans, maar ‘n meer direkte vertaling van die oorspronklike teks. Ek gebruik self nou die 2020-vertaling, maar lees ook graag in die ESV en die NET Bible. Kyk op Youversion se Bybeltoepassing.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Francois, dit is die 2020-vertaling van Bybelgenootskap. Jy kan dit gratis lees by https://biblesa.co.za/ of op hulle toep.

  • Avatar

    Francois Smith

    |

    Geagte Dr Chris van Wyk : ek het na U video geluister “WAARHEID vs DWALLEER , en omdat ek self ook in ons Wonderlike Vader Almagtig se Woord leef, het ek na die video tot die slotsom gekom dat die leiers in die Algemene Sinode ons Wonderlike Vader Almagtig GLADNIE KEN NIE , want net onkundige nie-weergebore mense kan die besluite neem wat hulle neem, soos U ons dit onder die aandag gebring het. Dr Chris, ek wil net weet uit watter Afrikaanse Bybel Vertaling leef en werk U , want ek herken nie die Woord wat U op die video gegee het. Ek het by Kairos Netwerk aangesluit om deel te wees van die soeke om die NG Kerk te stig in die volmaakte waarheid van ons Wonderlike Vader Almagtig, en dit was dan ook op Kairos Netwerk se whatsapp-groep lommunikasie waar ek hierdie week U genoemde video gesien het. Daar is 5 Afrikaanse Bybels op die mark, en meer as 360 Engelse Bybels…….WAT is volgens U die WARE Afrikaanse en Engelse Vertaling van al hierdie Bybels? Elke mens het ‘n unieke vorm van SPRAAK(Joh 8:43,44), en dan ook nog meer ons Wonderlike Vader Almagtig, dan ontstaan die HOE kan ons Vader Almagtig MEER as EEN vorm van spraak he’, vanwee al die verskillende vertalings? WIE in die Leierskap van die Kerklike Denominasies, KEN NIE die WARE SPRAAK van ons Wonderlike Vader Almagtig ? Daarom my vraag aan U, want indien ons die Evangelie van ons Vader Almagtig verdraaid aan mense verkondig, SAL hulle BLOED op ons hoofde wees. Vrede en liefde in Christus Jesus het ek vir U en die mede Gelowiges. Amen.

  • Avatar

    brian strydom

    |

    sal plasing van studente verblyf advertensie voortgaan?
    die dame wat oorbodig verklaar is was onseker
    mooi loop. Brian

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?