Skip to main content

DIXIT DEUS – God se vernuwende pad deur dissipelskap – 2026

Puik. Skitterend! Indrukwekkend!! So reageer die nuus oor ons Springbokkke se prestasies die afgelope paar jaar. Dit is eintlik ’n skoupel om die pawiljoene te sit en dophou. Die geesdrif en opgewondenheid sleep ons ondersteuning ook saam! Deur net van hierdie ervarings te lees, kan jy verstaan hoekom woorde ’n baie sterk gevoelswaarde het. Soos ook sukses, wat sommer baie lekker voel en selfs soet sal smaak! Ja, ons emosies speel ’n baie belangrike rol in ons lewens!

Continue reading

Dissipelskap is gerig op geestelike groei

Geestelike praktyke en dissiplines

Om geestelik te groei, is ’n innerlike, persoonlike en voortdurende reis saam met God. Jou  kennis van die Bybel is waardevolle agtergrond en kan dien as vertrekpunt. Vir geestelike groei egter, is die aanleer en toepassing van geestelike beginsels van dissipelskap nodig.

Dit betree jou gemoed: wat jy in jou hart hoor en koester, en wat in jou gees heers, en in jou siel geberg word. Dit is inderdaad ’n lewe in die bewuste teenwoordigheid van God.

  1. Gebruik en oefen geestelike  gewoontes in: dit is gemik op geestelike groei en om balans, harmonie en innerlike vrede te ontwikkel.
  2. Stel mikpunte en uitdagings vir jouself: teken ook voornemens en doelwitte aan en verbind jou daaraan om daaruit te leer en te groei.
  3. Beskou probleme en terugslae as geleenthede vir groei, leer en selfverbetering.
  4. Fokus op die positiewe aspekte van jou lewe: stel jou in op waardering en genoegsaamheid.

Continue reading

Gebed as ’n geestelike gewoonte of dissipline

Kom ons dink ‘n bietjie ná oor wat Brother Lawrence sê vir wanneer ons bid:

 “We must try to converse in little ways while we do our work (and during the day);

do not try to recite previously formed thoughts (of yourself and others).

Rather we should purely and simply reveal our hearts as the words come to us.”

Hier is nog van sy wenke; dalk kan jy vorentoe vir jouself nog ’n paar byvoeg:

Personally praying

  • Make sure your prayer is brief and to the point, i.e. one or only a couple of sentences; do keep to one aspect at a time.
  • Talk to God as you would talk to your friend.
  • Speak with ease in everyday language; the more natural your prayer, the more real God becomes to you.
  • Praying in one accord with someone (agreeing in what you are asking) is really sharing your heart in a normal conversation with God.

By the way

  • It is not necessary to pray around the circle.
  • Avoid making a “prayer speech” or “preaching” at others during prayer.
  • Avoid monopolizing the time, though still pray as often as you wish – especially when there is ample silence.
  • When experienced: keep your prayers short and simple. You may struggle to be plain as much as the beginner may struggle to verbalize and/or just to pray a view words. This will enhance camaraderie and prevent the timid friend from being intimidated.
  • When you are open to God and consciously co-operate with the Spirit of Christ, He will guide you in your prayers.

Toepassing bv. in voorbidding                    

Daar is verskillende soorte gebede. Kom ons kyk nou na voorbidding in jou kleingroep.

Teken elkeen se behoeftes by sy/haar naam aan – verkieslik aan die einde van jou joernaal – en by vandag se datum en wel in haar eie woorde.:

  • Leer om jou eie behoeftes in eenvoud en vrymoedig te verwoord. Dit kan geestelik wees, of oor jou gesondheid, of bv. oor eise van jou gewone dag.
  • Wees opreg in wat jy persoonlik vra vir voorbidding.
  • Hoor by mekaar waarvoor jy in die week voorbidding vir elkeen kan doen. Bid ook vir mekaar se stiltetyd.
  • Volg versoeke op – bel dalk in die week om te hoor, of om te ondersteun.

Mariette Rossouw

Junie, 2025.

Leesrooster tot 27 November 2025

Jun 22, 2025 1 Kings 19:1-4, (5-7),

8-15a;  Ps. 42 and 43

Isaiah 65:1-9
Psalm 22:19-28
Galatians 3:23-29 Luke 8:26-39
Jun 29, 2025 2 Kings 2:1-2, 6-14
Ps. 77:1-2, 11-20
1 Kings 19:15-16, 19-21;  Psalm 16 Galatians 5:1, 13-25 Luke 9:51-62
Jul 06, 2025 2 Kings 5:1-14
Psalm 30
Isaiah 66:10-14
Psalm 66:1-9
Galatians 6:(1-6), 7-16 Luke 10:1-11,

16-20

Jul 13, 2025 Amos 7:7-17
Psalm 82
Deut. 30:9-14
Psalm 25:1-10
Colossians 1:1-14 Luke 10:25-37
Jul 20, 2025 Amos 8:1-12
Psalm 52
Genesis 18:1-10a
Psalm 15
Colossians 1:15-28 Luke 10:38-42
Jul 27, 2025 Hosea 1:2-10
Psalm 85
Genesis 18:20-32
Psalm 138
Colossians 2:6-15, (16-19) Luke 11:1-13
Aug 03, 2025 Hosea 11:1-11
Psalm 107:1-9, 43
Ecclesiastes 1:2, 12-14; 2:18-23
Psalm 49:1-12
Colossians 3:1-11 Luke 12:13-21
Aug 10, 2025 Isaiah 1:1, 10-20
Ps. 50:1-8, 22-23
Genesis 15:1-6
Psalm 33:12-22
Hebrews 11:1-3, 8-16 Luke 12:32-40
Aug 17, 2025 Isaiah 5:1-7
Ps. 80:1-2, 8-19
Jeremiah 23:23-29
Psalm 82
Hebrews 11:29-12:2 Luke 12:49-56
Aug 24, 2025 Jeremiah 1:4-10
Psalm 71:1-6
Isaiah 58:9b-14
Psalm 103:1-8
Hebrews 12:18-29 Luke 13:10-17
Aug 31, 2025 Jeremiah 2:4-13
Psalm 81:1, 10-16
Proverbs 25:6-7
Psalm 112
Hebrews 13:1-8, 15-16 Luke 14:1, 7-14
Sep 07, 2025 Jeremiah 18:1-11
Ps. 139:1-6, 13-18
Deut. 30:15-20
Psalm 1
Philemon 1:1-21 Luke 14:25-33
Sep 14, 2025 Jer. 4:11-12, 22-28
Psalm 14
Exodus 32:7-14
Psalm 51:1-10
1 Timothy 1:12-17 Luke 15:1-10
Sep 21, 2025 Jeremiah 8:18-9:1
Psalm 79:1-9
Amos 8:4-7
Psalm 113
1 Timothy 2:1-7 Luke 16:1-13
Sep 28, 2025 Jer. 32:1-3a, 6-15
Ps. 91:1-6, 14-16
Amos 6:1a, 4-7
Psalm 146
1 Timothy 6:6-19 Luke 16:19-31
Oct 05, 2025 Lament. 1:1-6;
3:19-26
Psalm 137
Habakkuk 1:1-4; 2:1-4
Psalm 37:1-9
2 Timothy 1:1-14 Luke 17:5-10
Oct 13, 2025 Deut. 26:1-11
Psalm 100
Philippians 4:4-9 John 6:25-35
Oct 19, 2025 Jer. 31:27-34
Ps. 119:97-104
Genesis 32:22-31
Psalm 121
2 Timothy 3:14-4:5 Luke 18:1-8
Oct 26, 2025 Joel 2:23-32
Psalm 65
Jer. 14:7-10, 19-22
Psalm 84:1-7
2 T imothy 4:6-8, 16-18 Luke 18:9-14
Nov 02, 2025) Hab. 1:1-4; 2:1-4
Ps. 119:137-144
Isaiah 1:10-18
Psalm 32:1-7
2 Thes 1:1-4, 11-12 Luke 19:1-10
Nov 09, 2025 Haggai 1:15b-2:9
Ps. 145:1-5, 17-21 /
Ps. 98
Job 19:23-27a
Psalm 17:1-9
2 Thes 2:1-5, 13-17 Luke 20:27-38
Nov 16, 2025 Isaiah 65:17-25
Isaiah 12
Malachi 4:1-2a
Psalm 98
2 Thes 3:6-13 Luke 21:5-19
Nov 23, 2025 Jer.h 23:1-6
Luke 1:68-79
Jer. 23:1-6
Psalm 46
Colossians 1:11-20 Luke 23:33-43
Nov 27, 2025 Deut. 26:1-11
Psalm 100
Philippians 4:4-9 John 6:25-35

Wat is ‘n joernaal?

In 1988 stuur God, in Sy alwysheid, ’n mentor oor my pad wat Ordering your Private World van Gordon MacDonald (’n Tyd vir Orde) vir my gee met:  “Hierso. Lees hierdie boek  – dit sal jou lewe verander”. En dit het ook. Eintlik my hele verstaan van onder andere stiltetyd en Bybelstudie.

Hy skryf: “Ek het ontdek dat om ’n joernaal te hou ’n praktiese metode is om te leer om na God se stem in die tuin (stilte) van my persoonlike wêreld te luister. Wanneer ek my pen optel, het ek agtergekom dat daar ’n afwagting is – ’n gereedheid om te hoor wat God wil sê. Dit het iets geword waarna hy keer ná keer kon teruggaan om die hand van God in sy lewe raak te sien! Daarom het hy meer en meer van die gedagtes wat sy gees oorstroom het, in sy joernaal aangeteken: “Ek het in die joernaal my emosies, my verse, my gevoel van swakheid en my verwagtinge beskryf, asook my ontdekkings van hoe Christus my lei.  Wanneer ek leeg of verslae gevoel het, het ek ook daarvan in die joernaal geskryf.” Hy het begin besef dat die joernaal hom help om ’n groot deel van sy innerlike wêreld, waaroor hy nog nooit met mense gepraat het nie, te hanteer.  Sy vrese en worsteling is daarmee na die oppervlak gebring en kon uitgesorteer word.  Hy het begin bewus word daarvan dat die Heilige Gees besig was om sy gedagtes te rig en hom nuwe insig te gee, terwyl hy in sy joernaal geskryf het.

Wanneer hy mettertyd in sy joernaal teruggaan, kon hy sien hoe hy al geestelik gegroei het en dit was ’n groot aansporing.  Jou joernaal is dus nie net ‘n verslag van die goeie tye was nie, maar ook van die slegte tye.  Daarom het hy geleer. “As God gaan praat, is ek gereed om te luister.” 

Continue reading