Skip to main content

BY KLEINGROEPE IS ONS MEDEREISGENOTE – OP PAD SAAM MET GOD

Dit is
louter genade
dat God sou gee dat jy
na Hóm sou soek,
na Hóm sou roep,
en jy dan ’n geestelike tuiste vind by ’n toegewyde kleingroep – waar die Vader reeds vir jou wag…

 Behold, how good and how pleasant it is for brethren to dwell together in unity.  Dít is hoe die bekende Dietrich Bonhoeffer sy populêre boek Life Together uit Psalm 133 begin. Verse 1 en 3 sê: “Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eengesind saam woon! Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën…” In Bybelskoolnotas verwys dr. Chris van Wyk daarna dat ‘n metafoor “eengesind saam woon” hier die viering van geloofsgenote, wat uit alle oorde kom, betrek. Dit is om ’n vaste band met die Here God te hê. Wanneer ons eie groepe dus tuis weekliks verdaag, kan ons ook God se seën – die gom wat ons steeds saambind – verwag en ervaar. Hiermee lees ons gerus ook Fil 2: 1-4 se verwysing oor eengesindheid: om na mekaar se belange om te sien.

Bonhoeffer brei daarop uit: The physical presence of other Christians is a source of incomparable joy and strenth to the believers, whilst they share in heavenly fellowship, meeting together.

 Aktiwiteite van ’n dissipelskapsgroepe kan onder meer die volgende behels:

  1. Kernverskil tussen omgee- en dissipelskapsgroepe sal voorkom deur inhoud/woorde soos stilte, afwagting, verwagting, “stay in the moment” en “rather in being than in doing” en luister.
  2. Dit gaan dalk help om by die deur te wag totdat almal mekaar gesien en gegroet het, en dit sal help dat ons kan begin afskakel. Ons mik na “heavenly fellowship”.
  3. Die gebed of musiek kan help om ’n atmosfeer van rustigheid te skep. Word stil en sit stil.
  4. Ons leer om ons gedagtes te vernuwe en op God te fokus; en te herfokus as ons gedagtes afdwaal.
  5. Gesprekke: Deur van jou kontak met die Here te getuig, wys dit hoe die Here deur Sy Gees werksaam is. Soms vra dit langer tyd vir ’n geloofsverhaal of getuienis.
  6. Ons leer van mekaar hoe om in gemeenskap met God en saam met Jesus tot eer van God te leef.
  7. Ons leer ook om vir mekaar te bid. Versoeke soos: Bid vir ’n lewende verhouding met God deur ‘n innerlike vebintenis met Hom. En vir ons stiltetyd, en dat ons Sy wil vir ons lewens sal soek.
  8. Ons begin verstaan dat ons inpas in God se groter plan, en ’n verskil in die wêreld kan maak.

Aan die einde van elke kwartaal sal evaluering help om te vas te stel watter groei, opbou, inbouing en uitbouing daar was. Gedagtig daaraan dat by hierdie groepe die volgende waarheid sal geld:

Jocko Willink het gesê: 

The role of a leader is to bring the group into the presence of the Lord, and then to get out of the way as soon as possible! Thus, the aim af a leader is to work himself out of his job.

Die lede se behoeftes bepaal die aard van die kleingroep

Kleingroepe is ‘n geestelike beginsel gemik op gemeentegroei en uitbreiding van God se Koninkryk.

Die identiteit van elke groep dui aan of dit ’n lees- of Bybelstudiekring of Bybelskool is; of ’n groei-, studie-, omgee- of ‘n disssipelskapkring. Daar kan ook biduurgroepe, uitreikgroepe, ondersteuningsgroepe, boekklubs, sendinggroepe, of ’n aksie soos ’n sopkombuis by ’n gemeente; en ook nog selgroepe of sosiale kuiergroepe wat “connect”-groepe genoem word! Elkeen se visie en missie sal ooreenstem met die roeping, taak en einddoel van daardie groep.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.