‘n Koninkryk in twee geskeur – 1 Konings 12

“U Vader het ons ’n swaar juk laat dra.  As u nou die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.” (1 Kon 12:4).

Die lot van die koninkryk van Dawid en Salomo het op die antwoord van dié vraag gelê.  Dít het Rehabeam geweet.  Hy het as opgroeiende jongman die onrus gesien onder die groot werkersklas wat Salomo geskep het uit al die nie-Israeliete in die land.  Hulle het tussen die ander Israeliete gebly, maar moes die handearbeid doen.  En met die bou van die tempel moes al die volwasse mans elke 3de maand vir ‘n maand lank gaan klip kap in die berge en soms nog verder trek om te gaan hout kap in Lebanon.

Die nie-Israeliete het die paleis gesien wat Salomo daarmee gebou het – luuks en weelderig.  Die tempel wat met hulle handearbeid gebou is, was ’n verstommende glimmende goue sieraad.  Net die vierkantige 100 m2 Allerheiligste het ongeveer 20 ton goud teen die mure gehad.  Sweetdruppel vir sweetdruppel het hulle gekap en gebeitel om die hout en klip net reg te kry en dan getrek en gestoot om alles kilometers ver na die tempel te vervoer, per see en per land.  En daar was harde voormanne, die meeste daarvan uit hulle eie geledere, wat min genade betoon het en ’n bietjie meer status gehad het.

Die twee maande by die huis het nie regtig opgemaak vir die harde werk wat hulle vir Salomo moes verrig nie.  En dan moes hulle nog saamleef met die wete dat dié tempel nie vir hulle beskore sou wees nie.  Nie net het hulle ander gode aanbid nie, maar die deure na die tempel is nie sommer oopgegooi vir hulle as hulle die Here sou wou aanbid nie.  Net enkele het dit deur die eeu reggekry, Ragab, die Kanaäniet; Rut, die Moabiet …

Verwelkoming

Geseënde Moedersdag!

Ek het dié aanhaling gekry wat die breër ervarings van moederskap in al sy fasette op die tafel sit:

  • “To those who gave birth this year to their first child—we celebrate with you
  • To those who lost a child this year – we mourn with you
  • To those who are in the trenches with little ones every day and wear the badge of food stains – we appreciate you
  • To those who experienced loss this year through miscarriage, failed adoptions, or running away—we mourn with you
  • To those who walk the hard path of infertility, fraught with pokes, prods, tears, and disappointment – we walk with you. Forgive us when we say foolish things. We don’t mean to make this harder than it is.
  • To those who are foster moms, mentor moms, and spiritual moms – we need you
  • To those who have warm and close relationships with your children – we celebrate with you
  • To those who have disappointment, heart ache, and distance with your children – we sit with you
  • To those who lost their mothers this year – we grieve with you
  • To those who experienced abuse at the hands of your own mother – we acknowledge your experience
  • To those who lived through driving tests, medical tests, and the overall testing of motherhood – we are better for having you in our midst
  • To those who will have emptier nests in the upcoming year – we grieve and rejoice with you
  • And to those who are pregnant with new life, both expected and surprising –we anticipate with you
    This Mother’s Day, we walk with you. Mothering is not for the faint of heart and we have real warriors in our midst. We remember you.”

(http://messymiddle.wordpress.com/2012/05/10/an-open-letter-to-pastors-a-non-mom-speaks-about-mothers-day/)

 

Aankondigings

  • Theo Havemann sê baie dankie vir die bydraes vir die skoolfonds vir die twee kinders van Willows park. Dit is voldoende.  Petrolgeld word nog benodig om hulle by die skool te kan besorg elke dag. Indien iemand miskien daarmee kan help of met die vervoer van die kinders sal dit opreg waardeer word.
  • Seun Gerber se broer, Ulrich Gerber, is Woensdag oorlede.  Was goeie vriende met Hannes Marais, Eben Olivier en die manne, en saam met hulle rugby gespeel.  Ons medelye met die familie.

God nooi ons UIT en ons kom tot rus

Votum en Seëngroet

Lofsang

  • Liedboek 197 – Wonderbare Koning, Heerser oor u skepping, ons bring U ons lofgesange – staan
  • Liedboek 199 – Loof die Here uit die hemel, loof Hom deur wie ons bestaan – staan

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

Kindertyd

  • Ursula Kilian gaan dit vir ons lei.

Gebed

Skriflesing

  • 1 Konings 12

Rehabeam het na Sigem toe gegaan omdat die hele Israel daarheen gekom het om hom tot koning te kroon. 2Jerobeam seun van Nebat het die berig gekry toe hy nog in Egipte was waarheen hy vir koning Salomo gevlug het. Hy het daar gewoon, 3maar hulle het boodskappers gestuur en hom laat roep.

Hy en die hele Israel kom toe na Rehabeam toe en sê vir hom: 4“U vader het ons ’n swaar juk laat dra. As u nou die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.”

5Rehabeam het vir hulle gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.”

Nadat die volk vertrek het, 6het koning Rehabeam die raad gevra van die ouer mense wat in diens van Salomo, sy pa, was tydens dié se lewe. “Wat meen julle moet ek hierdie mense antwoord?” het hy gevra.

7Hulle het vir hom gesê: “As u dit goed bedoel met hierdie volk en hulle tevrede stel en hulle ’n gunstige antwoord gee, sal hulle altyd u onderdane bly.”

8Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was: 9“Wat meen júlle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die juk wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”

10Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “U moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesê: ‘U vader het ons ’n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.’ U moet vir hulle sê:

My pinkie is dikker as my pa

se middellyf.

11My pa het ’n swaar juk

op julle laat druk,

ek gaan die juk nog swaarder maak.

My pa het julle

met swepe geslaan,

ek sal julle met gésels slaan.”

12Toe Jerobeam en die hele volk die derde dag by koning Rehabeam kom volgens sy opdrag “Kom oor drie dae na my toe terug”, 13het hy die volk dié harde antwoord gegee. Koning Rehabeam het die raad van die ouer mense in die wind geslaan 14en die volk geantwoord volgens die raad van die jonger manne:

“My pa het ’n swaar juk

op julle gelê,

ek gaan die juk nog swaarder maak;

my pa het julle

met swepe geslaan,

ek sal julle met gésels slaan.”

15Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was ’n beskikking van die Here sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.

16Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê:

“Dawid is nie deel van ons nie;

ons het niks aan Isai se seun nie!

Elkeen terug na sy woonplek toe,

Israel!

Kyk nou maar na jou eie huis,

Dawid!”

Israel is toe terug na sy eie woongebied toe.

17Rehabeam het net koning geword oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.

18Koning Rehabeam het vir Adoniram wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug.

19So het Israel in opstand gekom teen die koningshuis van Dawid, en dit is vandag nog so.

Woordverkondiging

 

U vader het ons ’n swaar juk laat dra

“U Vader het ons ’n swaar juk laat dra.  As u nou die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.” (1 Kon 12:4).

Die lot van die koninkryk van Dawid en Salomo het op die antwoord van dié vraag gelê.  Dít het Rehabeam geweet.  Hy het as opgroeiende jongman die onrus gesien onder die groot werkersklas wat Salomo geskep het uit al die nie-Israeliete in die land.  Hulle het tussen die ander Israeliete gebly, maar moes die handearbeid doen.  En met die bou van die tempel moes al die volwasse mans elke 3de maand vir ‘n maand lank gaan klip kap in die berge en soms nog verder trek om te gaan hout kap in Lebanon.

Die nie-Israeliete het die paleis gesien wat Salomo daarmee gebou het – luuks en weelderig.  Die tempel wat met hulle handearbeid gebou is, was ’n verstommende glimmende goue sieraad.  Net die vierkantige 100 m2 Allerheiligste het ongeveer 20 ton goud teen die mure gehad.  Sweetdruppel vir sweetdruppel het hulle gekap en gebeitel om die hout en klip net reg te kry en dan getrek en gestoot om alles kilometers ver na die tempel te vervoer, per see en per land.  En daar was harde voormanne, die meeste daarvan uit hulle eie geledere, wat min genade betoon het en ’n bietjie meer status gehad het.

Die twee maande by die huis het nie regtig opgemaak vir die harde werk wat hulle vir Salomo moes verrig nie.  En dan moes hulle nog saamleef met die wete dat dié tempel nie vir hulle beskore sou wees nie.  Nie net het hulle ander gode aanbid nie, maar die deure na die tempel is nie sommer oopgegooi vir hulle as hulle die Here sou wou aanbid nie.  Net enkele het dit deur die eeu reggekry, Ragab, die Kanaäniet; Rut, die Moabiet …

En die res van die volk van Israel het dit nie baie makliker gehad nie.  Die Israeliete moes groot belastings betaal en op verskillende maniere help om die koninkryk in stand te hou.  Sommige het in Salomo se groot militêre magte dien.  Ander moes deelneem aan sy omvattende groot bouprojekte: stede wat herbou is, voorraadskure wat opgerig is, handel wat oor die hele wêreld gedryf is.  Hoewel hulle dus baie voorregte gehad het en nie op groot skaal deel van die dwangarbeidersklas was nie, het hulle hul dit tog ook swaar gehad.  En dit wil tog lyk asof ten minste ’n deel van die Josefstam tog dwangarbeid verrig het, ten spyte daarvan dat dit eintlik teen die reëls was (1 Kon. 11:28). 

Die burgers van die land het almal swaar gekry en na verligting gesoek – nie-Israeliete in die eerste plek, maar ook die Israeliete.  Die las was swaar; die uitsien na ’n ander bedeling, groot.

Nou het daar ’n verposing in die bouery gekom, die tempel is gebou, die paleis is afgehandel, en op die koop toe is Salomo dood … en die hoop is dat daar verandering kan kom.  Die geleentheid is daar dat hulle lewens meer na normaal sal kan terugkeer. 

‘n Nuwe koning, Rehabeam, is aangestel en hulle kom daarom met ’n billike versoek: ons het swaar gehad, maak ons las ligter, dan sal ons bly werk vir jou, koning Rehabeam.

Rehabeam doen wat ’n goeie koning doen.  Hy raadpleeg wyd.  Hy praat met die ouer mense en hy praat met die jongmense, dié wat saam met hom grootgeword het. 

  • Die ou mense sê: luister na die werkers, gee wat hulle vra, want dan sal jy hulle nie net bly maak nie, jy sal ’n voorspoedige land en regering hê. 
  • Die jongmense sê: moenie na hulle luister nie, dan het hulle jou in die sak; dryf hulle net nog harder, maak die las net nog swaarder; wys hulle wie is baas, anders gaan jy dit nie as koning maak nie.

En Rehabeam … luister vir die jongmanne.  Hy slaan die billike versoek van die Israeliete in die wind. 

Helenvale brand

Helenvale brand. “Dis oorlog oor werk” skree Riaan Marais dit uit op Die Burger se voorblad Vrydagoggend.  Stanfordweg is gesluit, swart kringe is met ou motorbande in die teer gebrand en klippe, padtekens, takke en enige rommel wat betogers in die hande kon kry, is gebruik om die pad te versper.  Hoekom?  Want “Die regering doen niks vir ons nie!”  “Ons wil net die werk hê wat ons toekom, maar mense van ander gebiede kom werk aan ons paaie,” sê een van die betogers.

Natuurlik is daar mense wat dié situasie uitbuit, maar die onrus in die land is wydverspreid.   De Doorns het gebrand en die onrus laai al weer op in die Wes-Kaap.  Die Marikana saga is nog lank nie verby nie en só kan ’n mens aangaan.  Hoe roerend eenvoudig druk een van die opstandelinge dié week dit nie uit nie.  “Hulle het reeds in hul gebied gewerk, nou kom vat hulle ons werk …”

Natuurlik is die situasie in PE en in die res van Suid-Afrika nie dieselfde as in die tyd van Rehabeam nie.  En ons is ook nie soos die koning nie, dat ons op ’n groot skaal kan optree en groot veranderinge kan aanbring nie.

Maar dit maak die nood van die mense op grondvlak nie minder nie, al sien ’n mens ook raak dat hulle hul eie sop souter maak met die geweld en misdaad wat deel is van die opstande.

Hoe gemaak?  Wat moet ons as kinders van die Here doen?

Wel ons kan baie doen!

1. Ons kan iets aan armoede doen:

  • Frank Viola is ‘n gewilde skrywer – Sy boek God’s Favorite Place on Earth is tans #13 by Amazon en handel oor Betanië.  Belangrik: die opbrengs vir sy boek gaan vir die bediening en spesifiek vir die armoede projekte waarby hy betrokke is.  Hy het ook baie praktiese idees oor allerlei. Wat meer is, sy persoonlike betrokkenheid by armoede is op vier vlakke (http://frankviola.org/2013/04/23/helpingthepoor/):
    • Hy help 3 volwassenes finansieel, emosioneel enAl drie is arm en werkloos om verskeie redes.
    • Hy werk op vrywillige basis gereeld by 3 bedieninge, waarvan een ‘n sopkombuisDie bedieninge fokus benewens die voorsiening van kos ook op werkverskaffing en huisvesting en die allerbelangrike bou van verhoudinge met die arme mense wat gehelp word.
    • Hy dra ‘n koevert met hom saam met geld daarin, ‘n kort nota oor Jesus en die evangelie (‘n soort traktaatjie!) en twee organisasies se telefoonnommers en adresse waar hulp gesoek kanAs mense op straat vir hom geld vra, koop hy soms eerder vir hulle ‘n bord kos.
    • Hy ondersteun 2 wêreld organisasies wat spesialiseer in hulpverlening waarvan hy hou: Bread for the WorldHeifer International.
  • Ek weet dit is nie maklik nie, dit is harde en ondankbare werk, en ons kan só maklik vir ‘n ride gevat word. 
    • Ek voel vir Theo Haveman met sy worsteling die afgelope 8 maande met ‘n gesin wat hy van die straat af gehelp het om huisvesting en werk te kry, en wat hom uiteindelik op vele wyses bevark en besteelTog stop dit nie vir Theo nie … hy help steeds die kinders. 
    • Hy inspireer my om verder te vorder met my eie projek wat ek saam met ‘n paar gemeentelede aangepak het om Ernest deur kollege te sit, al is dit ‘n moeilike proses.

2. Ons kan iets aan onderwys doen:

  • Raak betrokke by voorskoolse opleiding.  Bv. in die Walmer township, wat ook sy kwota onrus die afgelope tyd het,  inspireer die inisiatiewe van Lauren Stretch van Early Inspiration my (http://www.earlyinspiration.co.za/).  Hulle het reeds 43 Early Inspiration Centres wat hulp verleen aan 109 onderwysers.  Hulle verskaf opleiding, toerusting, hulpbronne, speelgoed, vervoer, kos (rys), mediese hulp, brille en volg dit op met mentoring een maal ‘n maand om te sorg dat alles reg verloop.  ‘n Mens kan hulle gebruik as ‘n wegspringplek vir jou eie betrokkenheid.  Hoe vroeër ons kan begin met kinders, hoe beter. En die beste manier blyk ‘n inset in onderwysers se lewens te wees, want dit verander die kinders radikaal, dit wys navorsing onomwonde.  Hulle werk ook saam met Stop Hunger Now, met wie die sinode ook ‘n verband het, en ook met die organisasie Kick.  R2000 ‘n maand kan 40 kinders kos gee vir ‘n hele maand by die sentrums …
  • Ondersteun ’n student – ons kan vele Ernest’s deur skool en universiteit kry!  Ek onthou oom Willie en tannie Ems Smit se onbaatsugtige persoonlike ondersteuning van studente, terwyl hulle self nooit kinders kon hê nie.  Ek eer hulle daarvoor!  En daar is verskeie organisasies wat kan help, PE Afrikaanse Opvoedingsfonds ensomeer.

3. Ons kan betrokke raak by die gemeenskap

  • Ons kan mense ondersteun wat veranderinge kan aanbring: politici, besighede, polisie.  Mamphela Ramphele, ’n produk van die NG Kerk sendingskole, skryf uitvoerig daaroor in haar boek Conversations with my sons and daughters.  Sy sê eenvoudig, raak betrokke, toon leierskap, moenie terughou nie, moenie moed opgee nie.  Bou aan die regte waardestelsel, en tree as burgers van die land op nie as onderdane nie, wat lewe asof hulle uitgelewer is aan die grille en giere van die Guptas van dié wêreld.  Doen iets aan die sosiale pyn en verydeling wat ons in ons land ervaar en wees die verandering wat ons graag wil sien in ons land.
  • In terme van Helenvale: miskien moet ‘n mens by Marshall van Buchenroder van die DA, of by Nico du Plessis, wat die raadslid is vir die gebied, hoor hoe ‘n mens kan betrokke raak.  Dit lyk ook asof daar ‘n buitelandse skenking kom om Helenvale op te bou, as ek dit reg het.  Maar hoe ook al, iets sal ons moet doen.  Ons is mos darem ook op grondvlak daar naby betrokke deur die Barcelona projek van Theo.

Hoekom moet ons dit doen?

Want, ons ken die res van die verhaal van Rehabeam. 

Sy uiteindelike opponent Jerobeam was deel van daardie skare wat die vraag gevra het om verligting van die dwangarbeid.  Hy was vroeër die toesighouer oor die dwangarbeid van die Josefstam (1 Kon. 11:26) – Manasse en Efraim, wie se stamgebiede na die ooste en noorde van Juda was – dié dele wat leierskap sou neem met die uiteindelike wegbreek van die koningskap van Rehabeam af.  Hy het van naby gesien wat aangaan.  Hy was deel van die swaar las en die onreg wat sy mense aangedoen is.  Hy het hulle pyn gedeel.

Hy het ook ’n belofte van die Here gehad dat die Here hom sou koning maak, omdat God ontevrede was met Salomo.  Dit het die profeet Agija vir hom kom belowe (1 Kon. 11:29).  Trouens, koning Salomo het hom probeer doodmaak om hierdie gevaar uit die weg te ruim en Jerobeam het na Egipte toe gevlug, wat op ‘n vreemde manier die boodskap van die profeet bevestig het.

Nou is Jerobeam terug, maar, ongelooflik, in plaas daarvan dat Jerobeam eenvoudig die onrus gebruik om sy koningskap op te eis, is hy selfs op dié laat stadium nog nie heeltemal bereid om die ryk ter wille van die onreg en swaarkry op grond van God se belofte te skeur nie.  Hy bied aan om Rehabeam te ondersteun as hy maar net die las op die volk verlig. 

Rehabeam tree egter dom-astrant op, luister na die jongmense, en maak die las op sy mense nog swaarder.  En Jerobeam en die Israeliete het net gesê het, tot hiertoe en nie verder nie: “Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!” (1 Kon. 12:16).

Dit is tragies.  Die ryk van Dawid skeur, dié ryk waarvan God gesê het dat Hy dit vir altyd sal laat staan.  Tien stamme saam met die nie-Israeliete skei hulle af van Juda en Benjamin en vorm hulle eie koninkryk.

Dit is tragies, want nie net is die eenheid daarmee heen nie, maar die afskeiding baat die 10 stamme nie juis veel nie.  Hulle word vry van die dwangarbeid, maar ’n groot tydperk van anargie bars los met dié skuif.  Jerobeam was ’n goeie bevryder, maar ’n ontsettende swak koning.  Hy tree ongelooflik eiesinnig op, stel  sy eie priesters van die straat af aan, mense sonder opleiding, sonder ’n verhouding met God, mense wat nie weet wat hulle doen nie, bou hulle eie heiligdomme as teenvoeter vir Jerusalem en vervreem die godvresende priesters en Leviete sodat dié almal terugtrek na Jerusalem.

Jerobeam slaan boonop ál die waarskuwings wat die Here hom gee, in die wind.  Eers was daar die duidelike boodskap aan hom in die vorm van die onbekende man van God se profesie en wonderwerke wat daarmee saamgegaan het (ek fokus vanaand op hom by Klema).  Die boodskap was duidelik: God keur Jerobeam se afgodediens en eiegeregtigheid nie goed nie.  Jerobeam weier egter om te luister na die profete.

Toe raak sy kind siek, Abia (sy naam beteken: “die Here is my vader” – hoe ironies!).  Maar selfs toe Jerobeam einde ten raad tog die Here raadpleeg, kom hy nie tot inkeer nie.  Die profeet Agija, wat toe al blind is, dieselfde een wat die belofte van koningskap vroeër aan hom gebring het, sien deur die vermomming van Jerobeam se vrou en voorspel dat die kind sal doodgaan, ironies genoeg die enigste manlike nasaat van Jerobeam in wie God iets goeds gevind het, hoewel die kind steeds sterf as ’n teken vir Jerobeam.  Steeds verander Jerobeam nie.  Die bevryder word die bederwer, en skiet homself en sy mense in die voet.

Die situasie sou nooit regtig beter word vir die noordryk nie en ‘n paar eeue later is hulle in 722 v.C. in ballingskap weggevoer, geassimileer met die Assiriërs en het hulle vir alle praktiese doeleindes as volk van die aardbol af verdwyn.  Tragies … en voorkombaar … as Rehabeam geluister het na die billike versoek van die volk.

Die arrogante Rehabeam in Juda loop natuurlik eintlik dieselfde pad, tart die Here uit met die hoogtes, sê Konings, bou klippilare en gewyde pale as afgoede, en stel selfs manlike tempelprostitute aan, soveel so dat die Here koning Sisak van Egipte gebruik om hulle te straf.     Interessant genoeg stroop die Egiptiese leërs net die skatte in die tempel en die paleis, sonder om die stad te vernietig of mense weg te voer in ballingskap.

2 Kronieke 12:1-11 gee die verklaring daarvoor – nadat Rehabeam gewaarsku is oor die inval, het hy en sy leiers hulle verootmoedig voor die Here: “Die Here doen reg” (!) waarop die Here besluit het om hulle nie uit te roei nie.  Daar was dus algaande ‘n stukkie hoop in die manier waarop Rehabeam met sy familie en met die Here omgegaan het soos hy ouer geword het.  Daaroor kan julle môre by die Bybelskool meer lees, want ek moet sê, die arrogante Rehabeam het my nogal iets geleer (http://www.bybelskool.com).

Dié gebeure gee dus ’n perspektief op God se oordeel wat baie hoopvol is.  Hy is ernstig oor gehoorsaamheid,  maar Hy is nie onverbiddelik nie.  Sy hart versag wanneer daar erkenning en berou is, soos met Rehabeam.

Wat beteken daar is altyd ’n kans om reg te stel, altyd ’n kans om te verander, altyd ’n kans om betrokke te raak.  Ook in ons land.

Wat vra die Here van ons?

Helenvale plaas ons voor ’n keuse, ’n keuse wat God self voor ons plaas.  Ek hoor drie sake wat op God se hart vir ons land en ons streek is:

  • die verligting van armoede veral deur werkskepping en opleiding,
  • die herstel van die onderwys, hoe vroeër hoe beter, en
  • die vestiging van goeie regering op alle vlakke van die samelewing. 

Ons betrokkenheid daarby is deel van ons geestelike lewe.  God se koninkryk moet oral kom en ons moet doen wat ons kan om dit te laat gebeur.

GOD STUUR ONS OM TE LEEF

Gebed

Dankoffers

Slotsang

  • Liedboek 527 – Die werk behoort aan U, ons Heer – die werk waarin ons staan – staan

Seën

  • Liedboek 189 – Halleluja! – staan
     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Pieter

    Jy kan uiteraard lees wat ek self oor Romeine en Efesiërs geskryf het:

    Maar, as jy ‘n bietjie dieper wil delf, kan jy kyk na die volgende bronne:

    • Faithlife Study Bible (korter kommentaar oor die hele Bybel)
    • NET Bible (kort tekstuele kommentaar oor die hele Bybel – gratis op YouVersion se Bible app)
    • Scripture Direct (uitstekende woordverklarings oor die hele NT – gratis as app)
    • Keener, C. S. The IVP Bible Background Commentary: New Testament (Second Edition). IVP Academic. 2014.
    • Vosloo, W., & van Rensburg, F. J. Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 1993
    • Van Zyl, A. H.. Die Bybel verklaar: 1983-vertaling. Kaapstad: Lux Verbi. 1993

    Dan is daar natuurlik volbloed kommentare.
    Op Romeine:

    Op Efesiërs:

    • Lincoln, Andrew T. Ephesians WBC 1990
    • Bruce, F. F. The Epistles to the Colossians, to Philemon, and to the Ephesians NICNT
      1984
    • Foulkes, Francis Ephesians TNTC 1989
    • Stott, John R. W. The Message of Ephesians BST 1991
    • Fowl, S. E. Ephesians: A Commentary. Westminster John Knox Press 2012
    • Roberts, J. H. Die brief aan die Efesiers. N G Kerk-Uitgewers. 1990
    • William Barclay http://www.dannychesnut.com/Bible/Barclay/Galatians%20and%20Ephesians.htm
  • Avatar

    Pieter

    |

    Naand Chris.
    Kan jy my dalk help met goeie bronne om studie van Effesiers en Romeine te doen.
    Dankie vir jou wonderlike werk en leeringe

  • Avatar

    Petra Marneweck

    |

    Die inhoud van die preek bevestig wat hierdie week in ons Bybelstudiegroep bespreek is en versterk my geloof dat Jesus opgestaan het. Baie dankie vir die besondere boodskap

  • Avatar

    Dean van Wyk

    |

    Baie dankie Rethie vir hierdie inspirerende boodskap. Ek is oorspronklik van PE en woon nou 20jaar lank in PTA.
    In my stiltetyd vanoggend het ek Fil 2:12b-13 gelees en dit kan net deur die Gees van God wees dat ek op hierdie preek afgekom het.

    God seën jou bediening en geniet die see( ek beny julle).

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Hansie. Die Here is goed vir ons.