Skip to main content

Neem dit en deel dit onder julle – Lukas 22:7-23

Wat is jou ervaring van testamente?

Ek onthou met my pa se dood watter probleem sy testament vir ons as familie was. My ma sou alles erf. Dit het ons geweet. Sy was die enigste begunstigde. Maar, weens probleme met die testament het die reëlings rondom die intestate erfreg ingetree. Ons as kinders moes ons reg om te erf volgens daardie testament afteken. Anders sou my ma nie alles kon erf nie.

My broer was baie betrokke om die boedel afgehandel te kry. Dit het dae en dae geneem. Gelukkig het hy op ‘n punt die “ek weet niks nie” houding ingeneem. Nie in die tou gaan staan nie, rondgedwaal, totdat iemand gevra het of hy nie kan help nie.

Daarna het dinge vinniger gegaan.

Watter stories sal jy kan vertel?

Ons het dit relatief maklik gehad. Baie mense het baie erger probleme. Veral rondom die bepalings van wie erf wat. Wie is begunstigdes en wie nie. Ek het een episode gekyk van die Netwerk 24 aanbieding Die Testament. Dit het my nie aangestaan nie, maar ek het genoeg gesien om te kon agterkom dat daar probleme was met wie kry wat. Met die begunstigdes.

Ai mense, en daardie aantekeninge agter op skilderye wat eers oopgemaak word ná die dood. Dit doen meer kwaad as goed. Moenie uit die graf probeer beheer uitoefen nie.

Nou, soos ek verlede week oor Opbrengs op Beleggings gepraat, en julle miskien gewonder het, waarheen is ek op pad. Dieselfde geld vandag se inleiding oor Testamente. Ek kies doelbewus hierdie inleiding, want dit het ‘n direkte verband met die onderwerp vir vandag, die Nagmaal.

Download the English translation: This is my body which is given for you

Continue reading

Belê in God se koninkryk – Filippense 4:10-20

In die finansiële wêreld word daar baie gemaak van die term: “return on investment” – ROI. Opbrengs op belegging – OOB. Dit meet die effektiwiteit van ‘n belegging. Dit is ‘n eenvoudige formule om te gebruik. Jy verdeel die opbrengs van die belegging met die koste daarvan. Die resultaat word uitgedruk deur ‘n persentasie of ‘n ratio. As jy ‘n R1 000 belê in aandele en jy verkoop dit teen R1 200 ‘n jaar later, dan “maak” jy R200. Jy verdeel daardie opbrengs – R200 – met die belegging – R1 000 – en dit beteken jy het 20% opbrengs gelewer.

‘n Opbrengs van 20% is natuurlik wonderlik in vandag se ekonomiese klimaat. Dit is selde dat jy meer kry as ‘n 5 of 6 %. En talle kere is jou opbrengs eintlik ‘n minus syfer…

Maar, dit is ‘n konsep wat nie net sin maak in die finansiële wêreld nie. Dit maak ook baie sin in die gewone lewe. Die tyd en energie wat jy byvoorbeeld belê in jou kinders lewer uiteindelik ‘n opbrengs in terme van hulle gereedheid vir die volwasse lewe.

Dit is ook nie anders in die koninkryk van God nie. Beleggings maak saak. Met dié verskil. Dit gaan in die koninkryk van God oor ‘n opbrengs vir die ewige lewe. Nie maar net vir hierdie lewe nie. Dit gaan oor die opbrengs wat aan die ander kant van die dood steeds ‘n waarde sal hê.

Dit is oor hierdie opbrengs wat ek vanoggend wil praat.

En ek wil aansluit by God se belegging in twee huishoudings in Filippi, die eerste huisgemeente in Europa. Die opbrengs op hierdie belegging van God is immers legendaries. Paulus sonder hulle van al die gemeentes uit as die gemeente wat die meeste bygedra het tot die volhoubaarheid van sy eie bediening in die wêreld.

In sy brief aan hulle uit huisarres in Rome verkondig hy hierdie ongelooflike waarheid aan hulle om hulle tot volhardende vrygewigheid aan te spoor:

“Dit is nie dat ek van julle ‘n bydrae verlang nie; ek verlang eerder dat die belegging wat julle maak, toenemend moet groei … dit is soos ‘n lieflike geur, ‘n aanneemlike offergawe wat God behaag. (Fil 4:17-18)

Soos God in hulle belê het, só het hulle in die koninkryk belê. En dit is hierdie belegging wat hulle in die koninkryk gemaak het wat Paulus wil hê dat dit sal groei.

Download English translation: Invest in Gods Kingdom – Philippians 4_10-20

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Ondersoek die Bybel – Handelinge 17:10-15

Ons leef in ‘n tyd waar die sogenaamde lesers-perspektief deur baie as die voorkeur manier van lees aangehang word. Dit is ‘n lees wat nie aanvaar wat in die teks geskryf is nie. Wat daarop uit is om die teks aan te pas by hulle eie situasie. By hulle eie begeertes. By hulle eie wêreldbeeld.

Dit is ‘n manier van lees wat die teks bevraagteken. Wat die teks lees om daarmee te verskil. Om die agterlikheid of neteligheid van die teks uit te wys. En om iets anders in die plek daarvan te plaas.

Hulle lees daarom met ‘n skêr, soos Jacques Derrida dit gedoen het (gebaseer op die werk van die Joodse filosoof Emmanuel Levinas). Derrida het die teks wat aan ons oorhandig is, beskryf as ‘n geweefde lap, ‘n tapisserie, en die leesproses as ‘n kreatiewe proses wat die volgende twee handelinge behels.

In die eerste instansie impliseer só ‘n lees van die teks dat jy ‘n “sny” in die lap maak. Jy “knip” die teks soos met ‘n skêr. Jy “breek” dus die drade van die lap. Jy knip dit uitmekaar om die normale verstaan van die teks te dekonstrueer, dit tot niet te maak. Jy verwerp enigiets wat nie inpas by jou eie verstaan nie. Jy knip dit uit die teks soos met ‘n skêr.

Dit is egter nie al nie. Daarna begin jy die geweefde lap van die teks herstel. Met jou eie insigte. Met ander bronne tot jou beskikking. Derrida beskryf dit met die beeld van borduurwerk. Jy vleg ‘n nuwe lap met behulp van ander drade, ander insigte, ander idees, totdat dit ‘n heeltemal nuwe karakter aanneem.

Dit is heel anders as wat die karakters in die Bybel die teks gelees het. Gaan lees maar Esra en Nehemia ná die ballingskap as die OT kanon al byna afgehandel is, en hoe hulle die teks lees (Neh 8 bv).

Hulle lees nie met ‘n skêr nie. Hulle lees met ‘n vergrootglas, om so goed as moontlik te verstaan, sodat die Skrif hulle lewe kan bepaal.

Dieselfde geld die gemeentes waarvan ons lees in die NT.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Download the English: Examine the Bible – Acts 17

Continue reading

Ontvang die ewige lewe – Handelinge 13:42-52

My eerste herinnering van die kerk was in die pastorie van ‘n predikant. Ek was afwesig toe die sertifikate vir die eerste jaar Sondagskool by die kerk uitgedeel is. Daarvan onthou ek nie veel nie. Maar, my ma het my gestuur om my sertifikaat te gaan haal by ds Leuvenink in die pastorie op Vredendal. Alleen. Net ses jaar oud. Ek onthou die huiwering by die hekkie; die ontsag wat sy lengte by my ingeboesem het toe hy die deur oopmaak; die gasvryheid van die koeldrank wat hy vir my ingeskink het; die blywende indruk toe ek in die stofstraat terug gestap het: dit is hoe dit moet wees om in God se teenwoordigheid te wees.

Ek sou daarna baie ander ervarings in die kerk hê, ‘n pad stap met wonderlike predikante – di MC Steyn, Jaap Weideman, André Strydom – en wonderlike kategete, en wonderlike lidmate. Maar, daardie eerste ervaring bly my by.

Ek wonder wat was jou eerste ervaring van die kerk? Hoe was dit is? Watter mense het ‘n rol gespeel? Hoe is dit vandag? Wat beteken die kerk vir jou?

Kom ons luister in Handelinge 13  na die mense van Antiogië (Pisidië – Turkye) se eerste ervaring van die kerk. Toe die Here almal wat vir die ewige lewe bestem was deur die prediking van Paulus en Barnabas tot geloof gebring het.

Download English: Receiving Eternal Life

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Bid dat ons getrou sal bly – Matteus 6:11-13

Wat bid ons met die sesde bede van die Ons Vader?

In die uitleg van die Heidelbergse Kategismus 127 erken ons daarmee:

  • Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie (Joh 15:5; Ps 103:14).
  • Daarby hou ons doodsvyande, die duiwel (1 Pet 5:8; Ef 6:12), die wêreld (Joh 15:19) en ons eie sondige natuur (Rom 7:23; Gal 5:17), nie op om ons aan te val nie.

Ons vra daarmee:

  • Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees staande hou en versterk,
  • sodat ons teen hulle sterk teenstand kan bied en
  • in hierdie geestelik stryd nie beswyk (Matt 26:41; Mark 13:33) nie,
  • totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal (1 Tess 3:13; 5:23).”

Download the English translation: Pray that we remain faithful

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

Bid dat God se wil geskied – Matteus 26:36-46

Dit is die eindstryd van die Curriebeker op Nuweland. WP teen Noord-Transvaal. Die telling is gelykop. Die losskakel lê aan vir ‘n skop na die pale. As dit oor is, wen WP. As dit mis is, is dit gelykop. Die eindfluitjie gaan blaas. Die losskakel kom vorentoe, die bal trek reguit pale toe … en toe op ‘n onverklaarbare manier verander die bal van trajek, en die skop is mis. Die beker word gedeel.

Die storie is vir my vertel van wat daardie dag gebeur het. Drie spelers het bymekaar gestaan en gebid. Twee het gebid: “Here, ons sien al hoe daardie bal deur die pale trek!” En die bal het reguit pale toe getrek … totdat die derde speler afgesluit het met: “laat u wil geskied,” en die bal se trajek verander het. Die een se kommentaar was: “Jy met jou wil van die Here! Kyk nou daar! Dit kos ons die wedstryd.”

Beide gebede is natuurlik verkeerd. Die gebed van selfvertroue. En die gebed van selfvertwyfeling. Hoekom? Want, nie een van die bidders weet presies wat God se wil is nie. Jy kan immers net sê laat u wil geskied, as jy weet wat God se wil is. En God se wil het boonop nie veel te doene met balle wat deur pale trek nie.

Ons moet versigtiger wees met wat ons vra

Download the English Translation: Pray that God’s will be done

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading