Skip to main content

Matteus 2:1-12 – Epifaniefees

Die begin van die jaar is ‘n goeie tyd om te stop en na te dink oor ons lewensreis:  waarheen is ons op pad?  Wat verwag ons om te vind?  Die verhaal van Matteus 2 herinner ons dat ons moet onderskei, dat ons God op onverwagse plekke en maniere kan ontmoet en dat alles om God se eer gaan.

Verwelkoming & Afk.

Epifaniefees

Toetrede Lied 353 Die Heiland is gebore (al drie verse) (Staan)

Votum (Jesaja 60:1-6)

Seëngroet

Lofsang Lied 340 Kom ons loof die Jesuskind (al drie verse) (Staan)

Doop

Toewyding Lied 287:3 (staan)

Gebed

Skriflesing Matteus 2:1-12

Preek

Die Legende van Ouma Befana deur Tomie DePaola

 

Storie teks vandag,

storie van tekens sien

en erken,

van onderskei

en van reis.

 

Wonderlike teks vroeg nuwe jaar –

immers tyd mense natuurlikerwys lewe in oënskou neem,

nadink waar is,

waarheen op pad.

 

Nooi om vandag

hierdie verhaal wyse manne

soek Koning,

teken in sterre gesien,

gebruik,

nadink lewe –

verlede jaar,

jaar voorlê.

 

Watter ster volg?

Waarheen op pad?

Dink 2013 –

wat ding elke dag uit bed laat opstaan,

meeste tyd opgeneem?

 

pad van 2014 voor jou oop lê…

waarmee dink gaan besig wees?

Waarheen hoop gaan lei?

 

Wil vanoggend 4 goed uitlig

ons van ons reis leer by verhaal van wyse manne:

 

1.  Kyk na die tekens,

Ek en Henry reis graag.

Vreemde, onbekende plekke.

GPS om ons te lei.

 

Maar ook gou geleer,

toe jaar of wat gelede van Fouriesburg tot omtrent by Baberton

(oordryf!)

grondpad gery –

kan nie nét op GPS staatmaak!

 

So gebruik GPS,

kyk voor tyd Google Maps,

werk roete uit,

sit ek ook nog met padkaart.

 

Bel vriende –

Cradock pad oop?

Vind uit hoe pad lyk.

 

Selfde met lewensreis.

Kan natuurlik net rigting inslaan,

voort foeter,

nie eers dink waar is,

waarheen gaan…

kruispaaie so spoed tref,

net rigting inslaan sonder oorweeg.

 

Maar wyse manne

lewe gewy tekens bestudeer.

 

Ek dink goeie voorbeeld ons om van kennis te neem.

Sê nie sterre bestudeer nie!

Maar kennis neem van waar is,

wat aangaan,

waarmee Here besig is,

in ons lewens,

in wêreld –

lewens daarvolgens rig,

doen wat God deur omstandighede van ons vra.

 

Beteken fyn oplet,

luister.

Ander raadpleeg,

reflekteer wat aangaan.

 

Miskien goeie idee,

hier begin 2014,

onderneem nie só besig te raak,

so opgevang te raak in lewe,

dat blindelings pad ry –

soos pad elke dag ry,

later nie weet hoe by huis gekom.

 

Maar oplettend wees,

fyn ingestel op wat om ons aangaan.

 

Kyk na die tekens, luister na God

Maar uiters NB nie net na tekens kyk –

nie net omstandighede in ag neem,

mede-gelowiges raadpleeg –

maar self ook na God luister.

 

Wyse manne sien teken in hemele,

volg ster,

raadpleeg geleerdes.

Herodes vra:  laat my weet,

wil hulde bewys.

 

Logiese ding te doen!

Al tekens wys dat reg is.

 

Maar God sê anders.

Ons moet omstandighede in lewe in ag neem,

sien wat om aangaan,

mede-gelowiges raadpleeg.

 

Maar veral,

na God luister.

 

Gevaar bestaan

dat luister na God stem uitkontrakteer –

ander gelowiges

dominee in erediens

selfs boekies waarin ander vertel wat by God hoor.

 

Niks van hierdie goed sleg!

Inteendeel –

deel van tekens kyk.

 

Maar MOET ook self na God luister.

Deur in verbondenheid God te leef,

deur te leef in Woord van God.

 

Besef baie van ons nie weet hoe –

klink half vreemd.

Maar God praat ons almal –

soms net leer stem onderskei,

daarom iets soos dissipelskap.

 

As voel hierdie deel van preek:  luister na God –

weet nie lekker waaroor dit gaan –

kyk uit dissipelskap indeling.

 

2 Onverwagse plekke

Tweede ding verhaal wys

is dat op hierdie reis,

wanneer tekens fyn dopgehou,

is dit wat ons vind

soms anders as wat ons verwag het,

bring die Here ons soms op onverwagse plekke.

 

Wyse manne sien teken,

weet koning.

Hulde bewys –

soos doen vir koninklike.

Gaan na logiese plek –

Jerusalem.

Immers plek waar verwag nuwe koning te vind.

 

Maar hierdie koning nie tussen magtiges in Jerusalem.

Tussen armes,

vergetes,

in Betlehem.

In stal.

 

Nie koninklike afkoms –

maar jong meisie.

 

Inplaas van prag en praal soos van koninklike sal verwag,

broos,

baba,

krip,

omring nie koninklikes,

magtiges,

prag en praal –

maar onreines,

verstotenes –

skaapwagters.

 

Baie keer God volg,

idee in kop van waar ons gaan uitbring.

OMDAT spesifieke prentjie het van God –

dalk magtig,

groot wese in hemel sit,

helder,

blink,

kroon op kop,

septer swaai

alles vir ons in plek val

soos wat ons gehoop.

 

Maar dan eindig op ander plek.

Toe glad nie so indrukwekkend as gehoop.

Teleurstellend dalk.

 

Want God ons aanbid,

openbaar homself

as kind

in krip

in stal,

tussen mense samelewing verstoot,

want vuil,

arm,

onbelangrik.

 

Verwag God ons vyande uitwis,

magtige donderslae bose oorwin…

en oorwin

deur gemartel te word

in skande en vernedering te sterf.

 

As God soek,

nie vind –

dalk omdat na verkeerde goed kyk.

 

God verras ons telkens,

is telkens op plekke

in omstandighede

ons nie verwag het.

 

As ons dan in 2014 op ander plekke kom

as wat verwag (gehoop?) het,

mag ons vanjaar God in onverwagse plekke

en op onverwagse maniere

ontmoet.

 

3 Rigtingverandering

Derde ding storie wyse manne ons wys,

is dat ontmoeting met God ons van rigting laat verander.

 

Wyse manne van plan terug na Herodes –

immers regte protokol,

koninklike ding te doen.

 

Maar ontmoeting met God

lei tot ander pad,

nuwe rigting.

 

Baie keer op ’n pad,

niks mee verkeerd,

verloop relatief goed…

ontmoet God –

en hele lewe verander totaal.

 

Juis OMDAT God in krip is,

aan kruis,

nie in prag en praal,

maar in weerloosheid,

lei ontmoeting met God altyd tot her-oriëntasie.

 

Wanneer God ontmoet,

word ons gedring alles waarmee ons besig is,

pad waarop ons is,

wat ons as NB beskou,

te heroorweeg.

 

Wat voorheen as belangrik beskou,

ontdek nie so belangrik.

 

Dan ook, hier begin 2014,

goeie tyd lewe te oorweeg,

dink oor wat belangrik is –

en wat nie.

Oor watter pad die regte pad is –

en watter pad nie.

 

Om dan regte rigting in te slaan,

soos wat leer uit ontmoeting met God.

4 Dit gaan om God

Want dit is die laaste ding wat hierdie verhaal hierdie week vir my leer:

dat die reis om God gaan.

Om sy plan.

Om sy eer.

 

Nie om wyse manne,

of om Herodes.

Om God.

 

Wyse manne kniel,

bring eer,

geskenke.

 

Dis moeilike een die.

Om werklik te erken dat hele lewe om God gaan.

Klink mos nie reg nie.

My lewe gaan tog om my,

my sukses,

dinge waarmee ek besig is.

 

Hierdie verhaal leer

dat gaan om God,

waarmee hy besig is.

 

Dit belangrikste ding wat begin 2014 kan doen:

lewe aan God oorgee,

sê my planne,

my roetes,

my verwagtinge…

maak nie saak nie.

 

Lewe aan God oorgee,

sy wil soek,

sy eer soek –

leef op manier aan hom hulde bring.

 

Dis bv. hoekom elke week dankoffer in erediens opneem –

kan mos ander maniere ook doen.

Deel van liturgie,

waarin God loof,

God luister –

ook aan God toewy,

dankoffer simbool oorgawe,

sê:  alles in lewe,

in my lewe,

gaan om God.

 

Dalk is dit dan vandag die groot uitdaging:

voor krip kniel,

sê:  DIT is waaroor dit gaan.

 

Met alles in kop wat vanjaar beplan,

verwag,

voorlê…

 

Om dan te sê:

ek beskou alles as waardeloos,

want om Christus Jesus, my Here, te ken,

oortref alles in waarde. (Fil. 3:8)

 

Kom ons gaan vanjaar saam op hierdie reis.

Luister fyn, soek na God, volg hom.

Gereed om verras te word,

gereed om van rigting te verander…

omdat dit nie oor ons gaan nie,

maar om God se eer.

Gebed

Dankoffers

Slotlied Lied 372 Hoe glansryk blink die môrester (1 & 4) (staan)

Seën

Respons Lied 372 refrein

 

Epifanie, Matteus, preek

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.