Skip to main content

Author: Rethie van Niekerk

1 Korintiërs 3:10ev

Jare gelede het ek gelees van ’n fenomeen in ’n sekere area in die VSA – Austin, Texas.  Hulle noem dit “Austin Clay”.  Dit ’n tipe grond wat glad nie anders lyk as ander grond nie.  Dit lyk maar soos gewone grond.  Maar as jy ’n huis daarop bou, gaan jy probleme hê.  As daar baie reën val, word die klei sag – so sag, dat die huis effens wegsak.  As daar droogte is, word die klei kliphard, sodanig dat dit die huis opdruk en die huis effens skuif.  Dan kan deure nie toemaak nie, vensters nie oopmaak nie en daar verskyn krake in die fondasie.  Sommige fondasies kan selfs middeldeur skeur, sodat die huis sink.

Blykbaar is daar ook baie rots in Austin.  Mense neem net aan – omdat daar so baie rots is – dat hul huise op rots gebou is.  Tot die dag wanneer hulle uitvind dis op Austin Clay gebou.  Dan is dit tickets vir jou huis.

Dis natuurlik dieselfde hier in Somerstrand.  Jy kan nie sommerso ’n effense fondament gooi en begin bou nie.  Jy moet ekstra moeite in die fondament insit, sand kompakteer, die fondament breër bou – anders, as jy weer kyk, gaan die mure gaan begin kraak en gaan jou huis begin wegsak in die sand.

Die fondament waarop jou bou is lewensbelangrik.  Dis dieselfde wat Jesus sê in Matteus 7, wanneer hy praat van dwase wat hul huis op sand bou en wyses wat hul huis op rots bou.

Continue reading

Miga 6:1-9

Wanneer ons hoor “afgode”,  dink ons goue beelde.  Maar die versoeking om afgode te aanbid, is vandag erger.  Dis gevaarliker in ons tyd waar sosiale en ekonomiese strukture maklik afgode word.  In ons kultuur van individualisme en prestasie  en welvaart, word ons verbruikers – ook van geloof; en maak ons van God en van geloof ’n kommoditeit.  En dan begin ons goed aanbid asof dit God is en ons behandel mense asof hulle goed is.

Continue reading

Psalm 29, Jesaja 42 en Matteus 3 Preek 8 Januarie 2017

Die Keltiese Christelike tradisie praat hulle van verskynings van God as “dun plekke”, plekke waar die grens tussen die gewone en ewige vervaag, waar God die gordyn effens wegtrek en ons ’n kykie kry op sy liefde, mag en majesteit.  Plekke waar ons die hemel sien.  Hierdie dun plekke – die verskyning van God, Epifanie – laat ons toe om onder die gewone oppervlak te kyk en die buitengewone te sien.  Om God te sien.

Die probleem is, natuurlik, dat meeste van ons nog nie ’n helder ster gesien het wat ons na die koning lei, of die hemel sien oopbreek en die Gees wat soos ‘n duif neerdaal met ’n stem uit die wolke nie.  Ons het nie water sien wyn word of Jesus se klere met wit lig sien gloei op ’n bergtop nie.

Psalm 29 beskryf God se stem en sê dit  kloof die seders van die Libanon oop!  Maar meestal, wanneer die jaar nou aan die gang kom en ons elke dag werk toe ry en saans help met huiswerk…  dan is dit asof die stem van God stil is, die hemel toe.  Asof daar geen dun plekke is nie.  Terwyl ons met ons hele wese epifanie begeer – nie net vir ’n seisoen in die kerkjaar nie, maar vir ons hele lewe.

Continue reading

Psalm 72 | Preek | Nuwejaarsdag 2017

Terwyl die Psalm vandag so praat van die koning, het ek vir julle die foto gebring:  Prins William en Kate, die Hertogin van Cambridge, se Kerskaartjie, met Prins George en Prinses Charlotte.  Maar die wen-koninklike-Kerskaartjie van die jaar is sekerlik die een van Monaco se Prins Albert met ons eie Prinses Charlene, Prins Jacques en Prinses Gabriella.

Kerskaartjies ten spyt, oor die algemeen was 2016 nie ’n goeie jaar vir leiers nie.  Almal het aanvanklik gedink dis ’n grap, maar Trump is een van die dae amptelik die president van die VSA.  Ons eie president word dikwels ’n grap van gemaak, maar as jy terugkyk oor die jaar, dink ’n mens aan beelde soos jong meisies met papiere wat sê: #rememberkwezi, of aan die Guptas.

En vandag begin ons 2017 met Psalm 72.

Continue reading