Leef: Matteus 11:2-12
11 Desember 2016
Matteus 11:2-12
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Annelet Slazus, Leef, Preke. No Comments on Leef: Matteus 11:2-12
11 Desember 2016
Matteus 11:2-12
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Leef, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Matteus 3:1-12 Preek – 4 Desember 2016
“Amazing Grace, how sweet the sound, that saved a wretch like me.” Dis die woorde van John Newton, wat mense oor die eeue aan die hart gryp. Amazing grace… Wretch… Ellendeling
En as jy John Newton se storie ken, dan maak hierdie lied soveel sin. Hier was ’n ou, ’n slawehandelaar, wat vir ’n groot deel van sy lewe nie net met slawe gehandel het nie. Hy was die kaptein van skepe wat slawe ontvoer het uit hul eie land en in die weste verkoop het. En Newton kom tot bekering. Hy skryf: “Amazing Grace, how sweet the sound that saved a wretch like me.” En ’n wretch, dink ek sal meeste van ons saamstem, was hy beslis.
Maar hierdie lied het Newton geskryf terwyl hy nog betrokke was in slawehandel. Hy kom tot bekering in 1748. En hierdie bekering, hierdie ellendigheid waaroor hy skryf, was, volgens sy eie getuienis: vloek, dobbel, drink. Hy het aan homself gedink as ellendeling, omdat hy gevloek, gedobbel en gedrink het. Met sy bekering het hy daarmee opgehou. Maar dit sou nog 40 jaar wees, voordat hy sou opstaan teen slawerny. Veertig jaar waarin hy gedink het bekering is om op te hou rummikub speel. Dit het 40 jaar geneem voordat hy kon sien – en sê – dat slawerny sonde is.
Dan maak dit heeltemal sin dat woorde soos “sonde, toorn, oordeel, bekeer”, nie meer woorde is wat ons kultuur gemaklik gebruik nie. Want eeue lankal word dit misbruik om ons aandag af te trek van die eintlike probleem. Laat dit die fokus op kleinlike nietighede val, terwyl dit groot onregte verskuil.
Maar dis jammer dat ons só oorreageer, dat ons glad nie wil praat oor sonde, oordeel en bekering nie.
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in (Re)gifted, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on ‘n Voorbeeldige lewe – Jesus
13 November 2016
(Re)gifted: ‘n Voorbeeldige lewe – die sakramentele / ge-inkarneerde stroom
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in (Re)gifted, Annelet Slazus, Preke. No Comments on ‘n Lewe in die Krag van die Gees: Skaapwagters
6 November 2016
(Re)gifted: ‘n Lewe in die krag van die Gees – ‘n Charismatiese lewe – skaapwagters
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in (Re)gifted, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on ‘n Lewe van Deug: Josef
Matteus 1:18-25
Ek hoop jy sien vanaand hoe verskillende strome by mekaar pas. ’n Lewe van gebed, lei tot ‘n lewe van deug, lei tot ’n lewe van omgee. Die strome hoort baie nou saam. As jy net een stroom het, sonder die ander, dan kan geloof skeeftrek. Dan lei dit tot goed soos die kruisvaarte en die goed wat tans vir gelowiges so ’n slegte naam gee.
Vanaand gesels ons oor Josef. Ons weet nie veel van hom nie. Ons weet hy was ’n ou wat met sy hande gewerk het. Maar ons sien uit sy storie drie goed, wat ons verder gaan ontwikkel met ’n paar ander lense:
Daarom
Die hele Bybel praat baie oor heiligheid! Een so plek, wat bietjie van ’n “bad rap” gekry het, is Jakobus. Ons dink altyd die boek gaan oor dade. Maar dis nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan eintlik oor die BRON van dade, die HART van deug.
Jakobus is bekend daarvoor dat hy sê (2:17) geloof sonder dade is dood. Maar dit gaan nie oor dade nie! Dit gaan oor geloof.
Jak 3:11-12: 11 ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 12 ‘n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of ‘n druiwestok vye nie. ‘n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!
’n Lewe van deug is dus weereens nie in die eerste plek wat jy doen nie, maar aan wie jy connected is, waar jou dade vandaan kom.
’n Paar weke gelede het ek vinnig verwys na die storie van twee honde: ’n Oupa vertel vir ’n seuntjie dat ons almal twee honde of wolwe in ons het, wat voortdurend met mekaar baklei. (Dis ’n ander weergawe van jou ma se engeltjies op jou skouer.) Een hond verteenwoordig deug, liefde, vriendelikheid, omgee. Die ander verteenwoordig haat, woede, gierigheid. Die seuntjie vra: “Watter een wen?” Oupa antwoord: “Hang af watter een ek voer.”
’n Lewe van deug sê dat jou lewe gaan wys watter hond jy voer.
Dis die ding wat my die heel meeste ontstel van FMF – dit lyk my ons is besig om die verkeerde hond te voer. Wanneer slegte goed gebeur, reageer ons met haat en wraak, in stede van liefde, diensbaarheid. En ons voer daai hond! Ek het vanoggend gesê: ons haat raak soos kosbare kleinood wat ons koester, versorg en voer! Ons het almal hierdie ding in ons: wanneer iemand wat ons dink ’n “bad guy” is, sy verdiende loon kry, dink ons “goed so” en kry ons lekker.
But we lean into our sinful nature. En hoe meer ons ons sondige natuur voer, hoe meer raak dit wie ons is, hoe meer verslind dit die goeie in ons. En as ons almal dit gaan doen, dan is ons in ons kanon in. Dan gaan ons hele land en ons hele wêreld sy jy weet wat sien.
Ons enigste hoop, is Christene wat nié hul sondige natuur voed nie, but choose to walk in the opposite spirit. Dis hoekom ek so trots is op die van julle water gaan uitdeel het, wat mense van die kampus af begelei het – dit wys watter hond jy voer!
Richard Foster definieer holiness as The ability to do what needs to be done. Being response-able: able to respond appropriately to the demands of life.
Weereens, ons praat nie hier van die simpel “rook nie drink nie” storie nie. ’n Lewe van deug is NIE ’n klomp reëls en wette nie. Lang lyste van moets en moenies mis die hele punt. Dit gaan oor die fokus van jou hart: ’n Hart gefokus op God, wat Sy wil doen en van binne af verander word.
Dis nie altyd so eenvoudig om te weet wat reg en verkeerd is nie. As ons vanaand meer tyd gehad het, sou ek vertel het van Bonhoeffer, vir baie ’n voorbeeld van ’n lewe van deug – wat deel was van ’n komplot om Hitler te vermoor. Moord is verkeerd!
Deugdelikheid is ook nie “otherworldliness”, om op jou neus af te kyk na die wêreld en niks van die wêreld e kyk of luister of besoek nie.
Deug is om in hierdie wêreld, in die gewone lewe, die heiligheid ook in hierdie lewe raak te sien. Dis nie om perfek te wees nie. Dis om te groei, om al meer God se heerlikheid reflekteer.
En hoe ons dan optree, is die die gevolg eerder as die oorsaak. Ons tree nie reg op sodat God ons sal liefhê nie. Ons tree reg op, omdat God ons lief het. Omdat die regte hond gevoer is. Omdat die regte optrede uit ons binneste vloei.
En dan wil ek baie graag baie prakties vra: Hoe lyk deugdelike lewe hier en nou? Ek het vir Amos gevra vir ’n binne-perspektief op FMF.
Ek wil jou vra: luister. Probeer regtig die kwaai hond wat net wil reageer uit jou seerkry van die afgelope weke, jou vrees oor die toekoms, jou woede oor die goed jy gesien en beleef het, vir eers in die hoekie vasmaak. Probeer regtig in liefde luister en verstaan.
Dalk hou nie van alles wat Amos sê nie. Dis goed – daarvoor het ons onderskeidingsvermoë nodig. Dalk maak dit jou ongemaklik: bly in die ongemak. Dis ’n plek van groei.
Build you kingdom here
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Leef, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Habakuk 1:1-4 en 2:1-4
Ons sink al meer en meer weg in haat. Asof ons liefdeloosheid omarm en koester. Ons antwoord haat met haat, geweld met geweld. Ons kry lekker wanneer ons hoor van geweld en wraak. Haat en getwis en wraaksugtigheid word soos ’n monster wat ons insluk.
Die heel ergste is: Habakuk se woorde is vir 2500 jr. al waar.
Dan werk die tradisionele antwoorde nie meer nie.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.