Skip to main content

Author: Rethie van Niekerk

1 Kronieke 29 Alles behoort aan God

Aanddiens 9 Oktober 2016

Votum

Ps 24:1

Preek

Oor watter saak (behalwe God self!) dink jy praat die Bybel die meeste?  Wie dink dis liefde? Geloof? Gebed?

Daar is ongeveer 500 teksverse oor gebed in die Bybel, minder as 500 oor geloof en ongeveer 500 oor liefde, maar 2 350 verse oor geld en besittings;  in die vier Evangelies handel een uit elke tien verse direk oor geld;  16 van die 38 gelykenisse wat Jesus vertel het,  handel oor die regte aanwending van geld en besittings.  Die Bybel praat vyf keer meer oor geld as oor enigiets anders!

Continue reading

Jeremia 32 Preek

Ek was die afgelope week  by die Universiteit van Pretoria.  Dinsdagoggend het ons teetyd gehad op kampus, met filterkoffie en cupcakes (kolwyntjies), toe ’n groep studente singend en dansend ingestap kom.  Dit was nogal snaaks:  hulle gesigte was op ’n knop, hulle kom maak nou moeilikheid.  Maar toe hulle die eet- en drinkgoed sien, verhelder hul gesigte:  jackpot!  Hulle het ingestap en ons eet- en drinkgoed gevat.  Iemand het vir hulle ’n skinkbord gehou en gesê:  “Julle kan kry,  maar gedra jou, vra mooi.” So die studente het ’n ry gemaak, een-een gevat, dankie gesê.  Met die uitstap (ek het by die deur gestaan) het hulle dankie gesê.

Terwyl ek in Pretoria gesit het, lees ek dat hier donderbuisie en rubberkoeëls gebruik is.  Ek weet nie wat gebeur het nie, ek het nog nie met studente gepraat nie.  Maar as ek hierdie storie vertel, is die reaksie byna universeel woede.  Soos die outjie van Touwsrivier.

Dis hoekom ons Jeremia 32 moet lees.  Want ons land is droog en die universiteite is toe en die paaie is vol brandende bande of slaggate.  Dan praat ons nog nie eers oor kinders wat nie leef soos ons hulle geleer het of probleme van hul eie in die gesig staar of ons eie finansiële nood of huweliksmaats wat net nie… tsu.  En Jeremia koop grond.

Continue reading

Bells Challenge: Luister

Bruce Demarest sê:

A quieted heart is our best preparation for all this work of God. . .  Meditation refocuses us from ourselves and from the world so that we reflect on God’s Word, His nature, His abilities, and His works. . .  . So we prayerfully ponder, muse, and “chew” the words of Scripture. . .  The goal is simply to permit the Holy Spirit to activate the life-giving Word of God.

Continue reading