Skip to main content

Author: Rethie van Niekerk

Dit is volbring – Goeie Vrydag 2017

Verlede Sondag, terwyl ons Sondag van die Passie gevier het en baie ander kerke Palmsondag, was daar twee selfmoordbomaanvalle op kerke in Egipte. Waar hulle besig was om Jesus se triomfantlike intog in Jerusalem te vier.

Toe ek by die huis kom en die berigte sien, het ek gedink: Goeie Vrydag móét iets hieroor sê. As Jesus se kruisdood nie vir ons iets kan sê oor hierdie gebeure nie, oor die onbeskryfbare pyn en gebrokenheid van ons wêreld – van Christene wat Jesus se oorwinning vier en in die proses vermoor word nie – wat kan dit vir ons sê?

Ek het ook stories gelees van ’n polisieman wat die selfmoordbomaanvaller omarm, sodat hy nie in die kerk kan ingaan nie. Mens hoor van die grasie waarmee die Christene in Egipte optree.

Ons het natuurlik grootgeword met die gedagte dat Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het. Almal van ons (en die hele liedboek) sal basies iets sê soos: ons sonde moet gestraf word, Jesus het ons sonde op hom geneem, sodat ons kan hemel toe gaan. Ons dink dis wat die kruis beteken, dis ons almal se onmiddellike antwoord: vir my sonde, sonde vergeef, hemel.

Maar wat beteken dit vandag? In Egipte? Of Swede? Of SA, waar almal die laaste weke om verskillende redes betoog het? Wat beteken dit vandag vir ons dat Jesus meer as 2000 jaar gelede aan kruis gesê het “Dit is volbring”?

Continue reading

Psalm 31 Preek – Die regte goed in die regte hande

Ek spot altyd: toe “ball sense” uitgedeel is, het ek agter in die ry gestaan en toe nog boonop mis gevang ook. ’n Rugbybal in my hand is… uhm – waarskynlik nie meer in my hand nie. ’n Rugbybal in dok Hannes se hand maak internasionale kampioene! Ek kan so bietjie aangaan: ’n Trekklavier in my hand klink soos ’n sterwende donkie. Dieselfde trekklavier in Langpiet se hand, kan spinnekoppe laat dans. ’n Verfkwas in my hand voorspel iemand gaan moet skrop. In Rina se hand is dit ’n asemrowende kunswerk. ’n Clivia (of enige plant) in my hand voorspel ’n dooie Clivia. In Christine hand voorspel dit ’n pragtige, rustige tuin. Ons almal kan sulke voorbeelde noem! Dis belangrik dat die regte goed in die regte hande kom.

Continue reading

Johannes 11 Lasarus Preek

Die gawe van lewe

Daar is minder wonderwerke in die Evangelie Johannes as in die ander evangelies.  Sewe, om presies te wees.  Hierdie 7 wonderwerke is elkeen meer as ’n wonderwerk.  Dis ’n “teken”, wat dui op een of ander waarheid oor God en Jesus.  Hierdie is die mees verteenwoordigende een, ’n toonbeeld van wie Jesus is en wat Jesus doen.  Jesus het gekom om die gawe van lewe te gee.

Continue reading

Johannes 9 Preek

Vandag se Skriflesing vertel so storie van sig en blindheid.

Een van die beelde wat Jesus gebruik om te sê wie hy is en wat hy doen in gelowiges se lewens, is die beeld van lig.  Kort voor die gebeure in vanoggend se Skriflesing, in Joh. 8:12, sê Jesus: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Jesus is die openbaarder deur wie God se plan en doel met menslike lewe openbaar word.  En hoe ons reageer op daardie lig, is bepalend:  Lig kan jou pad verlig, of as jy hardkoppig na die lig bly staar sonder om die mag daarvan te erken, kan dit jou verblind.

Continue reading

#joymustrise

“We as a people are much more inclined toward negativity and cynicism.  We don’t find it easy or natural to pursue joy. And that’s why God in His Word actually command us to celebrate. We must wrestle for our blessing. We must fight for our joy.”

Continue reading