Vreesloos 07: Sê-nou die ergste gebeur? Donderdag
Enige iemand kan bestuur as hulle op hul pa se skoot sit. En enige iemand kan bid as hulle op hul Pa se skoot sit. Gebed is om op God se skoot te sit en ons hande op sy stuurwiel te sit. Hy sal die spoed en die skerp draaie hanteer. Maar ons kan met hom praat. Ons kan vra: neem hierdie beker weg. Hierdie siekte; hierdie finansiële krisis; hierdie gevaar en haat en konflik; hierdie droogte, hierdie korrupte leiers. Dis al wat gebed is.