Skip to main content

Author: Rethie van Niekerk

Lukas 14 Aan tafel met Jesus

Votum

Vandag  is Bybelsondag. Dis ook vandag Sondag vir Persone met Gestremdheid. Verder is vandag ook spesiaal, want ons verwelkom aanbid vandag saam met lidmate van die VGK Bloemendal. Ons is almal saam aan die Nagmaalstafel.

Dis wonderlik dat al hierdie dinge vandag gebeur, want dit herinner ons:   Almal is welkom by Jesus se tafel!  Daar is genoeg plek.  Niemand is uitgesluit. Jy is welkom.

Continue reading

Bells Challenge: ‘n Nuwe Stel Gewoontes

Aristoteles het gesê: We are what we repeatedly do. Excellence, then, is not an act, but a habit.

Frost sê ons kan dit ook van geloof sê:  geloof is nie net een ding wat ons doen nie, maar ’n gewoonte.

En ons gewoontes vorm ons, vorm ons diepste oortuigings.

Continue reading

Jesaja 5:1-7 Preek

Picture1’n Mens besef nie altyd wanneer jy midde-in geskiedenis leef nie.  Dat die oomblik wat jy nou beleef, ’n oomblik is waaroor die wêreld vir jare gaan praat nie.  Maar ek dink die twee laaste weke was so ’n tyd.  Suid-Afrika het opgestaan en begin sê:  “Nie weer nie.  Genoeg.”  En in ’n ikoniese beeld wat waarskynlik vir altyd in ons kollektiewe geheue geëts sal wees, het vier vroue bewend opgestaan – tjoepstil – en mag op sy kop gekeer en onreg ontbloot.  So op die vooraand van vrouedag, wat ons herinner aan die onreg van ons verlede en die vroue wat opgestaan het en gesê het: “genoeg.”  Vrouedag.  Vier vroue met handgeskrewe plakkate wat ons herinner dat 1 uit 3 vroue in SA verkrag word (sommige statistieke sê 1 uit 2), dat daar elke 6 dae ’n vrou in SA deur haar lewensmaat vermoor word.

Wat ’n ironiese tablo was die afgelope twee weke nie!  Die skrille kontraste wat in gelid staan.

Die Here het verwag dat daar reg sou wees, maar daar was net onreg, dat daar geregtigheid sou wees, maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes.

sê Jesaja 5.

Continue reading