Skip to main content

Author: Rethie van Niekerk

Vreesloos 01: Vrees vir God – Hemelvaartdiens

As dit lank terug was dat ons beeld van God ons knieë lam gemaak het, dan verklaar dit ook hoekom ons vrese ons verlam.    Want wanneer Christus groot is, is ons vrese nie.  Hoe groter ons beeld van Christus is, hoe kleiner word ons vrese.

Continue reading

Afskeidsgesprekke – Johannes 13-17 Preek

Een van die (magdom) wonderlike dinge van die evangelie van Johannes, is dat Jesus se openbare bediening effektief klaar is teen die einde van hoofstuk 12.  Maar die verhaal van sy lyding en sterwe, word eers vertel van hoofstuk 18.  Tussen-in (hoofstukke 13-17) is dit asof die hele evangelie in stadige aksie beweeg.  Jesus eet saam met sy vriende, hy was hul voete wys sy verraaier aan.  Nou wil Jesus hulle voorberei vir wat voorlê.  Hy gaan weg.

Hievandaan, van hierdie tafelgesprekke – afskeidsgesprekke – vertrek Jesus direk na Getsemané.  Maar vir nou praat Jesus met sy vriende, deel hy die laaste paar goed met hulle.

Dink jou in:  jy gaan weg.  Na ’n leeftyd saam met jou kinders,  waartydens jy  hulle na die beste van jou vermoë voorberei het vir wat voorlê, is dit nou jul laaste oomblikke saam.  Hierna is jy weg.  Hulle gaan moet leef van wat jy hulle geleer het.  Wat sal jy wil sê?

Continue reading

Lukas 24 Preek: Op pad tussen nou en nog nie

Skoenlappers is nie net ’n goeie simbool van die graf en opstanding nie, maar ook van ons lewe en geloof, van die tussen-in tyd – tussen dood en lewe, tussen wanhoop en hoop, tussen blind en sien.  Die woord wat mense dikwels vir hierdie tussen-in fase gebruik, is liminaliteit.  Blykbaar kom dit van die Latyn “limen”, wat “drempel” beteken.

Continue reading

Paasfees 2017 Preek Kolossense 3

As jy iemand wil leer ken, wil weet wie hulle is en wat hulle laat tiek, dan wil jy altyd hulle storie leer ken.  Want jou storie – waar jy vandaan kom, wie jou mense is, wat in jou lewe met jou gebeur het – sê wie jy is.  Dit bepaal tot ’n groot mate jou waardes, jou keuses.  Ek is bv. gebore in Kimberley.  Ek het my hele skoolloopbaan op platteland deurgebring.   Ek het op Stellenbosch studeer, so ek is ’n Matie.  Maar eintlik moet jy verder teruggaan in my storie as jy my wil ken.  My ouma en oupa was nie geleerde mense nie.  Hulle het hard gewerk sodat my pa kon gaan leer.  Ons familie ag vandag harde werk en geleerdheid hoog.

Die storie van Paasfees, is ons storie.

Continue reading