Skip to main content

Tag: preek

Numeri 6 – Die Here sal julle seën

Die hele Bybel is vol van die gedagte van God wat ons seën – van begin tot einde! Soos wat God se liefde ’n lyn regdeur die Bybel is, so is God seën ‘n lyn regdeur, ’n sentrale tema van die Bybel.

Heel aan die begin, by die skepping al, seën God die mens (Genesis 1:28).  Dis die kern van die verbond: dat God vir Abraham seën om ’n seën te wees (Gen. 12:1-3). Jesus begin die bergpredikasie deur dieper betekenis aan seën te gee (Matteus 5).  En Openbaring trek die seën deur tot heel aan die einde.

God se seën is ’n deurslaggewende sleutel om die Bybel, God se ganse plan met die mensdom, te verstaan.  Dit is ’n kern aspek van God se plan.  God wil ons seën.

Maar wat is hierdie seën?

Continue reading

Genesis 21:9-21 Familiediens preek

Woestyne is belangrike goed – in die Bybel en regdeur die Christelike tradisie tot in elkeen van ons se lewens.  Soms kies mens ’n woestyn – soos Hagar in Gen. 16.  Soms is woestyne iets wat met jou gebeur, soos in Gen. 21.  Dikwels is woestyne iets wat God toelaat.

Verskillende dinge in ons lewens voel vir ons soos woestyne.  En verskillende dinge bring ons by ons woestyne uit.  Maar in hierdie verstaan van woestyne is woestyne plekke van swaarkry; plekke van alleenwees; plekke van versoeking om ons eie planne te maak of om op te gee.  Dit is plekke van verlies, plekke waar ons twyfel oor God se teenwoordigheid.  Plekke waar ons heeltemal gestroop is van onsself, van al die geraas wat ons doof maak, van al die sekerhede waarop ons staatgemaak het.

Ons kom ook – in ’n leeftyd soms ’n hele paar keer – by skrikwekkende plekke waar dit voel asof daar nie meer hoop is nie.

Hagar lê haar seun onder ’n bos neer – die bewoording gee letterlik die idee van neerlê in ’n graf.  Sy gaan sit ’n ent weg – die pyn is te veel, sy wil nie haar seun se swaarkry sien nie.

En agter Hagar en Ismael aan het God gestuur

Die engel van geregtigheid.

sê Cussons.

Continue reading

Vreesloos 01: Vrees vir God – Hemelvaartdiens

As dit lank terug was dat ons beeld van God ons knieë lam gemaak het, dan verklaar dit ook hoekom ons vrese ons verlam.    Want wanneer Christus groot is, is ons vrese nie.  Hoe groter ons beeld van Christus is, hoe kleiner word ons vrese.

Continue reading

Afskeidsgesprekke – Johannes 13-17 Preek

Een van die (magdom) wonderlike dinge van die evangelie van Johannes, is dat Jesus se openbare bediening effektief klaar is teen die einde van hoofstuk 12.  Maar die verhaal van sy lyding en sterwe, word eers vertel van hoofstuk 18.  Tussen-in (hoofstukke 13-17) is dit asof die hele evangelie in stadige aksie beweeg.  Jesus eet saam met sy vriende, hy was hul voete wys sy verraaier aan.  Nou wil Jesus hulle voorberei vir wat voorlê.  Hy gaan weg.

Hievandaan, van hierdie tafelgesprekke – afskeidsgesprekke – vertrek Jesus direk na Getsemané.  Maar vir nou praat Jesus met sy vriende, deel hy die laaste paar goed met hulle.

Dink jou in:  jy gaan weg.  Na ’n leeftyd saam met jou kinders,  waartydens jy  hulle na die beste van jou vermoë voorberei het vir wat voorlê, is dit nou jul laaste oomblikke saam.  Hierna is jy weg.  Hulle gaan moet leef van wat jy hulle geleer het.  Wat sal jy wil sê?

Continue reading

Lukas 24 Preek: Op pad tussen nou en nog nie

Skoenlappers is nie net ’n goeie simbool van die graf en opstanding nie, maar ook van ons lewe en geloof, van die tussen-in tyd – tussen dood en lewe, tussen wanhoop en hoop, tussen blind en sien.  Die woord wat mense dikwels vir hierdie tussen-in fase gebruik, is liminaliteit.  Blykbaar kom dit van die Latyn “limen”, wat “drempel” beteken.

Continue reading

Paasfees 2017 Preek Kolossense 3

As jy iemand wil leer ken, wil weet wie hulle is en wat hulle laat tiek, dan wil jy altyd hulle storie leer ken.  Want jou storie – waar jy vandaan kom, wie jou mense is, wat in jou lewe met jou gebeur het – sê wie jy is.  Dit bepaal tot ’n groot mate jou waardes, jou keuses.  Ek is bv. gebore in Kimberley.  Ek het my hele skoolloopbaan op platteland deurgebring.   Ek het op Stellenbosch studeer, so ek is ’n Matie.  Maar eintlik moet jy verder teruggaan in my storie as jy my wil ken.  My ouma en oupa was nie geleerde mense nie.  Hulle het hard gewerk sodat my pa kon gaan leer.  Ons familie ag vandag harde werk en geleerdheid hoog.

Die storie van Paasfees, is ons storie.

Continue reading