Skip to main content

Tag: preek

Dit is volbring – Goeie Vrydag 2017

Verlede Sondag, terwyl ons Sondag van die Passie gevier het en baie ander kerke Palmsondag, was daar twee selfmoordbomaanvalle op kerke in Egipte. Waar hulle besig was om Jesus se triomfantlike intog in Jerusalem te vier.

Toe ek by die huis kom en die berigte sien, het ek gedink: Goeie Vrydag móét iets hieroor sê. As Jesus se kruisdood nie vir ons iets kan sê oor hierdie gebeure nie, oor die onbeskryfbare pyn en gebrokenheid van ons wêreld – van Christene wat Jesus se oorwinning vier en in die proses vermoor word nie – wat kan dit vir ons sê?

Ek het ook stories gelees van ’n polisieman wat die selfmoordbomaanvaller omarm, sodat hy nie in die kerk kan ingaan nie. Mens hoor van die grasie waarmee die Christene in Egipte optree.

Ons het natuurlik grootgeword met die gedagte dat Jesus vir ons sonde aan die kruis gesterf het. Almal van ons (en die hele liedboek) sal basies iets sê soos: ons sonde moet gestraf word, Jesus het ons sonde op hom geneem, sodat ons kan hemel toe gaan. Ons dink dis wat die kruis beteken, dis ons almal se onmiddellike antwoord: vir my sonde, sonde vergeef, hemel.

Maar wat beteken dit vandag? In Egipte? Of Swede? Of SA, waar almal die laaste weke om verskillende redes betoog het? Wat beteken dit vandag vir ons dat Jesus meer as 2000 jaar gelede aan kruis gesê het “Dit is volbring”?

Continue reading

Psalm 31 Preek – Die regte goed in die regte hande

Ek spot altyd: toe “ball sense” uitgedeel is, het ek agter in die ry gestaan en toe nog boonop mis gevang ook. ’n Rugbybal in my hand is… uhm – waarskynlik nie meer in my hand nie. ’n Rugbybal in dok Hannes se hand maak internasionale kampioene! Ek kan so bietjie aangaan: ’n Trekklavier in my hand klink soos ’n sterwende donkie. Dieselfde trekklavier in Langpiet se hand, kan spinnekoppe laat dans. ’n Verfkwas in my hand voorspel iemand gaan moet skrop. In Rina se hand is dit ’n asemrowende kunswerk. ’n Clivia (of enige plant) in my hand voorspel ’n dooie Clivia. In Christine hand voorspel dit ’n pragtige, rustige tuin. Ons almal kan sulke voorbeelde noem! Dis belangrik dat die regte goed in die regte hande kom.

Continue reading

Johannes 11 Lasarus Preek

Die gawe van lewe

Daar is minder wonderwerke in die Evangelie Johannes as in die ander evangelies.  Sewe, om presies te wees.  Hierdie 7 wonderwerke is elkeen meer as ’n wonderwerk.  Dis ’n “teken”, wat dui op een of ander waarheid oor God en Jesus.  Hierdie is die mees verteenwoordigende een, ’n toonbeeld van wie Jesus is en wat Jesus doen.  Jesus het gekom om die gawe van lewe te gee.

Continue reading

1 Korintiërs 3:10ev

Jare gelede het ek gelees van ’n fenomeen in ’n sekere area in die VSA – Austin, Texas.  Hulle noem dit “Austin Clay”.  Dit ’n tipe grond wat glad nie anders lyk as ander grond nie.  Dit lyk maar soos gewone grond.  Maar as jy ’n huis daarop bou, gaan jy probleme hê.  As daar baie reën val, word die klei sag – so sag, dat die huis effens wegsak.  As daar droogte is, word die klei kliphard, sodanig dat dit die huis opdruk en die huis effens skuif.  Dan kan deure nie toemaak nie, vensters nie oopmaak nie en daar verskyn krake in die fondasie.  Sommige fondasies kan selfs middeldeur skeur, sodat die huis sink.

Blykbaar is daar ook baie rots in Austin.  Mense neem net aan – omdat daar so baie rots is – dat hul huise op rots gebou is.  Tot die dag wanneer hulle uitvind dis op Austin Clay gebou.  Dan is dit tickets vir jou huis.

Dis natuurlik dieselfde hier in Somerstrand.  Jy kan nie sommerso ’n effense fondament gooi en begin bou nie.  Jy moet ekstra moeite in die fondament insit, sand kompakteer, die fondament breër bou – anders, as jy weer kyk, gaan die mure gaan begin kraak en gaan jou huis begin wegsak in die sand.

Die fondament waarop jou bou is lewensbelangrik.  Dis dieselfde wat Jesus sê in Matteus 7, wanneer hy praat van dwase wat hul huis op sand bou en wyses wat hul huis op rots bou.

Continue reading