Skip to main content

Tag: preek

Romeine 8:12-17 Preek: Aangeneem

Ek is nou al in my 40’s.  My ouers het meer as ’n dekade gelede al getrek uit die huis waarin ek grootgeword het.  Wanneer ek by hulle gaan kuier, moet ek die klokkie lui.  Dan word die deur oopgemaak, word ek ingenooi, word daar vir my koffie gemaak – spesiale koffie, wat hulle spesiaal vir my aanhou, want hulle weet van my.  Terwyl ons koffie drink, word daar vir my sleutels van die huis gegee.  Nou is ek tuis.  Ek hoef nie te vra as ek iets wil hê nie.  Hiervandaan maak ek vir myself – en vir die ander – koffie.  Het ek self sleutels.  Al was ek lanklaas daar – ek is tuis.

Om God se kind te wees, beteken jy is altyd welkom by God.  Selfs al het jy drooggemaak.  Selfs al het jy érg drooggemaak, so erg dat jy gedink het jy gaan nóóit weer met die sleutels vertrou word nie, wat nog te sê in die huis ingelaat word.  As God se kind, is jy altyd welkom by God, al het jy afgedwaal.  Al het jy lanklaas gebel, al het jy jou rug op God gedraai.

Continue reading

Vryheid en Slawerny – Handelinge 16 Preek

In Charles Dickens se “Christmas Carol” sien die karakter Scrooge die spook van Jacob Marley, vasgebind in ’n lang ketting, gemaak van “cash-boxes, keys, padlocks, ledgers, deeds, and heavy purses wrought in steel.”

Wanneer Scrooge hom hierna vra, is sy antwoord:

 “I wear the chain I forged in life.  I made it link by link, and yard by yard;  I girded it on of my own free-will, and of my own free-will I wore it.  Is its pattenr strange to you?  Or would you know the weight and length of the strong coil you bear yourself?  It was full as heavy and as long as this, seven Christmas-eves ago.  You have labored on it since.  It is a ponderous chain!”

On/vry

Vandag se skrifgedeelte is ’n baie interessante speling met vryheid en slawerny, vryheid en gevangenskap.  Dit vraag:  wat is vryheid?  Wanneer is ’n mens vry?

Continue reading

Kyk anders na ontwrigting – Handelinge 9 Preek

Ontwrigtings heroriënteer ons.  Dit laat ons moontlikhede heroorweeg.  Dit laat die skille van ons oë afval en laat ons nuut sien, anders kyk.  Dit breek die ou perspektiewe af en maak moontlikhede oop waaraan ons nooit eers sou gedink het solank ons gemaklik en gerieflik voortgegaan het nie.

Dit veronderstel ’n diep kennis van wie God is, die wete dat ons by hom veilig is, vertroue in die wonders wat God deur wilde omwentelinge kan bewerk.

Dit is wanneer ons ophou om die ontwrigting te beveg, maar eerder te vra waar Jesus in hierdie ontwrigting is, dat ons oë kan oopgaan.

Ek weet nie wat die omwentelinge en ontwrigtings in jou lewe is nie.  Maar ek weet dat ons te maklik nuwe moontlikhede en nuwe verstaan en nuwe visie teëstaan omdat ontwrigting vir ons pynlik is.  Ek weet ook dat God kan aanhou om ons te verras en te verander en te verruim, wanneer ons na hom luister, ook wanneer dit ons bang maak, en hom gehoorsaam volg.

Continue reading

Liefde maak ons anders – Johannes 18:28-40 Preek

Dwarsdeur die 1990’s het mense week na week vasgenael gesit voor hulle TV’s terwyl FBI agente Mulder en Scully die waarheid soek in die reeks “The X Files”.  Mulder en Scully het “bonatuurlike” verskynsels ondersoek.  Scully was skepties.  Sy het gesukkel om te glo dat alles in die wêreld nie ’n logiese, wetenskaplike verklaring het nie.

Mulder, aan die ander kant, was die teenoorgestelde.  Agter sy lessenaar het ’n plakkaat van ’n vlieënde piering gehang met die woorde:  “I want to believe”.  Hy wou elke moontlikheid ondersoek, wou hê dat daar ’n bonatuurlike realiteit is.

Die X-Files het dit wat ons weet en dit wat ons wíl weet voorgehou met die twee sinne:  “The truth is out there” en “I want to believe”.

Vandag het ons baie van ons naïwiteit van die 90’s verloor.  Maar die vraag na waarheid en geloof – en kleingeloof en goedgelowigheid – bly net so relevant.  Ons leef in die era van “fake news” en google en wiki’s, waar enige iemand enige inligting op die internet kan laai en die “waarheid” kan noem.  Ons almal het al iewers geval vir ’n slenter, “share” gedruk op ’n storie wat nie die waarheid was nie (al weet jy dit nie).

Ons is oorlaai met inligting.  En die vraag raak al hoe dringender:  wat is waar?

Soos ’n mens sou verwag, het Mulder en Scully nooit “die waarheid” gevind nie.  Die antwoorde was altyd vaag, altyd oop vir interpretasie.  Die waarheid bly “out there”.

Dan wieg ons vandag heen en weer tussen goedgelowig en kleingeloof.  Baie van ons voel soos Mulder:  “I want to believe”.  Maar die waarheid bly ons ontwyk, bly onbevredigend.  En ons bly op ’n ewige soeke na waarheid.

Continue reading

Liefde lei ons op anderste paaie – Johannes 13

Thuma mina (thuma m’na) / Thuma mina (ezizweni) / Ndizoya ndithandaze

Stuur my /  Stuur my (na die nasies) /  Ek gaan bid.

Dit laat ‘n mens dink aan byvoorbeeld Jesaja 6:8, waar die Here vra: “Wie kan Ek stuur?” en dan antwoord Jesaja: “Hier is ek! Stuur my!”

Vir ons as gelowiges, is “stuur my!” ’n antwoord op Jesus se woorde:  “Volg my”.  In Johannes 12, kort voordat hy sy dissipels se voete was, sê Jesus:

John 12:26

As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees…

Dan wys Jesus baie konkreet wat hy bedoel, waarheen en hoe hy gevolg moet word, wanneer hy sy dissipels – en sy verraaier – se voete was.

Wat Pres. Cyril Ramaphosa ook al bedoel het, wat Jesus ons leer, is:  as jy wil oorleef onder moeilik omstandighede – dan moet jy dien.

Om Jesus te volg, is om ’n dienaar te wees.  Dienaar van Jesus –  én van mense.  Om ’n leier te wees, in die model van Jesus, is om te dien.

Continue reading