Skip to main content

Tag: preek

Kersdag 2014

Toe ek ‘n kind was, was daar elke af en toe op TV so ‘n kort insetsel waar die kamera naby gefokus is op een of ander objek.  Dit is so naby gefokus dat jy nie weet wat dit is nie.  Geleidelik trek die kamera terug en sien jy meer en meer.  Jy raai die heeltyd – dalk is dit dit – of dit… Totdat jy kan sien.

Continue reading

Maria – Lukas 1

Ek het gekies om vandag die skildery van Henry Tanner te gebruik (Circa 1898).  Die internet vertel dat Tanner dit geskilder het nadat hy teruggekom het in Parys na ‘n besoek aan Egipte en Palestina.  Hierdie uitbeelding van die aankondiging (annunciation) is op verskeie maniere onkonvensioneel:  Maria word uitgebeeld as adolessent, in Midde-Oosterse werkersklas klere, sonder enige stralekrans of ander tradisionele simbole wat haar as heilige uitbeeld.  Dis een van die redes waarom ek hierdie skildery gekies het – want ons gereformeerdes leef in diepe ongemak met Maria saam.  Ons bely saam met die res van Christene wêreldwyd die maagdelike geboorte, erken dat sy Jesus se ma was.

Continue reading