Skip to main content

Beter Saam – Galasiërs 5:6

“Al wat van belang is, is geloof wat deur liefde tot dade oorgaan.”  So begin ons ons 40 dae van gemeenskap.  Ons is geskape vir gemeenskap en liefde.  Maar liefde is soos ‘n spier wat geoefen moet word

Gebed

Skriflesing

1 Kor. 13:1-13
Teks hele reeks – vandag inleidend, oorsigtelik,
deur res van kwartaal van naderby

Galasiërs 5:6b, 13-14

Kindertyd

Storie:

Rain deur Linda Ashman, ill. Christian Robinson

***

Bybel gelees oor liefde –
Ons glo in Jesus,
beteken dat ons liefdevol optree.
En deur ons liefde,
leer nog mense ook vir Jesus ken.

Preek

6…Al wat van belang is,
is geloof
wat deur die liefde
tot dade oorgaan.

Reeks: Beter Saam.
Vandag oorsig,
inleiding
– dus nie tradisionele eksegetiese [exegetical] prediking.

Eers begin
deur vir julle toneel van liefde te wys:
 Video: Despicable Me – Gru Reads One Big Unicorn

Fliek gesien?

Despicable Me
Karakter hier vir dogtertjies lees,
naam Gru.

Wat Gru in toneel bevestig,
is wat teks vandag sê:

liefde is die belangrikste

Liefde is die heel belangrikste ding in lewe.
Belangrikste ding ons in lewe kan doen,
is lief te hê,
leer lief te hê.

Gal teks:
AL WAT VAN BELANG IS
is geloof
wat deur liefde
tot dade oorgaan.

Dalk ons liefde so ver-romantiseer,
in pink wolkie toegevou,
dat nie meer besef hoe sterk liefde is,
hoe ernstig Bybel oor liefde is.

1 Kor. 13 goeie voorbeeld.
Ons dink romanties, troues –
terwyl radikale teks!

1 Kor. 13:1-3

Kyk gou weer wat sê 1 Kor. 13:
As ek nie ’n lewe van liefde lei nie sal:

  1. niks wat ek sê saak maak nie. (1 Kor. 13:1)
  2. niks wat ek weet saak maak nie. (1 Kor. 13:2)
  3. niks wat ek glo saak maak nie. (1 Kor. 13:2b)
  4. niks wat ek gee saak maak nie. (1 Kor. 13:3)
  5. niks wat ek bereik saak maak nie. (1 Kor. 13:3b)

God ons geskape vir liefde.

1 Joh. 4:16 sê: God is liefde.

Dis omdat God liefde is,
dat God ons geskape het –
om liefde te deel.
God ons geskape as objek van sy liefde,
liefde te ontvang
én te gee.

Ons is geskape vir gemeenskap –
is nie nuwe ding,
is in ons wese:
Genesis 2:18:
Dit is nie goed dat die mens alleen is nie

In ons wese.
Ons geskape vir gemeenskap,
om saam te wees.

Is nie opsioneel!

Ons dalk nie almal ewe lief vir gemeenskap –
party introverte,
party gewoon knorrig

Verander nie aan feit
dat ons geskape is
saam te wees.

Al is nie altyd lekker
al is nie altyd maklik –
God ons geskape vir liefde,
in gemeenskap saamgevoeg.

Jy kan eenvoudig nie roeping op eie uitleef.
As God opdrag is ons mekaar liefhê,
ander liefhê –
kan nie uitleef as self isoleer!

Mense sê nie NB kerk toe gaan –
aanbid God natuur
(Ek self ook – en op eie, in stilte)

Maar net so NB my stilte,
net so NB gemeenskap –
God saam aanbid.

Om waarheid sê,
Jesus gesê
Johannes 13:35:

As julle mekaar liefhet,
sal almal weet dat julle dissipels van my is.

MEKAAR liefhet.

Teken ons liefde vir God,
aan hom behoort,
is liefde vir mekaar.

Getuienis vir wêreld dat Jesus deel van ons lewe,
is liefde.

Liefde is die belangrikste.

Rol van Geloof

Maar liefde kom nie vanself.

Kan nie my oë toeknyp,
hard probeer,
mense liefhê!

Die van julle Despicable Me gesien,
sal weet Gru nie so begin soos video nou net gewys –
daardie naby einde van storie.

Gru eintlik wat hulle noem “super villain” –
’n super skurk!

Hy dogtertjies aangeneem
want wou gebruik
om in ander skurk skuilplek in te breek.

Op stadium terugblik kinderdae,
ons ook help ietsie van hierdie superskurk te verstaan:

Video – Gru and his mom

Ons almal goed wat vir ons moeilik maak liefde te leef.

Skuldgevoelens
goed wat verkeerd gedoen uit verlede,
of skuldgevoelens oor goed wat van onsself weet,
hoe ons werklik is,
wat werklik in gedagtes aangaan.

Vrees
omdat in verlede seergekry,
verwerping beleef
gespot –
bou mure self beskerm,
keer dat liefhê,
werklike gemeenskap beleef.

Of gierigheid, selfsug
maak dat net op self fokus,
eie behoeftes en begeertes
wat self wil hê en doen en bereik –
veroorsaak nie kan liefhê.

En dis hier waar geloof inkom:
by ons skuldgevoelens
ons seerkry
ons sonde
Jesus kom maak ons vry van die dinge,
leer ons wat ware liefde is.

In Jesus sien ons,
beleef ons
hoe liefde werklik werk.

En dan maak Jesus se liefde ons vry –
vry om regtig lief te hê,
om gehoorsaam te wees opdrag:
naaste liefhê soos jouself.

Want kan in Jesus liefde vir ons
leer om self lief te hê.
Vrug daarvan – ander liefhê.

Beter Saam

En dis hoe God dit bedoel het!
Hoekom?

Dink sneeu
Sneeuvlokkie eintlik maar nutteloos –
as in hand vat,
smelt.

Maar as genoeg sneeuvlokkies saam,
van magtigste kragte in natuur.

Lees en dink en praat baie oor evolusie, ontstaan van wêreld

(ek verstaan byna niks),
nou die dag interessante ding gesê.

Een van basiese beginsels evolusieleer,
survival of the fittest.

Hy sê nuutste navorsing bestry dit.
Is nie fittest wat oorleef –
is die wat beste kan saamwerk.

Wanneer organisme op eie probeer leef,
kanse op oorlewing nie so goed.

Maar wanneer organismes kan leer saam werk,
saamstaan,
kanse op oorlewing baie beter.

So nie noodwendig sterkste wat oorleef,
maar die wat beste kan saamwerk.

Blykbaar Zambiese uitdrukking:

When you run alone,
you run fast.
But when you run together,
you run far.

Wanneer sáám,
kan leef soos God ons vra,
roeping nakom,
uitreik,
liefhê.

 Leer saam liefde

 

Maar self dan –

wanneer bevryding Jesus liefde beleef,
liefde steeds nie vanself.

Is iets wat moet leer,
oefen.

Liefde soos spier.
Moet oefen om sterker te word.

En dis hoekom ons gemeenskap nodig het,
hoekom ons saam moet wees,
God saam moet aanbid.

Want hier oefen,
leer liefhê,
leer hoe liefde in dade laat oorgaan.

Natuurlik nie net erediens –
hierdie meer skare as gemeenskap.

Dis hoekom hamer kleingroepe –
juis in kleingroepe wat leer,
gevorm word.

God ons in gemeenskap gesit
vol lieftallige
irriterende
knorrige
mense –
sodat ons kan oefen,
kan leer sy liefde te leef.

Is hoekom so NB aan kerk behoort,
nie samekomste van gemeente wegbly,
soos Hebreër sê.

Daar’s rede hoekom God ons deel gemaak het van gemeenskap.

Wil regtig uitdaag
werk te doen
spiere te oefen
sodat jou geloof
deur liefde
tot dade kan oorgaan.

Weet baie besoekers –
in jul eie gemeentes.

Maar ons Somerstrand
volgende paar weke oefen –
gewigte optel,
spiere sterk maak.
Liefde oefen.
Geloof wat in liefde tot dade oorgaan.
Natuurlik erediens,
maar die fikses onder julle sal weet,
een maal week gym,
nie genoeg regtig sterk te word,
sodat soos Michael gewig Olimpiese standaard kan stoot!

Daarom nooi,
as nie deel kleingroep,
net 40 dae,
saam spiere oefen,
sterk raak in liefde tot dade oorgaan.

Ook stiltetyd,
reflekteer mekaar-tekste,
leef – oefen liefde tot dade.

Gru aanvanklik nie geweet hoe lief te hê.
Maar dogtertjies deel geraak van lewe,
in saam-leef,
geleer hoe liefde lyk,
hoe liefde leef.

Video Despicable Me (Dance part)

Gebed
Koor
Ave Maria
Dankoffer
God saam een Liggaam –
hom SAAM dien.
een manier doen,
fondse saam poel,
saam meer doen.

'1 Korintiërs 13', beter saam, Galasiërs 5:6, preek, Rethie van Niekerk

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.