Die Terugkeer Huis Toe – Esra, Haggai, Sagaria
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Die Terugkeer Huis Toe – Esra, Haggai, Sagaria
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Elia word weggevoer – 2 Konings 2
Wanneer Elia weggevoer word, verskyn daar ‘n vuurwa met perde van vuur en Elisa beskryf Elia as Israel se “strydwa met sy ruiters”. Hoekom word die beeld van ‘n strydwa met God en sy werk verbind? En wat is die storie met die mantel?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Nabot se wingerd – 1 Konings 21
Meeste van ons, veral hier in SA, verstaan van grond: van die waarde van grond, die emosie rondom grond. Ons is ook goed bekend met konflik rondom grond, met onreg rondom grond. Ons geskiedenis is deurspek met die stryd om grond, met stories oor grond wat onregmatig afgeneem is. Vandag is ons bekommerd oor die her-verdeling van grond… Op die oog af lyk dit asof dít is waaroor Nabot se storie gaan: grond
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Elia en die profete van Baäl – 1 Konings 18
Was jy al ooit lus om vuur uit die hemel af te roep?
Ek praat nou van God se vuur – dat jy iets sien en wens jy kan God se oordeel daarop laat neerreën, dit vernietig, totaal uitwis! En in die proses finaal bewys dat God God is,dat die sogenaamde realiteit NIE is soos wat dinge moet wees nie, dat daar ander realiteit is, ‘n hoër gesag, wat omgee wat hier gebeur, wat gaan oordeel oor die misbruik van sy skepping.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Hemelvaart 2013
HEMELVAARTDIENS 9 Mei 2013
Soos ‘n blom
na die son draai;
Soos riviere
na die see loop;
Soos ‘n boom
na die hemel opreik;
Soos skape
agter hulle herder aanloop –
So rig ons ons hart op die Here.
Rig julle hart op die opgestane Here!
Liturg:
Genade
en vrede
van een Skepper-God
Gemeente: van alle sienlike en onsienlike dinge.
L: Genade
en vrede
van een Here,
Jesus Christus,
Lig uit Lig,
G: wat sit aan die regterhand van die Vader.
L: Genade
en vrede
van die Heilige Gees,
G: Wat ons Here en Lewendmaker is.
Amen.
In Ressurectione Tua
Liturg: In alle plekke van konflik…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elke geweldenaar…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elke politikus…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elke slagoffer van misdaad…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen wat honger ly…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elke daklose…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen wat wanhoop…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen wat siek is…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen wat gemolesteer is…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen wat verslaaf is…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen met skuld wat nie betaal kan word nie…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen wat eensaam is…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen wat bang is…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van elkeen wat terneergedruk is…
Gemeente: Laat u koninkryk kom.
L: In die hart van die wêreld…
Ons juig in U, onse Here.
Dis U wat hemelvreugde bied.
Ons sing u Naam ter ere.
U het waarlik opgevaar.
Daarom weet ons: u Woord bly ewig waar.
U is ons Hoof en Here.
U maak nou vir ons plek gereed
by God, ons Heer en Vader,
en deur U offer kan ons weet,
dat ons ook nou tot God mag nader!
Help ons, Here,
lei ons na die Vader.
Amen
(N.a.v. Lied 426)
Handelinge 1:6-11
Psalm 93
Efesiërs 1:15-23
Lukas 24:44-53
Vandag staan ons so saam met die dissipels
En staar stip na die hemel.
En soos die dissipels
Wonder ons seker nog steeds:
Wat presies het nou hier gebeur?
Wat nou?
Vir die antieke kerk
Was hemelvaart ’n baie belangrike feesdag –
En die feit van Jesus se hemelvaart is ingesluit
In van die vroegste geloofsbelydenisse.
Want hulle het in die hemelvaart
Die belofte gesien
Van groot dinge wat kom!
Jesus se hemelvaart
Merk die einde van Jesus se bediening op aarde,
Maar ook die begin van ’n nuwe periode,
’n tyd waarin Jesus se verhouding met ons
Nie beperk is deur die grense van tyd en ruimte nie.
Volgens Calvyn
Is daar drie “voordele” tot Jesus se hemelvaart:
Deur die hemelvaart
Ervaar ons
Dat Christus ons
Vul,
Deurdrenk,
met krag.
Ef. Teks gelees:
Dieselfde krag waarmee Christus uit dood opgewek,
Krag wat God in ons uitoefen.
Calvyn visualiseer Jesus,
Verhoog,
Verheerlik,
Waar sit aan regterhand van God,
Waar hy sy kinders
Oorlaai met geestelike rykdom.
Weens die hemelvaart
Het gelowiges ook in Christus
’n konstante advokaat
en intersessor,
iemand wat vir ons die pad oopmaak,
vir ons toegang tot God se troon bewerkstellig.
Calvyn stel vir Jesus as ’n tipe
Heilige afleiding voor,
Wat God se oë weglei
Van ons sonde af.
Jesus pleit vir ons by God,
Hy oorreed sy Vader om gunstig na ons te kyk,
Sodat ons niks het om te vrees nie.
Derdens sê Calvyn
Dat Jesus se hemelvaart
Vir ons die weg oopgemaak het
In die hemelse Koninkryk in.
Die hemelvaart is niks minder nie
As die inhuldiging van die koninkryk van God nie –
’n nuwe era
Waaraan ons deel het.
Jesus hemel toe
En hemel aarde toe –
God se regering
Alle aardse grense
En beperkinge
Deurbreek.
Koninkryk het aangebreek –
Jesus regeer.
Maar in wat sekerlik sy mees treffende kommentaar op die hemelvaart is,
Sê Calvyn:
Aangesien Christus die hemel ingegaan het
in ons vlees,
Asof in ons naam
Dan is dit ook so
Dat ons op ’n manier
Reeds by God sit
In Christus.
In Jesus se hemelvaart
Is ons (mense se) menslikheid –
Ons “vlees”
Opgeneem in die diepte van God se hart.
Dit is besondere goeie nuus vir ons
En vir die hele wêreld.
Dit beteken dat God ons dieper waardeer
Liewer het
As wat ons ooit gedroom het.
Dit beteken dat God ons brose,
Gebroke menslikheid
In Christus sal verander.
Dit beteken dat die
Vlugteling
Die mishandelde kind of vrou
Die slagoffer van geweld
Die een wat alleen in ’n groot huis ronddwaal,
Die wat met depressie worstel
Die wat hul eie gevoel van waarde verloor het,
Die wat siek is,
Almal wat deur ’n moeilike tyd gaan –
Deel is van God.
En so gaan die lewe voort:
Ons groei en verander.
Ons trek van een plek na ander.
Ons beleef siekte en geweld.
Ons leef met die pynlike ritme van lewe en dood.
Ons maak foute,
Doen sonde.
Maar deur dit alles
Kan hierdie prentjie ons dra:
Die prent
Van ons menslikheid
Wat deur Jesus
In God opgeneem word.
Sodat daardie brose menswees van ons,
Daardie elke dag se stories,
Nóú aan God se sy geleef word.
So Jesus se hemelvaart gee vir ons ’n huidige realiteit om mee te leef.
Maar dit gee ook vir ons ’n toekoms,
Iets om na uit te sien:
Die menslikheid wat opgeneem is na die regterhand van God,
Keer in heerlikheid weer tot ons terug.
Die wêreld waarin ons leef,
Word konstant verander,
God is die hele tyd besig om te kom.
Reg en geregtigheid
Kom aangerol
Soos water,
Om Amos se beeld te gebruik.
Christus se weggaan
Lei uiteindelik
Vir elkeen van ons
Tot tuiskoms –
Tuiskoms in ’n lewe
Gevul met die volheid van Christus.
Daarom vier ons vandag hemelvaart:
Ons vier die nuwe geestelike krag
wat elke dag op ons uitgegiet word.
Ons vier die intersessor en advokaat
wat God oortuig
om met guns na ons te kyk
en ons sonde te vergewe.
Ons vier die koninkryk van God wat naby gekom het.
En ons vier die feit dat ons,
Ten spyte van swaarkry en sonde,
Nou deur God vasgehou word.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Salomo – die koning wat alles gehad het
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.