Advent 1 – 30 November 2014
Advent. Afwagting en verwagting. Belofte. Woestyne.
Afk
Vandag eerste Sondag Advent –
Tyd dae aftel tot Kersfees,
Dink Jesus koms – Kersfees,
Elke dag in lewens
Eendag weer.
Hulpmiddels ons help gevoel afwagting,
Dae aftel.
Natuurlik geskenke help vanself!
Adventkalenders – soos elke dag opgewonde uitsien,
So sien uit Jesus
Krans
Toetrede
Terwyl Vené nou vir ons eerste Adventkers aansteek,
Bly sit, sing Lied 320 soos op skerm
[krag af: verse 1 en 5]
Votum en seëngroet
(n.a.v. Lied 321)
U het gekom, Immanuel,
U volk verlos, u Israel.
Ons was in sondeslawerny –
U het gekom, U maak ons vry!
Amen
Wees bly en juig, o Israel!
God is mét ons:
Immanuel!
Lofsang
Vonkk 176 vers 1 (staan – orrel) [nie as geen krag]
Toewyding
Lied 332 vv 1 en 4 (staan – orrel)
Doop
Lied 329
Respons
Reageer op genade
Lied 334 (staan – band) [geen krag: 1, 2 en 4]
Laat julle liggies skyn (staan – band)
Gebed
Kindertyd
Kerkjaar
Ons vertel elke jaar in kerk ’n storie –
Eintlik deelneem,
Elke deel van die jaar ’n deel van storie.
Vandag Johannes Doper –
Kry op prent.
Begin van jaar.
Advent – netnou vertel.
Kersfees
Jesus lewe
Swaarkry (Feb.)
Sterf – Paasfees (Maart)
Opstaan
Hemelvaart
Gees – Pinkster (Mei)
Kerk
Nou amper Kersfees –
Vandag Kersboom.
Skriflesing
Mark 1:1–8 (AFR1983) –
Gemeente lees in stilte terwyl kinders uitgaan.
Wat uitgestaan, raak?
Weer lees,
Bewus wat uitspring:
Preek
[sonder aankondiging]
- Video: Titanic opening scène
Fliek Titanic
Begin:
Sien skip vertrek,
Mense gelukkig,
Waai.
Maar ons weet.
Ons wéét.
Fliek begin by einde –
Van skip wat vertrek
Sny onmiddellik na herwinningsoperasie –
Met duikbote wrak ondersoek.
So reeds hier
Aan begin van fliek,
Weet ons hoe dit gaan eindig.
Weet in elke geval,
Want almal weet Titanic gesink!
Maar hulle sê sommer vir ons,
Hier aan begin.
Noem “omgekeerde kronologie” –
Literêre instrument,
Storie se einde reeds aan begin.
Vertel sommer uit staanspoor hoe gaan eindig,
Wat gaan gebeur.
Sommige stories begin by begrafnis.
Jy weet hoofkarakter gaan doodgaan.
Maar gaan nou vir jou vertel hoe.
Eintlik baie slim tegniek!
Wanneer fliek Titanic vir jou wys hoe mense vertrek
En dan duikbote wat wrak soek
Dan bring op baie slim manier
Verlede en hede bymekaar.
Nie net begin en einde van verhaal
Maar alles wat tussenin gebeur.
Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só:
Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só:
Ek raai,
Toe ek netnou gesê wees bedag waar gedagtes vashaak,
Was nié by hierdie woorde nie.
Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só:
Is nie opskrif nie.
Is inleiding,
Is begin van verhaal,
Wat –
Op selfde manier as Titanic –
Hele verhaal,
Met al vreugde en drama en hartseer,
Begin en einde
Op tafel sit.
Kyk net hoe verskil van res van Evangelies:
Matteus:
Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham:
Lukas:
Daar is baie wat onderneem het om ’n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het.
Johannes:
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.
Maar Markus.
Markus val met die hele storie in die huis:
Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só:
Seun van God
Hy laat sommer hier aan die begin,
Dadelik,
Die aap uit die mou:
Jesus Christus is die Seun van God.
Jesus algemene naam in sy tyd.
Beteken: Here is redding.
Naam van iemand wat op regte tyd
Deur God
Aan mense in nood gestuur is.
Maar Markus volstaan nie by gewone naam,
Lesers dalk leidraad sou mis.
Hy voeg by:
Hy is die Seun van God.
En daardeur wys hy sommer reeds vooruit.
Bring einde van verhaal
Reeds in begin op tafel.
Want in Markus 15:39
Wanneer Jesus gekruisig is en sterf
Sê die Romeinse soldaat aan die voet van die kruis:
Hierdie man was werklik die Seun van God.
Die einde is reeds in die begin.
Aan begin dalk nog nie glo,
Maar aan einde bevestig
Wanneer selfs heidene bely.
Maar deur Jesus “Seun van God” te noem,
Sê Markus eintlik ook vir ons
Dat Jesus God is.
Dat hierdie eintlik verhaal van God self is!
Bring OT profesie by,
(en terloops, regtig baie slim.
In hierdie 8 verse verwys Markus na Maleagi 3, Jesaja 40).
Praat van iemand pad gereedmaak –
Johannes.
Maak pad gereed vir God self.
In Markus:
Jesus.
Hierdie is die verhaal van God wat aarde toe gekom het.
EN,
Nogal belangrik,
Hierdie was nie God se noodplan nie.
Is nie “plan B”,
Plan God gemaak toe sien eerste plan werk nie uit.
Dit was van begin deel van God se plan.
Diep ingebed in hele OT professie.
God gaan aarde toe kom.
Maak die pad gereed,
Wag solank,
Wees gereed.
Goeie Nuus
Maar nie alleen sê Markus vir ons hierdie is die verhaal van ’n mens,
Jesus,
Wat ook God is nie,
Hy spring ook sommer weg met ’n spreekwoordelike ontploffing,
Met groot drama en emosie:
“Die evangelie” –
Die goeie nuus.
Boom!
Ons hoor evangelie,
Sien nie ontploffings en vuurwerke.
Maar in Markus se tyd
Is dit ’n kragtige,
Gelaaide woord.
“Evangelie” – letterlik “goeie nuus” –
Is wanneer iemand kom sê
Dat daar ’n groot oorwinning was.
Die koning het gewen.
Iets reusagtig het gebeur
Wat alles verander het.
En hierdie aankondiging is met groot feesvieringe begroet.
Goeie nuus.
Alles het verander.
En nou sal ’n mens verwag
Dat die volgende toneel
Gekenmerk sal wees met vreugde
Feesvieringe,
Iets wat pas by die mag
En krag
Van ’n oorwinnende koninkryk.
Woestyn
Maar dan skuif die toneel
Na die woestyn
En ’n ou in klere van kameelhaar
Wat sprinkane eet!
Sien in jou verbeelding
’n onversorgde boemelaar
By ’n robot
’n sak vir klere
En ’n bord voor die bors:
“Sal preek vir sprinkane en heuning.”
Die GOEIE NUUS
Jesus Christus, die Seun van God,
begin só:
In die woestyn!
Met die suggestie
dat hierdie koninkryk anders is
Dat dit anders lyk
En funksioneer
Dat die waardes anders is
As wat ons mag verwag.
Maar ook met die belofte:
Alles gaan verander!
Maar gaan dit?
Want hier vir ons nou weer Advent,
Sien uit na Kersfees,
Met presies dieselfde belofte as Markus se opskrif.
Eintlik meer nog:
Vir ons is dit nie net ’n belofte nie
Dis ’n realiteit:
Jesus hét gekom
Jesus hét oorwin.
Maar nou steek ons die kerse aan
Versier die bome
Hoor die verhaal van die engele
En die herders
En die baba…
…
Been there, done that.
Het dit al gehoor.
En ons VERWAG
Wat ons reeds gehoor het.
Ons sê ons wag op God
Maar eintlik verwag ons niks.
Want die goeie nuus is nie nuus nie,
Dis herinnering.
En ons het gedink die koninkryk gaan kom in voorspoed
En seëninge
En welvaart
En oorwinning
En fanfare…
En nou is dit ’n woestyn?
Met ’n ou in kameelhaar-klere
(nie die duur soort nie)
Wat bekering preek?
Dalk dit uitnodiging vir jou vandag:
Kyk na die woestyn.
En besef
Dat juis woestyn
Plek van verwagting is.
Plek is waar God kan opdaag
En jou kan verander.
In Bybel
Sien dat woestyn dikwels
Plek van terugkeer na God.
Plek waar God alleen is met sy kinders
Plak van God se nabyheid.
Volk in woestyn rondgeswerf –
God hulle gevorm
Hulle gehelp hom te leer ken.
Woestyn,
Volgens Hosea,
God se “verlowingstyd” met sy mense.
Woestyn berei ons voor.
Help ons te fokus –
Maak al geraas stil
Dinge ons aandag aftrek
In agtergrond vervaag.
Woestyn help ons besef
Hoe afhanklik van God,
Dat nie self kan sorg
Nie self alles kan laat reg loop,
Nie self in beheer is.
En woestyn leer ons vertroue:
Om vir elke volgende stukke kos,
Elke volgende tree
Op God te vertrou,
Leef van God se sorg.
Maar meeste van alles
Roep woestyn ons op
Tot bekering.
Woestyne is plekke van advent –
Van afwagting,
Swanger met die verwagting
Dat God in ons lewens gaan deurbreek.
Advent is ’n geleentheid
Om vir God te vra
En om God toe te laat
Om jou van binne af
Heeltemal nuut te maak.
Om jou hart
En jou verstand
En jou lewe te neem
En dit heeltemal oor te doen.
DIS hoe ’n mens die pad vir die Here gereedmaak,
Paaie reguit maak
Berge in valleie verander –
Die fondasie van die wêreld verander!
Deur bekering –
Oorgawe.
Iemand stel dit so mooi,
Wil dit vir julle lees:
Advent is not just about waiting for a baby.
It’s about waiting for a whole new reality
which takes hold of us
by first taking our hearts and souls
hostage to its
justice and grace.
And then,
because we cannot help but live by its magnetic force,
it lays its claim on the whole world
through us.
Bekering
Is radikale verandering.
Dit is om onsself aan Jesus te onderwerp
Na hom terug te keer
Sy Gees toe te laat om van ons besit te neem
En ons van binne na buite te verander.
En dan daag die Here op.
Kom God self
In die woestyn
Verander ons
Verander die wêreld.
Dit is my gebed vir Advent –
Dat ons werklik God se teenwoordigheid in ons lewens sal verwag –
Ook (veral?) in ons woestyne,
Dat ons sal oorgee
En sy liefdevolle genade sal beleef.
Stil gebed
Kans stil gebed –
Praat Jesus verwagting hy in jou lewe opdaag –
Dalk spesifieke situasies?
Jouself oopstel werk van Gees
Lewe oorgee
Onderwerp wil van God
Gebed
Deel woestyn Advent
Waarin wag vir
Ons word almal geraak deur MIV en VIGS.
Môre Internasionale Vigsdag,
Daarom,
In verwagting God in al ons woestyne verskyn,
Ook hierdie woestyn in gebed aan God opdra:
Tydens hierdie tyd van advent-hoop,
terwyl ons voorberei op die koms van U Seun in die wêreld,
is ons dankbaar vir tekens van hoop,
· vir groter kennis en begrip,
· vir mediese ontwikkelinge,
· vir veranderings in houdings en gedrag,
· vir groter bewuswording en betrokkenheid van U kerk.
God van Eenheid,
bind ons saam met die sterk bande van liefde,
sodat alle kerke plekke sal wees waar almal aanvaarding kan vind.
· Mag ons kerke gasvrye ruimtes wees
vir almal wat deur MIV en VIGS geraak word,
· mag hulle plekke wees waar versorging gegee en ontvang word,
veral vir kinders en jongmense,
· waar stories vertel en gehoor word,
· waar vrees deur liefde oorwin word,
· waar U teenwoordigheid ervaar kan word.
God van belofte,
Ons glo die einde van die VIGS epidemie is in sig!
Gee ons die moed om die wedren te voltooi.
Ons pleit by U in gebed en in aksie,
· vir ’n dag wanneer almal toegang tot inligting en opvoeding sal hê;
· vir ’n dag wanneer almal wat dit nodig het
toegang tot bekostigbare en hoë gehalte behandeling sal hê;
· vir ’n dag wanneer almal aanvaar en ingesluit word
en ondersteuning en versorging ontvang.
· Bevry ons van ons sinisme, ontkenning, selfsug en luiheid,
Mag ons U verras, soos U ons verras!
Here hoor ons, Here hoor ons in U genade
amen
Dankoffer
Slotsang
Lied 486 vv 1 en 4
Seën
Respons
Lied 320 v 4 refrein
advent, bekering, Johannes die Doper, MIV, preek, Vigs, Vigsdag, woestyn