Skip to main content

2 Tessalonisense 3:6-13 – kleingroepmateriaal vir 10-16 November

Omgee gesprekke

Gee terugvoer oor julle beoefening van God se teenwoordigheid, soos julle die vorige keer afgespreek het.  Wat het gebeur?  Wat het dit vir jou beteken?

Bybel lees

Ons het die vorige week klaargemaak met die laaste hoofstuk in Die Storie.  Doen so ’n bietjie nabetragting oor die betekenis wat dit vir julle gehad het.  Ek sal graag wil hoor hoe dit julle geraak het en wat dit vir julle beteken het.

Ons lees die volgende 4 weke tot die einde van die skoolkwartaal die Leesrooster tekste, soos dit ook by die eredienste hanteer sal word.  Hierdie week 2 Tessalonisense 3:6-13, dan Kolossense 1:11-20, Jesaja 2:1-5 (1ste advent), Jesaja 11:1-10 (2de advent).

Continue reading

Lukas 17:11-19 – kleingroepmateriaal (6-12 Oktober)

Omgee gesprekke

Gee terugvoer oor julle beoefening van die geloofsgewoonte van nederigheid, soos julle die vorige keer afgespreek het.  Wat het gebeur?  Wat het dit vir jou beteken?

Bybel lees

Ons vervolg eers volgende week met die laaste 4 hoofstukke van Die Storie weens die Algemene Sinode hierdie komende week.  Volgende Sondag preek Jan daarom oor Lukas 17:11-19.  Die Kleingroepmateriaal handel daaroor.

Continue reading

Méér geloof, Here – kleingroepmateriaal 29 September tot 5 Oktober (Luk. 17:1-10)

Omgee gesprekke

Gee terugvoer oor julle beoefening van die geloofsgewoonte van gasvryheid, soos julle die vorige keer afgespreek het.  Wat het gebeur?  Wat het dit vir jou beteken?

Bybel lees

Ons vervolg eers die week van 13-19 Oktober met die laaste 4 hoofstukke van Die Storie weens die Algemene Sinode.  Volgende Sondag preek ek oor Lukas 17:1-10 met die tema: Méér geloof, Here.  Die Kleingroepmateriaal handel dus daaroor.

Continue reading

17-22 Junie Elia en Baälprofete

RUS 

  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
  • Laat elkeen vertel hoe die Here hulle die afgelope kwartaal geseën het. Gesels dan hoe julle as gesin/groep saam geseën is. Hoe het die Here hierdie seën in jul lewens gebruik om ook ander deur julle te seën? (Moenie te vinnig oor die laaste vraag gaan nie – as julle nie dadelik aan antwoorde kan dink nie, staan bietjie stil en probeer onderskei wat gebeur het.)

Continue reading

Jesus het werklik opgestaan – Joh 20:1-18 (25-31 Maart)

Johannes vertel ons in hoofstuk 20-21 van vier verskynings van Jesus na die opstanding: Maria Magdalena, die dissipels, Tomas en laastens weer aan die dissipels by die meer.  Dit vorm dus die draaipunt van Johannes se evangelie, waar Jesus se ware identiteit uiteindelik duidelik word deur sy oorwinning oor die dood.  

Let op dat Johannes niks vertel van die opstandingsgebeure self nie, net van die leë graf en van Jesus se verskynings daarna aan hulle.  Die leë graf met die opgerolde grafdoeke is natuurlik belangrik omdat dit die werklikheid en historisiteit van die feit van die opstanding aandui.  Maar dit is veral Jesus se verskynings na sy dood wat belangrik is, omdat dit die belofte en betekenis van die opstanding vir ons beklemtoon. 

Uit Johannes se beskrywing van die opgestane Jesus kan ’n mens agterkom dat Jesus herkenbaar is, steeds kommunikeer soos ons dit doen, en ’n fisiese/werklike (by gebrek aan ’n beter woord) liggaam het, want  ’n mens kan aan hom vat, en hy gee vir hulle kos om te eet.  Maar hy is ook anders, omdat hy kan verskyn en verdwyn soos Hy wil.  Hy is dus nie aan ruimte gebonde soos die dissipels nie. En telkens verander Hy die lewe van dié aan wie Hy verskyn het.

Daarmee lewer Johannes getuienis af van die werklikheid van Jesus se opstanding uit die dode en van die wyse waarop Jesus se opstanding alles verander.

Kleingroep byeenkoms

Gebruik die RUS, LUISTER, LEEF metodiek wat julle al goed ken. 

Vertel vir mekaar veral hoe God julle geseën het en hoe julle tot ’n seën gebruik is.  Ons sal graag wil deel in van die stories!

Hier is ’n paar besprekingsvrae om met die luister te help:

  1. Vertel vir mekaar hoe elke karakter in die verhaal op die leë graf reageer: Maria Magdalena, die ander dissipel (Johannes), Simon Petrus, die twee engele, en Jesus.  Hoe kom hulle reaksies ooreen en hoe verskil dit? 
  2. Watter betekenis het Maria en die dissipels se oog-getuienis van die leë graf en die ontmoeting met die lewende Jesus Christus as Here vir jou?
  3. “Die bedoeling is dat die Christene as eerste historiese lesers bemoedig moet word om aan te hou glo dat Jesus die Messias, die Seun van God, is. Die Johannesevangelie is dus nie primêr ’n sendinggeskrif wat mense tot geloof wil bring nie, maar eerder in hulle geloof wil versterk.” (Du Randt) Bespreek.
  4. Watter betekenis het die opstanding van die Here Jesus Christus vir jou vandag?  Op watter manier kan jy dié getuienis aangee?

Wat vra die Here nou van jou in jou eie persoonlike lewe en die wêreld waarbinne jy Hom moet dien?  Deel dit met mekaar en bid vir mekaar.

Ons hervat Die Storie in die tweede kwartaal met die verhaal van Samuel en Saul: Staan sterk, val hard.  Daar is reeds kleingroepmateriaal by die kerkkantoor en www.ngkerksomerstrand.co.za vir die week wat 7 April begin.