Skip to main content

Volg Christus se voorbeeld van nederige diens – Fil 2:5-11 (18-24 Maart)

Hierdie Sondag is tradisioneel Palmsondag, die dag waarop Jesus se intog in Jerusalem herdenk word, maar terselfdertyd ook die Sondag wat Groot Lydensweek inlui. Ons vier daarom ook volgende week Heilige Week met ’n uitbeelding wat op die Passiespel van Oberammergau gegrond is.  Meer inligting by die kerk en in die aankondigings.

Hierdie verse is die hart van die boodskap van Paulus aan die gemeente van Filippi.  Die lied in Fil. 2:6-11 word in twee dele verdeel: in Christus Jesus se ontlediging (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11).  In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf.  Jesus het Hom eerstens ontledig (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte (morphe) vas te klem nie, tweedens dié van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis.  Omgekeerd word die verhoging in die eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets, tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is.

Kleingroep byeenkoms

Gebruik die RUS, LUISTER, LEEF metodiek wat julle al goed ken.  Vertel vir mekaar veral hoe God julle geseën het en hoe julle tot ’n seën gebruik is.  Ons sal graag wil deel in van die stories!

Hier is ’n paar besprekingsvrae om met die luister te help (julle kan ook die besprekingsvrae agter in die boek DIE STORIE gebruik):

  1. Vers 6 begin in die oorspronklike Grieks met die woordjie alhoewel.  Dit kan egter ook vertaal word met omdat.  “Omdat Hy in die gestalte van God was, het Hy sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Hy Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” Hierdie antieke lied is daarom nie net ’n nuwe perspektief op wie Jesus is nie.  Dit is ’n nuwe verstaan van God self.  Christus se ontlediging is nie iets wat aan Hom gedoen word nie.  Dit is deel van sy identiteit. Sy ontlediging en menswording is daarom nie ’n afstand doen of ontkenning van sy Goddelikheid nie, maar die manier waarop Hy wys dat Hy inderdaad God is (Gorman, Inhabiting the cruciform God)!  Bespreek.
  2. Goddelikheid is om te gee, nie om iets te ontvang nie – “not getting but giving” (Moule).  Jesus gebruik dus sy posisie as God tot voordeel van die mensdom en ook die skepping, anders as Adam wat juis sy posisie as beelddraer van God misbruik het en gekies het om op selfsugtige wyse die vrug, “om soos God te wees”, te eet. Bespreek
  3. Daar is ’n interessante ooreenkoms tussen hierdie lied en die beskrywing van die voetewas episode in Joh 13:3-17: 1) Bokleed uitgetrek – van Goddelike gestalte ontledig; 2) voete gewas soos ’n slaaf – slaaf en aan mense gelyk geword; 3) Bokleed aangetrek – tot die hoogste eer verhef; 4) Bevestig dat Hy Here is – almal erken dat Hy Here is.  Dit lyk nie asof dit toevallig is nie, veral weens die feit dat Paulus hierdie selfontlediging ook as voorbeeld gebruik om die Filippense aan te moedig om dieselfde gesindheid as Christus Jesus te hê, net soos Jesus ook aan sy dissipels die opdrag gegee het om mekaar se voete te was, deur mekaar lief te hê. NB  Voetewas is dus ’n praktiese metafoor waarmee ’n mens die boodskap van Filippense 2 deel van jou lewe kan maak. Daarom is kenosis die kern-begrip, en die kern-paradigma wat ons moet navolg.  Bespreek.

Wat vra die Here nou van jou in jou eie persoonlike lewe en die wêreld waarbinne jy Hom moet dien?  Deel dit met mekaar en bid vir mekaar.

Volgende week se kleingroepmateriaal is oor Johannes 20:1-18 in voorbereiding vir Paasfees 31 Maart.  Dit sal 24 Maart beskikbaar wees in die kerkkantoor en op die webtuiste: www.ngkerksomerstrand.co.za.  Ons hervat Die Storie in die tweede kwartaal met die verhaal van Samuel en Saul: Staan sterk, val hard.  Daar sal reeds hierdie Sondag kleingroepmateriaal beskikbaar wees vir die week wat 7 April begin.

Agape Maal

Kleingroepmateriaal 2-8 Desember 2012

[Reël vooraf voorlesers vir Skrifgedeeltes, mense om kruis, kers en brood vorentoe te neem.  Voorganger lees gewoon gedrukte teks, hele groep lees saam hardop kursief gedrukte dele.  Stories van hoop is waar groeplede rondbeweeg en waardering teenoor mekaar uitspreek.]

Agape maal

Agape is die Nuwe Testament woord vir liefde.  Dit is ook die naam vir die Christelike tradisie vir ‘n liefdesfees.  ‘n Agape maaltyd is nie ‘n sakrament soos die Nagmaal of Doop nie.  Dit herinner ons eerder aan al die gewone maaltye wat Jesus saam met Sy dissipels geniet het.  Wanneer ons nou saam deelneem aan ‘n Agape maaltyd is ook ‘n viering van ons liefde en gemeenskap met mekaar.

OPENING

(v) In Ps 133 het die Psalmdigter geskryf:  Hoe goed, hoe mooi is dit as broers en susters eensgesind saam woon!  Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aaron, af tot by die soom van sy klere.  Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val.

                                  Ons dank u Here vir die vreugdes van ons  saamwees in Christus.
Vir onderlinge begrip, gedeelde visie en hoop.
                                 
Vir tye van vergifnis en tekens van  aanvaarding
Vir die ondersteuning wat ons van mekaar kry.
Dit help ons om mekaar se laste te verlig.
                                 
Vir die liefde in gemeenskap met mekaar.

                                 Johannes 15: 1-8 (leser)

GEBED    (Almal saam)
Here God, U  het ons geroep om U kinders te wees.  Deur u Heilige Gees is daar vrede onder ons.  U het ons as ‘n geloofsfamilie aan mekaar verbind.  Ons dank u vir woorde en dade wat ons eenheid in U meer sigbaar en konkreet maak.  Ons dank U vir onderlinge toegeneentheid en oop harte;  vir geduld en begrip; vir sorg en die bereidheid om te deel.  Bo alles dank ons U vir Jesus, die bron van ons eenheid, Hy in wie se Naam ons bymekaar is. AMEN

GEBED VAN SKULDBELYDENIS

Ons bely ons gebreke en mislukkings in die gemeenskap met mekaar ……

                                 Ons gebrek aan onderlinge begrip,

                                 ons gebrek aan vergifnis,

                                 ons gebrek aan openheid,

                                 ons gebrek aan sensitiwiteit.

 Ons bely voor U al daardie tye ……

                                toe ons so graag beter as ander wou wees,

                                toe ons te haastig was om regtig te sorg,

                                toe ons te moeg was om om te sien na ander,

                                toe ons te lui was om regtig te luister,

                                toe ons met ander motiewe as liefde opgetree het.

STILTE

Aan almal wat op God se vergifnis vertrou, beloof Christus:
moed en krag in die stryd vir geregtigheid en vrede,
God se teenwoordigheid in tye van vreugde en teleurstelling,
lewe in God se koninkryk wat geen einde het nie.

                               Romeine 8:33 -39 (leser)

                               Ons glo dat God ons liefhet en dat niks ons van Sy liefde kan skei nie.

                               Ons glo in God se vergifnis. Ons aanvaar dit nou met blydskap.

                               Kom ons deel hierdie vergifnis en liefde met mekaar.

Deel stories van hoop met mekaar

GEREEDMAAK VAN TAFEL

Leier:  Hierdie maaltyd herinner ons aan God se bedoeling met die Christelike gemeenskap.  Ons dek nou die tafel met daardie simbole wat spreek van ons geloof, die gawes wat Christus aan ons gee en ons roeping om as sy dissipels te lewe.

Leser 1:   Neem kruis na vore en lees Markus 15: 22-25
“Hulle bring Jesus toe na ‘n plek Golgota, wat Kopbeen beteken.  Hulle wou vir Hom wyn en mirre gee, maar Hy wou dit nie hê nie.  Toe kruisig hulle Hom en verdeel Sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry.  Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het.”

Leser 2:    Neem brandende kers na vore: 

Jesus het gesê: “Ek is die lig vir die wêreld.  Wie my volg, sal nooit in die duisternis wandel nie, maar die lig van die lewe hê.”

Leser 3   Neem brood na vore: 

Jesus het gesê:  “Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het.  As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe.  En die brood wat ek sal gee, is my liggaam.  Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”

STILTE

SEËN VOOR DIE MAALTYD

Christus is ons vrede.
                               
Hy wat die mure van vyandskap afgebreek het.

                               Hy het ons in Hom een gemaak.  Deur Sy versoenende liefde deel ons die liefdesmaaltyd

                               met   dankbaarheid.  Dit herinner ons aan al die kere van samesyn en liefde met Sy volgelinge.

                                Mag Jesus ons versterk.  Mag Hy ons help om mekaar te dien en lief te hê want aan Sy liefde

                               en goedheid is daar geen einde nie.

Deel brood uit en eet

DIE ONSE VADER GEBED  (Almal saam)

Slot:

Die feesmaal is verby.
Die wêreld wag.  Laat ons in Christus mekaar liefhê en laat ons deur sy Gees mekaar en die wêreld dien.
Here, waar ons nou sluit, laat U liefde vir ons en ons liefde vir mekaar die krag van ons lewe wees.

ALMAL:    Terwyl ons dink aan U doel vir alles,

wy ons ons nou aan U onbegrensde liefde in Jesus Christus.

AMEN

26 Nov – 1 Des: Advent

Benodighede: Adventskrans met kerse 

Aanbevelings vir voorganger:

  • Maak seker dat elke groeplid ‘n kopie van die teks het.  Tref al die reëlings vooraf sodat die ontmoeting vlot kan verloop.
  • Die voorganger lees die kursief gedrukte gedeeltes.
  • Verdeel die teksgedeeltes tussen die groeplede en vra hulle om dit vooraf op te soek.  Die teksgedeeltes kan verkort word, veral as daar jonger kinders in die groep is.  Julle sou ook die gesprekke kon uitlaat en net die liturgie doen.
  • Laat die persoon wat die teks gelees het, die kers aansteek, of vra vooraf van die kinders om dit te doen.

ADVENTSKRANS

Plaas die Adventkrans in die middel van die groep. 

a. HOOP

Kom ons lees ‘n teks oor hoop:  Iemand lees Markus 13:24-37 of Psalm 80

Kom ons deel met mekaar waarvoor ons hoop. (Groeplede vertel vir mekaar waarvoor hulle hoop – wat hulle vir God wil vra.)

Ons gaan nou die kers van hoop aansteek. Die volk Israel het gehoop op die vervulling van God se beloftes en God het hulle nie teleurgestel nie. Die hoop dat Hy sou kom en ons hoop dat Hy weer sal kom, is soos ‘n lig wat skyn in ‘n donker plek.

Eerste adventskers word aangesteek.

Sang – Lied 599 As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal Hy sy kinders

Gebed:  Here ons steek hierdie kers aan as ‘n simbool van ons hoop.  Mag  U lig skyn in die duisternis om ons lewenspad te verlig.

Almal:  Maranatha!  Kom, Here Jesus!  Amen 

b. VERKONDIGING

Kom ons lees oor verkondiging:  Iemand lees Markus 1:1-8 of Psalm 85

Kom ons vertel vir mekaar van iets wat die Here die afgelope jaar in ons lewens gedoen het.  (Gesprek)

As Johannes die Doper die pad vir die Here gereed maak, verkondig hy die koms van Christus wat vrede bring tussen God en mens.  Met die aansteek van die kers, verkondig ons self ook  die koms van Jesus.

Tweede adventskers word aangesteek.

Sang – Lied 358 Welkom, o stille nag van vrede

Gebed: Here, ons steek hierdie kers aan as simbool van verkondiging. Mag U Woord deur die profete ons lei op ons lewenspad.

Almal:  Maranatha! Kom, Here Jesus! Amen

c. Vreugde

Kom ons lees ‘n teks oor vreugde:  Iemand lees Johannes 1:6-13 of Psalm 128

Elkeen vertel van iets waaroor hulle bly is. (Gesprek)

Christus bring vir ons hoop en verlossing.  Hy bring ook vir ons vreugde. Ons steek die kers van vreugde aan omdat Christus gekom het om die ware Lig te wees. As ons kinders van God is, is die vreugde altyd dieper as die trane.

Derde adventskers word aangesteek

Sang – Lied 345   Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde

Gebed:  Here, ons steek hierdie kers aan as simbool van vreugde.    Mag die belofte van u teenwoordigheid ons bly maak terwyl ons op u wag.

Almal:  Maranatha! Kom, Here Jesus! Amen

d. Voorbereiding

Iemand lees Lukas 1:26-38 of Psalm 89

Christus skenk aan ons hoop, verlossing  en vreugde. Hy berei ons deur sy Gees voor vir sy koms. In afwagting hierop gee ons onsself aan hom en hou niks terug nie.

Stil nadenke.

Vierde adventkers word aangesteek.

Sang – Lied 334 “God is Liefde!” juig ons harte

Gebed:  Here, ons steek hierdie kers aan as ‘n simbool van voorbereiding.  Berei ons voor deur U Gees en maak ons gereed vir U koms.

Almal:  Maranatha! Kom, Here Jesus! Amen

e.Christus

Iemand lees Lukas 2:1-20 of Psalm 148

Christus gee hierdie hemelse geskenke (hoop, verlossing, vreugde en reiniging) sodat ons kan lewe. Bo alles gee Hy homself. In die volheid van die tyd word Hy vir ons in ons wêreld gebore.

Christuskers word aangesteek.

Sang – Lied 354 O Christus, ons verlange

Gebed (almal saam):  Here, maak my ‘n instrument van U vrede. Waar daar haat is, laat my vrede saai; waar daar onreg is, vergifnis; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop; waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, blydskap. O Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie as om te troos; om verstaan te word nie as om te verstaan; om bemin te word nie as om lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe dat ons vergewe word en dit is deur te sterwe dat ons tot die ewige lewe gebore word. Amen. (Franciskus van Assisi)

Seën

Voorganger:

Mag jy hierdie Kersfees die Vader se liefde ervaar.

Mag jy die Kind van Betlehem jou red.

Mag die Gees jou verlig.

Mag jy die moed kry om sy lig die wêreld in te dra,

Want die duisternis sal dit oorweldig nie.

Almal: Amen.

19-25 November: Leef ‘n lewe van geloof

PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE:  

LEEF ‘N LEWE VAN GELOOF

RUS EN ONTVANG

Kyk terug oor 2012. Hoe het God jou hierdie jaar gevorm?

HOOR EN ONTGIN

Lees 1 Timoteus 4:6-16

  • Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
  • Wat beteken dit om “in toewyding aan God te lewe”? Hoe oefen ‘n mens om dit te doen?
  • Met ons beeld van hierdie kwartaal in gedagte: wat is alles nodig vir ‘n padda om te kan spring? Of: hoe lyk ‘n geloof wat geleef word?
  • David Anderson sê families (in alle vorme, dus alle gelowiges) het 4 praktyke nodig om lekker hoog en ver te hop: omgee gesprekke, om saam Bybel te lees, diens aan ander en rituele en tradisies. Wat verstaan julle onder elkeen van hierdie vier goed? Watter rol speel hierdie praktyke in julle lewens?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink bietjie oor die vakansie wat voorlê. Vakansies (veral Kersfees!) is ‘n spesiale tyd van persoonlike en familie tradisies. Watter sinvolle Christelike rituele wil julle hierdie vakansie deel van jul lewens maak?
  • Hoe kan julle ook die ander drie praktyke ‘n deel van jul vakansie maak?
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
  • Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.